{"id":1882,"date":"2026-07-22T06:17:57","date_gmt":"2026-07-22T06:17:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1882"},"modified":"2026-07-22T06:23:31","modified_gmt":"2026-07-22T06:23:31","slug":"nimmerdik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/nimmerdik\/","title":{"rendered":"NIMMERDIK"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1882\" class=\"elementor elementor-1882\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-3a8b1b5 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"3a8b1b5\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9c590ff\" data-id=\"9c590ff\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-94bf4df elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"94bf4df\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\"><!--StartFragment--><span data-olk-copy-source=\"MessageBody\">NIMMERDIK<\/span><!--EndFragment--><\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-340fa63 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"340fa63\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-c065a1e\" data-id=\"c065a1e\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2207462 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"2207462\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"x_elementToProof\" data-olk-copy-source=\"MessageBody\"><p>Met een van die honde op die plaas kon my ma net nie regkom nie. Suurlewiet was sy naam. Sy onversadigbare vreetlus het my ma dwars in die krop gesteek. Vir haar was dit amper soos \u2018n lyding in haar binneste wanneer mens of dier moes swaarkry omdat hulle honger of dors was. Sy het selfs in die middel van die nag opgestaan as sy hoor dat \u2018n kalf in die beeskraal aanhou bulk. Vir haar was dit duidelik dat die kalf dors moes wees. Die kraalhek is oopgemaak dat die kalf by die krip kon uitkom om sy dors te les. Met die kalf weer veilig in die kraal het sy na haar onderbroke slaap teruggekeer.<\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">Een oggend na ontbyt was ons in die kombuis besig om op te ruim. Suurlewiet het in die oop agterdeur kom staan en my ma pleitend aangekyk: \u201cLiewe land, jy kan nie nog honger wees nie! Jy het dan nou net \u2018n groot bak pap opgevreet!\u201d het sy die hond berispe. \u00a0Hy het daar op die een plek so \u2018n paar keer verle\u00eb rondgetrap, maar aanhou kyk vir haar met sy pleitende foksterri\u00ebr o\u00eb. Met \u2018n stuk brood in haar hand het my ma na die agterdeur gestap: \u201cD\u00e9, vat, jou ou nimmerdik!\u201d en die onderdeur behendig toegewerwel dat die hond met die pleitende honger o\u00eb dit nie weer kon oopstoot nie.<\/span><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\">In my gedagtes het Suurlewiet \u2018n nuwe naam gekry \u2013 Nimmerdik. Die woord het in my geheue vasgesteek. In ons Afrikaanse kultuur is dit kru taal wanneer woorde wat vir diere bedoel is, vir \u2018n mens gebruik word. \u2018n Dier het \u2018n bek, \u2018n dier suip en \u2018n dier vreet hom dik, maar \u2018n mens het \u2018n mond, \u2018n mens drink en \u2018n mens eet tot hy versadig is. My kinders het uit pure ondeundheid eendag vir ons Amerikaanse vriendin geleer wat om te s\u00ea wanneer ek by die ete haar sou vra of sy nog wil h\u00ea: \u201cNee dankie, ek is dik.\u201d Die woorde het met \u2018n swaar aksent uitgekom, maar goed verstaanbaar. Onder groot gelag het hulle my reaksie geniet en vir haar verduidelik dat dit eintlik nie beleef is om dit so uit te druk nie. Maar ek moet s\u00ea wanneer ek iemand sien wat die hele tyd besig is met die selfoon, of dit nou in geselskap is, of aan eettafel, of waar hy kom of gaan, die hele tyd besig op sy selfoon: met sokker, motor wedrenne, video grepe, grappige goed wat hy met almal om hom wil deel of w\u00eareldnuus, dan voel ek sommer lus om hom onbeleefd \u2018n naam te gee \u2013 \u00a0meneer Nimmerdik.<br><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Ek het al gewonder of die selfoon gekom het om bekend te maak wie van ons Christene aan \u2018n onversadigbare eetlus ly. Nie kos nie, maar aan alles wat die w\u00eareld bied. Nuuskierigheid kry die oorhand en mense sit met die selfoon in die hand en rol op en af om te vind wat hulle interesseer. Die Bybel l\u00ea vergete in \u2018n laai of miskien tog nog op die bedkassie maar die Bron van lewende Brood wat voed en versadig, word nie meer oopgemaak nie. Om die gewete te sus word \u2018n teksvers en kort oordenking op die selfoon gelees, maar selfs dit word onderbreek deur die getinkel van \u2018n advertensie of aankondiging wat dadelik aandag moet kry. In di\u00e9 tragiese toestand, het elke broer of suster in Christus wat nie aan die neus rondgelei word deur die selfoon nie, net nog meer kosbaar geword.<\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">Paulus het aan Timoteus geskryf oor \u00a0\u2018n ander soort nimmerdik mens:<\/span><\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0\u201cDaar is vroue wat leer, maar nooit tot die waarheid kom nie\u2026.\u201d<\/span><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Vandag nog vind \u2018n mens sulke vroue. Hulle soek die hele tyd geestelike kos, maar word nooit versadig nie \u2013 \u00a0net soos Nimmerdik. Hulle gaan van die een konferensie en praatjie na die ander, waai saam met \u2018n nuwe wind wat deur die kerke waai en word weer deur die volgende wind rondgewarrel, maar kom nooit tot die waarheid nie \u2013 \u00a0kom nooit tot rus in Christus was alles volbring het nie. Paulus noem hulle arme vrouens, want hulle is di\u00e9 wat slagoffers word van geestelike skurke wat insluip en hulle mislei.