{"id":834,"date":"2022-05-14T20:21:38","date_gmt":"2022-05-14T20:21:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=834"},"modified":"2022-08-27T06:56:56","modified_gmt":"2022-08-27T06:56:56","slug":"my-suster-johanna","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/my-suster-johanna\/","title":{"rendered":"MY SUSTER JOHANNA"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"834\" class=\"elementor elementor-834\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-93232cf elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"93232cf\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-0272a17\" data-id=\"0272a17\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-352f654 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"352f654\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">MY SUSTER JOHANNA<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-eda8a89 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"eda8a89\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-5abd844\" data-id=\"5abd844\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-9ef75a5 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"9ef75a5\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Sy was langer, baie slimmer en \u2018n baie beter mens as ek, al was sy net vyftien maande ouer as ek. Sy was my maat en ons het ure lank op die plaas saamgespeel.\u00a0 Een somersmiddag moes ons stil op ons beddens wees totdat die versengende hitte van die dag \u2018n bietjie gebreek het.\u00a0 Ons was verveeld en het besluit om \u2018n huisie vir ons te maak bo-op die geelhout jonkmanskas in ons kamer. Ons het ons ousus se popspeel porselein teestel uitgehaal en dit daar bo-op die kas met die groot plat oppervlakte,\u00a0 oopgepak. Verdiep in ons speletjie van twee vreemde vrouens wat bymekaar kuier, lig ek die skinkbordjie op en s\u00ea vriendelik: \u201cMevrou, hier is ons tee. Neem vir u.\u201d<br>Johanna was egter vasbeslote om die gasvrou te wees, dus het sy die skinkbord uit my hande gevat en wou vir my tee aanbied. Tussen ons twee se hande het die skinkbordjie met die koppies en die teepot na benede gestort en met \u2018n groot geraas op die plankvoer in skerwe gespat.<\/p><p>Ons was stokstyf geskrik en het eers in beweging gekom toe ons ons pa se voetstappe in die gang gehoor het. Ons het afgespring van die kas op ons beddens, toe Pappa alreeds die deur oopgemaak het. Die pak slae was seer, maar ek dink ons het slegter gevoel dat ons twee ons ousus se mooi liggroen porselein speelgoed gebreek het.<\/p><p>Wanneer ons resies gehardloop het, was ek so \u2018n kop voor haar by die wenstreep, maar nie wanneer ons \u2018n hinderniswedloop vir onsself opgestel het nie. Sommer in die begin van die wedloop was daar \u2018n suurlemoen wat eers opge\u00ebet moes word, voordat ons verder kon hardloop. Vir haar was suurgoed nie \u2018n probleem nie, maar ek het eindeloos gesukkel om dit afgesluk te kry. My eerlikheid het my ook teruggehou om nie die suurlemoen net weg te gooi nie, want my suster was ver voor my en het al deur die boomstam geklim terwyl ek nog met die vrug baklei het. Sy kon ook baie vinniger deur die boom klim met haar lang bene. Die hindernis wedloop het sy altyd lank voor my klaar gemaak.<\/p><p>Sy was net een klas voor my en in die ho\u00ebrskool het ek ook dieselfde vakke as sy geneem. Toe sy in matriek geblok het vir die eindeksamens, was ek soms geskok en besorg dat sy so deur haar boek sit en blaai wanneer sy moes leer. Eenkeer het sy opgekyk met \u2018n bre\u00eb glimlag en vir my ges\u00ea:\u00a0 \u201cAg ou Esthertjie, die kennis loop al by my ore uit!