{"id":984,"date":"2022-08-26T21:11:24","date_gmt":"2022-08-26T21:11:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=984"},"modified":"2022-08-27T06:54:54","modified_gmt":"2022-08-27T06:54:54","slug":"uit-my-eie-lewe-terug-in-ons-land","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/uit-my-eie-lewe-terug-in-ons-land\/","title":{"rendered":"UIT MY EIE LEWE &#8211; TERUG IN ONS LAND"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"984\" class=\"elementor elementor-984\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-0faf91d elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"0faf91d\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-e8115fc\" data-id=\"e8115fc\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3969cbf elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"3969cbf\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">UIT MY EIE LEWE - TERUG IN ONS LAND<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-ba73bee elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"ba73bee\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-af93631\" data-id=\"af93631\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7590095 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"7590095\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Ons het weer nes geskrop in ons land en huis gekoop. Deur alles heen het daardie geestelike ontwaking wat ek in Malawi beleef het nie weggewaai nie. Daar was \u2018n vae en onrustige soeke na \u2018n dieper lewe wat my bly ontwyk het. Dikwels het ek my afgesonder om te bid. Ek het ook begin om vir my man om vergifnis te vra vir insidente waar ek hom seergemaak het want dit het baie meer belangrik geword dat ek hom moes gelukkig maak. Ek het met nuwe o\u00eb van waardering na hom en ons kinders gekyk. Dit was so \u2018n vreugde om spesiale dinge vir hulle almal te doen en dit saam met hulle te geniet. Dit was vir my belangrik om by die huis te wees en toe te sien dat dit \u2018n tuiste is waar almal gelukkig en ontspanne kon wees. Om betyds en getrou te wees was een van die lesse wat ek in ons drie kinders probeer ingraveer het. Daarom was hulle skoolklere reeds die vorige aand gereed, hulle was vroeg genoeg wakker gemaak en ontbyt was betyds gereed en die tafel gedek. So het almal die huis verlaat sonder dat daar konflik en gestoeiery was om almal betyds reg te kry.<br>Maaltye was altyd \u2018n hoogtepunt. Ek onthou die dag, kort nadat ons weer gevestig was, dat my man sigbaar ontsteld in ons kamer ingekom het met \u2018n rekening in sy hand: \u201cEk weet nie hoe dit gebeur het nie, maar ek het heeltemaal van die tandartsrekening vergeet.\u201d<br>Ek het geweet hoedat \u2018n uitstaande skuld hom kon pla en het uitgevind dat die nodige bedrag net \u2018n paar rand minder was as die bedrag wat hy die vorige dag vir my gegee het vir die maandelikse aankope vir die huis. Daardie geld het ek in sy hand gesit dat hy die tandarts kon betaal en het hom verseker dat ons sal regkom. Natuurlik het ek self niks gehad om op terug te val nie, behalwe om dit na die Here in gebed te neem.<br>Nadat my man weer uit was om die rekening te gaan betaal, het ek ons drie kinders bymekaar geroep en vir hulle vertel dat ons die maand wat voorgel\u00ea het dalk \u2018n bietjie minder geld vir kos sou h\u00ea. Ek het mooi verduidelik hoe belangrik dit vir hulle Pappa was om getrou te wees om te betaal wat ons geskuld het. Al drie het dit verstaan. Ek dink ons oudste dogter was nog nie tien nie en die kleinste seker so vyf.<br>\u201cAs julle lus kry vir iets anders as brood, kom vertel dit dan vir my. Probeer baie hard om nie \u2018n woord daarvan te laat uitglip dat julle Pappa dit hoor nie.\u201d Hulle was heel gretig om die maand saam met my te werk.<br>Natuurlik het die asempies niks geweet van honger ly en wat dit beteken om niks te h\u00ea om te eet nie. Ek was egter vol vertroue dat hulle dit ook nie sou beleef nie. In ons eerste jaar in Malawi, toe my man nog studieskuld en paaiemente op ons motor afbetaal het, het ons soms die honger \u2018n bietjie gevoel. Niemand om ons het geweet hoe skraps die geldjies was nie en ek het alles wat kos was probeer rek sodat dit verder as net een maaltyd kon strek. Dit is daar waar ek van pure honger geleer het om sampioene en avokadopere te eet. Dit was vir my vreemde smake wat ek in my grootwordjare nooit geproe het nie. Ek onthou die eerste keer toe ek die reuse groot sampioen uit die woud opgesny en gebraai het vir my man. Hy het dit op roosterbrood ge\u00ebet, daar was niks anders nie. Ek het daaraan geproe en tot in my binneste gegril vir die tekstuur en die smaak, dit was so vreemd. Die sagte berisping van hom dat \u2018n mens nie moet neersien op voedsel wat die Here voorsien het, en die naakte feit dat honger niemand se speelmaat is nie, het gemaak dat ek ge\u00ebet en daarvan begin hou het. Een van die tannies op die sendingstasie het uit die goedheid van haar hart soms met \u2018n potjie sop of iets gebak daar aangekom. Dit was ook sy wat avokadopere van hulle reuse boom vir ons gebring het. Daardie aanvanklike vreemde smaak het gou bekend en geliefd geword en \u2018n hongerkolletjie vol gemaak.