{"id":1803,"date":"2026-05-16T17:45:51","date_gmt":"2026-05-16T17:45:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1803"},"modified":"2026-05-16T17:50:26","modified_gmt":"2026-05-16T17:50:26","slug":"middernagfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/middernagfees\/","title":{"rendered":"MIDDERNAGFEES"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1803\" class=\"elementor elementor-1803\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-e008e55 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"e008e55\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-e7f103c\" data-id=\"e7f103c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4b50ef7 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"4b50ef7\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">MIDDERNAGFEES<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-d0caa7a elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"d0caa7a\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-0992582\" data-id=\"0992582\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-af9a5c8 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"af9a5c8\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"x_elementToProof\" data-olk-copy-source=\"MessageBody\"><p>Waarom \u2018n middernagfees so \u2018n bekoring ingehou het gedurende ons koshuisjare kon ek nog nooit regtig in woorde vaspen nie. Dit klink eintlik\u00a0 \u2018n bietjie mallerig. Wekkers het ons nie gehad nie, want die koshuisklok het ons soggens baie luid vertel dat dit opstaan tyd was, en armhorlosies was baie skaars. Iemand moes wakker bly en die slae van die kerkhorlosie tel. Daardie twee ure na ligte uit in die koshuis het stadig omgegaan. Die kerkhorlosie het elke halfuur geslaan. So, half elf het redelik gou gekom. Die slaap het geklop, maar die elf slae wat helder deur die nagstilte weerklink het, het hoop gebring. Daar was nog \u2018n uur oor om te wag. Gewoonlik het \u2018n maat saam wakkergebly.<\/p><p><span style=\"font-size: 1rem;\">Die straatlig was ver weg en baie dof. Oral was dit donker \u2013 mense was daardie dae nie gepla met buiteligte nie. Baie het nie eers deure gesluit nie, want daar het toe nog nie eintlik diewe snags rondgeloop nie. Die kerkklok het dawerend deur die nagstilte aangekondig dat daar nog dertig minute oor was voor middernag sou aanbreek. Toe die eerste slag van die twaalf weerklink, het die twee wat \u00a0wakkergebly het, opgespring en die ander agt genooides sag gaan wakker maak. So stil soos muise was ons by die balkon bymekaar kort nadat die twaalfde slag geslaan het! Elkeen het \u2018n eetdingetjie saamgebring.<\/span><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/p><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Om eetgoed in die kamer in te smokkel was nie so \u2018n eenvoudige takie nie. Kos in die kamers was streng verbode en straf was uitgedeel as iemand durf waag om die re\u00ebl te oortree. Die middernagfees was haarfyn beplan voor die naweek. Dit was eintlik \u2018n groot geheim, want nie almal kon uitgenooi word nie \u2013 die risiko om dan betrap te word, was te groot. Die Maandagaand was die aangewese tyd, want dan was die kanse dat die lekkernye vir die fees ontdek sou word, redelik skraal. Die kamermaat wat verjaar het, het een van daardie heerlike sjokoladekoeke waarvoor haar ma so bekend was, saamgebring na die naweek. Ewe wetsgehoorsaam is dit weggepak in die klein kamertjie wat spesiaal vir ons eetgoed bedoel was. Soos elkeen van ons teruggekeer het na die naweek, het ons die vrugte, die beskuit en alles wat ons ma\u2019s ingepak het, daar in die koskamer gaan pak. Ons het goed geweet hoe om die eetgoed te laat verdwyn wanneer die kamertjie na studie oopgesluit is, en dit stilletjies in ons kamers in te smokkel. Daarom kon elkeen van ons met iets in die hand kom om te deel in die middernagtelike fees.<\/div><div class=\"x_elementToProof\"><span style=\"font-size: 1rem;\">\u00a0<\/span><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Natuurlik moes\u00a0 ons in sagte gedempte stemme gesels en in fluisterstemme die verjaardagmaat toesing. Die sjokoladekoek was al vooraf in tien stukke gesny en dit sou die fees inwy. Die een wat die koekblik oopgemaak het, het per ongeluk die deksel op die sementvloer laat val. Dit het so \u2018n lawaai gemaak dat ons almal gevries en asems opgehou het. Met inspanning het ons probeer waarneem of daar voetstappe in die gang was, maar na \u2018n rukkie het ons ontspan en elke genooide gas het \u2018n groot stuk sjokoladekoek gekry om te verslind. Daar was koekies, vrugte en lekkers wat alles vinnig verdwyn het. Heerlike, soet, klewerige uitgeloopte \u00a0heuning was heel laaste op die spyskaart. Die eienaar van die heuningpot het gevra: \u201cHet julle tandeborsels saamgebring?\u201d Ons het! \u00a0Al voor ligte uit het elkeen seker gemaak dat dit in die japon se sak was, want ons het haar en haar heuningpot goed geken. Op een of ander manier het sy dit altyd reggekry om die groot heuningpot in haar kas weg te steek en soms het sy na ligte uit vir ons genooi om ons tandeborsels te bring as ons heuning wil h\u00ea. \u00a0Een vir een het sy dan \u2018n\u00a0 tandeborsel geneem en die steel daarvan in die heuning gedruk en dit so \u2018n draai gegee. Dan kry jy jou tandeborsel terug in jou hand met so \u2018n dik laag heerlike heuning om die steel. Nie een van ons het \u2018n lepel besit nie, die tandeborselsteel het uitstekend gewerk! Die middernagfees is so afgesluit en ons is weer versigtig terug bed toe met die genoegdoening dat ons nie uitgevang was nie.