{"id":1686,"date":"2025-07-15T06:31:12","date_gmt":"2025-07-15T06:31:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1686"},"modified":"2025-07-17T13:28:48","modified_gmt":"2025-07-17T13:28:48","slug":"sout-wat-laf-geword-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/sout-wat-laf-geword-het\/","title":{"rendered":"SOUT WAT LAF GEWORD HET?"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1686\" class=\"elementor elementor-1686\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-f7104ad elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"f7104ad\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-53e200b\" data-id=\"53e200b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-ce0dc5e elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"ce0dc5e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">SOUT WAT LAF GEWORD HET?<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2c60faf elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2c60faf\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-a86b0c3\" data-id=\"a86b0c3\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-61b7f7f elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"61b7f7f\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"x_elementToProof\" data-olk-copy-source=\"MessageBody\">\n<p>As iets darem nie eers goed genoeg is om op die ashoop gegooi te word nie, nie eers daarvoor deug nie, dan is dit regtig erg! Dit is die voorland vir sout wat laf geword het. Die smaak kan nooit weer teruggesit word nie. Nou kan jy miskien dink, maar wat het dit nou eintlik met my te doen of sout goed of laf is \u2013 \u2018n mens kry tog altyd sout op \u2018n winkelrak wat jy sonder enige probleme kan gebruik. Die saak staan egter so; dit wat Christus ges\u00ea het oor sout het baie definitief op my en jou betrekking, veral op die van ons wat nie van ons besittings afstand kan doen nie.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\n<p>\u201cSo kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg.\u201d (Lukas 14: 33 -35)<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u201cJulle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug n\u00earens meer voor as om buite gegooi en deur mense vertrap te word nie.\u201d (Mattheus 5: 12 -14)<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u00a0<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Jy bely dat jy \u2018n dissipel van Christus is, maar ervaar jy dalk dat mense jou vertrap? Jy het nie meer gesag nie, mense rondom jou loop oor jou behoeftes, dis asof hulle jou nie eers raaksien of stop om te luister wat jy s\u00ea nie. Jou versoeke word ge\u00efgnoreer en jy voel alleen en verstote. Kan dit wees dat die sout in jou lewe laf geword het, smaak verloor het? Is jou woorde dalk nie meer met sout besprinkel nie? Jou gesprekke nie meer aangenaam en opbouend nie, maar skerp, krities en afbrekend? \u00a0Jou teenwoordigheid hou nie eers meer geestelike bederf in ander se doen en late te\u00eb nie, niemand skrik meer wanneer jy inkom terwyl hulle iets verkeerds doen nie. Wat van mense wat innerlik verwond was en nie wil vergewe nie, nou is daardie wond septies en bitter gal loop uit, maar die mens kan by jou nie hulp vind nie want daar is geen gesonde sout meer in jou nie. Het die sout in jou wat \u2018n volgeling van Christus is, dan laf geword? Waar is die krag in jou lewe om smaak te gee, om verderf te\u00eb te werk en te ontsmet? Is \u2018n mens wat so is dan nog bruikbaar in die koninkryk van God?<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Wat \u2018n tragiese toestand en hoe maklik om daarin te beland! Klou net verbete vas aan jou besittings, dan beland jy daar. Dan s\u00ea die mense van jou: \u201cJa, hy is \u2018n Christin, maar jy moet net nie aan sy goed raak nie, dan staan die duiwel in hom op.\u201d<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Selfsugtige besitreg kan \u2018n mens maak soos sout wat laf geword het \u2013 onbruikbaar. Dink net hoe \u2018n persoon heeltemal van koers af kan raak wanneer iemand anders sy geliefkoosde pen van die lessenaar vat sonder om te vra en dit nie weer op die regte plek terugsit nie. Net \u2018n pen, maar dit klink asof die w\u00eareld besig is om te vergaan soos die eienaar van die pen tekere gaan. Afsien van besittings? Al jou besittings? Wat van daardie spesiale ysterpan op die rak wat net jyself gebruik om vleis in te braai \u2013 jyself vee dit skoon want water sal dit laat roes. Dan vind jy die pan vol water in die opwasbak, een