{"id":953,"date":"2022-08-26T20:24:03","date_gmt":"2022-08-26T20:24:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=953"},"modified":"2022-09-07T17:57:16","modified_gmt":"2022-09-07T17:57:16","slug":"uit-my-eie-lewe-einde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/uit-my-eie-lewe-einde\/","title":{"rendered":"UIT MY EIE LEWE &#8211; EINDE VAN WILDE EN ONGETEMDE VERBEELDING"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"953\" class=\"elementor elementor-953\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-1bf22dd elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"1bf22dd\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-816376b\" data-id=\"816376b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-ec69a8e elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"ec69a8e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">UIT MY EIE LEWE - EINDE VAN WILDE EN ONGETEMDE VERBEELDING<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-d2c1537 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"d2c1537\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-56d2aa0\" data-id=\"56d2aa0\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-60b1e9c elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"60b1e9c\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Maande na die ondervinding het ek bewus geword van iets vreemds in my optrede. Wanneer dit soggens nog donker was en ek alleen wou wees om Bybel te lees, het \u2018n vrees my bekruip. Soms het ek selfs kortasem geword en my hart het in my keel geklop. Dit was makliker om weer na ons slaapkamer te gaan, want sodra ek saam met iemand anders was, het die vrees verdwyn. Ek wou egter groei in my geestelike lewe en wandel met die Here, daarom kon ek dit nie sommer net aanvaar nie. Wanneer sou ek dan weer in die besige dag tyd kry om so stil te word dat ek alles kon uitsluit en tot die Here my God bid as dit nie was voordat die huismense wakker geword het nie?<br>Vrees vir die donker was \u2018n ou bekende in my lewe. Wanneer ek in die aand of nag alleen in die huis was, het daardie vrees my maag so in \u2018n knop vasgevat dat ek dit omtrent in my mond kon proe. Ek was tot die dood toe bang, totaal onbevoeg om iets konstruktiefs te doen. Met opgehoue asem het ek geluister of ek nie iets hoor nie. Of ek het van venster tot venster gegaan en versigtig die gordyne net \u2018n klein bietjie weggedruk om te kyk of daar nie dalk iemand met kwade bedoelings buite was nie. Die dag het toe aangebreek waar ek gevoel het dat dit darem nou te lank aangehou het, ek moes bevry word van hierdie onsinnige vrees vir die donker.<br>Met die eerste geleentheid wat ek kon kry, het ek teruggegaan na die man van God wat my al so baie gehelp het. Ek het hom vertel van hierdie vrees wat my so oorheers het en hy het vir my gebid en die gees van vrees in die Naam van Jesus Christus bestraf. Terug by die huis was ek vir \u2018n paar dae stokalleen. My man en die kinders was weg na \u2018n kamp, maar ek moes tikwerk afhandel en het besluit om te bly. Tot laat die nag het ek gesit en werk en later gaan slaap. Die volgende oggend toe ek wakker word, het ek skielik besef dat ek die vorige aand en nag deurleef het sonder om een enkele keer deur die vrees gepla te wees! Van pure vreugde het ek begin huil en kon nie ophou om die Here te dank nie. Die nare, onbeskryflike vrees het my verlaat toe die prediker vir my gebid het. Jesus Christus het my vry gemaak!<br>In my diepe dankbaarheid het ek vir hom \u2018n brief geskryf om te vertel wat die Here vir my gedoen het. Ek het \u2018n brief ontvang waar hy die Here saam met my dank en my aanmoedig om met my hele hart voort te gaan om die Here te dien. Die teksvers wat hy uit Romeine 8 aangehaal het, bly nog altyd vars in my geheue en ek herinner myself dikwels aan daardie Woord.<br>\u201cMaar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of teenwoordige of toekomende dinge, of hoogte of diepte of eninge ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.\u201d<br>Met die gees van vrees weg, het my lewe \u2018n nog dieper wending geneem. Eendag het ek vir die Here gevra; \u201cHoekom is dit dan so met my dat Christenwees altyd ver van my hart voel? Wat ontbreek in my lewe?<br>Woorde uit die Bybel het dadelik my gedagtes gevul:<br>\u201cWees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.