{"id":771,"date":"2022-05-23T18:55:37","date_gmt":"2022-05-23T18:55:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=771"},"modified":"2022-08-27T06:55:46","modified_gmt":"2022-08-27T06:55:46","slug":"hy-was-my-oom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/hy-was-my-oom\/","title":{"rendered":"HY WAS MY OOM!"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"771\" class=\"elementor elementor-771\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-bba4675 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"bba4675\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-46baaa0\" data-id=\"46baaa0\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-b657389 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"b657389\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">HY WAS MY OOM!<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-7a6ee71 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"7a6ee71\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-d3cadbd\" data-id=\"d3cadbd\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-11b57d7 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"11b57d7\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>My pa se broer het nooit getrou nie en hy het by ons in die huis gewoon. Bedags het hy op sy plaas gewerk en dan saans teruggekom. Een aand was hy laat en ek het sy kos vir hom warm gehou. <br>\u201cWeet jy,\u00a0 ou Esthertjie, ek is nie eers lus vir eet nie. Ek het iets gesien wat my sommer so naar maak op die maag,\u201d \u00a0\u00a0het my oom ges\u00ea en die bord teruggestoot.<br>\u201cWat het Oom dan gesien?\u201d het ek bekommerd gevra.<br>\u201cJy onthou mos dat ek daar by die boorgat \u2018n windpomp opgesit het met \u2018n ronde sink opgaartenk?<br>\u201cJa, Oom.\u201d<br>\u201cAg, kind, ek voel vreeslik sleg dat ek nie maar die reservoir met sinkplate toegemaak het\u00a0 nie.\u201d<br>\u201cWat het dan gebeur, Oom?\u201d<br>\u201cGister het ek die meeste van die water uitgelei en vanmiddag laat het ek gou gaan kyk hoe ver die windpomp weer water in die tenk gegooi het. Daar dryf toe twee klein bobbejaantjies in die water. Hulle het verdrink, want hulle kon nie weer uitkom nie.\u201d<\/p><p>Ek het net vir my oom gesit en kyk terwyl hy sy koffie klaar drink, want ek het geweet hy sal verder vertel.<\/p><p>\u201cMet die droogte is daar geen water meer in die veld nie en die bobbejane kom plaas toe om te drink. Die bobbejaan ma\u2019s moes oor die rand gehang het om die water by te kom en die twee kleintjies het seker oor hul koppe gegly en ingeval.\u00a0 Die groot bobbejane kon hulle seker nie bykom om hulle te help nie. Ek het geen ander verduideliking vir myself hoe dit kon gebeur het nie.\u201d<\/p><p>My oom het sy kop geskud. Die ding was vir hom nie lekker nie.<\/p><p>\u201cWeet jy watter dom ding die twee bobbejaantjies gedoen het?\u201d<br>\u201cNee, Oom.\u201d<br>\u201cHulle het mekaar vasgeklou. So het ek hulle uit die water gehaal, verdrink, hulle arms styf om mekaar vasgedraai.\u201d<br>\u201cKan bobbejaantjies dan nie swem nie, Oom?<br>\u201cJa, hulle sou instinktief geweet het hoe om bo die water te bly, maar hulle het mekaar verhinder deur so aan mekaar vas te gryp.\u00a0 Die een kon die ander nie help nie.\u201d<\/p><p>My oom het nie juis van bobbejane gehou nie, want hulle het groot skade in die vrugteboorde aangerig. Hy het selfs onder hulle geskiet wanneer dit darem te erg geword het. Sy plaas l\u00ea reg aan die voet van die berg. Dis \u2018n heerlike blyplek vir bobbejane want daar is baie ho\u00eb kranse waar hulle kan slaap buite bereik van die luiperd, hul groot vyand. Tog was my oom fisies naar oor wat met die twee klein diertjies gebeur het. So was my oom. Hy kon nie verdra dat mens of dier moes ly nie.<\/p><p>Daardie dag het nie ek, of my oom, geweet dat daar \u2018n tyd in sy lewe sou kom waar ook hy sou moes vasgryp aan Iemand om nie te verdrink in al die pyn en lyding nie. So \u2018n dag het toe aangebreek, en my oom het net die Here Jesus gehad het om aan vas te klou. Geen dokter kon hom help nie, sy kennis van die lewe kon hom nie uitred nie, en geen geld kon hom vrykoop nie. Daar was net die Een wat vir hom rus kon gee in die tragedie wat hom getref het.<\/p><p>Ek was al \u2018n ma van drie toe my oom eendag onverwags aan die deur geklop het. Ek het gaan oopmaak en daar het hierdie ou klein oompie gestaan, verwese en gebewe van kop tot tone. Ek het hom dadelik ingeneem, in \u2018n gemakstoel by \u2018n verwarmer laat sit en \u2018n kombers om hom gedraai.