<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><p>Die middernagfees waarvan Jesus Christus gepraat het, is egter nie so \u2018n geheime aff\u00eare nie. Dit is nie \u2018n fees wat skelmpies gehou sal word nie, nie iets wat stil en ongemerk sal plaasvind nie. Ook nie \u2018n middernagfees waar daar net \u2018n stuk sjokoladekoek en sandsuiker heuning\u00a0 op die steel van \u2018n tandeborsel sal wees nie. \u2018n\u00a0 Middernagfees gedurende ons koshuis jare was net vir \u2018n paar uitgesoekte maats,\u00a0 en heeltemal net vir ons plesier. Die middernagfees waarvan Christus praat, is egter \u2018n ernstige\u00a0 ewigheidstorie en geeneen van ons kan waag om dit mis te loop nie.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Ons almal is uitgenooi na die fees, maar net die wat gereed sal wees, sal ingelaat word. Ek en jy moet waak, want ons weet nie wanneer die geroep sal weerklink nie.\u00a0 Dit sal sommer net skielik opklink, daar sal nie \u2018n kerkklok wees wat die tyd helder sal aankondig nie, net \u2018n stem wat roep: \u201cDie Bruidegom is hier! Hy het gekom!\u201d Almal wat gereed is, sal saam met Hom ingaan na die fees en Hyself sal die deur agter Hom toesluit. Laatkommers sal nie meer ingelaat word nie. Die deur word eenkeer toegemaak en nooit weer oopgemaak nie.<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><p>Toe \u00a0Jesus Christus\u00a0 van daardie middernagfees gepraat het, het Hy vertel van dwase meisies wat nie gesorg het dat hulle lampe genoeg olie gehad het vir die lang wag nie. Toe was hulle nie gereed nie! Hulle het agterna aan die deur kom klop en gevra om ingelaat te word. Tot hulle ontsteltenis moes hulle \u2018n stem hoor s\u00ea: \u201cEk ken julle nie, gaan weg!\u201d<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><p>\u201cMaar hoe kan U ons dan nie ken nie? Ons het dan saam met U ge\u00ebet en om U saamgedrom terwyl U daar op straat geleer het?\u00a0 Ons het dan in u Naam duiwels uitgedryf en kragtige dade gedoen?\u201d<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u201cGaan weg van My af, al julle werkers van ongeregtigheid. Ek ken julle nie!\u201d<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><p>As \u2018n mens dwaas is soos daardie meisies in die gelykenis, gaan jy jou ook in \u2018n geslote deur vasloop. Jy sal staan en klop totdat die skroeiende vlamme jou daar opspoor, maar as jy te laat na die fees gegaan het, sal jy nooit by daardie deur kan ingaan nie. Nooit nie! Dit is \u2018n skrikwekkende gedagte en Christus het dikwels oor daardie finale dag gewaarsku. \u201cWaak en bid,\u201d het Hy gemaan, \u201cwant julle weet nie wanneer die uur kom nie.\u201d<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><p>Wat sal dan maak dat \u2018n mens wakker en waaksaam sal wees om onmiddellik te reageer wanneer die blye boodskap uitgeroep word: \u201cDie Bruidegom is hier! Hy het gekom!\u201d \u2018n Mens moet die Bruidegom persoonlik ken, \u2018n lewende verhouding met Hom h\u00ea, ononderbroke kontak en \u2018n volle maat van sy Gees. Dan sal daardie gedurige afwagting daar wees, \u2018n innerlike gereedheid om dadelik te reageer wanneer die uitroep weerklink.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Op die\u00a0 laaste bladsye van die Bybel in die boek van Openbaring lees ons:<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0\u201cSalig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En die Gees en die bruid s\u00ea: Kom! En laat hom wat hoor, s\u00ea: Kom!\u2026\u201d<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Leef jy ook soos \u2018n genooide met die lamp mooi skoongemaak en propvol olie? Dit kan dalk vannag wees wanneer die oproep gaan weerklink, onverwags, maar heerlik bevrydend as ek en jy gereed is en saam met die Bruidegom ingaan by die deur. Wanneer Hy omdraai om dit te sluit, is ons veilig in Sy ewige teenwoordigheid.<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waarom \u2018n middernagfees so \u2018n bekoring ingehou het gedurende ons koshuisjare kon ek nog nooit regtig in woorde vaspen nie. Dit klink eintlik  \u2018n bietjie mallerig. Wekkers het ons nie gehad nie, want die koshuisklok het ons soggens baie luid vertel dat dit opstaan tyd was, en armhorlosies was baie skaars. Iemand moes wakker bly en die slae van die kerkhorlosie tel. Daardie twee ure na ligte uit in die koshuis het stadig omgegaan. Die kerkhorlosie het elke halfuur geslaan. So, half elf het redelik gou gekom. Die slaap het geklop, maar die elf slae wat helder deur die nagstilte weerklink het, het hoop gebring. Daar was nog \u2018n uur oor om te wag.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1803","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1803","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1803"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1803\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1816,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1803\/revisions\/1816"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1803"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1803"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1803"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}