{"id":1613,"date":"2025-03-24T19:03:23","date_gmt":"2025-03-24T19:03:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1613"},"modified":"2025-03-24T19:08:42","modified_gmt":"2025-03-24T19:08:42","slug":"werp-jou-brood-op-die-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/werp-jou-brood-op-die-water\/","title":{"rendered":"WERP JOU BROOD OP DIE WATER"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1613\" class=\"elementor elementor-1613\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-525b15d elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"525b15d\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-8911229\" data-id=\"8911229\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-e5fc732 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"e5fc732\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">WERP JOU BROOD OP DIE WATER<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-f46f736 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"f46f736\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-2e860aa\" data-id=\"2e860aa\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a85dd3d elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a85dd3d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"x_x_elementToProof\" data-olk-copy-source=\"MessageBody\"><p>\u201cKan ek gou Tannie se sak huis toe neem?\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\"><p>Hy was sekerlik op pad werk toe, maar hy het sy motorfiets langs my gestop en die swaar sak uit my hand gevat. Vir hom was dit geen moeite om gou om te draai en vinnig na my huis toe te ry nie. Ek het die vriendelike man agterna gekyk en onthou hoedat hy as \u2018n klein seuntjie aan my deur kom klop het.<\/p><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\"><p>\u201cKan Tannie vir my nog verder vertel van Bennie en Japie, asseblief.\u201d<\/p><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Dit was twee karakters wat ek geskep het vir ons weeklikse Afrikaanse vervolgverhaal elke Vrydag. Hulle klompie van graad een tot graad sewe het dan hulle stoele in \u2018n kring kom sit en weggeraak in die volgende episode. \u00a0Min het hy geweet dat ek nog nie die volgende episode uitgedink het nie, die storie het maar met elke aflewering sommer so spontaan ontplooi.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u201cHoe dink jy lyk die Bennie van ons storie?\u201d<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u201cTannie, ek hou baie van hom. Ek dink sy gesig was vol sproete en sy kuifie het so regop gestaan. Ek wens ek kan hom op \u2018n video sien en sommer die storie tot by die einde op een slag klaar kyk!\u201d<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Tussen al my foto\u2019s is daar een van hom en sy suster hoe hulle kleintyd gelyk het. Nou is hy al \u2018n pa van groot kinders, beklee \u2018n verantwoordelike pos en werk vir die Here.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Eendag wou ek my voet op die trappie sit, maar dit was nogal hoog, toe voel ek \u2018n ondersteunende hand onder my elmboog. Toe ek opkyk is dit in die vriendelike gesig van een wat ook in my klas was. Sy het al \u2018n merk gemaak in die lewe met haar besondere getrouheid en ywer in haar werk, bekend vir haar meelewendheid en teenwoordigheid daar waar \u2018n behoefte is. Haar kinders is ook opgevoed om om te gee vir ander soos hulle ma en pa. Dit was so \u2018n heerlike verrassing toe sy een aand na die gebruiklike oordenking by ons huis opdaag met al haar kinders en ook ander wat vanuit hulle huis skool gegaan het hier. Dit was my verjaardag en daar was genoeg koek en eetgoed om met hulle te deel. Toe hulle weer weg is, het daardie heerlike warmte wat hulle agtergelaat het, my hart bereik \u2013 daardie warmte van mense wat omgee.