{"id":1909,"date":"2026-08-25T10:36:43","date_gmt":"2026-08-25T10:36:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1909"},"modified":"2026-08-25T10:53:54","modified_gmt":"2026-08-25T10:53:54","slug":"jou-sonde-is-vergewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/jou-sonde-is-vergewe\/","title":{"rendered":"JOU SONDE IS VERGEWE!"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1909\" class=\"elementor elementor-1909\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-376357f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"376357f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-4e01c6b\" data-id=\"4e01c6b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a990660 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"a990660\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\"><!--StartFragment--><span data-olk-copy-source=\"MessageBody\">JOU SONDE IS VERGEWE!<\/span><!--EndFragment--><\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2a14575 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2a14575\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-d626954\" data-id=\"d626954\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a1bf6f6 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a1bf6f6\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Sy was \u2018n uitgeworpene, weggegooi deur die gemeenskap as \u2018n stuk vuilgoed wat op die ashoop hoort. Net die mans wat in die donkerte graag die ashoop besoek het, het haar gebruik vir hulle eie behoeftes, verder was sy vermy. Wie weet, miskien het sy tog op die buitekringe van die skare iets van Jesus se prediking gehoor. Ons ontmoet haar waar sy, die besoedelde, die sondares, dit gewaag het om die huis van \u2018n \u00a0Farise\u00ebr binne te gaan. Iets totaal ondenkbaar! Farise\u00ebrs was heeltemal t\u00e9 godsdienstig, hulle het niks met sondaars te doen gehad nie en d\u00e1\u00e1r het sy ingegaan om by Jesus uit te kom. Het sy vergeet van die klad op haar naam en die skande van haar selfgekose lewenstyl? Dit was juis oor die klad en die skande waarom sy Jesus kom opsoek het. Sy het gehoor dat Hy gekom het om sondaars te red en hoop het in haar opgevlam dat Jesus haar kon vrymaak van \u2018n lewe wat haar in die samelewing so afstootlik gemaak het. Die hoop en dankbaarheid in haar wese het haar voete geneem tot by die Here Jesus Christus. Vir haar het dit nie saak gemaak dat Hy in die huis van \u2018n godsdiensleier by \u2018n maaltyd was nie. Sy was daar om haar dankbaarheid uit te giet teenoor die Een wat gekom het om haar, \u2018n sondares, te red.<\/p><p>Daar by Jesus se voete het die smart oor haar sondige lewe haar oorval. So diep was haar smart en berou dat haar trane Jesus se voete gewas het. Daar was niks in haar oor van die wellustige dryfkrag van die verlede nie en Jesus het dit geweet. Hy het diep in haar hart ingekyk en gesien dat die sondares haar Verlosser gevind het. Jesushet nie sy voete weggetrek van haar aanraking of haar beveel om die huis te verlaat nie. Hy het haar toegelaat om haar dankbaarheid teenoor Hom te bewys soos haar hart vir haar voorgeskryf het. Sy, die verstote en uitgeworpe vrou het in haar gebrokenheid van hart vergeet van al die ander mense wat om Jesus vergader het. Hy wat die gesag gehad het om die wind en die golwe van die see te beveel om stil te wees, Hy wat duiwels kon beveel om mense te verlaat, Hy het met deernis en liefde na die vrou gekyk en geen fout gevind in haar dankbetuiging nie. In sy gesag as Verlosser van sondaars het Hy na haar uitgereik en toegelaat dat sy Sy voete\u00a0 soen en met haar hare die trane afdroog. Jesus het geweet dat haar dankbaarheid geen perke geken het nie. Sy het Hom erken as haar Verlosser, as die Een wat gekom het omdat Hy \u2018n hart gehad het vir die wat verlore gaan. Uit haar dankbaarheid het sy die kosbaarste besitting wat sy gehad het op sy voete uitgegiet \u2013 \u2018n flessie met reukolie en die aangename geur het die hele huis gevul.