\u201d<\/p><p>\u201cEven bin ik op my pen geklommen om aan gij een brief te schrijven\u201d, het sy uit haar Nederlandse voorgeskrewe boek \u2018n lang stuk aangehaal terwyl sy uitgestap het om eers gou \u2018n paar liedere op ons huisorrel te gaan speel. Sy is maklik deur die skool en het goeie punte behaal.<\/p><p>Die dierbare suster van my kon so groot skrik en dit het gemaak dat ons haar geterg het net om haar reaksie te beleef. Eendag moes sy die hoenders gaan kos gee, maar in die hoenderkamp was daar \u2018n nare hoenderhaan wat ons bekruip het en dan so seer teen ons bene geskop het. Daarom het sy die voerkamertjie se onderdeur agter haar toegemaak om die haan weg te hou. Toe sy die streepsak oor die voerbalie wou oplig, het sy amper aan die geelslang gevat wat bo-op die sak gel\u00ea het.\u00a0\u00a0 Met \u2018n gil het sy bo-oor die toe onderdeur gespring en ons ouboet gaan soek om te vertel van die slang. Hy het die slang doodgeskiet en toe gaan verbrand volgens die re\u00ebls van ons plaas.<\/p><p>Die storie het egter nie daar ge\u00ebindig nie. Die ondeunde jonger boet het gehoor hoe sy, die aand na melktyd,\u00a0 staan en sing daar waar sy die roomafskeier beman het. Haar rug was na die deur. Hy het geweet van die slang episode vro\u00eber die dag en het die lang sweep geswaai dat dit saggies om haar bene gekrul het.\u00a0 Met \u2018n bloedstollende gil het sy in die lug opgespring en uit die kamertjie gevlug. Die slinger van die roomafskeier het\u00a0 nog momentum gehad en \u2018n paar draaie gegee. Dit was my oom wat gou ingespring het om die situasie met \u2018n onbemande roomafskeier te red! Ons het sommer almal raas gekry dat ons so onverantwoordelik kon wees.<\/p><p>Eendag het sy so gegil dat ek geskrik het soos selde in my lewe. Dit was tyd vir middagete en my ma het gevra: \u201cWaar is Johanna dan? Gaan roep haar gou.\u201d<\/p><p>In ons kamer het sy op die haar bed gel\u00ea en lees met haar rug na die deur toe. Ek het saggies tot reg agter haar geloop en toe \u2018n nare\u00a0 geluid soos \u2018n roofdier gemaak.\u00a0 Met \u2018n angswekkende gil het sy die boek weggeslinger en haar bene en arms wild in die lug geswaai. Ek het so groot geskrik dat ek haar net aangestaar het. Na \u2018n oomblik van doodse\u00a0 stilte het ons altwee begin lag. Om die eettafel was daar ook \u2018n vriendelike gelag, want hulle het die gil en daarna die stilte gehoor en geraai wat gebeur het. \u201cEk was net mooitjies by die spannendste oomblik in die boek,\u201d het Johanna laggend verduidelik toe sy haar stoel uittrek.<\/p><p>Een koue winteraand\u00a0 het sy haar nuwe warm pajamas aangetrek. In die middel van die nag het ek wakker geskrik toe sy \u2018n vuurhoutjie trek om die kers aan te steek.<br>\u201cWat soek jy?\u201d, het ek deur die slaap gevra.<br>\u201cWaar is my sk\u00ear?\u201d<br>Tot my stomme verbasing het ek gesien hoedat sy met die sk\u00ear eers die een broekspyp en toe die ander een ook oopgeknip het. Toe het sy die kers doodgeblaas en met \u2018n sug ges\u00ea: \u201cSo ja, nou is dit nie meer te styf nie,\u201d en het ook sommer dadelik weer weggeraak in\u2018n diep slaap. Die volgende oggend toe sy\u00a0 opstaantyd haar bene van die bed afswaai, het sy verbaas uitgeroep: \u201cEn dit? Wat het hier gebeur?\u201dVerslae het sy na haar pajamabroekspype gesit en kyk wat so los en oopgeknip oor haar bene gehang het.<\/p><p>Sy wou my nie glo nie.