\u201d<br>Ek het oor die woorde gedink en gewonder of dit nou die antwoord op my vraag was. Die sinsnede het weer en weer in my gedagtes weerklink. Later het ek met die woorde begin redeneer: \u201cMaar ek is tog barmhartig, net gister het ek vir \u2018n boemelaar wat kom klop het my bord kos gegee.\u201d<br>My redenasies het egter nie die woorde van die Bybel laat opdroog nie. Meer en meer besorg het ek na die sin geluister en later het ek dit gaan opsoek en die hele gedeelte gelees. In my hoogmoed het ek nog steeds gedink dat ek darem tog barmhartig is. Ek het by my bed gekniel: \u201cHemelse Vader, ek kan my nie met U vergelyk nie! Hoe sien U my? Is dit in my gedagtes waar ek nie barmhartig is nie?\u201d<br>Soos \u2018n weerligstraal het die lig van die Here op my gedagtew\u00eareld geval.<br>Daar was geen barmhartigheid nie. Net daardie tyd het ek gehoor van \u2018n getroude man wat een van my ongetroude vriendinne wou verlei om in \u2018n verhouding met hom betrokke te raak. Die Here het my gedagtes oor die saak vir my duidelik blootgel\u00ea. In my verbeelding het ek die gebeure laat afspeel hoe iemand ons in die vroe\u00eb oggendure kom opklop het om te vertel hoedat hierdie man selfmoord gepleeg het. Ek het besef dat in my verbeelding ek nooit beleef het hoedat iemand weggedraai het van die verkeerde nie, alles het altyd in hopeloosheid en dood ge\u00ebindig.<br>Vir die eerste keer in my ganse lewe het ek besef wat in my verbeeldingsw\u00eareld aangegaan het. Geskok en verstom het ek gekyk na dit wat vir my versteek was terwyl ek daarin vasgevang was. Vir die grootste gedeelte van die dag wanneer ek alleen was, het ek in \u2018n droomw\u00eareld geleef. My verbeelding was die hele tyd besig om video\u2019s te speel, video\u2019s waarvan ek self die draaiboek geskryf het en altyd die hoofrol vertolk het!<br>Een van die vidoe\u2019s wat deur die lig van die Here in detail oopgevlek was, onthou ek tot vandag toe nog. Dit was \u2018n dag toe my man die kinders geneem het om te gaan perdry. Ek het aangegaan om wasgoed te was en huiswerk te doen, maar my gedagtes was besig met \u2018n toneel terwyl my hande gewerk het.<br>In my verbeelding was daar \u2018n klop aan die deur. Ek het gaan oopmaak. Daar was ons dominee en die hoof van die polisie. Hulle het ingekom en vir my vertel dat hulle so jammer was om sulke slegte nuus te moes oordra. Lede van my familie was in \u2018n grusame ongeluk en almal was op slag dood. Ek het my verbeel hoe ek gereageer het. Die voorbereiding vir die begrafnis, die ry kiste en alles wat ges\u00ea is deur ander mense. Hoe almal my so bewonder het dat ek so dapper en sterk was om die ander in hul smart by te staan. Dit was \u2018n lang verbeeldingsvideo, want hulle was net begrawe toe ons voordeur oopvlieg en die kinders instorm om my te vertel dat een van hulle byna van die perd afgeval het. Ek het toe so pas in my verbeelding geliefde lede van die familie begrawe en trane afgevee, maar daar het my eie lewenslustige kinders voor my gestaan, vrolik en vol van alles wat hulle dadelik met my moes deel.<br>Die Here het my vraag waarom Christenwees altyd vir my so ver weg gevoel het, beantwoord. My verbeelding was die w\u00eareld waarin ek geleef het en daar was ek die belangrikste, nie die Here Jesus nie. Dit het net om myself gegaan en ek kon alles plooi en vorm dat dit my pas. En ek het nooit besef watter oerwoud van ongeregtigheid ek in my omgedra het nie.<br>Toe was ek egter intens bewus van my verbeeldingsw\u00eareld en vasbeslote om \u2018n einde te maak aan daardie invloed in my lewe. Om die vrees te ontkom het ek van kleinsaf die gewoonte aangekweek om in my verbeelding te ontvlug. Min het ek geweet dat die einste vrees groot insette gehad het in my verbeeldingsvlugte al het ek gedink ek ontvlug dit!!<br>Ek het gaan sit en diep besin. Die eerste stap was dat ek volle verantwoordelikhied geneem het vir die sonde van my gedagtes; stinkende hoogmoed, liefdeloosheid, kritiek, bitterheid en wraakgierigheid en baie, baie ander gesindhede. Ek het dit voor die Here bely en om vergifnis gesmeek. Toe het ek myself afgevra wat daar is wat \u2018n mens se gedagtes voed behalwe wat jou sintuie ervaar, bv wat jou o\u00eb sien en jou ore hoor.