{"id":786,"date":"2022-05-22T19:12:26","date_gmt":"2022-05-22T19:12:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=786"},"modified":"2022-08-27T06:55:56","modified_gmt":"2022-08-27T06:55:56","slug":"ons-het-graag-geluister","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/ons-het-graag-geluister\/","title":{"rendered":"ONS HET GRAAG GELUISTER"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"786\" class=\"elementor elementor-786\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8d4c6b3 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8d4c6b3\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-f188c62\" data-id=\"f188c62\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a379cfb elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"a379cfb\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">ONS HET GRAAG GELUISTER<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-4fe238a elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"4fe238a\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-282769b\" data-id=\"282769b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-79a4203 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"79a4203\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>My oom was ook \u2018n baas storieverteller.<br>So onthou ek van die tyd toe ek al \u2018n opgeskote dogter was dat daar \u2018n ernstige\u00a0 probleem met jakkalse was. Deur hulle het baie\u00a0 kleinvee in die slag gebly en van die boere het koppe bymekaar gesit in \u2018n poging om die jakkalsplaag die hoof te bied.\u00a0 \u2018n Jakkalsklub is gestig en \u2018n groot <br>klomp jakkalshonde is aangeskaf en iemand\u00a0 is aangestel as die amptelike jakkalsjagter. Hy en sy gesin het in die huis op my oom se plaas ingetrek. Hokke is gebou vir die honde en die bak van \u2018n vragmotor is so ingerig dat die honde daarin vervoer kon word.<\/p><p>My oom het gewoonlik saamgegaan na waar daar \u2018n jag beplan was. Dan het hy die aand teruggekeer en vir ons van begin tot einde van die dag se gebeure vertel. \u2018n Mens kon eintlik die pak honde so voor jou sien wanneer een van hulle \u2018n spoor opgetel het. Elke hond het \u2018n naam gehad. Onder die pak was daar een hond wat nie net sy neus op die spoor gehou het nie, hy het opgespring om te kyk of hy nie die jakkals kon sien nie en dan in daardie rigting gestorm.<\/p><p>Ons het aan my oom se lippe gehang. Hy het ons saamgeneem na daar waar die honde so naby aan die jakkals gekom het dat hy alles probeer het om hulle af te skud. Die benoude en vasgekeerde jakkals het sy toevlug tot \u2018n gat tussen die rotse geneem. Die honde het daar saamgebondel en toe kon die een teefhond, een van die beste in die pak, haarself nie meer bedwing nie en sy is agterna die gat in. Toe my oom en die jakkalsjagter by die honde aangesluit het, het hulle opgemerk dat sy weg was.\u00a0 Hulle het haar naam geroep en dofweg ver weg in die klein grotjie tussen die rotse, \u2018n tjank gehoor.\u00a0 Alle gedagtes van die jakkals was weggevee, want hulle geliefde hond het nie weer uitgekom nie. My oom het vertel hoedat hulle rotse weggerol het in hul poging om te kyk of hulle nie van bo af \u2018n opening kon maak nie. Later moes hulle maar terugkeer, daar was geen manier om die hond te kon help nie. Sy het vasgesit. As sy nie op een of ander manier daarin sou slaag om self uit te kom nie, het hulle die goeie hond vir altyd verloor. Dit was so \u2018n hartseer storie dat \u2018n mens\u00a0 sommer lus gevoel het om eers kamer toe te gaan en so bietjie in die kussing te gaan huil omdat ons oom se hart so seer was oor die hond wat daar \u00earens in \u2018n doolhoof in die kloof\u00a0 van dors en honger moes omkom.<\/p><p>Die veewagter op ons plaas was op sy manier ook \u2018n jakkalsjagter van formaat. Hy het die looppaadjies van \u2018n jakkals agtergekom en dan \u2018n slagyster gestel. Wanneer hy dan afgekom het op die jakkals wat gevang was, het hy eers lank vir die jakkals die leviete voorgelees. Dan het hy hom mooi vertel van die dood van daardie lam wat so \u2018n goeie skaap sou kon word, of van die jong ooi wat so sleg gebyt was dat sy doodgemaak moes word. Natuurlik het jakkals se kind niks verstaan van die stortvloed van woorde nie, maar ons veewagter het beter gevoel en dan het hy plegtig ge\u00ebindig met die woorde dat die jakkals skuldig was en die doodstraf verdien het.