<\/p><p>Die Farise\u00ebr het met afkeur gekyk na die vrou wat Jesus se voete gesoen het en het by Homself gedink: \u201cDie Man is nie \u2018n profeet nie, anders sou Hy geweet het watter soort vrou daar by sy voete is en Hom so aanraak.\u201d<\/p><p>Simon was verkeerd, Jesus het geweet! Hy het ook geweet wat Simon, die Farise\u00ebr, gedink het.<\/p><p>\u201cSimon, Ek het iets om vir jou te s\u00ea.\u201d<\/p><p>Jesus het met die woorde die aandag van die vrou weggetrek en Simon vertel van twee mans vir wie die skuldeiser groot bedrae vrygeskeld het, vir die een aansienlik meer as vir die ander.<\/p><p>\u201cWie van die twee sou hom die meeste liefh\u00ea?\u201d<\/p><p>\u201cEk veronderstel di\u00e9 een vir wie hy die meeste kwytgesteld het.\u201d<\/p><p>\u201cJou antwoord is heeltemal reg. Sien jy hierdie vrou?\u201d<\/p><p>Almal aan tafel se o\u00eb het weer na haar teruggedraai.<\/p><p>\u201cEk het in jou huis gekom \u2013 en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. \u2018n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. My kop het jy nie eers met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. Daarom s\u00ea Ek vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.\u201d<\/p><p>Toe het Jesus vir die dankbare vrou daar by sy voete ges\u00ea:<\/p><p>\u201cJou sondes is vergewe. Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.\u201d<\/p><p>Met die geur van die reukolie wat aan haar gekleef het, het sy die huis verlaat heel anders as wat sy ingekom het. Die geur van ware verlossing en vrede het haar hele innerlike deurspoel. Sy was nie meer die sondares wat haar lewe in losbandigheid deurgebring het nie. Sy was soos \u2018n stuk klei wat op die pottebakker se wiel misluk het, maar toe weer oorgemaak was! \u2018n Nuwe mens! Die skuld en skande van haar sonde vir ewig weggewas! Haar geloof dat Jesus haar kon help, het haar tot hierdie reddende genade gebring. Dit was asof haar voete vlerke gekry het in die dankbaarheid wat amper te groot geword het vir haar om te dra. Sy het die huis van die neusoptrekkerige Farise\u00ebr verlaat met \u2018n vryheid om na haar mense te gaan met die wonderbare getuienis dat haar ontmoeting met Jesus haar lewe herstel en nuut gemaak het. Dat haar gebrokenheid, haar dankbaarheid en vergifnis deur die eeue heen gebruik sou word, selfs ook vir ons vandag, om tot teregwysing en onderrig te wees \u2013 daarvan was sy onbewus.<\/p><p>Met die dankbaarheid van hierdie vrou teenoor Jesus Christus, kan ek my vereenselwig. Op driejarige ouderdom het ek \u2018n baie nare ondervinding gehad en \u2018n gees van vrees het daardeur \u2018n houvas op my lewe gekry. Sy greep het deur die jare al hoe sterker geword en vrees het soos \u2018n groot wolfding in my lewe geword. Nagte was dikwels omskep in \u2018n lang uitgerekte nagmerrie. Vrees het my maag voortdurend op \u2018n knop getrek en soms kon ek dit selfs in my mond proe. Dit was intens en indringend en in my was daar geen verweer daarteen nie. Ek was vir alles bang. Bang wanneer ek met iemand iets telefonies moes re\u00ebl, bang om alleen in \u2018n bus of trein te klim, en manies bang wanneer ek in die donker alleen moes wees. Om die vrees te ontsnap, het ek in my verbeeldingsw\u00eareld begin leef \u2013 daar waar ek oor alles beheer kon h\u00ea, waar ek alles kon doen sonder die vrees wat altyd my hakke gebyt het. In my verbeeldingsw\u00eareld was ek die wonderlike heldin wat alles net reg kon doen. Daar was geen plek vir God of sy Woord nie, daar was net plek vir myself. Dink jouself in hoe onbeperk groot ek in my eie o\u00eb geword het met \u2018n hoogmoed wat myself in \u2018n afgod gevorm het wat groter was as die goue beeld wat Nebukadnesar van ouds opgerig het. Die ontvlugtings meganisme waarin ek meer en meer bedrewe geword het, het my selfbeeld opgeblaas, maar van die werklike greep van vrees kon dit my nie vrymaak nie. Vir meer as dertig jaar lank het vrees my lewe versuur en my eintlik in \u2018n armsalige bestaan van gebondenheid ingehok.