{"id":1654,"date":"2025-05-11T06:40:36","date_gmt":"2025-05-11T06:40:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1654"},"modified":"2025-05-11T06:59:19","modified_gmt":"2025-05-11T06:59:19","slug":"is-jou-oog-dan-verkeerd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/is-jou-oog-dan-verkeerd\/","title":{"rendered":"IS JOU OOG DAN VERKEERD?"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1654\" class=\"elementor elementor-1654\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-32a632e elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"32a632e\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-cf1ab7d\" data-id=\"cf1ab7d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f9d306d elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"f9d306d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\"><!--StartFragment--><span data-olk-copy-source=\"MessageBody\">IS JOU OOG DAN VERKEERD?<\/span><\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-3e184f7 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"3e184f7\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-bfb853f\" data-id=\"bfb853f\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-dddb55d elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"dddb55d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"MsoNormal\">Hy het op \u2018n heuwel gaan sit \u2013 so kwaad dat hy kon sterf.\nDit was die hele rede hoekom hy weggehardloop het, hy wou nie daar wees nie.\nTevergeefs het hy probeer om van God af weg te vlug deur op \u2018n skip te gaan\nwegkruip. Hy was \u2018n profeet en moes geweet het dat \u2018n mens dit nie kan doen\nnie. Die Here sien en weet alles, en wat meer is, Hy heers ook oor alles. Dus\nhet \u2018n verwoede storm op die see hom in sy wegkruipplek ingehaal en hom as die\nskuldige uitgewys. Ewe vroom het hy gevra dat die matrose hom maar oor boord\nmoet gooi, liewers verdrink as om by God te pleit vir vergifnis. God is egter\nook nie \u2018n profeet se speelmaat nie. Hy het nie in die stormagtige see verdrink\nnie, want God in die hemel het een van sy groot visse gestuur om hom in te\nsluk. God was nog nie klaar met die profeet van Hom nie. Die storm het\nonmiddellik bedaar \u2013 dit was nie meer nodig nie.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">As gevangene van God was Jona vir drie dae opgesluit binne\nin die vis se maag! Daar in die tronk sonder venster, sonder beweegruimte het\nhy gebid: \u201cToe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink; en my\ngebed het tot by U gekom in u heilige tempel.\u201d Op bevel van God het die vis hom\nop die strand gaan uitspoeg. \u2018n Mens sou dink dat hy daar in die vreemde tronk\nin sy hulpeloosheid \u2018n verandering van hart sou ondergaan het, maar dit lyk nie\nso nie. Hy het toe tog na Ninev\u00e9 gegaan om te doen wat God van hom verwag het,\nmaar hier tref ons hom aan op die heuwel buitekant die stad, smoorkwaad vir\nGod. Vir hom het dit gelyk asof God nie die vonnis wat hy as profeet oor die\nmense moes gaan uitspreek het, sou voltrek nie. Volgens hom was God heeltemal\nte genadig en barmhartig, Sy hart word te gou sag en dan vergewe Hy, dan gee Hy\nmense nog \u2018n kans. Jona het net \u2018n dagreis ver die stad ingeloop en die woorde\nwat God hom beveel het om te s\u00ea, uitgeroep: \u201cOor veertig dae word die stad\nNinev\u00e9 verwoes.\u201d Tot sy groot ontsteltenis het die mense van die stad dadelik\ndie woorde ter harte geneem, selfs die koning. \u2018n Vasdag is uitgeroep en ook\ndie diere moes niks vreet of drink nie. Man en muis het na God uitgeroep vir\ngenade in die hoop dat Hy van plan sou \u00a0verander. Hulle het begryp dat die\nwoorde nie van \u2018n mens af gekom het nie, maar van God! In die hemel het die\nHere God hulle aangehoor en hulle lewens gespaar. Dit is waarom die profeet so\nontsteld en kwaad was. So vol selfbejammering dat hy net aan homself kon dink.\nHy was nou \u2018n valse profeet, wat hy geprofeteer het, het nie gebeur nie en dit\nwas God se skuld \u2013 Hy is mos altyd so goedhartig en genadig, selfs teenoor die\nvyande van sy eie volk, Israel. Jona was so jammer vir homself dat hy sommer\ndaar op die plek kon doodgaan. Daar van die heuwel af het hy gesit en kyk of\ndaar nie tog vuur van die hemel sou neerval of \u2018n pes deur die stad sou trek en\nmense soos vlie\u00eb sou dood val nie.