\u00a0 Eers nadat ek \u2018n stomende koppie koffie op die tafeltjie langs hom neergesit het, het ek gevra: \u201cOom, wat het dan gebeur?\u201d<br>\u201cEk kom nou van die dokter af\u201d, het hy ges\u00ea en toe weer \u2018n paar slukke koffie gedrink.<\/p><p>My man was onderwyser in Worcester, die grootste dorp van daardie kontrei en spesialiste van die Kaap het weekliks oorgekom om pasi\u00ebnte daar te sien. So my oom moes dan seker die dag meer as \u2018n uur gery het om by die spesialis uit te kom. Ek kon sien dat hy diep geskok was, maar het gewag totdat hy weer wou praat.<\/p><p>\u201cHy s\u00ea ek het bloedkanker en ook kanker in die beenmurg. Daar is niks wat hulle vir my kan doen nie, behalwe om te help met die pyn.\u201d<br>\u201cOom!\u201d\u00a0 Ons was nie mense wat maklik aan mekaar geraak het en drukkies gegee het nie, maar ek het sonder om te dink sy hande in myne geneem. Woorde was nie nodig nie. Ons het mekaar geken. Hy het geweet wat ek voel.<\/p><p>\u201cWil Oom hier oorslaap? Kan ek Oom se voertuig terug bestuur of moet ek liewers my broers skakel om Oom hier te kom haal?\u201d<\/p><p>\u201cNee, dankie. Ek voel al klaar beter, ek sal self terug bestuur.\u201d<\/p><p>Ek kan nie meer onthou hoe lank dit geneem het nie, maar hy was toe in die hospitaal opgeneem terwyl ons nog daar gewoon het. Daagliks het ek vir hom gaan kuier en alles aangedra wat ek gedink het hy sou nodig h\u00ea. Een aand was ek en my man gedurende besoektyd by ons oom.\u00a0 Hy het moeg teen die kussings gel\u00ea, die Bybel was oop op sy bors.<\/p><p>\u201cKinders, daar is nog een ding wat julle asseblief vir my kan doen. <br>Bid dat die Here my kom haal, die pyn is nou te erg om te dra. Ek is gereed om te gaan.\u201d<\/p><p>Die volgende dag het ek gevind dat hy nie meer in die saal was nie, maar in \u2018n klein enkelkamertjie. Toe ek sy skoon nagklere wegpak,\u00a0 het hy vir my gevra: \u201cEsthertjie, asseblief sing vir my.\u201d<br>\u201cIs daar \u2018n spesifieke lied wat Oom wil h\u00ea ek moet sing?\u201d<br>\u201cJa, sing vir my wat \u2018n Vriend het ons in Jesus.\u201d<br>Nadat ek gesing het, het ek gevra: \u201cIs daar iets wat Oom verlang dat ek moet bring as ek weer kom?\u201d<br>\u201cO, kind, ek het so lus om weer water uit die fontein te drink.\u201d<br>\u201cEk sal dadelik skakel en vra dat hulle more vir Oom bring.\u201d<br>\u201cJa, en jy moet vir jou broers vra om daardie rooi skapie in die kudde vir jou te slag. Hulle moet die vleis mooi opsaag dat jy dit maklik kan wegpak in die vrieskas. Jy was vir my so goed. Moenie vergeet nie! Dis die rooi skapie, hulle sal dit sommer dadelik uitken tussen die trop mofskape.\u201d<\/p><p>Ek het nog \u2018n lang ruk daar langs sy bed gesit, toe roep hy skielik weer na my:<br>\u201cEsthertjie! Ag ou Esthertjie, ek wens jy kan nou loop waar ek loop.\u201d<br>\u201cWat sien Oom?\u201d<br>\u201cMy kind, dis so mooi. Sulke groen velde het ek nog nooit aanskou nie, en die water! O, dit is so mooi, dit is so mooi!\u201d<\/p><p>Dit was die laaste woorde wat my oom met my gepraat het. Die fonteinwater van sy plaas was ook nie meer nodig nie, want die goeie Herder het hierdie herder wat sy lewe lank kleinvee versorg\u00a0 het, na groener weivelde en na waters waar daar rus is, geneem, nadat hy dae lank na ons gesprek nog in \u2018n diep koma was.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My pa se broer het nooit getrou nie en hy het by ons in die huis gewoon. Bedags het hy op sy plaas gewerk en dan saans teruggekom. Een aand was hy laat en ek het sy kos vir hom warm gehou.<br \/>\n\u201cWeet jy,  ou Esthertjie, ek is nie eers lus vir eet nie. Ek het iets gesien wat my sommer so naar maak op die maag,\u201d   het my oom ges\u00ea en die bord teruggestoot.<br \/>\n\u201cWat het Oom dan gesien?\u201d het ek bekommerd gevra.<br \/>\n\u201cJy onthou mos dat ek daar by die boorgat \u2018n windpomp opgesit het met \u2018n ronde sink opgaartenk?<br \/>\n\u201cJa, Oom.\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"elementor_header_footer","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-771","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=771"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/771\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":794,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/771\/revisions\/794"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}