<br>My gewete<br>My geheue<br>My verbeelding<br>My onderbewuste<br>Alles wat ek kon opspoor in die Bybel oor die gewete het ek met groot aandag gelees; oor die las van dooie werke, die skuld van sonde\u2026 maar ook van die wonderbare hoop dat die bloed van die Lam van God die gewete van alle skuldlas kan reinig. Die Here was so genadig dat Hy vir my uitgewys het watter dinge nog my gewete belas het en die krag van die bloed van Christus het dit weggewas.<br>In my geheue was daar feitlik niks weggeb\u00eare oor die Here en sy Woord nie, of oor sy wonderbare dade nie. Daar was egter duisende albums van al die videos wat in my verbeelding geskep was. Dit het ek een vir een uitgehaal en na die voet van die kruis geneem. Deur die Here se groot genade het Hy ook my skoon gewas en gereinig van al daardie gemors.<br>Oor die onderbewuste het ek geen beheer gehad nie, maar wel oor my verbeelding. Dit was die werkswinkel van die duiwel en groot swerms goggas het daar uitgebroei en my hele denke besmet. Om beheer oor die gedagtes van my verbeelding te kry, was \u2018n hewige stryd, maar ek wou nie opgee en die aftog blaas nie. Vasberade het ek die stryd aangeknoop om te kon weet waarmee my gedagtes besig was en om beheer daaroor uit te oefen.<br>Ek het die Bybel oop neergesit by die opwasbak nadat my man en kinders weg was skool toe. Terwyl ek werk, het ek begin om Psalm 23 te memoriseer. Eintlik het ek dit as \u2018n kind uit my kop geleer, maar dit het my \u2018n hele week geneem om dit weer te leer! Ek sou begin:<br>\u201cDie Here is my Herder\u201d en dan was my gedagtes weer weg. Na \u2018n kwartier sou ek verskrik terugkeer en vir myself vra:<br>\u201cWaaraan het jy nou gedink!\u201d<br>Na groot gesukkel het ek agt verskillende Psalms uit my kop geleer. Wanneer ek alleen was en besig met die huiswerk, het ek die Psalms hardop begin ops\u00ea. Wanneer ek \u2018n fout gemaak het, moes ek weer reg voor begin. So het ek dag vir dag probeer om my gedagtes onder beheer te kry en geweier om moeg te word om die Psalms oor en oor te herhaal.<br>Dit het vrugte begin afwerp. Toe die deurklokkie een oggend lui, het ek gebid terwyl ek na die deur toe stap: \u201cHere Jesus, U weet wie daar by die deur is, wees met my en skenk my wysheid om reg op te tree.\u201d<br>Skielik het \u2018n groot vreugde in my oopgebreek. Ek het die Here Jesus onthou!! Die telefoon het gelui en ek het weereens gebid en gevra dat die Here met my sal wees wanneer ek antwoord. Dit was soos soet musiek vir my. My gedagtes het normaal en gesond geword. In plaas daarvan dat ek in my verbeelding geleef het, het ek iets nuuts ondervind. Ek het in gebed begin leef.<br>Wanneer ek ons kamer skoon gemaak het, het ek vir my man gebid en vir sy kontak met die leerlinge by die skool. Wanneer ek gewas en gestryk het, het ek vir die een gebid wie se klere ek opgehang of gestryk het. Met die voorbereiding van middagete kon ek bid vir hulle wat die kos sou eet. Alles het anders geword! Die lewe was so normaal en mooi. Die vrees was weg en die wilde verbeelding was getem! Christenwees was nie meer ver weg nie, maar reg hier in my hart.\u00a0\u00a0<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maande na die ondervinding het ek bewus geword van iets vreemds in my optrede.  Wanneer dit soggenS nog donker was en ek alleen wou wees om Bybel te lees, het \u2018n vrees my bekruip. Soms het ek selfs kortasem geword en my hart het in my keel geklop. Dit was makliker om weer na ons slaapkamer te gaan, want sodra ek saam met iemand anders was, het die vrees verdwyn. Ek wou egter groei in my geestelike lewe en wandel met die Here, daarom kon ek dit nie sommer net aanvaar nie. Wanneer sou ek dan weer in die besige dag tyd kry om so stil te word dat ek alles kon uitsluit en tot die Here my God bid as dit nie was voordat die huismense wakker geword het nie?<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[108,106],"tags":[],"class_list":["post-953","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uit-my-eie-lewe","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/953","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=953"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/953\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1121,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/953\/revisions\/1121"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=953"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=953"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=953"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}