{"id":993,"date":"2022-08-26T21:18:13","date_gmt":"2022-08-26T21:18:13","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=993"},"modified":"2022-09-07T17:54:57","modified_gmt":"2022-09-07T17:54:57","slug":"uit-my-eie-lewe-abambo-chipaliwali-en-amai-molina","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/uit-my-eie-lewe-abambo-chipaliwali-en-amai-molina\/","title":{"rendered":"UIT MY EIE LEWE &#8211; ABAMBO CHIPALIWALI EN AMAI MOLINA"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"993\" class=\"elementor elementor-993\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-31df926 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"31df926\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-94b5d4e\" data-id=\"94b5d4e\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-8360730 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"8360730\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">UIT MY EIE LEWE - ABAMBO CHIPALIWALI EN AMAI MOLINA<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-ee288f3 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"ee288f3\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-333c886\" data-id=\"333c886\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c10b0ec elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c10b0ec\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Die einde van daardie jaar het ons vir goed terug na Suid-Afrika verhuis.<br>Die oggend voor ons weg is, was ek besig om te pak in ons studeerkamer wat \u2018n buitedeur gehad het. Dit was nog pikdonker, my man wou dat ons reeds teen vyfuur in die pad moes val. Daar was \u2018n sagte krapgeluid teen die deur en toe ek dit oopmaak het die ou vader Chipaliwali en sy vrou, ma Molina, daar gestaan. Hulle het op die oorkanste heuwel gebly en het in die donker die paar kilometer gestap om te kom groet.<br>Hulle was reeds oud, baie oud. Abambo Chipaliwali het vertel dat hy nog so \u2018n opgeskote seun was toe die eerste sendelinge by hulle opgedaag het. Dit was die heel eerste keer in sy lewe dat hy \u2018n blanke gesien het en hy het vir sy ma gaan vertel dat hy daardie dag mense gesien het wat soos hulle lyk, maar hulle velle was so deurskynend dat \u2018n mens dwarsdeur kon kyk! Dit het beteken dat hy al oor die ne\u00ebntig was toe ons hom ontmoet het.<br>Ma Molina het in die verligte kamer ingekom, my om die lyf gegryp en met my in die rondte gedraai: \u201cMwana wanga! Mwana wanga!\u201d Dit was haar gewoonte. Wanneer ek die heuwel uitgestap het na hulle huis met bietjie sout en suiker en ander eetgoedjies het sy my tegemoet gekom met groot gejuig en my so om die lyf gegryp en in die rondte gedraai: \u201cMy kind! My kind!\u201d<br>Ek kan nie onthou of daar nog stoele rond gestaan het nie, maar die twee oues van dae het teen die muur gehurk. Ek het die gesin geroep om te kom groet. Ma Molina het vir ons die gedeelte van Efesiers 6: 10 \u2013 24 uit haar kop opges\u00ea, daar waar Paulus praat van die Christen se worstelstryd wat nie teen vlees en bloed is nie en die Here se wapenrusting wat ons moet aantrek. Sy het nog raad gegee en toe het haar man totsiens ges\u00ea met \u2018n gebed.<br>Gewoonlik het aChipaliwali eers koffie gedrink op sy gereelde besoeke, maar daardie oggend was alles al ingepak en ek vertrou dat hulle verstaan het. Die ou man het dikwels op sy staptog na Dowa by ons aangekom. Die dorpie was seker twee myl van ons af, opdraend , maar hy het dit blykbaar geniet om dikwels daar \u2018n draai te maak. Wanneer hy geklop het, het hy \u2018n koppie koffie gekry. Dan het hy vir my \u2018n Bybel en partykeer ook my bril gevra en eers bietjie so gesit. Soms het hy ingedut voordat hy weer gegroet het.<br>Eendag kon ek nie verstaan wat hy vir my wou verduidelik nie. \u2018n Klein bietjie omgekrap het hy vir my gevra hoe ek dan Chichewa geleer het dat ek toe nog nie kon begryp nie. Ek het die groot outydse masjien gaan haal en vir hom die oorfone opgesit dat hy kon luister. Op die band het die voorleser my geleer: \u201cAnthu akulima. Anthu amatola m\u2019minda.\u201d<br>Hy het die oorfone afgeruk en verontwaardig ges\u00ea: \u201cMabodza!\u201d<br>Met sy hand het hy gewys: \u201cDie mielies staan al so hoog dan s\u00ea die man vir jou die mense pik op die lande. Leuens, alles leuens! Jy leer nie goed nie.