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Net gister het ek saam met iemand anders gery vir wie ek ook klas gegee het. Sy het \u00a0haar ma na die stad vergesel. Hulle het geweet dat ek na dieselfde plek moes gaan en het my saamgenooi. \u2018n Heerlike rit met haar agter die stuur \u2013 so kalm en bedaard. Haar mensliewendheid en rustigheid het die hele dag geduur, dit het nie skielik opgeraak nie. Ook teenoor haar ma was sy so bedagsaam en behulpsaam. Ons twee het bietjie geskiedenis gesels daar waar ek voor langs haar gesit het. Dit het my teruggeneem na die dae toe sy en haar suster in die skool was, aangename herinneringe. Ek moet haar tog vra of daardie reus van \u2018n seun in haar klas was of die jaar voor haar. Hy en sy maat het \u2018n lied gemaak oor die groot voorspoed in Amerika en die koorsagtige koop gier en toe die diepe ellende wat die \u00a0mense getref het na die skielike ineenstorting van Wall Street, die geldmark. Dit was die gedeelte van die w\u00eareld geskiedenis waarmee ons toe besig was. Hulle \u00a0twee het die lied vir ons in die klas kom sing en aangebied om dit vir ons ook te leer!<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Nie so lank gelede het ek eendag uit die winkel gestap toe ek hoor dat iemand my roep. Ek het gestop en omgekyk. Sy het met \u2018n groot glimlag nader gekom met haar kleindogter by haar. Hulle het net \u2018n bietjie kom kuier. Sy was gevestig in haar beroep as verpleegsuster en het my geroep om iets in my hand te druk. Net om dankie te s\u00ea.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">By die Kersmark verlede jaar het twee groot Zoeloe mans met bre\u00eb glimlagte my voorgekeer: \u201cOnthou mevrou ons nog?\u201d Gelukkig het ek die een se van en die ander een se naam onthou. Een van hulle sal ek seker nooit vergeet nie. Hy was in graad nege toe ek vir hulle Afrikaans gegee\u00a0 het. Omdat hulle Afrikaans moes verbeter, veral woordeskat en vaste uitdrukkings, die woordorde na \u2018n voegwoord en baie meer, het ek begin met \u2018n plan waar hulle hard moes werk deur die week en dan was daar sommer so \u2018n kort klas toetsie elke Vrydag. Die een wat dan 80% of meer gekry het, \u00a0het \u2018n\u00a0 sjokolade gekry. Hulle het elkeen \u2018n persoonlike plek gehad vir hul boeke en l\u00eaers. Nadat ek dan gedurende die naweek die toetse gemerk het, het ek die sjokolade onder die betrokke leerling se boeke ingeskuif. Aan die einde van die jaar het ek in die klas gevra: \u201cIs daar enige een van julle wat weet van \u2018n belofte wat ek gemaak het en dit nie nagekom het nie.\u201d Sy hand het onmiddellik opgeskiet.<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u201cWat was dit?\u201d<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u201cMevrou, ek het ook eenkeer 80% vir my toets gekry, maar Mevrou het nie vir my \u2018n sjokolade gegee nie.\u201d<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u201cEk is so dankbaar dat jy vir my s\u00ea. Dit is byna pouse. Kom, stap saam met my na die winkel en dan soek jy vir jou \u2018n sjokolade uit. Dan kan ek my belofte nakom.\u201d<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Ek het gewonder of iemand anders dalk sy sjokolade gevat het, want dit het een aand gebeur toe ek \u2018n vars vleistoebroodjie vir iemand net so voor studietyd onder sy boeke ingeskuif het. Hy het net teruggekom van sy ma se begrafnis en my hart het so na hom uitgegaan. Hy het nooit die toebroodjie gekry nie, iemand anders het hom voorgespring.<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Ek en die een wat te nagekom was, het by die winkel opgedaag. Hy het met vrymoedigheid die grootste sjokolade op die rak gekies en ek het dit met vreugde betaal. Hy was eerlik en dit het vir my gehelp en ook vir homself dat daar nie \u2018n seer herinnering in sy hart agtergebly het nie.<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Hulle twee wat my daar by die Kersmark kom groet het, was matriekleerlinge in die geskiedenis klas \u2018n jaar of twee nadat die land se politieke situasie van apartheid geskuif het na die nuut verkose bewind onder Nelson Mandela. Die leerplan daardie jaar het onder andere die ontwikkeling en groei van apartheid in Suid- Afrika ingesluit. Ek het dit as \u2018n groot uitdaging beleef, want ek is \u2018n Afrikaner en al my matriek leerlinge in die geskiedenis klas daardie jaar was Zoeloes. Net so voor hul eindeksamen het ek \u00a0\u2018n ernstige gesprek met almal in die klas gehad: \u201cKinders, ek is baie bewus daarvan dat ek eendag voor die regterstoel van God sal moet staan om verantwoording te doen, ook oor hoe ek hierdie onderwerpe in ons leerplan hanteer het. \u00a0Nou wil ek vra of ek enige een van julle seergemaak of aanstoot gegee het in die manier waarop ek dinge aan julle oorgedra en gedeel het of oor leiers en gebeure gepraat het? Vertel vir my, dan kan ons dit uitsorteer voordat julle weggaan.