{"id":979,"date":"2022-08-26T21:07:11","date_gmt":"2022-08-26T21:07:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=979"},"modified":"2022-08-27T06:55:14","modified_gmt":"2022-08-27T06:55:14","slug":"uit-my-eie-lewe-ontsnapping","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/uit-my-eie-lewe-ontsnapping\/","title":{"rendered":"UIT MY EIE LEWE &#8211; ONTSNAPPING"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"979\" class=\"elementor elementor-979\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8fe98ba elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8fe98ba\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9ec3c95\" data-id=\"9ec3c95\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2eba805 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"2eba805\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">UIT MY EIE LEWE - ONTSNAPPING\n<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-d327c5f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"d327c5f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-6af2302\" data-id=\"6af2302\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-455356a elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"455356a\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Dit is een ding om \u2018n verkeerde pad in te slaan, maar om dit in te sien en om te draai, is nie altyd so \u2018n eenvoudige sakie nie! My bravade, galoperende moed en entoesiasme het gou verdwyn in die nuwe omgewing waar ek niemand geken het nie. My man het by die wysheid om die skuif te maak, nog wysheid bygevoeg en geweier dat \u2018n telefoon in ons huis geinstalleer word. Dit was baie effektief! Selfs om net met my ma kontak te kon maak, moes ek ver afstap na die dorp om by \u2018n publieke telefoon uit te kom. Dus het die groep waarin ek beweeg het uit my lewe verdwyn. Daar was min en later geen kontak meer nie.<br>Die geraas en onrus binne-in my het so groot en onbeheerbaar geword dat ek voortdurend na stilte gesoek het. Soms het ek in die nag wakker geword met die smagting na stilte, doodse stilte sonder mensgemaakte geluide. Ons huis was egter hoog bokant die spoorwegstasie en die rangering van treine, die fluit en verbygaangedruis het dwarsdeur die nag aangegaan. Dan was die Nestle fabriek ook daar in die nabyheid met nagtelike werksaamhede. Die luide metaalklank teen die koffiesuile het van tyd tot tyd raserig die nagstilte versteur. Wanneer die wind in ons rigting van die slagpale af gewaai het waar die vleisfabriek was, kon \u2018n mens die geskree van die varke ook in die nag hoor. Dus was daar selfs in die nag geen stilte nie.<br>Eendag het ons \u2018n piekniekmandjie gepak en met die kinders na \u2018n plek in die Drakensberge gery. Daar in \u2018n woud het ons \u2018n bietjie vertoef en ek kon weer die stilte beleef. Dieselfde soort stilte van ons plaas waar ek groot geword het, was daar rondom my. Ek wou nie verder stap nie en het vir \u2018n ruk alleen agtergebly, terwyl my man en die kinders verder gegaan het. Trane het ongehinderd oor my wange gerol en vir lank het ek so gesit en net gehuil. Ek kon weer stilte hoor! Dit het verligting gebring, maar was egter nie die oplossing vir my onrus nie, ek was sielsongelukkig en het weggekwyn. My liggaamskragte het al minder geword en toe ek eendag nie eers kon slaag om ons bed behoorlik op te maak nie, het ek mateloos aan die huil geraak \u2013 ek was nog skaars vyf-en-dertig jaar oud maar sukkel soos iemand van oor die tagtig!<br>My man het ges\u00ea: \u201cVrou, jy het hulp nodig.\u201d<br>Ek het ingestem, maar almal vir wie hy voorgestel het, het self \u2018n probleem gehad en hoe sou hulle my kon help? Die een het met \u2018n ander man se vrou gelol en die ander een het gerook soos \u2018n skoorsteen.<br>\u201cNou waar wil jy dan heengaan vir hulp?\u201d het my man moedeloos gevra.<br>\u201cErens hier in die provinsie woon \u2018n man wat ek voorheen hoor praat het. Ek sal graag na hom wil gaan. Hy sal my kan help.\u201d<br>My man het \u2018n telefoongids gaan soek by een van sy kollegas en die persoon opgespoor. Hy het sommer dadelik geskakel en gehoor dat hy sy vrou so gou soos moontlik kon bring. Ons het re\u00eblings getref vir die kinders om by iemand oor te bly, my man het afgevra by sy werk en toe is ons weg in gietende re\u00ebn. Ons kon hom dadelik sien en my man het ure lank alleen met die prediker gepraat. Hy het laat die aand teruggekom na die rondawel waar ons kon slaap en het vir my ges\u00ea<br>dat ek so lank as wat nodig sou wees daar kon bly. Hy sou my kom haal wanneer ek hom laat weet . Daardie selfde aand, baie laat, het hy weer na ons kinders toe teruggery.<br>Op die vreemde plek, alleen- sonder my man en kinders, het ek probeer voorgee dat ek geen probleme het nie. Vir ander besoekers daar het ek vertel dat ek eintlik gekom het om \u2018n boek te skryf oor innerlike genesing. Dit was eintlik so belaglik, want almal wat o\u00eb gehad het, kon tog sien dat ek swaar belaai en terneergedruk was. Ek was die een wat genesing nodig gehad het!<br>Reeds in die eerste aanddiens wat ek bygewoon het, is daar gepraat oor die profeet Esegi\u00ebl wat \u2018n dal vol dro\u00eb bene gesien het. Die Here het vir hom gevra of hy dink dat die bene weer lewend kon word.<br>\u201cHere, dit weet U,\u201d was die profeet se antwoord.