<\/p><p>\u201cJy sit nou en jok vir my met \u2018n bre\u00eb glimlag op jou bakkies.\u201d<\/p><p>\u201cNee, regtig, jy het dit self oopgeknip!\u201d<\/p><p>\u201cDan moes ek dit in my slaap gedoen het, of hier loop spoke rond, want ek weet niks hiervan nie!\u201d<\/p><p>Sy was al in haar derde jaar op\u00a0 onderwyskollege toe haar koshuishoof my skakel waar ek op \u2018n naburige dorp gewerk het. Hy het gevra of ek kon oorkom, my suster het skielik siek geword en vra na my.<br>Sy was terug in haar koshuiskamer na al die toetse in die hospitaal, bleek en stil. <br>\u201cDie toetse wys niks.Die dokter dink dit kon \u2018n ligte beroerte aanval gewees het en s\u00ea ek moet rus.\u201d<br>\u201c\u2019n Beroerte aanval op jou ouderdom, Sus!\u201d Ek kon my ontsteltenis en ongeloof nie wegsteek nie.<br>\u201cWil jy saam met my kom?\u201d<br>\u201cEk skryf een van die dae eksamen. Sal liewer hier bly en leer.\u201d<\/p><p>Haar linkerhand en linkerbeen het dommer geword. Goed het sommer onverwags uit haar hand geval. Dikwels het haar voet onverwags geknak en dan het sy geval. Maar my suster het haar vierde jaar voltooi met liggamsoefening onderrig as haar hoofvak!<\/p><p>Sy het \u2018n pos aangeneem by \u2018n laerskool in Alliwal-Noord. Met swemafrigting het dit beter gegaan as met die tennis en atletiek.<br>Daar het sy dikwels gestruikel en geval, maar altyd met \u2018n lag opgestaan en voortgegaan. Die kinders was lief vir haar.<\/p><p>Eendag daar in Malawi waar my man onderwys gegee het in die sendingskool, het ek \u2018n brief van my suster ontvang. Die Here het haar geroep om \u2018n pos te kom vul by die tweemanskooltjie op ons hoofsendingstasie. Dus sou sy haar pos bedank en onderwyseres word vir ons sendingkinders van standerd twee tot standerd vyf.<\/p><p>Ek het die brief geneem en eers doodstil buite onder die boom gaan sit, so \u2018n bietjie weggekruip agter die plante. Die vreugde was amper te groot om te dra. My suster kom van Suid-Afrika van \u2018n skool waar sy geliefd en gerespekteerd was om hier naby my te kom woon? Net sewentig myl weg! En vakansies kon sy by ons kom deurbring. Die uitsien was groot!<\/p><p>Toe kom sy ook vir die eerste vakansie. Die oomblik toe ons alleen in die kamer was, het sy vir my ges\u00ea: \u201cOu Esthertjie, asseblief doen my \u2018n groot guns. Asseblief laat my net vir \u2018n dag of twee doodstil op die bed l\u00ea, ek kan die hoofpyn nie meer dra nie.\u201d<\/p><p>Ek het dadelik die gordyne dig getrek en toegesien dat daar nie geraas en harde geluide in die huis was nie \u2013 net sag ingegaan met iets om te drink en te eet. Later die vakansie het ek opgemerk dat haar hand so skud dat sy sukkel om \u2018n koppie vas te hou sonder om te mors. Haar voet het gesleep. Sy het tog so \u2018n bietjie oopgemaak en vertel met watter hewige hoofpyne sy soms klas moet gee. Dit was so interessant wanneer sy vertel het van alles wat in die skooltjie gebeur het en hoe sy die klomp verskillende grade gelyktydig kon onderrig, maar ek het opgemerk dat haar tong ook soms gesleep het.<\/p><p>Ek het saamgery na die hoofsendingstasie toe ons haar moes terugneem. Daar het ek ons sendingdokter gaan opsoek en my besorgdheid oor Johanna met hom gedeel. Op sy omgee manier het hy haar onder sy sorg geneem en na \u2018n spesialis in Harare gestuur. My suster is gediagnoseer met Parkinson-siekte op dertigjarige ouderdom!<\/p><p>Sy was \u2018n vegter en het nie sommer gaan l\u00ea nie.<br>\u201cOu sussie, Parkinson-siekte se voet! Ek geniet my werk.