\u201d<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Die seun wat eerste opgestaan het, was die een wat in graad nege nie sy sjokolade gekry het nie. \u201cMevrou, ons het dikwels onder mekaar gepraat en gewonder hoe u dit regkry om nie kant te kies nie. Ons het vir mekaar gevra hoe hierdie onderwerp van apartheid in \u2018n Afrikaanssprekende skool behandel sou word, met \u2018n Afrikaner as onderwyser of in \u2018n Zoeloesprekende skool met \u2018n Zoeloe onderwyser.\u201d<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Ek het geweet hoedat so iets moontlik was! \u00a0\u2018n Paar keer daardie jaar wanneer ek in die namiddag nog in die klas was, het oom Erlo in die pad verbygestap. Ek het \u00a0die kans gegryp en uitgegaan om hom vir gebed vir my en die leerlinge te vra. Ek kan onthou van twee keer waar oom Erlo in die klaskamer ingekom, gaan sit en vir my aan die Here opgedra het. Net \u2018n kort gebed: \u201cHere, skenk u kind die wysheid van Salomo om die vak aan te bied tot U eer.\u201d \u00a0Dit waaroor die leerlinge verwonderd was, was \u2018n antwoord op daardie gebed.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u2018n Ander oud-skolier het eendag geskakel toe ek haastig besig was om \u2018n stuk naaldwerk betyds klaar te kry. \u201cMevrou, sal nie weet wie nou praat nie?\u201d \u2018n Naam het in my gedagtes gekom en ek het dit genoem. Hy het begin lag en gevra: \u201cKan Mevrou na al die jare nog my stem herken! Ek en so en so het nou besluit om vir u te bel. Ons werk op dieselfde plek en ons \u00a0kantore is reg langs mekaar. Ons onthou wat ons alles daar beleef het as skoolkinders, ook hoe Mevrou ons gehelp het.\u201d<br><br><\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">Al twee van hulle het reeds hul eie gesinne gehad. Ons het lank gesels en die heel tyd het ek ervaar dat daar iets was wat hy vir my wou vra. Ek het toe gevra: \u201cIs daar iets waarvoor jy wou h\u00ea dat ons saam moet bid?\u201d Sy antwoord was onmiddellik daar. Ja, \u2019n saak wat baie swaar op sy skouers gedruk het. Ons het saam oor die foon gebid en toe gegroet. Dit het my hart verbly dat hulle twee my nog onthou het \u2013 \u00a0selfs van die dinge wat in die lesure gebeur het.<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u00a0<\/div><div class=\"x_x_elementToProof\">\u2018n Baie klein stukkie brood het ek jare gelede op die water gewerp en dit kom nou op my oudag in oorvloedige maat na my toe terug met die wonderbare vermo\u00eb om die hart te verwarm!<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cKan ek gou Tannie se sak huis toe neem?\u201d Hy was sekerlik op pad werk toe, maar hy het sy motorfiets langs my gestop en die swaar sak uit my hand gevat. Vir hom was dit geen moeite om gou om te draai en vinnig na my huis toe te ry nie. Ek het die vriendelike man agterna gekyk en onthou hoedat hy as \u2018n klein seuntjie aan my deur kom klop het. \u201cKan Tannie vir my nog verder vertel van Bennie en Japie, asseblief.\u201d Dit was twee karakters wat ek geskep het vir ons weeklikse Afrikaanse vervolgverhaal elke Vrydag. Hulle klompie van graad een tot graad sewe het dan hulle stoele in \u2018n kring kom sit en weggeraak in die volgende episode.  Min het hy geweet dat ek nog nie die volgende episode uitgedink het nie, die storie het maar met elke aflewering sommer so spontaan ontplooi.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1613","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1613"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1613\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1632,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1613\/revisions\/1632"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}