{"id":1865,"date":"2026-07-15T13:18:35","date_gmt":"2026-07-15T13:18:35","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1865"},"modified":"2026-07-15T13:23:12","modified_gmt":"2026-07-15T13:23:12","slug":"hoekom-hou-mense-nie-van-my-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/hoekom-hou-mense-nie-van-my-nie\/","title":{"rendered":"HOEKOM HOU MENSE NIE VAN MY NIE?"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1865\" class=\"elementor elementor-1865\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2b845fc elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2b845fc\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-99524aa\" data-id=\"99524aa\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7d347ab elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"7d347ab\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\"><!--StartFragment--><span data-olk-copy-source=\"MessageBody\">HOEKOM HOU MENSE NIE VAN MY NIE?<\/span><!--EndFragment--><\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-bd7105b elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"bd7105b\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-1156b44\" data-id=\"1156b44\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-8a034b3 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"8a034b3\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"x_elementToProof\" data-olk-copy-source=\"MessageBody\"><p>Dit het nie geklink asof sy haar self bejammer nie, selfs ook nie eers verbitterd was nie. Sy was nog glad nie oud en afgeleef nie, daar was nog baie energie in haar. Sy het die vraag gevra soos een wat \u00a0skielik oor haar eie lewe begin dink het en oor wat om haar omgaan, want sy was gewoonlik iemand wat heel gelukkig was met haarself en haar doen en late.<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cHoekom dink jy dat mense nie van jou hou nie?\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cEk is altyd alleen, niemand kom kuier nie. Mense sal verby ry, maar nie stop om in te loer nie. Dit was toe ek nou so siek was dat ek opgemerk het dat daar nie oproepe is om te hoor hoe dit gaan nie, of \u2018n buurvrou wat kom hoor of alles reg is nie. Ek het net begin wonder hoekom mense dan nie aan my dink nie, nie van my hou nie.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\">\u201cMag ek vra of jy van mense hou?\u201d<\/div><div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cEk is al so baie in my lewe teleurgestel deur mense wat ek vertrou het. Ek vertrou nou niemand nie. Ek hou ook nie daarvan om by mense te gaan kuier nie, hulle steek mens so maklik in die rug wanneer hulle iets van jou persoonlike lewe weet, gooi sommer \u2018n mens se naam oral rond. En as iemand siek is, gaan ek glad nie my gesig wys nie, want ek weet nie wat om te s\u00ea nie, buitendien is my beursie altyd plat, ek kan nie eers iets vir hulle koop nie.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Deur die venster kon mens \u2019n tuin sien wat baie aandag kry. Pragtige rose en ander blomme was oral sigbaar. Sy het seker nog nie daaraan gedink dat \u2018n bossie blomme uit haar tuin ook iets is wat \u2018n mens vir die sieke kan gee nie,\u00a0 blomme het mos \u2018n taal van hul eie.<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cDie Bybel leer ons baie duidelik: \u201cDoen aan ander wat jy wil h\u00ea hulle moet vir jou doen.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cDankie, met die Bybel kan \u2018n mens nie stry nie. Ek sal daaroor dink.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Dit is waar, met die Bybel kan \u2018n mens nie stry nie. Net so jammer dat daar nie baie mense is wat nog die Bybel opneem om dit te lees nie. Die Woord van God word maklik ge\u00efgnoreer en die mens leef soos hy wil en mis die wonderbare besef dat God in die hemel van jou hou. \u2018n Mens mis dan ook die belewenis hoe aardse dinge vaag word in die lig van God se intense belangstelling in jou en in die siel wat Hy jou geskenk het. Maar Hy stel net so intens belang in die lewe van jou bure en in die lewe van die bedelaar wat snags nie ver van jou daar onder die brug slaap nie. Daarom verwag Hy van jou om nie net vir jouself te leef nie, maar vir ander rondom jou.<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Die Bybel s\u00ea: \u201cLaat jou vriendelikheid aan alle mense bekend word.\u201d Miskien hoor jy, maar jy het die gewoonte om terug te praat. Nie dat jy stry nie, nee, jy s\u00ea net jou s\u00ea: \u201cEk sal net groet as hulle my groet, as hulle verby my loop asof ek nie bestaan nie, dan maak ek ook soos hulle. Hoekom sal ek my aan hulle steur en elke keer weer seerkry?\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Die Bybel s\u00ea ook: \u201cGee aan die wat van jou vra. Dit is beter om te gee as om te ontvang.\u201d Dalk het jy daarop ook iets te s\u00ea? \u00a0\u201cEk werk hard vir my bestaan, lui mense probeer verniet by my bedel. Hulle kan ook werk en self geld verdien. Hoekom moet my huis se deur en my hand gedurig oopstaan vir die buurvrou wat nie kan beplan nie en alewig \u2018n koppie meel wil leen, of twee eiers of melk, want hare het opgeraak.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Jesus Christus het van mense gehou, maar so baie het nie van Hom gehou nie. Hulle het met Hom gestry, hom uitgeskel en slegges\u00ea omdat Hy net goed gedoen het. H\u00falle kon nie blindes laat sien nie, h\u00falle het nie die geloof gehad om lammes en kreupeles op te rig nie. Hulle het nie eers naby \u2018n melaatse gekom nie, wat nog te s\u00ea van genees! Dit was egter waarmee Jesus besig was. Waar Hy gegaan het, was daar skares wat Hom gevolg het. Die wat nie van Hom gehou het nie, kon Hom nie stop nie. Oral in die land het mense oor Hom gepraat \u2013 hoe Hy met een enkele bevel die storm op die see laat bedaar het, die groot, woeste golwe en die wind het onmiddellik tot rus gekom. Die storie-aandraers by die wat nie van Hom gehou het nie, \u00a0moes hulle sekerlik gaan vertel het van die groot skare wat Hy gevoed het uit \u2018n paar broodjies en vissies, ook van die wonderlike dinge wat Hy vertel het van die koninkryk van die hemel. Hulle het seker gewens dat hulle nie ore gehad het om nog meer te verneem nie. En daar was baie meer! Hy het dooies weer opgewek. Die berugte besetene wat daar tussen die grafte van Gadara gebly het, is bevry en die demone het van hom af uitgegaan en in \u2018n trop varke wat teen die berghang gewei het, ingevaar. Soos mal goed het die varke begin hardloop en oor die kranse gestort om in die see te verdrink.