\u201d<br>Sy het voortgegaan asof dit normaal is om soms te val en op te staan, jou koffie te mors in die piering en hoofpyne te h\u00ea wanneer jy alles insit om die kinders te help.<\/p><p>Haar besorgdheid was dat hulle wiskunde metodiek verouder het en dat sy moes teruggaan om eers die nuwe wiskunde aanbieding onder die knie te kry sodat hulle skooltjie nie sou agterbly nie. Sy het met die skoolraad afgespreek dat sy vir \u2018n jaar sou weggaan om\u00a0 in \u2018n plattelandse skool in Suid-Afrika te gaan onderrig. Daarna sou sy weer terugkom om die sendingkinders die beste aan te bied.<\/p><p>Terug in Suid-Afrika, aan die einde van daardie jaar, het \u2018n boer van die kontrei haar gevra om met hom te trou. Sy het ja ges\u00ea, as hy bereid sou wees om te wag. Sy het eers \u2018n belofte gehad om na te kom. So het sy dan vir \u2018n jaar lank\u00a0 weer teruggekeer na Malawi om daar die wiskunde en ander vakke op die regte vlak te bring.<\/p><p>Haar troue was mooi. Ons was toe reeds terug in Suid-Afrika en kon dikwels vir hulle op die plaas gaan kuier. Sy was seker nog nie eers twee jaar getroud nie toe ek een nag wakker gelui word. Besorg het ek die telefoon geantwoord. Dit was Johanna se huisdokter.<br>\u201cMevrou, is u Johanna se suster?<br>\u201cKan u asseblief vir my haar mediese geskiedenis vertel. Haar man is nog nie so bekend met alles nie.\u201d<\/p><p>Ek het begin vertel van die tyd toe sy nog \u2018n student was, en ook van haar dae in Malawi. Die dokter het my probeer troos en ges\u00ea dat hulle net \u2018n klein probleempie het, my bedank en toe afgelui. \u2018n Mens weet mos dat \u2018n dokter jou nie in die nag skakel as dit net \u2018n klein probleempie is nie.<\/p><p>Haar man het my voor sonop kom oplaai op pad hospitaal toe. Ons huis was op die roete na Kaapstad. Hy was nie \u2018n man van baie woorde nie, maar het vertel dat hulle by die bed gekniel het voor slaaptyd. Johanna het nie opgestaan of gereageer nadat hy afgesluit het met die gebed nie. Sy was bewusteloos en hy kon haar nie weer bykry nie. Die dokter het uitgery plaas toe en kort na hom die ambulans. Sy was nog dieselfde nag oorgeplaas na \u2018n hospitaal in Kaapstad.<\/p><p>Toe ons twee daar by haar bed staan, het ek gesien dat daar \u2018n buis vanuit haar kop vloeistof aflei. Dit was \u2018n ernstige saak. So het sy daar vir drie dae lank in \u2018n koma gel\u00ea.\u00a0 Die dokter het vir my en Dirk opgemerk toe ons uitstap en geroep: \u201cMeneer Uys!\u201d<br>Sommer daar in die gang het hy vertel wat verkeerd is.<\/p><p>\u201cJou vrou het \u2018n maligne gewas reg tussen die twee breinlobbe, dit is te diep om te opereer. Daar is geen prognose vir haar nie.\u201d Hy het \u2018n oomblik na ons gestaan en kyk en toe weggestap. Ek was te geskok om enige vraag te vra en het nie besef dat my swaer onbekend was met die\u00a0\u00a0 mediese terme nie.<\/p><p>In die telefoonhokkie het ek vir my tannie geskakel en gevra of hulle kon uitry na Mamma op die plaas om vir haar die nuus te gaan oordra dat Johanna \u2018n kanker gewas het in haar kop, maar dit is te diep om te opereer. Die dokter het ges\u00ea dat sy geen kans het om dit te oorleef nie. Ek het gehoor hoedat my swaer net so \u2018n diep kreun gegee het en neergesak het op sy hurke, met sy rug teen die glas van die hokkie. Hy het nie verstaan wat die dokter verduidelik het nie, maar my woorde het deurgedring.