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Die hitte van die son was ondraaglik en hy het ontvlugting\nvan die sonstrale probeer soek in \u2018n skermpie wat hy sommer self aanmekaar\ngeflans het. Toe skiet daar skielik langs hom \u2018n boom op wat teen \u2018n verbasende\nspoed gegroei het om hom met \u2018n digte skaduwee te voorsien. Hy het daar onder\ndie boom oornag, sekerlik in \u2018n mate vertroos dat die Here tog gaan optree,\nwant waarom anders die wonderboom? Wat hy nie in ag geneem het nie, was God se\ngenade met hom as die boodskapper aan die stad. Hy moes nog \u2018n les leer. Die\nstorm op die see, dat hy opgepik en van verdrinking gered was deur \u2018n vis het\nnog nie sy o\u00eb oopgemaak nie, miskien sou die wonderboom dit doen. Daarom het\ndie Here \u2018n wurm deur die nag gestuur om die boom so te vreet dat dit net so\nskielik verdroog het as wat dit opgeskiet het. \u00a0Met sonop het die Here toe\n\u2018n warm oostewind laat waai wat saam met die hitte van die son vir Jona net te\nerg geword het. Hy het so kwaad geword dat sy wonderboom van die vorige dag\nverdor en hom so blootgestel het aan die elemente dat hy van pure jammerte vir\nhomself die wens uitgespreek dat hy maar liewers kon sterf.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">\u2018n Profeet \u2013 maar onbruikbaar vir die Allerhoogste. \u2018n Mens\nwonder hoe lank hy daar gesit het? Hoe lank het die mense in Ninev\u00e9 gesmeek en\ngevas? Meer as \u2018n maand lank? Die profeet wat vir hulle kon gaan verseker het\ndat God hulle gehoor en gesien het, dat Hy bewus was dat hulle opgehou het met\nhul verkeerde dade en besluit het om nie meer die vloek oor hulle te voltrek\nnie, het homself tussen hulle uit verwyder omdat hy nie een met sy genadige God\nwas nie. Selfbejammering het sy hele menswees ingesluk en hy kon net vir\nhomself in die prentjie sien \u2013 hy die arme, verontregte profeet.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Van die hemel af het die prentjie heel anders gelyk \u2013 \u2018n\nonwillige profeet met \u2018n lang lip en \u2018n harde, ongenaakbare hart wat geen\ngenade geken het nie. Die Here het met Jona gepraat:<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">\u201cHet jy enige rede om so kwaad te wees oor die wonderboom?\u201d<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">\u201cJa, ek het rede om vertoorn te wees \u2013 tot die dood toe.\u201d<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">\u00a0\u201cJy wil die wonderboom spaar waar jy geen tyd aan\nbestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in\neen nag vergaan het. Maar Ek mag Ninev\u00e9, die groot stad waarin meer as\nhonderd-en-twintig duisend mense is, nie spaar nie?\u201d<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Op di\u00e9 noot eindig die Bybel se vertelling van Jona. Ek weet\nnie wat jy dink nie, \u00a0maar dit sal verskriklik wees as \u2018n mens se\nlewensverhaal hier op aarde afgesluit moet word met so \u2018n bestraffing van die\nAllerhoogste. \u2018n Mens wil darem nie oor dieselfde kam as Jona geskeer word nie!\nDaardie nare gesindheid teenoor God se goedheid \u2013 tog is dit opgeskryf sodat\ndie Woord van die Here ons kan deursoek om te kyk of ons nie dalk net soos Jona\ndink en optree wanneer die Here aan ander genade bewys \u00a0nie \u2013 ander wat\nvolgens ons die genade van God nie verdien nie. \u00a0Mag ons ons van harte\ndaarvan bekeer. Ek hoop dat Jona self hierdie storie geskryf het, want dan het\nal die gebeurtenisse hom tog tot inkeer gebring.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Jona se gesindheid laat my dink aan daardie die ouer broer\nin Jesus se storie. Hy het by die huis gebly toe die jonger een sy erfporsie\nvoor die tyd gevra het en dit op \u2018n wilde lewe gaan uitmors het. Hy was daar in\ndie huis en het waargeneem hoedat sy pa en ma sy broer gemis het, sy plek by\ndie etenstafel \u00a0was leeg, sy slaapplek was leeg. Hy was daar om te sien\nhoe sy ouers die pyn probeer vergeet het in die daaglikse bedrywighede. Hy het\nopgemerk hoedat sy pa elke sononder op die platdak van die huis die koelte gaan\nopsoek het, maar ook om ongesteurd die pad na die huis dop te hou om te kyk of\ndie bekende figuur van sy broer nie dalk aankom nie. Soos die maande\nverbygegaan het en daar geen nuus van die jonger broer was nie, het hy tog\nsekerlik gehoor hoedat sy pa hier en daar \u2018n woord van diep kommer laat val het\nteenoor \u2018n betroubare dienskneg, miskien selfs teen hom as die ouer broer \u2013 die\neen wat by die huis gebly het en sy pa se belange behartig het \u2013 dat die jonger\nbroer dalk sy lewe verloor het, dat hy dood is en nooit weer sou terugkeer nie.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Die dag toe die jonger broer wel teruggekeer het, gebroke,\nhonger, vuil en stukkend, was hy nog in die veld. Hy het nie gesien hoedat sy\npa sy broer tegemoet gehardloop het en hom met vreugde omhels en terug\nverwelkom het nie. Hy het nie die hartverskeurende belydenis van die broer\ngehoor nie, hy het nie die smeking om vergifnis gehoor nie. Vrolike musiek en\nstemme het vanuit die huis hom tegemoet gekom toe hy terugkeer van die veld.\n\u201cWat gebeur hier?\u201d het hy op die werf vir \u2018n bediende gevra.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">\u201cU broer het teruggekom en u vader het die vetgemaakte kalf\nlaat slag omdat hy hom gesond teruggekry het.