{"id":1737,"date":"2025-12-28T15:59:07","date_gmt":"2025-12-28T15:59:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1737"},"modified":"2025-12-28T17:41:41","modified_gmt":"2025-12-28T17:41:41","slug":"dit-was-weer-kersfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/dit-was-weer-kersfees\/","title":{"rendered":"DIT WAS WEER KERSFEES!"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1737\" class=\"elementor elementor-1737\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-c4dcd9a elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"c4dcd9a\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-70abc3a\" data-id=\"70abc3a\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-d1f7246 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"d1f7246\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\"><!--StartFragment--><span data-olk-copy-source=\"MessageBody\">DIT WAS WEER KERSFEES!<\/span><!--EndFragment--><\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8657589 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8657589\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-7926c83\" data-id=\"7926c83\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-29e4a68 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"29e4a68\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"MsoNormal\">Hierdie Kersfees kon ek dit nie verhelp nie, my gedagtes het\ngedurig in Israel\u00a0 gaan kuier. Daar in Betlehem waar ons Messias in \u2018n\nstal gebore is. Maria, sowel as Josef aan haar sy, was Jode. Hulle was\nafstammelinge van Abraham, die vriend van God.\u00a0 Abraham wat uitgelei is na\ndie land wat God vir hom en sy nageslag belowe het. Abraham wat ook die vader\ngeword het van almal dwarsoor die w\u00eareld wat in Christus glo.\u00a0 Wie hier op\naarde kan die feit uitkanselleer dat die Messias gekom het deur die volk van\nGod?\u00a0 Al die nasies en volke word in Hom gese\u00ebn soos God aan Abraham\nbeloof het.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Daar waar Christus, die Seun van God, mens geword het, daar\nwaar die herders \u2018n boodskap van groot vreugde ontvang het van \u2018n engel uit die\nhemel en die groot skare engele gesien het wat met jubelende vreugde sy\nboodskap bevestig het, d\u00e1\u00e1r word die volk van God nou met uitwissing gedreig.\nDit klink vir my asof haat teen die Joodse volk besig is om oor die hele w\u00eareld\nuit te kring. As ek reg hoor en lees is daar nasies en groepe wat planne maak\nom Israel te verwoes en hulle kyk met afkeer na iemand wat dit waag om \u2018n goeie\nwoordjie vir die Israel te doen.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Tog het ons die Bybel ontvang vanuit die volk Israel! Hoe\nanders sou ons geleer het van God as Moses nie neergeskryf het wat God aan hom\nopenbaar het nie? Moses was \u2018n Israeliet, \u2018n Jood. Dit is hy wat behoue gebly\nhet toe al die baba seuntjies van die volk van God doodgemaak moes word op\nbevel van die koning. Moses, \u2018n merkwaardige Jood met wie die lewende God \u2013 die\nSkepper van hemel en aarde \u2013 van aangesig tot aangesig gepraat het soos met \u2018n\nvriend.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Deur sy geskrifte leer ons hoe God die hemel en die aarde\ngeskape het \u2013 en vir Adam en Eva. Ons kom te wete van God se vyand wat hom\ndaarop toegespits het om die werk van God te beskadig en Hom te\u00eb te staan. Ons\nlees van Henog wat met God gewandel het, van Noag wat die ark moes bou waarin\nsy gesin en diere van verdrinking en uitwissing gespaar is. Ons ontmoet Abraham\nen lees van God se verstommende goedheid en genade, en die hoop en liefde wat\nHy oor Abraham uitgegiet het. Ook van sy beloftes aan Abraham en sy seun Isak\nen di\u00e9 se seun, Jakob. Ons lees van Jakob se seun, Josef, wat gesorg het dat al\ndie afstammelinge van Jakob na Egipte gekom het om die droogte te oorleef. Hoe\nhulle slawe geword het. Moses het alles opgeteken van die uittog uit Egipte en\nGod se sterke hand teen Farao. Die volk se ontmoeting met die lewende God by\ndie berg, Sinai en die hele geskiedenis van God se handelinge met sy volk\ntotdat hulle die beloofde land ingetrek het.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Dan volg die geskiedenis van hulle nuwe leier, Josua, van\ndie rigters van Israel, die konings, die profete en die baie verskillende\nbeloftes oor die Messias wat gebore sou word in Betlehem, die stad van Dawid.