<\/p><p>My ma het kom oorslaap en ek sou haar die volgende dag na Kaapstad neem om Johanna te sien. My ma het al gaan slaap, maar ek het \u2018n <br>dringendheid ervaar om die Nuwe Afrikaanse Vertaling oop te maak by Psalm 23. Die woorde was anders as die ou vertaling wat ek so goed geken het. Ek het die nuwe vertaling gememoriseer, wetende dat my suster vir my gaan vra wat haar makeer en ek sou dit nie kon ontvlug nie.\u00a0 Dit was ook so. Sy was nie meer in die koma nie! Sy het ons al gegroet toe ons nog nie eers by haar bed was nie. Nadat Mamma met haar gesels het, het sy my nader geroep:<\/p><p>\u201cOu Esthertjie, kom staan hier baie naby my. Ek wil binne in jou o\u00eb kyk. Jy is die enigste een wat nie vir my sal lieg nie.\u201d<br>\u201cWat makeer my?\u201d<br>Die reaksie in my innerlike was hewig, ek het gebewe, maar het so naby soos ek kon gaan staan.<br>\u201cJohanna, wat s\u00ea die dokter vir jou?\u201d<br>\u201cHy s\u00ea ek het \u2018n abses in my kop, maar ou sussie, ek is nie onder \u2018n kalkoen uitgebroei nie. Het ek kanker?\u201d<br>\u201cJa, jy het en dit sit te diep om te opereer.\u201d<\/p><p>Sy het haar o\u00eb toegemaak en doodstil gel\u00ea. Ek \u2018n paar keer gesluk om die knop in my keel weg te kry en toe vir haar die nuwe vertaling van Psalm 23 opges\u00ea.<\/p><p>\u201cSelfs al gaan ek deur donker dieptes,<br>Sal ek nie bang wees nie,<br>Want U is by my.<br>In u hande is ek veilig.\u201d<\/p><p>\u201cO, dit is pragtig. Herhaal dit weer, asseblief.\u201d<\/p><p>Meer woorde het ons nie vir mekaar gehad nie. Toe ons weer moes gaan, het my ma buite die kamer net gevra: \u201cVoel jy sterk genoeg om te bestuur, my kind?\u00a0 Jy het doodsbleek geword toe Johanna jou gevra het wat haar makeer. Jy het reg gedoen. Dit is beter dat sy weet.\u201d<\/p><p>\u00a0Die volgende dag toe ek by haar kamer instap het sy breed vir my geglimlag.<\/p><p>\u201cWeet jy wat, ek gaan nie nou al dood nie. Ek het \u2018n lang tyd met die Here deurgebring verlede nag. Ek gaan leef.\u201d<\/p><p>Sy was reg. Sy het nog dertig jaar langer geleef. Ja, soos \u2018n gevangene in \u2018n gestremde liggaam, maar met \u2018n lewende gees wat nog die Evangelie kon verkondig.<br>\u00a0<br>Sy was oorgeplaas na Grootte Schuur vir bestraling. So dikwels soos ek kon het ek oor Du Toitskloofpas gery om by haar te gaan sit. Een oggend het ek by haar kamer gekom toe sy reeds weg was vir bestraling. \u2018n Ouer dame met terminale maagkanker het die kamer met my suster gedeel.<\/p><p>\u201cWag gerus hier, sy sal oor \u2019n rukkie teruggebring word\u201d, het sy my genooi. \u201cJou suster is \u2018n vrou met moed. Vanoggend het sy vir ons daardie lied gesing met die koortjie:<br>\u201cAnd He walks with me, and He talks with me<br>And He tells me, I am His own\u2026\u201d<br>\u201cSy sing baie en sy vertel vir my sulke mooi dinge van die Here Jesus.\u201d<\/p><p>Die dokter het haar toegelaat om vir \u2018n naweek saam met my te gaan.<br>Ek moes alles vir haar doen, ook haar voer, want sy kon nie die vurk by haar mond kry nie, daar was nie koordinasie in haar bewegings nie. Toe ek in die kombuis besig was om haar wasgoed op te vou, het ek haar hoor sing: \u201cAnd He walks with me, and He talks with me..\u201d\u00a0 maar sy het die wysie verloor! Sy wat so nootvas was, kon ook nie eers meer wysie hou nie.<\/p><p>Iets in my het gebreek. Ek het een van haar warm, dro\u00eb handdoeke uit die tuimeldroe\u00ebr gegryp en my gesig daarin gedruk dat niemand die snikke kon hoor nie. My dierbare suster het \u2018n tyd van lyding voor haar gehad en wat kon ek doen om dit te verlig?<\/p><p>Die lewe het aangegaan. Sy is terug huistoe. My ma het alleen gery om Johanna te besoek op hulle plaas.