van die huismense het jou werklik roereiers vir ontbyt daarin gemaak. Dit bederf jou hele dag en al jou vriendelikheid verdamp op die plek. Of jy vind \u2018n erfstukkie uit jou oumagrootjie se huis buite op die tuintafeltjie. Die spesiale bordjie wat jy so koester en diep weggesit het, het \u2018n water- opvang-bordjie onder \u2018n potplant geword. Moenie eers praat van jou motor of jou grassnyer of die naaimasjien nie. Eintlik net \u2018n skoen is genoeg om jou te laat vergeet dat jy \u2018n dissipel van Christus is. Die netjiese duur skoen het jyself onder die bed ingeskop en die klein hondjie wat die nuutste toevoeging is van jou kind se baie troeteldiere was so ongemanierd om dit daar onder die bed uit te trek en daarvan \u2018n lekker kouding te maak. Hoe kan jou gebrul dan die huis skok!<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u201cWie het alweer die deur oopgelos! Ek het ges\u00ea ek wil die brak nie in my kamer sien nie! Geld groei nie op my rug nie!\u201d en vir \u2018n lang ruk kan jy raas en skrobbeer en brom totdat jy almal om jou op hol gejaag het.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Ek dink aan daardie storie van die mense van Jerigo wat uitgekom het na die profeet wat sopas oorgeneem het van die een wat met \u2018n vurige perdewa hemel toe gegaan het. \u201cOns water in die stad is sleg en dit veroorsaak dat die grond onvrugbaar is. Asseblief help ons.\u201d<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Elisa het gevra dat hulle vir hom \u2018n nuwe skottel vol sout moet bring. Die sout het hy by die bron van die slegte water gaan ingooi. Die Bybel s\u00ea dat die water gesond geword het en geen verdere dood of onvrugbaarheid veroorsaak het nie. Die hart van die mens kan so \u2018n bron van slegte water wees \u2013 dit leer ons uit Christus se verduideliking: \u201cVan binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak \u2018n mens onrein.\u201d (Markus 7:21 -23)<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">\u2018n Hele skottel vol hemelse sout is nodig om so \u2018n hart te reinig van sy slegtigheid! Van sy onvrugbaarheid . Hoe sleg kan \u2018n hart wees in die o\u00eb van die Een wat van die hemel af ons almal dophou? Daarom het Hy sy Seun gestuur om alles nuut te maak. Christus se dood aan die kruis was die enigste oplossing om ons van ons sonde te bevry. Die kruisdood is soos die skottel sout wat Elisa in die waterbron van Jerigo gegooi het. Net Christus se lewe in ons kan van ons die sout van die aarde maak.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Ek kan onthou hoedat ek as \u2018n klein dogtertjie dikwels op die sementblad voor ons agterdeur gestaan en kyk het hoe \u2018n skaap afgeslag word. Ek kan in detail vertel van elke beweging van die slagter se hande totdat die skaap aan die haak gehang het en al die binnegoed en organe in die regte houers beland het. Maar die vel wat agtergebly het op die sementblad het spesiale behandeling ontvang. Die houer met die growwe sout is gevra en dan is \u2018n handvol oopgegooi op die nat, oopgesperde vel. Die sout is dan sistematies ingevryf tot in elke deeltjie van die vel, daar waar die nek van die skaap was, waar die pote was. Wanneer die slagter tevrede was dat die vel goed ingesout was, was sy werk klaar. Die vel is op die dro\u00eb pak velle oopgesprei om ook droog te word. Dan is dit verkoop aan \u2018n leerlooier of self op die plaas gebrei vir riempies.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Wanneer die karkas opgekap was in die verskillende dele, reg vir die pot, is alles na die kombuis gebring. Daar het my ma die skaapboude, die blaaie, die ribbe en die rugstring goed ingevryf met growwe sout. Iemand het dit dan by die soldertrap opgedra \u2013 die sifkas het heel agter in die solder gestaan. Dit was \u2018n groterige houtkas op pote met fyn gaas dig vasgespyker teen die sykante. Elke stuk vleis is dan aan \u2018n haak in die sif opgehang. \u00a0Daar het altyd \u2018n luggie deurgetrek van die twee gewel vensters wat regoor mekaar was. Die kleinste goggatjie kon nie by daardie digte gaas inkom nie. Die sout het die vleis goed gehou totdat alles opge\u00ebet was.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Growwe sout was ook \u2018n inherente deel van wond behandeling in ons huis. As een van ons \u2018n toon stukkend gestamp het teen \u2018n groot klip of jou hand met \u2018n skerp mes raakgesny het, is die wond eers geweek in warm soutwater. Wanneer een van ons gekla het van \u2018n seer keel of wanneer \u2018n tand getrek was, moes die slagoffer gereeld met soutwater gorrel. Niemand op die plaas het die ontsmettingswerk van sout verkleineer nie, ons almal het goed geweet waar en wanneer om sout te gebruik.