<\/p><p>Toe het Jesus Christus, die Verlosser, ook in my lewe ingestap. Hy het my gesoek en my gevind! In sy heilige teenwoordigheid het ek my gruwelike, sondige selflewe gesien en in ware berou voor Hom neergeval en vir genade en vergifnis gepleit. Die vergifnis van my sonde en die lig van sy verlossingskrag het die gees van vrees duidelik uitgewys. In die krag van Sy Naam is hierdie gees van vrees bestraf en moes dit sy blyplek in my en sy mag oor my vir altyd vaarwel toeroep. Ek was vry!<\/p><p>Die werklikheid van hierdie bevryding het my eers \u2018n paar dae later oorweldig. Ek moes die nag alleen in ons huis slaap en die volgende more het ek met verwondering wakker geword. Ek het geslaap! Nie met \u2018n kloppende vrees van venster tot venster gedwaal om versigtig die gordyn op \u2018n klein skrefie oop te trek om te sien of daar nie \u2018n beweging in die buitelig of straatlig opgespoor kon word nie. Of daar nie dalk \u2018n mens was wat my wou kom kwaad aandoen nie. Ek het nie angsbevange gel\u00ea en wonder wat daardie geluidjie gemaak het nie, ek het geslaap, vas geslaap.<\/p><p>\u201cHere Jesus, U het my verlos van vrees! U het my verlos!\u201d<\/p><p>Ek was alleen in die huis en kon sommer hardop huil van dankbaarheid, ek het daardie dag seker tientalle kere met \u2018n diepe dankbaarheid en verwondering \u00a0hardop uitgeroep:<\/p><p>\u201cHere Jesus Christus, U is my Verlosser! U het my verlos! U het die gees van vrees weggejaag. Ek is vry! Ek kan asemhaal sonder om bang te wees. Hier is my lewe wat U vrygemaak het, vir U wil ek leef tot die einde toe.\u201d<\/p><p>Daardie diep dankbaarheid kan \u2018n mens nie in woorde beskryf nie. Dit het gemaak dat ek my kan vereenselwig met hierdie vrou aan wie Christus ges\u00ea het: \u201cJou sondes is vergewe. Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.\u201d<\/p><p>Beleef jy daardie dankbaarheid en vrede in jou lewe? Indien nie, hoekom kom jy nie ook na Jesus soos daardie vrou nie? Hou net vir Hom in die oog en laat geen mens of vrees jou terughou nie. Hy het waarlik gekom om sondaars te verlos en gebonde mense vry te maak. Hoekom nie ook vir jou nie?<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy was \u2018n uitgeworpene, weggegooi deur die gemeenskap as \u2018n stuk vuilgoed wat op die ashoop hoort. Net die mans wat in die donkerte graag die ashoop besoek het, het haar gebruik vir hulle eie behoeftes, verder was sy vermy. Wie weet, miskien het sy tog op die buitekringe van die skare iets van Jesus se prediking gehoor. Ons ontmoet haar waar sy, die besoedelde, die sondares, dit gewaag het om die huis van \u2018n  Farise\u00ebr binne te gaan. Iets totaal ondenkbaar! Farise\u00ebrs was heeltemal t\u00e9 godsdienstig, hulle het niks met sondaars te doen gehad nie en d\u00e1\u00e1r het sy ingegaan om by Jesus uit te kom. Het sy vergeet van die klad op haar naam en die skande van haar selfgekose lewenstyl? Dit was juis oor die klad en die skande waarom sy Jesus kom opsoek het.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1909","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1909"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1909\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1940,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1909\/revisions\/1940"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}