<br>Ons het daardie maand van die tandartsrekening toe nooit \u2018n gebrek aan kos gehad nie. Inteendeel! Daar was \u2018n oorvloed van alles. \u2018n Vriendin met \u2018n plaas het een oggend daar aangekom met \u2018n klomp groot houers vol melk en mandjies vol groente.<br>\u201cHoekom ek nou al hierdie goed vanoggend hier moet kom aflaai, sal ek nie weet nie. Maar hier is dit, met liefde en groot plesier.\u201d<br>My swaer van Bloemfontein was \u00earens op \u2018n jagvakansie, en met sy terugreis het hy by ons aangekom. \u2018n Halwe wildsbok is afgelaai, die vleis netjies opgesny. My jongste broer het \u2018n hele klomp skaapvleis kom aflaai. Ek kon die vleis wegpak in die vrieskas want dit was reeds opgesny en opgedeel. Familie en vriende, sonder om iets te weet van ons situasie, het met groente, vrugte of brood in die hand die huis ingekom. Ons seun het teen die einde van die maand so stilweg \u2018n opmerking gemaak:<br>\u201cMamma, ek het dan gedink ons sou net brood eet.\u201d<br>\u201cJa, my kind, die Here is goed vir ons.\u201d<br>Al hierdie goedheid wat ons beleef het, het my net weer herinner dat die Here iets meer van my verwag het, maar dit was kompleet asof daar \u2018n wolfding in my was wat deur die loop van elke dag enige gedagte oor die Here verslind het. Ek het, tot my skande, geleef sonder om een enkele keer aan die Here te dink terwyl dit dag was. Saans laat en soggens vroeg met die Bybel in my hande, was daar tye waar ek diep gedink en diep ervaar het dat iets in my geestelike lewe nie pluis was nie. Toe was ek egter nog heeltemal onbewus van die geweldige oorheersende rol wat my verbeelding in my lewe gespeel het. Reeds van kleinsaf het ek geleer om in my verbeelding ontvlugting te vind en daar in my eie w\u00eareld lang tye deur te bring. Dit was my lewenswyse om gesprekke en scenarios in my verbeelding uit te leef wanneer ek alleen was. My hande het fluks al die werk verrig terwyl ek in my gedagtes in \u2018n fantasiew\u00eareld geleef het. Vir Christus was daar geen plek in die verbeeldingsvlugte nie, want alles het daar net om myself gedraai. Ek was daar die heldin wat alles reg en goed kon doen en al die aandag gekry het. Dat hierdie ongetemde en ooraktiewe verbeelding die rede was vir my oppervlakkige Christenlewe het ek eers jare later na baie smart en skande uitgevind.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het weer nes geskrop in ons land en huis gekoop. Deur alles heen het daardie geestelike ontwaking wat ek in Malawi beleef het nie weggewaai nie. Daar was \u2018n vae en onrustige soeke na \u2018n dieper lewe wat my bly ontwyk het. Dikwels het ek my afgesonder om te bid. Ek het ook begin om vir my man om vergifnis te vra vir insidente waar ek hom seergemaak het want dit het baie meer belangrik geword dat ek hom moes gelukkig maak. Ek het met nuwe o\u00eb van waardering na hom en ons  kinders gekyk. Dit was so \u2018n vreugde om spesiale dinge vir hulle almal te doen en dit saam met hulle te geniet. Dit was vir my belangrik om by die huis te wees en toe te sien dat dit \u2018n tuiste is waar almal gelukkig en ontspanne kon wees.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[108,106],"tags":[],"class_list":["post-984","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uit-my-eie-lewe","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/984","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=984"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/984\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":989,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/984\/revisions\/989"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=984"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=984"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=984"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}