{"id":1583,"date":"2025-03-18T07:33:59","date_gmt":"2025-03-18T07:33:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1583"},"modified":"2025-03-25T09:25:15","modified_gmt":"2025-03-25T09:25:15","slug":"die-wereld-is-klein","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-wereld-is-klein\/","title":{"rendered":"<font _mstmutation=\"1\"><\/font>DIE WERELD IS KLEIN"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1583\" class=\"elementor elementor-1583\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-e11b8a9 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"e11b8a9\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-40dcf69\" data-id=\"40dcf69\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-60f4979 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"60f4979\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE WERELD IS KLEIN<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-3b8db2f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"3b8db2f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-204fb45\" data-id=\"204fb45\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7d15ae1 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"7d15ae1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Nadat ons het ontmoet en ek het verneem dat sy ouers in Madagaskar grootgeword het, ek het so terloops gevra:<\/p><div class=\"x_elementToProof\">\u201cHet jy dalk vir Dani\u00ebl Rajakoba geken?\u201d<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Sy gesig het oopgebreek in \u2018n groot glimlag, asof \u2018n lig vir hom op die vreemde plek aangesteek is: \u201cHet jy hom geken! Hy was soos \u2018n oupa vir my en my familie. Ons het hom goed geken en baie van hom geleer.\u201d<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Die w\u00eareld is klein!<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Hy en sy broer het van Frankryk gekom en ook die predikante konferensie hier bygewoon. Hulle het foto\u2019s op hulle fone van Dani\u00ebl wat soos hulle oupa was, en het dit vir my gewys. Het ons nou stories uitgeruil van die man wat ons geken het! Hy was \u2018n besondere mens en ek was so bly om te hoor dat die oudste broer en nog ander beplan om \u2018n biografie oor sy lewe saam te stel.<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Ek moes byna veertig jaar terugstap in my geheue, hulle net etlike maande. Di\u00e9 Dani\u00ebl wat hulle geken het, is verlede jaar oorlede. Hy was \u2018n professor aan die universiteit van Antanarivo, ook \u2018n prediker en geestelike leier op die eiland en later \u2018n politikus wat deur president Ramanantsoa aangestel was om op sy kabinet te dien. My man se naam was ook Dani\u00ebl en na die eerste ontmoeting het die twee Dani\u00ebls vriende geword. Kort na my man se dood het ek Dani\u00ebl van Madagaskar weer ontmoet in die kantoor waar my man gewerk het. Sy woorde van medelye was diep, dit het gekom vanuit \u2018n hart wat werklik \u2018n vriend was, van iemand wat self lyding geken het. Hy en my man was kollegas \u2013 saamgewerk vir dieselfde organisasie. Met sy eerste besoek aan Suid-Afrika het ons hom op die lughawe gaan haal, hy sou by ons tuis gaan. Ek het in die motor opgemerk hoedat hy elke nou en dan sy sakdoek uitgehaal het om die sweet van sy voorkop af te vee. Dit was nie eintlik so warm nie en ek het gewonder of hy dalk siek gevoel het. Later het ons die storie gehoor toe hy hartlik vir homself gesit en lag het. Dit was nog gedurende die apartheidsjare en Madagaskar het \u2018n regering gehad wat Suid-Afrika erg vyandiggesind was. Tog was hy oortuig dat hy na die konferensie moes kom waar al die buitelandse werkers van die organisasie bymekaar sou wees. Hy het vertel dat hulle daagliks oor die nuus skrikwekkende berigte oor Suid-Afrika gehoor het, dat die land soos die hel was en waar die polisie sommer iemand van \u2018n ander kleur arresteer as hy net op \u2018n verkeerde manier gehoes het! Hy was so benoud dat polisie ons motor sou voorkeer en hom sommer sonder rede in die tronk sou stop. Tydens sy twee weke verblyf het hy self beleef en gesien, en daarna maklik weer gekom. Sy lewe het \u2018n indruk op my gemaak soveel so dat ek hom na al die jare nog onthou en ook die merkwaardige gebeurtenisse tydens sy bediening waarvan hy ons vertel het.