<br>\u201cKind, jy kan nie net so sit nie.\u201d<br>\u201cMa, my mense hier is te bang dat ek sal val as ek probeer opstaan om iets te doen. Alles val buitendien sommer uit my hande.\u201d<br>\u201cEk begryp, kind. Hulle wil nie h\u00ea dat jy verder moet seerkry nie, maar jy kan kruip, dan beweeg jy tog sonder die gevaar om te val. Kruip op jou knie\u00eb buitentoe, dan werk jy bietjie met jou hande in die tuin. Dit sal goed wees vir jou . Trek sommer die\u00a0 onkruid uit. Jy s\u00ea dat jy geen pyn het nie, so sit jouself uit en doen iets!\u201d<\/p><p>\u2018n Paar weke later was my ma terug by Johanna met twee krukke.<\/p><p>\u201cHier, my dogter, leer loop. Dan kan jy jouself en ander weer help.\u201d<\/p><p>So het my suster buite om die huis begin oefen om te loop met die krukke. Dit het maar val en opstaan gegaan, maar sy het vasberade volhard. Sy het geslaag en later kon sy sonder die krukke beweeg. Slinger-slinger, maar sy was weer vaster op haar voete. Laggend het sy die storie vertel dat Dirk haar een oggend vroeg voor \u2018n winkel afgelaai het sodat sy self haar inkopies kon gaan doen. \u2018n Klein seuntjie het gestaan en kyk hoe sy stap en toe vir haar ges\u00ea: \u201cHaai Tannie! Tannie moet darem nie so vroeg in die more al\u00a0 drink nie.\u201d<\/p><p>So het ons Johanna en Dirk\u00a0 jare lank geken, hy wat altyd sy arm vir haar aangebied het sodat sy makliker kon loop. Hulle het saam ouer geword, Johanna met haar gestremde bewegings, visie en gehoor en Dirk wat nog sterk en vol lewe was, maar tog ook \u2018n bietjie hardhorend.<\/p><p>Toe kry ek een dag \u2018n oproep dat Dirk kanker het. Hy moes vir bestraling gaan. Vir my was daar net een pad. Ek moes afvra by die skool en na hulle gaan. My man was reeds oorlede en ek het in die sendingskool hier gehelp. So gou soos wat moontlik was, het ek toe by hulle by die see opgedaag.\u00a0 Hulle het nie meer op die plaas gewoon nie, maar in hulle strandhuis.<\/p><p>Johanna was plat in die bed toe ek daar aangekom het. Die skok was vir haar so erg dat sy nie geweet het hoe om dit te hanteer nie, want hierdie keer was dit nie syself nie, maar haar Dirkie!\u00a0 Dirk was skoon wild en kon amper nie verdra om in die huis te wees nie. Hy moes net uit. Elkeen van hulle het die skok op hulle eie manier probeer verwerk.<\/p><p>Johanna het gou opgekikker nadat ek gekom het en ons het weer buite gaan stap tot daar waar ons op die see kon afkyk. Ek het by haar gebly terwyl Dirk vir sy eerste bestraling gegaan het. Hy het my vertel dat die dokter hom gemaan het om sy sake reg te kry, om toe te sien dat Johanna versorg was, want hy het nie meer lank tyd gehad om te leef nie.\u00a0 Johanna moes dit egter nie weet nie.<\/p><p>Dit was \u2018n geweldige opoffering vir hom om na die ouetehuis op die dorp te gaan, maar hy het dit ter wille van Johanna gedoen. Hulle was nog in hulle vyftiger jare, met buitengewone toelating, in \u2018n dubbelkamer in die tehuis vir bejaardes.<\/p><p>Ek kan nie onthou hoe lank hulle daar saam gebly het voordat Dirk gesterf het nie. Wat ek duidelik onthou is dat ek die aand voor die begrafnis daar by Johanna in hulle kamer in die dubbelbed geslaap het.<\/p><p>Sy was stil, baie stil: \u201cEk het vas geglo dat die Here hom sou genees.\u201d<\/p><p>Ek het al die pad voor my suster geloop en kon haar uit eie ondervinding geantwoord het, maar ek was nie gestremd nie, ek was nie sonder kinders soos sy nie. Ek was nie geherberg in \u2018n tehuis vir bejaardes nie. Ek was nog gesond en het \u2018n werk gehad.