\u201d Toe hy al ver in die voetpad gestap het, het hy nog \u2018n slag sy kierie gestamp en ges\u00ea: \u201cMabodza!\u201d Leuens!<br>Ons eerste baba is gebore met \u2018n bos swart hare. Die vrouens het seker gepraat, want eendag het aChipaliwali opgedaag en wou die baba sien. Hy was nie tevrede om net in die waentjie in te kyk nie, ek moes die slapende baba uithaal en in sy arms sit. Hy het die kombersie weggetrek en haar goed bekyk: \u201c Eya, tsitsi!\u201d het hy tevrede gesug en die baba weer teruggegee: \u201cTiphemphera.\u201d \u201cJa, daar is hare op haar kop. So kom ons bid saam.\u201d Hy het altyd eers gebid voordat hy weer geloop het.<br>Een van die mooiste herinneringe wat ek van hom het, is van die dag toe hy amper vergeet het om eers te groet, want hy het sommer met die deur in die huis geval!<br>\u201cKind, ek hoor julle het teruggekom met \u2018n huis op wiele. Is so iets moontlik?\u201d<br>Dit was die Jurgen-karavaan waarmee ons teruggekom het van ons jaar in Suid-Afrika wat duidelik onder bespreking was en hy moes kom ondersoek instel.<br>\u201cDit is so, vader, kom kyk.\u201d<br>Ons het saamgestap na waar die karavaan geparkeer was. Ek het die deur oopgemaak en eers die trappie vir hom uitgehaal. Toe het ek alles vir hom gewys. Die slaapbanke, die kaste, die kookplekkie, die opwasbak, die tafel\u2026die hele huisie op wiele.<br>Hy het net sy kop in verbasing geskud en op sy kierie geleun.<br>\u201cKom ons bid,\u201d het hy ges\u00ea nadat ek alles gewys en verduidelik het.<br>Iemand het eendag vir my aangemoedig dat ek \u2018n bietjie moes loer wanneer die ou man bid. Ek is bly dat ek dit daardie dag gedoen het.<br>Hy het daar op die bank gesit en sy hand opgesteek en vir die Here gewink om te kom.<br>\u201cHemelse Vader, kom kyk na hierdie huis op wiele wat die kinders se ma vir hulle gegee het. U het nog nooit so iets aanskou nie! Kom kyk net! Dit het alles wat \u2018n huis moet h\u00ea!\u201d<br>Ek het ook my o\u00eb toegemaak en my kop gebuig, want aChipaliwali was in opregte verwondering besig om met sy hande vir die Here te beduie van die bed, tafel, kaste en kookplek. Hy het regtig gebid en met die Vader in die hemel gesels, nie met my nie. Hy het sy dankbaarheid vir die Here se goedheid teenoor ons daar in die gebed uitgegiet.<br>Maande nadat ons terug was in Suid-Afrika het ons \u2018n brief ontvang om ons in te lig dat aChipaliwali na sy ewige tuiste verhuis het. Hy was op sy ouderdom waarlik nog besig om te help om \u2018n land voor te berei toe \u2018n swerm bye hulle gepak het. Die ander kon weghardloop, maar nie hy nie. In die hospitaal het hy bygekom en vir sy vrou ges\u00ea: \u201cKom ons sing.\u201d<br>Ma-Molina het saamgesing.<br>Tumphatumpha moyo wanga<br>Sangala ndi Mtetezi<br>Kuwombola kwa Yehova<br>Kwatuluka m\u2019dziko lako.<br>Om dit sommer so vry te vertaal: Spring op van vreugde, my siel, juig oor jou Beskermer! God het jou uit die land van jou sonde geneem en jou verlos.<br>Na die strofe het sy stem stil geword. Hy was by sy Verlosser wat hom kom haal het om vir ewig by Hom te bly.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die einde van daardie jaar het ons vir goed terug na Suid-Afrika verhuis.<br \/>\nDie oggend voor ons weg is, was ek besig om te pak in ons studeerkamer wat \u2018n buitedeur gehad het. Dit was nog pikdonker, my man wou dat ons reeds teen vyfuur in die pad moes val. Daar was \u2018n sagte krapgeluid teen die deur en toe ek dit oopmaak het die ou vader Chipaliwali en sy vrou,   ma Molina, daar gestaan. Hulle het op die oorkanste heuwel gebly en het in die donker die paar kilometer gestap om te kom groet.<br \/>\nHulle was reeds oud, baie oud. <\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[108,106],"tags":[],"class_list":["post-993","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uit-my-eie-lewe","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=993"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/993\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1118,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/993\/revisions\/1118"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}