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Jesus Christus en sy dissipels was Joodse manne. Johannes\ndie Doper was Joods. Mattheus, Markus, Lukas en Johannes wat vir ons die lewe\nvan Christus beskryf, was almal uit die Joodse volk. Paulus was Joods. Van die\nbegin tot die einde van die Bybel het die Heilige Gees manne uit die Joodse\nvolk ge\u00efnspireer om die verskillende Bybelboeke te skryf.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Ons het die Messias wat gekom het om ons sonde weg te neem\nen ons met God die Vader te versoen vanuit die Joodse volk ontvang. Ons het die\nWoord van God, die Bybel, vanuit die Joodse volk ontvang. Daarom was my hart\nhierdie Kersfees vol dankbaarheid en jammerte oor die volk van God, wat soveel\nhaat en hoon moet deurgaan in my leeftyd.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Al die beloftes van die Messias wat sou kom, is vervul. Mag\nHy wat beloof het om na sy eie volk om te sien en hulle te se\u00ebn, ook al die\nbeloftes in verband met die volk Israel in vervulling laat gaan.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Ek het ook so gedink aan Corrie te Boom. Sy vertel hoedat\nhaar bejaarde pa die Dawid ster teen sy baadjie vasgesteek het om hom openlik\nte skaar by die Jode wat so vervolg was gedurende die Tweede W\u00eareld oorlog. Oor\nsy liefde en lojaliteit vir die volk van God is hy in \u2018n tronk gestop en daar\nhet hy gesterf. So ook haar suster Betsie, maar Corrie het bly leef om die\nstorie te vertel. In ons leeftyd vind die Hemelse Vader sekerlik ook sulke\nmense, mense wat vasstaan agter sy volk en diep meegevoel met hulle het.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Dit is waar dat Christus, die Seun van God, vervolg was deur\nsy eie mense. Hulle het Hom uitgelewer aan die Romeine om gekruisig te word.\nTog is daar vandag \u2018n groot menigte van die volk van God wat in Hom glo \u2013 in\ndie Messias wat daar in Israel op Golgota gekruisig was. Die profeet Sagaria\nhet geskryf wat God in die verre toekoms vir sy volk bedoel: \u201cMaar oor die huis\nvan Dawid en die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en\nsmekinge: en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal\noor Hom rouklaag soos \u2018n mens rouklaag oor \u2018n enigste seun en bitterlik oor Hom\nween soos \u2018n mens bitterlik ween oor \u2018n eersgebore kind.\u201d<\/p><p><\/p><p>\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n<\/p><p class=\"MsoNormal\">Kersfees het gekom en gegaan en \u2018n nuwe jaar l\u00ea voor ons.\nWat dit vir ons inhou, weet net die God wat ons geskape het. Hy het die hele\nw\u00eareld in sy hand en Hy het vir elkeen van ons \u2018n lewe in Christus belowe as\nons glo in Hom wat van God gestuur is. Christus het mens geword en in die\nliggaam van \u2018n Jood sy lewe vrywillig oorgegee om as die Lam van God geoffer te\nword sodat die hele w\u00eareld ingesluit kon word in die verlossing wat die offer\nbied. Die verlossing van sonde en die ewige dood het vanuit die Joodse volk na\nons almal gekom. Kom ons dank God vir die realiteit van hierdie wonderbare\nverlossing in die agterstevoor tyd waarin ons leef.<\/p><p><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie Kersfees kon ek dit nie verhelp nie, my gedagtes het gedurig in Israel \u00a0gaan kuier. Daar in Betlehem waar ons Messias in \u2018n stal gebore is. Maria, sowel as Josef aan haar sy, was Jode. Hulle was afstammelinge van Abraham, die vriend van God. \u00a0Abraham wat uitgelei is na die land wat God vir hom en sy nageslag belowe het. Abraham wat ook die vader geword het van almal dwarsoor die w\u00eareld wat in Christus glo. \u00a0Wie hier op aarde kan die feit uitkanselleer dat die Messias gekom het deur die volk van God? \u00a0Al die nasies en volke word in Hom gese\u00ebn soos God aan Abraham beloof het.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1737","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1737","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1737"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1737\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1783,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1737\/revisions\/1783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1737"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1737"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1737"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}