\u00a0 Een ding kon ek egter vir haar met diep oortuiging s\u00ea:\u00a0<\/p><p>\u201cJohanna, jy sal uitvind dat die Here jou nie alleen los nie. Hy kom en vul die plek van Dirk. Jy kan nou op Hom leun. Dirk se dood verander baie dinge vir jou, maar dit verander nie die Here nie.\u00a0 Al verstaan jy nie nou nie, die Here verstaan en Hy weet hoe om jou te vertroos.\u201d<\/p><p>\u201cDankie, dat jy hier is. Dit help.\u201d<\/p><p>Ons het nie eintlik geslaap nie, maar ook nie eintlik meer gesels nie. Ons was darem bymekaar. Die seer het maar gewurg.<\/p><p>Etlike maande na Dirk se dood het Johanna by my hier op die sending kom kuier.\u00a0 In die stilte van die\u00a0 nag het ek dikwels in my kussing gehuil oor haar lyding en duidelike agteruitgang. Bedags het ek werkies vir haar gevind wat haar hande nog maklik kon doen. Sy het die skottelgoed afgedroog. Sy was so versigtig en nie een koppie of bord het uit haar hande geval nie. Dit kon maar, dit sou nie saak maak nie.<br>Die eerste aand in die badkamertjie het sy haar balans verloor en die plastiek wasgoedmandjie plat geval. Gelukkig het dit haar val gestuit sodat sy nie seergekry het nie.<\/p><p>Weke nadat sy gekom het, het sy eendag na my gekyk en \u2018n diep seer uitgebring:<\/p><p>\u201cEk bly tussen ou mense wat baie kuier en gesels. Hulle is lief vir my, maar daar is niks vir my om te doen nie, ek sit net.\u00a0 Die dae is so lank en gaan so stadig verby. Is dit hoe ek maar sal moet aanhou leef?\u201d<\/p><p>\u201cKom\u00a0 woon\u00a0 hier saam met my, Johanna.\u00a0 Dit sal wonderlik wees.\u201d<\/p><p>Na \u2018n lang ruk het sy geantwoord:\u00a0 \u201cDit sal my skoonmense seermaak as ek dit doen. Hulle sorg goed vir my en sal so \u2018n skuif nie verstaan nie.\u201d<\/p><p>Versigtig het ek aanhou pols of sy nie tog maar met haar skoonmense daaroor wou praat nie. Sy het vasgesteek, so iets kon sy net nie oor haar hart kry nie. Dit sou hulle seermaak.<\/p><p>Na ses weke is sy weer terug, met die vooruitsig dat ek die volgende Junie vakansie na haar toe sou gaan. Dan sou ons vir die drie weke in hulle strandhuis gaan bly het. In Dirk se testament het die huis \u2018n nuwe eienaar gekry en sy wou alles gaan oppak en uitdeel.<\/p><p>Sy het intens uitgesien na die vakansie en toe gebeur iets wat ek in my wildste drome nie kon voorsien het nie. Ek kon nie gaan nie. Nie dat ek nie wou nie, dit was net \u2018n berg voor my wat ek nie kon klim nie. Ek was siek. Die liefde vir my suster kon my nie eers sover kry om net aan te gaan nie.\u00a0 Ek het my belofte nie nagekom nie! My verduideliking dat ek siek was, het nie verhoed dat sy so diep seergemaak was dat sy haar hart teenoor my gesluit het nie.<\/p><p>Vir my was dit \u2018n verskrikking.\u00a0 Innerlik\u00a0 het ek myself verwyt en slegges\u00ea. Die gedagte dat sy miskien daardie vakansie vir my wou vertel\u00a0 dat sy besluit het om tog by my te kom bly, het lank by my gespook. Ons verhouding was nie weer dieselfde nie. Sy was beleefd en vriendelik teenoor my, maar die warmte, die maatskap het verdwyn.<\/p><p>Johanna het na daardie seerkry vinniger verswak. Ander het hulle verkwaliking teenoor my uitgespreek: \u201cJy het Johanna baie seergemaak.\u201d\u00a0<\/p><p>Dit was waar, ek het.<\/p><p>Dit was \u2018n dure les wat ek geleer het. Die waarskuwing van Jakobus in die Bybel het my voor o\u00eb kom staan.<br>\u201cKom nou julle wat s\u00ea: Vandag of more sal ons na die en die stad gaan\u2026\u2026..julle wat nie eens weet wat more sal gebeur nie. \u2026 In plaas dat julle s\u00ea: \u201cAs die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.