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Maar mense wil Christene wees sonder dat die sout van die kruis van Christus diep ingevryf word. Sonde moet bely en laat staan word, daar is nie een enkele ekskuus vir \u2018n sonde nie. Ekskuse word nie vergewe nie, net dit wat opreg bely word! Dit is die sout wat ingevryf word, dit brand, maar dit ontsmet \u2018n mens se hart tot in die diepste plekke. Net die bloed van Christus kan \u2018n gewete sout en reinig van die skuld van dooie werke.<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Soos in die Bybelse tyd waar Christus sout kon gebruik het as \u2018n voorbeeld, so is dit ook in ons tyd. Ons kan dit ook verstaan, maar dit voel miskien nie so gemaklik om jouself met sout te vergelyk nie. Tog, Christus s\u00ea uitdruklik aan die wat Hom volg: \u201cJulle is die sout van die aarde.\u201d<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">In Egipte is daar aan die buitewyke van Ka\u00efro \u2018n gedeelte van \u2018n voorstad waar omtrent so 60\u00a0000 mense woon in \u2018n informele nedersetting waar water en elektrisiteit nie aangel\u00ea is nie. In die volksmond en media het die voorstad die naam gekry van \u201cCarbage City\u201d. Die mense \u00a0maak \u2018n bestaan uit die vullishope en rommel van die stad wat hulle herbenut en verkoop. Die strate is vol vullis, voor hulle deure l\u00ea hope vuilgoed, selfs op die platdakke van die geboue, oral is net vullis en rommel. Hulle leer hoe om te oorleef van alles wat op vullishope gevind kan word. Hulle leef in \u2018n ashoop en leef van die ashoop, maar sout wat sy smaak verloor het, is selfs vir die ashoop bewoners van geen nut nie.<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Hoe lyk \u2018n mens in wie die sout laf geword het? \u2018n Mens in wie se lewe die Evangelie suur geword het en nie meer \u2018n vars smaak en \u2018n welriekende \u00a0geur aan ander uitdra wat naby kom nie? \u00a0\u2018n Mens skrik amper om dit te s\u00ea, maar so \u2018n persoon is soos iets wat nie eers op \u2018n ashoop tot enige nut kan wees nie. Weggegooi deur die hemel, nie eers \u2018n stuk rommel wat weer deur iemand anders gebruik kan word nie, maar totaal nutteloos\u00a0 en vertrappingswaardig. En dit nie omdat jy nie glo dat Christus gekom het om vir sondaars te sterf nie, maar omdat jou besittings meer werd is vir jou as Christus.<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Daardie wyse man van die Bybel, Salomo het ges\u00ea: \u201cDie goed van \u2018n ryke is sy sterk stad en soos \u2018n steil muur in sy verbeelding.\u201d (Spreuke 18:11)<br><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Miskien is dit wat die ryk jongman gepla het toe Christus vir hom ges\u00ea het om al sy besittings te gaan verkoop en die geld vir die armes te gee en dan kon hy kom en Jesus volg. Moes hy die sterk stad van sy verbeelding en die veiligheidsmuur wat hy deur sy besittings in sy gedagtes gebou het, prysgee? Die prys was vir hom te hoog \u2013 hy het liewer van Jesus af weggegaan.<\/div><div class=\"x_elementToProof\"><br><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">En jy, is die reg wat jy het op wat jy besit vir jou meer waardevol as Christus, meer waardevol as om die sout van die aarde te wees?<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As iets darem nie eers goed genoeg is om op die ashoop gegooi te word nie, nie eers daarvoor deug nie, dan is dit regtig erg! Dit is die voorland vir sout wat laf geword het. Die smaak kan nooit weer teruggesit word nie. Nou kan jy miskien dink, maar wat het dit nou eintlik met my te doen of sout goed of laf is &#8211; \u2018n mens kry tog altyd sout op \u2018n winkelrak wat jy sonder enige probleme kan gebruik. Die saak staan egter so; dit wat Christus ges\u00ea het oor sout het baie definitief op my en jou betrekking, veral op die van ons wat nie van ons besittings afstand kan doen nie. \u201cSo kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1686","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1686"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1686\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1706,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1686\/revisions\/1706"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}