<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Die twee broers ken ook die stories wat ek so goed onthou. Die w\u00eareld is regtig klein. Soos ons gesels, het ek gevra hoe hulle van Kwasizabantu gehoor het. \u00a0Meer as agt-en-twintig jaar gelede het hulle ouers \u2018n woonstel in Frankryk gesoek, die oudste van die twee is daardie jaar gebore. In die woonstel waar hulle toe ingetrek het, was daar \u2018n sak wat die vorige bewoner nie saamgeneem het nie. In die sak was kassette met preke van Erlo Stegen. Oom Erlo het dikwels in Duitsland gepreek. Dan was daar \u2018n Franse predikant wat ook vlot Duits kon praat, gewoonlik aan oom Erlo se sy en hy het die preke dan in Frans vertaal. Die jongmanne vertel dat hulle pa na die preke begin luister het. Eendag was hy so omgekrap en ontsteld oor \u2018n onderonsie met iemand by sy werk dat hy besluit het om die nommer wat ook op die kassette verskyn, te skakel. Dit was laataand, maar sy oproep is dadelik beantwoord en hy het die stem van die tolk herken. Dit was Ferny Jaegle en hy het na die hele treurmare geluister. Aan die einde van die gesprek het hy toe ges\u00ea: \u201cEk sal vir u bid.\u201d Hulle pa het gedink die prediker sou met hom simpatiseer en vir die ander persoon bid dat di\u00e9 sy verkeerde optrede sien en verander. Gedurende Ferny se gebed was dit asof alles wat hy in oom Erlo se preke gehoor het, skielik lewend geword het en hy het besef dat die probleem eintlik by homself l\u00ea. H\u00fd is die een wat hulp nodig gehad het en wat moes verander! Dit het tot \u2018n geestelike verdieping gelei en so het hulle ook met die oorsese werk van Kwasizabantu in kontak gekom. Die seuns kon hulle verlange om Kwasizabantu \u2013 die plek van herlewing \u2013 te kom besoek, verwesenlik, tot hul groot vreugde.<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">As so iets gebeur dat \u2018n mens onverwags besef dat mense van ver uithoeke van die w\u00eareld dieselfde persoon van nog \u2018n ander uithoek ken, dan s\u00ea ons: \u201cDie w\u00eareld is klein.\u201d Tog is dit hier duidelik dat die Here se hand in al die gebeure te bespeur is \u2013 dit het nie sommer net gebeur nie. Die invloed en nalatenskap van een man wat die Here met \u2018n onverdeelde hart gevolg het, het die w\u00eareld klein gemaak. Dit het ons beleef gedurende die pas afgelope predikante konferensie. Baie van die predikers uit Afrika en van Europa, selfs van Asi\u00eb en Suid-Amerika kon Engels of Zoeloe verstaan, maar vir die wat net hulle eie land se taal kon verstaan, was daar tolke wat gehelp het. Oral in die ouditorium was daar groepies en \u2018n druising van stemme was in die agtergrond hoorbaar \u2013 Hongaars, Roemeens, Sotho, Portugees, Frans, Duits, Armeens. Oom Erlo leef nie meer nie, maar die getuienis van sy lewe en hoe hy die Evangelie uitgedra het, leef nog voort en al die geestelike leiers het gekom om te kom skep van die lewende water.<\/div><div>\u00a0<\/div><div class=\"x_elementToProof\">Sommige van die besoekers kon seker ook in vrees vir wat hulle hier sou aantref sweet afvee soos Dani\u00ebl Rajakoba jare gelede op sy eerste besoek aan Suid-Afrika. Die koerante en verskillende stemme op sosiale media het mos onlangs van Kwasizabantu gepraat soos die radio omroepers in sy land oor Suid-Afrika gepraat het. Maar wat het hulle hier aangetref? \u00a0Die verstommende nalatenskap van \u2018n man wat net een doel voor o\u00eb gehad het \u2013 om Jesus Christus se lewe uit te leef in sy daaglikse omgang met mense, dat hulle Hom kan ken soos hy Hom geken het. Wat hy onderrig en geleer het aan oud en jonk het hier gestalte gekry en is met vreugde en dankbaarheid oorgedra en bedien aan al die konferensiegangers, aan almal wat daarvoor ontvanklik was.<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat ons ontmoet het en ek verneem dat sy ouers in Madagaskar grootgeword het, het ek so terloops gevra: \u201cHet jy dalk vir Dani\u00ebl Rajakoba geken?\u201d Sy gesig het oopgebreek in \u2018n groot glimlag, asof \u2018n lig vir hom op die vreemde plek aangesteek is: \u201cHet jy hom geken! Hy was soos \u2018n oupa vir my en my familie. Ons het hom goed geken en baie van hom geleer.\u201d Die w\u00eareld is klein! Hy en sy broer het van Frankryk gekom en ook die predikante konferensie hier bygewoon. Hulle het foto\u2019s op hulle fone van Dani\u00ebl wat soos hulle oupa was, en het dit vir my gewys. Het ons nou stories uitgeruil van die man wat ons geken het! Hy was \u2018n besondere mens en ek was so bly om te hoor dat die oudste broer en nog ander beplan om \u2018n biografie oor sy lewe saam te stel.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1583","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1583"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1635,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions\/1635"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}