\u201d<\/p><p>Dit is seker hoekom my ouma altyd ges\u00ea het; \u201cSo lank lewe, dan kyk ons more.\u201d<\/p><p>Daar het toe \u2018n dag gekom waar ek die wete dat ek na Johanna moes gaan, net nie meer verder kon wegstoot nie.\u00a0 Dit was nog nie tyd vir \u2018n skoolvakansie nie en ek sou \u2018n gaping los om sommer net weg te gaan. Ek het tog gaan vra en my versoek was toegestaan.<\/p><p>My suster was heeltemal bedle\u00eand. Sy het my nie herken nie! Ek het ure lank by haar gesit. Etenstye haar gevoer, vir haar gesing, Bybel gelees, haar hande en voete met room gesmeer en sommer baie dinge vertel uit my ondervindinge en belewenisse op die sending. Die derde oggend toe ek by haar kom en haar groet, het sy met \u2018n blye glimlag my herken: \u201cEsther!\u201d<br>Iets van ons ou verhouding was weer terug! Die oorblywende dae was kosbaar, daar was \u2018n vreugde in haar. Haar skoonsuster het eendag saamgekom en uitgeroep: <br>\u201cJohanna, jy lyk soveel beter, ons moet Esther sommer hier hou. \u201d<br>Sy het saamgestem.<\/p><p>Voordat ek moes vertrek het ek iets vir haar gevra wat ook my hart sou gerusstel. Sy kon nie meer self Bybel lees nie en het ook gesukkel om te hoor wanneer iemand van te ver of te sag gepraat het.<\/p><p>\u201cJohanna, praat die Here nog met jou?\u201d<br>Sy het dadelik instemmend geknik.<br>\u201cEn bid jy nog?\u201d<br>Sy het geglimlag, met haar hand na my gewys en ges\u00ea:<br>\u201cJa, en ek bid ook vir jou.\u201d<\/p><p>Dit was ons heel laaste gesprek. Toe ek weer in die Kaap was en haar gaan besoek het, was sy in \u2018n diep koma totdat sy later so gesterf het.<br>Sy het nie net my lewe dikwels aangeraak met die mooi van haar omgee nie. Daar is een spesifieke leerling van haar wat gereeld vir haar opgesoek het wanneer hy met vakansie in Suid-Afrika was. Hy was ook nie suinig met woorde om te getuig wat sy juffrou Johanna vir hom in sy lewe beteken het nie.<\/p><p>Dikwels kyk ek na haar foto en glimlag oor mooi en kosbare herinneringe van ons lewe saam. Dan kan ek ook opnuut die Here dank vir die familie waarin ek grootgeword het.\u00a0 Ek kan boekdele skryf oor my ousus, my oudste broer, die broer net jonger as ek en dan die ou laatlammetjie in die gesin. Hulle weet nie hoeveel mooi en heerlike herinneringe ek weggeb\u00eare het van hulle almal nie!<\/p><p>Die spreekwoord s\u00ea mos: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.\u00a0 Ek glo dat hulle ook eendag maar net sal glimlag wanneer hulle dalk lees waarvan my mond oorgeloop het!!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy was langer, baie slimmer en \u2018n baie beter mens as ek, al was sy net vyftien maande ouer as ek. Sy was my maat en ons het ure lank op die plaas saamgespeel.  Een somersmiddag moes ons stil op ons beddens wees totdat die versengende hitte van die dag \u2018n bietjie gebreek het.  Ons was verveeld en het besluit om \u2018n huisie vir ons te maak bo-op die geelhout jonkmanskas in ons kamer. Ons het ons ousus se popspeel porselein teestel uitgehaal en dit daar bo-op die kas met die groot plat oppervlakte,  oopgepak.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"elementor_header_footer","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-834","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=834"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":970,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions\/970"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}