<br>\u2018n Laagte vol dor, uitgedroogte bene wat weer lewende wesens kon word! In my gedagtes kon ek die dor bene hoor klink in die goingsak wat ek en my broertjie gedra het. Ons het die veld deurkruis op soek na bene, dor, dro\u00eb bene vir die meulenaar. Hy het beenmeel daarvan gemaak om dit met die veevoer in te meng en ons het \u2018n paar pennies vir ons moeite gekry. Terwyl ek geluister het, het \u2018n nare besef in my gegroei, my lewe was net \u2018n sak vol wit, dor bene. \u2018n Lewe met die klank van dro\u00eb bene waar dit in die sak teen mekaar stamp \u2013 leweloos en nikswerd.<br>Daardie aand het ek stil na die rondawel teruggestap. \u2018n Bondel dor bene! Kon daar weer lewe ingeblaas word? Daar was egter so \u2018n diep verwydering tussen my en die Een wat sou weet, dat ek maar net gaan slaap het sonder om eers te vra.<br>Na \u2018n paar dae kon ek die verlange om die hoof van die sending te gaan vra om my te help, nie langer meer onderdruk nie. Ek het nie baie gehad om te s\u00ea nie behalwe dat ek dink daar is iets verkeerd met my geestelike lewe. Hy het vir my gebid en toe ges\u00ea: \u201cGaan staan in die lig van die Here Jesus Christus en vra Hom om u te wys wat tussen Hom en u staan.\u201d<br>Terug in die rondawel het ek my Bybel sommer net oopgemaak en by my bed gekniel met die oop Bybel reg voor my op die bed.<br>\u201cHemelse Vader, u dienskneg het ges\u00ea dat ek in die lig van Jesus Christus moet kom staan. Ek is so verdwaal dat ek nie eers weet wat dit beteken nie. Maar hier is ek, ek kom staan nou in u hemelse lig. Wil U my wys wat skeiding maak tussen U en my?\u201d Toe het ek nie geweet wat meer om te bid nie. Ek het my o\u00eb oopgemaak en in die oop Bybel begin lees.<br>\u201cJy mag geen ander gode voor my aangesig h\u00ea nie.\u201d<br>Die Bybel was oop by Exodus 20, die tien gebooie. Soos ek verder en verder gelees het, het \u2018n diep oortuiging van sonde my deurstroom. My hele liggaam het begin bewe en hewige snikke het van diep binne my losgebreek.<br>\u201cO, Here, vergewe my! Ek het teen U gesondig in alles wat U hier s\u00ea dat ek nie mag doen nie!\u201d Berou oor wat ek gedoen het, was so groot dat ek gedink het ek gaan beswyk. Die besef van my algehele verdorwenheid as mens en hoe ek ander om my vermink het, het alle hoop uit my gewurg. Nog so huilende het ek van my knie\u00eb af opgestaan en na buite gegaan. Vir die eerste persoon wat ek te\u00ebgekom het, het ek smekend gevra:<br>\u201cIs daar iemand wat my kan help, asseblief?\u201d<br>Sy het my na \u2018n berader geneem en ek het sonder enige huiwering alles blootgel\u00ea waarvan ek so diep oortuig was. Geen mens het my vertel dat ek sonde gehad het wat ek moes bely nie, maar die Here het! Niemand het my gedwing om berou te h\u00ea nie, dit het vanself uit die diepte van my wese opgestyg en my totaal in besit geneem. Ek was \u2018n sondaar wat die dood verdien het, nogtans het ek hulp gesoek, want ek moes vir God om vergifnis vra. Niemand het my aangemoedig om na \u2018n ander gelowige te gaan om alles uit te praat wat ek verkeerd gedoen het nie, maar die Heilige Gees wat my van sonde oortuig het, het my so te s\u00ea uitgedryf uit my slaapplek om \u2018n ander te gaan opsoek. Ure lank het ek daar gesit en my berou uitgegiet voor die regverdige wie se gebed daardie dag groot krag in my lewe gehad het. Die vergifnis van God het my belaste gemoed en verstand bereik. Die stilte waarna ek so naarstigtiglik gesoek het en nie kon vind nie, het in my siel neergedaal.<br>Verwonderd oor die stilte binne-in my het ek na die rondawel toe teruggegaan met \u2018n duidelike wete dat ek dadelik vir my man en kinders om vergifnis wou vra en ook vir elke ander persoon wat ek te nagekom het. Niemand het my daarvan vertel nie, dit was net so \u2018n allesoorheersende verlange. Met vreugde het ek later gehoor dat dit \u2018n normale en Bybelse instelling is. Nadat \u2018n mens jou lewe voor God in die reine gebring het, gaan maak jy reg met ander teen wie jy gesondig het dat jy \u2018n rein gewete voor God en mens kan h\u00ea.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is een ding om \u2018n verkeerde pad in te slaan, maar om dit in te sien en om te draai, is nie altyd so \u2018n eenvoudige sakie nie! My bravade, galoperende moed en entoesiasme het gou verdwyn in die nuwe omgewing waar ek niemand geken het nie. My man het by die wysheid om die skuif te maak, nog wysheid bygevoeg en geweier dat \u2018n telefoon in ons huis geinstalleer word. Dit was baie effektief! Selfs om net met my ma kontak te kon maak, moes ek ver afstap na die dorp om by \u2018n publieke telefoon uit te kom. Dus het die groep waarin ek beweeg het uit my lewe verdwyn. Daar was min en later geen kontak meer nie.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[108,106],"tags":[],"class_list":["post-979","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uit-my-eie-lewe","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/979","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=979"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/979\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":983,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/979\/revisions\/983"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=979"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=979"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=979"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}