<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Jesus het nooit gewonder waarom mense nie van Hom hou nie, Hy het geweet. Hy was die Lig wat vanuit die hemel gekom het om elke mens te verlig en Hy was die waarheid en beide was nie welkom in hierdie w\u00eareld nie. Jesus het mens geword met een doel \u2013 om die wil van Sy Vader te doen, of mense van Hom gehou het of nie. Nie soos Absalom wat die koninkryk van sy vader wou steel nie. Hy het doelbewus soggens vroeg uitgegaan om almal voor te keer wat op pad was na sy pa om raad te soek. Met bedekte motiewe in sy hart het hy met hulle gesimpatiseer omdat hulle nie hulp sal vind by die koning se huis nie. \u201cKyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie. Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat \u2018n geskil of regsaak het na m\u00fd kan kom, dan sal \u00e9k aan hom reg laat geskied. En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom. Op di\u00e9 manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.\u201d (2 Samuel 15:3 \u2013 6)<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Jesus Christus het niks vir Homself gesoek nie, alles wat Hy gedoen en geleer het, was om sy Vader in die hemel te verhoog. Die diepste verlange van sy hart en die heersende motief van sy lewe was om mense te versoen met sy Vader in die hemel dat Hy weer kon herstel wat Adam verbreek het. Daarom het Hy Homself vrywillig gegee om die mens te verlos van die sonde wat skeiding maak tussen God in die hemel en die mense wat Hy geskape het. \u00a0Die volk van Israel het egter nie aan Hom gedoen wat Hy vir hulle gedoen het nie. Hulle het Hom uit haat vir sy goeie dade laat kruisig, tog het Hy vir hulle gebid: \u201cVader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Hy het sy lewe gegee omdat Hy van ons hou!<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Hoekom hou jy dan nie van Christus nie? Is sy lig te skerp? Is sy waarheid te oopvlekkend? Is sy standaard te hoog?<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>\u00a0Absalom, met sy liefde vir homself, het nie baie ver gekom nie. Die kroon van sy bewondering, sy hare, het in die pad gestaan toe hy \u2018n soldaat wou wees wat die koningskap van sy pa met geweld wou afneem. Toe sy rydier, \u2018n muil, onder die digte takke van \u2018n terpentynboom ingeloop het, het hy onverwags ontslae geraak van die ruiter op sy rug. Absalom se groot bos hare het vasgehaak en hom aan \u2018n boomtak opgehang. \u00a0Dit was so \u2018n perfekte galg dat sy arms en bene hom daar nie kon help nie. Nie dat sy nek gebreek het nie, dit was sy hart wat daar onbewapend gehang het as teiken vir die spies van sy pa se aanvoerder. Sy einde was \u2018n graf in die bos met \u2018n groot hoop klippe daarop gestapel.\u00a0 Christus met sy liefde vir sy Vader in die hemel en die mense op aarde, is verhoog tot die Een aan wie alle mag in die hemel en op aarde gegee is. Hy leef tot in ewigheid en sit aan die regterhand van sy Vader in die hemel vanwaar Hy eendag met al sy engele sal kom om alles hier op aarde te finaliseer en af te handel.<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\"><p>Die wat van Christus hou, hou ook van mense en hulle stry nie met die Bybel nie. Die Bybel s\u00ea: \u201cBeklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander \u2018n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van volmaaktheid is.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_elementToProof\">Heerlik is dit om te weet dat God van jou hou, dat jou naam in die boek van die lewe ingeskryf is en dat daar \u2018n woonplek in die hemel vir jou gereed gemaak word. Dan maak dit mos nie saak of mense van jou hou of nie \u2013 jy hou van mense, want die Bybel staan opgeskryf in jou hart en met wat die Bybel s\u00ea stry \u2018n mens nie, jy doen dit net.<span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het nie geklink asof sy haar self bejammer nie, selfs ook nie eers verbitterd was nie. Sy was nog glad nie oud en afgeleef nie, daar was nog baie energie in haar. Sy het die vraag gevra soos een wat  skielik oor haar eie lewe begin dink het en oor wat om haar omgaan, want sy was gewoonlik iemand wat heel gelukkig was met haarself en haar doen en late.<br \/>\n\u201cHoekom dink jy dat mense nie van jou hou nie?\u201d<br \/>\n\u201cEk is altyd alleen, niemand kom kuier nie. Mense sal verby ry, maar nie stop om in te loer nie. Dit was toe ek nou so siek was dat ek opgemerk het dat daar nie oproepe is om te hoor hoe dit gaan nie, of \u2018n buurvrou wat kom hoor of alles reg is nie. Ek het net begin wonder hoekom mense dan nie aan my dink nie, nie van my hou nie.\u201d<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1865","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1865","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1865"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1865\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1881,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1865\/revisions\/1881"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1865"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1865"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1865"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}