<\/p><p>Hy het \u2018n storie vertel wat ek nie weet of daar dalk so \u2018n bietjie spekskiet by was nie. Volgens hom het \u2018n jakkals wat hy eenkeer in die slagyster gevang het, sy poot skoon afgedraai sodat net die poot agtergebly het in die slagyster maar die jakkals was weg. Daarna het hy soms jakkalsspore gekry waar daar net drie pootmerke in die sand was.<\/p><p>Soms wanneer dit lamtyd was, het my oom die veewagter gehelp en het verhuis met die vee na \u2018n ander weiveld. Daar het hy dan sy tent opgeslaan by die kraal en vir etlike weke uitgekamp.\u00a0 Soms het ons vir hom op \u2018n Sondagmiddag gaan kuier saam met \u2018n familievriend wat ons oom graag wou sien.<\/p><p>Met bokke is dit mos anders as met skape. Die boklammers bly by die kraal wanneer die bokooie uitgaan om te wei. \u2018n Bok wei nie soos \u2018n skaap nie, dit klim en klouter en staan soms op hul agterpote om hoog in \u2018n bos blare by te kom. \u2018n Ruk voor sonsonder word hulle teruggekeer kraal toe waar elke dortstige boklam sy ma soek tussen die massa ooi ma\u2019s wat bl\u00ear om hulle eie te vind. Dit is \u2018n storie op sy eie!<\/p><p>My oom het vertel hoedat hy gevind het dat sy tent so slap gehang het wanneer hy\u00a0 middae die bokooie teruggebring het kraal toe. Hy moes dan weer die toue styf trek en toesien dat die penne nog stewig ingehamer was. Hy kon nie verstaan nie, want hy het daar in die veld tog geen wind ervaar nie. Die raaisel van hoe die tenttoue dan so slap kon word, het by hom gebly.\u00a0 So het hy\u00a0 toe een middag die bokke al nader na die kraal gejaag en hulle eers alleen gelos om nog te vreet in \u2018n kol harpuise. Hy het gou teruggestap na die kraal en op \u2018n afstand bly staan.<\/p><p>Daar het hy toe uitgevind wat verantwoordelik was vir die slaphangende tent! Van die lammers\u00a0 wat reeds geweet het hoe om uit die kraal te ontsnap, het \u2018n heerlike speletjie ontdek. Hulle het gehardloop en so hoog moontlik teen die tent opgespring, dan dadelik hulle pote ingetrek, op hul sy geval en afgegly tot onder.\u00a0 Dit was so lekker vir die lammers dat hulle weer en weer gespring en afgegly het- dit was toe al die tyd die lammers wat die tenttoue so slap gespeel het!<\/p><p>Baie someraande het ons teen die rantjie voor die huis gesit en gesels met my oom. Dit was nog te warm om te gaan slaap. Soms het hy skielik lus gekry om te gaan druiwe korrel by ons buurman se onderste wingerd. Die druiwe het net begin ryp word en dit was vir my oom te lekker om met die flitslig ryp korrels te gaan vind. Oom Gideon het daarvan geweet en nooit kapsie daarteen gemaak nie. So gesels-gesels het ons dan saamgestap en saam gekorrel.<\/p><p>Soms het ons nog eers weer gaan swem in die sementdam op ons werf. My oom het nog so \u2018n stokou swembroek van truistof uit die 1940\u2019s gehad. Langerige pype en iets soos \u2018n dik kruisband agter sy rug en voor oor sy skouers. Ek was altyd verbaas hoe wit sy boarms en bene was! \u2018n Diep bruin tot by sy elmbo\u00eb en om sy nek, maar dan so spierwit soos \u2018n klein kindjie wat nooit die son sien nie.<\/p><p>Ons het graag vir ons oom poetse gebak.\u00a0 Een aand was hy weer laat vir ete, heerlike wors en kapokaartappels. My niggie het met \u2018n rubberworsie uit die kamer gekom en voorgestel dat ons vir ons oom \u2018n fop wors op sy bord sit en sous bo-oor gooi. Natuurlik het ek en my sus dadelik ingestem. Met groot afwagting het ons vir oom Freddie sy bord warm kos uit die lou oond gehaal en voor hom neer gesit. Al geselsende het hy sy vurk in die aartappels gesteek en \u2018n happie gevat.<br>\u201cHmm, die sous is lekker.\u201d<br>Toe vat hy sy mes en begin die worsie sny. Hy het gesny en gesny en skielik begin lag.<br>\u201cWat het julle hier vir my gegee?\u201d<br>Hoe het ons dit nie geniet nie! Toe kry ons oom sy regte bord kos met die regte wors wat ons vir hom ook warm gehou het. My niggie moes eers die fop worsie gaan was en vir ons oom kom wys het. Dit was so \u2018n goeie namaaksel dat dit enige mens sou fop.