\u201d<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Hy was onmiddellik kwaad en het botweg geweier om in die\nhuis in te kom. Verontwaardig, met \u2018n gevoel van verontregting en\nselfbejammering het hy buite onder die afdak gaan sit. Toe sy pa begin wonder\nwaar die ouer broer dan so lank bly, het die bediende hom eenkant vertel dat hy\nnie wil inkom nie. Die pa het uitgegaan en hom gesmeek om in te kom, maar die\nomgekrapte seun het die dankbare pa met \u2018n string woorde van verwyt bestorm. Hy\nkon nie een wees met sy pa in die vreugde dat die stout broer teruggekom het\nnie. Hy was kwaad, het verontreg gevoel en so vol selfbejammering dat hy nooit\nso behandel was nie. Hy wat getrou met die werk aangegaan het, hy het nooit so\n\u2018n fees gehad vir hom en sy vriende nie! Nie eers \u2018n bokkie nie wat nog te s\u00ea\nvan \u2018n vetgemaakte kalf! Kwaad omdat sy pa genade aan die broer bewys het, vies\nomdat die broer nie gestraf was nie en dat almal so bly was om die roekelose,\nondankbare kind weer terug te ontvang.<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Die pa het maar weer probeer om sy oudste seun se hart te\nbereik: \u201cKind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog\nvrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig\ngeword, en hy was verlore en is gevind.\u201d<\/p><p><\/p><p class=\"MsoNormal\">Die ouer broer was kwaad omdat daar goedheid bewys is aan\niemand wat volgens hom dit nie verdien het nie. Dieselfde gesindheid ontmoet\nons nog \u2018n keer in \u2018n ander storie wat Jesus vertel het. Daardie werkers wat\nnet na dagbreek gehuur was om in die wingerd te gaan werk. Die loon wat hulle\nteen sononder sou kry, was afgespreek en met hulle instemming beklink. Deur die\ndag het hulle gesien dat nog en nog mense aansluit om te werk, selfs tot die\nlaaste uur voor sononder het daar werklik nog nuwe werkers gekom. Die wat\nlaaste gekom het, was eerste betaal \u2013 presies dieselfde bedrag wat die wat die\nharde werk van sonop verrig het, verwag het. Was hulle bly! Afwagtend het hulle\nal nader beweeg na die betaalpunt. Daar kry hulle toe presies dieselfde bedrag\nas die wat net een enkele uur gewerk het. Hoe onregverdig, het hulle dadelik\ngebrom, want hulle het gedink dat hulle meer sou kry. Hulle het mos die harde\nwerk verrig \u2013 die hele dag lank. Nou kry di\u00e9 wat net \u2018n kort rukkie, toe die\nskaduwees al lank geword het, gewerk het presies net soveel soos hulle.\nVerontregting en selfbejammering het hulle gedagtes so gevul dat hulle openlik\nteenoor die eienaar van die wingerd gemurmureer het. Hy het vir die een naaste\naan hom ges\u00ea: \u201cVriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my\nooreengekom vir \u2018n penning nie? Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan\nhierdie laaste een gee net soos aan jou. Staan dit my nie vry om met my eie\ngoed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?\u201d<\/p><p><\/p><p>\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n<\/p><p class=\"MsoNormal\">Wanneer \u2018n mens na al die voorbeelde kyk hoe \u2018n mens so\nverontreg kan voel wanneer daar aan \u2018n ander goedheid bewys word \u2013 aan iemand\nwat jy dink dit darem glad nie verdien nie, dan is daar \u2018n vraag? Is jou oog\ndalk ook verkeerd omdat jy dink dat j\u00fd die goedheid en genade van die Here\nverdien \u2013 nie die ander een wat darem soveel slegter as jy is nie?<\/p><p><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hy het op \u2018n heuwel gaan sit \u2013 so kwaad dat hy kon sterf. Dit was die hele rede hoekom hy weggehardloop het, hy wou nie daar wees nie. Tevergeefs het hy probeer om van God af weg te vlug deur op \u2018n skip te gaan wegkruip. Hy was \u2018n profeet en moes geweet het dat \u2018n mens dit nie kan doen nie. Die Here sien en weet alles, en wat meer is, Hy heers ook oor alles. Dus het \u2018n verwoede storm op die see hom in sy wegkruipplek ingehaal en hom as die skuldige uitgewys. Ewe vroom het hy gevra dat die matrose hom maar oor boord moet gooi, liewers verdrink as om by God te pleit vir vergifnis. God is egter ook nie \u2018n profeet se speelmaat nie. Hy het nie in die stormagtige see verdrink nie, want God in die hemel het een van sy groot visse gestuur om hom in te sluk.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1654","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1654","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1654"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1654\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1684,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1654\/revisions\/1684"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1654"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1654"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1654"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}