<\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">Toe ek jonger was, was daar sulke nuwe winde wat deur die gemeentes gewaai het. Die Evangelie boodskap van sonde oortuiging, sonde belydenis en vergifnis en reiniging deur die bloed van Christus, die dood van die self-lewe en algehele oorgawe was nie deel van die wind nie \u2013 inteendeel dit was afgemaak as verkramp of nie meer van toepassing op ons leeftyd nie. Die opwinding was daardie tyd om te leer hoe om \u2018n mens se selfbeeld op te bou. Seminare is bygewoon waar elke vrou aangemoedig was om uit te leef wat in haar is \u2013 om te sien waar sy inpas op die voorgelegde kleurkaart, watter kleur pas by haar spesifieke persoonlikheid; om toe te laat dat die gees haar lei in volkome vryheid waar sy net haarself kan wees soos die Here dit bedoel het. Waar sy in die vryheid die Here kan loof en lofprysinge toesing. Een van ons buurvrouens het ook so \u2018n uitnodiging gekry na \u2018n seminaar in die kerk om haar selfbeeld op te bou. Sy het my daarvan vertel en met verontwaardiging ges\u00ea: \u201cNee dankie! Ek sukkel genoeg om die self na die kruis te sleep, ek het geen begeerte om hom op te bou nie.\u201d<\/span><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Die arme vrouens wat geleer het van die selfbeeld wat opgebou moes word, die inhoud van hulle klerekaste met groot onkoste verander het omdat net sekere kleure by hulle pas, wat probeer het om in vryheid van gewete die Here te loof en te prys met die regte kleur klere aan, het hulle toe tot die waarheid gekom? Het die meeste van hulle nie maar net weer verder gaan soek na iets nuuts toe die selfbeeld-storie suur geword het nie?<\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">\u201cDaar is vroue wat leer, maar nooit tot die waarheid kom nie.\u201d Mag ek en \u00a0jy tog nie gaan sit in die kring van hierdie nimmerdik vroue nie!<\/span><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\">Maar wat van die mans? Vandag is daar stryd in die kerk of praktiserende homoseksueles en mense met alternatiewe lewenstyle op die preekstoel kan staan om te s\u00ea: \u201cSo s\u00ea die Here\u2026\u201d Of twee mense van dieselfde geslag deur \u2018n gesalfde amptenaar van die kerk in \u2018n huwelik bevestig mag word. Of aborsie en genadedood die Here se se\u00ebn wegdra. Of die Woord van God in ons tyd nog dieselfde boodskap het as vir die vroe\u00eb kerk? Dit lyk asof daar in ons tyd ook mans is wat leer maar nooit tot die waarheid kom nie.\u00a0\u00a0\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">\u00a0Jesus Christus het Homself voorgestel as die Brood van die Lewe. Brood wat van die Vader uit die hemel vir ons gestuur is. In Hom alleen is daar versadiging vir siel en gees. \u201cNeem eet, dit is my liggaam vir jou gebreek.\u201d<br><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/div><div class=\"x_elementToProof\">Sy liggaam is gebreek sodat daar vir ons volkome verlossing kan wees \u2013 ook verlossing van wat die w\u00eareld bied. Wanneer die gees van die \u00a0w\u00eareld nog in \u2018n lewe hiet en gebied, het die mens \u2018n onversadigbare eetlus, hy wil net meer en nog meer h\u00ea \u2013 raak nooit versadig nie, \u2018n nimmerdik.<\/div><div class=\"x_elementToProof\"><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/div><div class=\"x_elementToProof\">Die waarheid is dat Jesus Christus vry maak \u2013 volkome vry en Hy as die Brood van die Lewe bring daagliks wonderbare versadiging na die een wat Hom opsoek en kos vir sy siel ontvang. Daardie gese\u00ebnde persoon is \u2018n immer versadigde! Buite Jesus Christus is niks waarna hy soek of smag nie. Hy is, as ek weer die onbeleefde terme mag gebruik, \u2018n immerdik!<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met een van die honde op die plaas kon my ma net nie regkom nie. Suurlewiet was sy naam. Sy onversadigbare vreetlus het my ma dwars in die krop gesteek. Vir haar was dit amper soos \u2018n lyding in haar binneste wanneer mens of dier moes swaarkry omdat hulle honger of dors was. Sy het selfs in die middel van die nag opgestaan as sy hoor dat \u2018n kalf in die beeskraal aanhou bulk. Vir haar was dit duidelik dat die kalf dors moes wees. Die kraalhek is oopgemaak dat die kalf by die krip kon uitkom om sy dors te les. Met die kalf weer veilig in die kraal het sy na haar onderbroke slaap teruggekeer. Een oggend na ontbyt was ons in die kombuis besig om op te ruim.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1882","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1882","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1882"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1882\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1907,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1882\/revisions\/1907"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1882"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1882"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1882"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}