<\/p><p>Een Maandagoggend toe al die beddens in die huis skoon lakens moes kry, het ek die plan gekry om my oom se bed te \u201cappelpie.\u201d Ons het dit soms in die koshuis gedoen as ons iemand \u2018n poets wou bak.\u00a0 Dus het ek met groot sorg die onderlaken styf en presies ingevou. Die bolaken het ek ook mooi oopgesprei, maar toe die onderste gedeelte teruggevou tot bo sodat dit \u2018n koevert gemaak het. Dan die kombers en die stukkie van die bolaken wat\u00a0 oor die kombers vou. Met die kussings op hulle plek, kon niemand van buite bespeur dat daar iets ongewoons onder die kombers was nie.<\/p><p>Ek het deur die dag heeltemal vergeet wat ek\u00a0 aan my oom se bed gedoen het! Die aand toe hy\u00a0 moeg en uitgeput na die lang dag tussen die lakens wou ingly, kon hy nie verstaan waarom hy nie sy bene kan uitstrek nie. Sy voete het halfpad vasgesteek teen die koevert wat ek in die bolaken gevou het. Met sy rug het hy nou onwetend op die een gedeelte van die bolaken gel\u00ea en die ander gedeelte het hy vasgehou in sy hande saam met die kombers. My oom het geskop teen die versperring en nog harder geskop want hy kon net nie sy bene reguit maak nie. Met die derde skop het hy gate in die dungewaste ou laken geskop en toe kon hy sy bene uitstrek, maar die laken het in die pad gebly. Hy het maar later opgestaan om te ondersoek wat met die lakens aangaan!\u00a0 Nadat die laken op die bed oopgesprei het soos dit moes wees, het hy die kers doodgeblaas en aan die slaap geraak.<\/p><p>Die volgende oggend het hy vir my ma vertel van die hele petalje en om verskoning gevra dat hy haar laken so vermink het. Ek het gehoor en het my so verkneukel oor die poets wat gewerk het, maar ek was darem nie so gemaklik om te vertel wat ek gedoen het nie.<\/p><p>\u00a0Ons het \u2018n hele paar groot bergskilpaaie in die tuinkampie by my oom se kamer aangehou. Baie somernagte het my oom sy buitedeur oopgelos vir die koel naglug om die hitte te verjaag. Soms het een van die bergskilpaaie in die nag \u2018n wandeling onderneem en by die oop kamerdeur ingegaan. My oom sou onbewus gebly het van die skilpad, maar sy bedtafeltjie was gemaak volgens een van daardie deftige oudtydse style. Rond, met sulke gedraaide houtbalkies wat bymekaar kom en dan uitgaan in drie pote. Die skilpad was te groot om deur hierdie drie pote te stap. Hy het dan vasgehaak, maar voortgebeur en die tafeltjie saam met hom gesleep.<br>Dikwels het my oom dan wakker geskrik wanneer die tafeltjie omgetuimel het met die kers, die asbakkie, die glas water en wat nog op die tafeltjie was, en dawerend die nagstilte verbreek het.<\/p><p>Daar is so baie insidente wat ek van hierdie oom van ons kan vertel, en my broers sal seker nog meer onthou as ek, maar ek skuif nou eers weer aan na ander kosbare familielede.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My oom was ook \u2018n baas storieverteller.<br \/>\nSo onthou ek van die tyd toe ek al \u2018n opgeskote dogter was dat daar \u2018n ernstige  probleem met jakkalse was. Deur hulle het baie  kleinvee in die slag gebly en van die boere het koppe bymekaar gesit in \u2018n poging om die jakkalsplaag die hoof te bied.  \u2018n Jakkalsklub is gestig en \u2018n groot<br \/>\nklomp jakkalshonde is aangeskaf en iemand  is aangestel as die amptelike jakkalsjagter. Hy en sy gesin het in die huis op my oom se plaas ingetrek. Hokke is gebou vir die honde en die bak van \u2018n vragmotor is so ingerig dat die honde daarin vervoer kon word.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"elementor_header_footer","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-786","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/786","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=786"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/786\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":800,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/786\/revisions\/800"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=786"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=786"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=786"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}