{"id":1574,"date":"2025-02-25T13:22:52","date_gmt":"2025-02-25T13:22:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1574"},"modified":"2025-02-25T13:26:42","modified_gmt":"2025-02-25T13:26:42","slug":"wortel-voor-die-neus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wortel-voor-die-neus\/","title":{"rendered":"WORTEL VOOR DIE NEUS"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1574\" class=\"elementor elementor-1574\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-d6d7378 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"d6d7378\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-ea3b62c\" data-id=\"ea3b62c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-9761d8f elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"9761d8f\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">WORTEL VOOR DIE NEUS<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-1570e9e elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"1570e9e\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-5264006\" data-id=\"5264006\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a59a3fc elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a59a3fc\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Soos ek groot geword het, was die skilpaaie maar altyd daar in \u2018n toegespande kampie agter ons huis. Daar was \u2018n groot wyfie skilpad wat selde \u2018n gat gereed gemaak het om eiers te l\u00ea \u2013 reg daar in die harde grond van die skilpad kampie. \u00a0Dit was vir my en my broertjie \u2018n baie interessante gebeurtenis. Ons was kort-kort daar in die kampie om te kyk hoe diep die gat al is, want ons wou gaan tel hoeveel eiers sy daar in die grond sou wegb\u00eare. Baie metodies het die skilpad wyfie te werk gegaan. Eers het sy die area natgemaak, dan met die een agterpoot grond begin wegskraap, dan die ander poot. Vir ure het sy daar gesit en grou in die grond. Die gat het al dieper en dieper geword, bietjie vir bietjie het sy die grond uitgelig<em>, <\/em>eers met die een poot, dan met die ander poot. Sy het nooit opgehou om eers om te draai, \u00a0haar nek lank uitgerek om haar kop in die gat in te steek en te inspekteer hoe dit lyk nie. Sy het ook nie eenkeer eers opgehou om te gaan vreet of om water te drink nie. Uur na uur het sy geduldig daar op die een plek bly sit terwyl \u00a0haar agterbene en pote die werk gedoen het. Uiteindelik het sy die diepte bereik tot waar haar pote kon bykom. Wanneer die gat mooi uitgehol en rond was, was sy tevrede. Sy het dan haar pote ingetrek en vir \u2018n rukkie roerloos gesit. Ek en my broertjie was so opgewonde wanneer ons opmerk dat sy opgehou het om te grawe, want dan sou die proses van eiers l\u00ea begin. Ons het stil agter haar plat op ons mae gaan l\u00ea. Die eier het nie uitgekom en in die gat afgestort nie, nee, verstommend! Elke, spierwit, koe\u00eblronde eier het te voorskyn gekom in \u00a0\u2018n slym omhulsel wat dan lank uitgerek het om die eier sag op die bodem van die gat te laat land. Nadat die wyfie \u2018n klompie eiers gel\u00ea het, het sy eers weer haar agterbeen ver uitgerek en met haar poot die eiers egalig onder in die gat versprei. Hoe sy kon voel met \u2018n poot wat so \u2018n harde plooierige vel gehad het, en met daardie harde toonnaels, kon ek nooit verstaan nie.<\/p><p>Ek kan onthou hoedat ons eenkeer dertien eiers getel het voordat die wyfie skilpad weer die gat begin toemaak het. Dit het sy net so sistematies gedoen soos die grawe van die gat. Eers het die een agterpoot \u2018n hopie grond in die gat gestoot, dan weer die ander poot totdat sy tevrede was dat die eiers goed bedek was en styf toe onder die grond. Ons het natuurlik opgewonde vir ons ma gaan vertel hoeveel eiers in daardie gat ingegaan het. My ma het ons vertel dat dit baie lank sou wees voordat die kleintjies sou uitbroei \u2013 omtrent so lank as wat dit van een Kersfees tot die volgende Kersfees sou wees. Vir ons was dit baie lank en het gou daarvan vergeet totdat my pa eendag so terloops vir ons vra: \u201cHet julle al die klein skilpadjies gesien? \u201c<\/p><p>\u2018n Klein bergskilpadjie is die mooiste dingetjie! My pa het \u2018n ou yster velling van die perdekar se wiel in die kampie neergesit met al die klein skilpadjies binne in die ring. So kon hulle nie die w\u00eareld vol loop en wegraak nie.<\/p><p>Die skilpad wyfie was die grootste van die bergskilpaaie in die kampie. Sy was ook ons ryperd. Soms wanneer ons die afval skille en verlepte groente as kos vir die skilpaaie moes neem, het ons eers \u2018n rondte op haar rug gery. Ons was darem nog piepklein en lig. Dan het ons beurte gemaak. Die wyfie het hard geblaas en haar kop en pote onder haar dop ingetrek wanneer een van ons op haar rug gaan sit het. Dit was egter maklik om ons ryperd aan die loop te kry. \u00a0\u2018n Waatlemoen skil of \u2018n ou wortel voor haar neus het gemaak dat sy gou haar kop weer uitgesteek het. \u2018n Mens het dan gesorg dat die stuk skilpad lekkerte net altyd te ver voor haar neus gehang het om dit by te kom. So het sy dan heel ywerig agter die eetgoed aangestap met haar uitgerekte, skurwe nek en ons het heerlik gery. My ma se o\u00eb was altyd daar. Wanneer elkeen \u2018n beurt gehad het om in die kampie reg rondom te ry, het sy teen die voorhuis se venster geklop om ons aandag te trek:<\/p><p>\u201cDit is genoeg, kinders.\u201d Soos ons ouer geword het, het sy ons gestop:<\/p><p>\u201cJulle is nou te swaar, julle sal die skilpad seermaak.\u201d<\/p><p>Soos ek ouer geword het, het ek besef dat daardie wortel voor die neus ook een van die duiwel se taktieke is. Maar met hom is dit nie \u2018n skilpad nie, maar mense! Lees gerus hoe hy B\u00edleam aan sy neus rondgelei het omdat die kamma-kastige profeet baie lief was vir rykdom en geld en roem. Daardie groot beloning wat die koning aangebied het, was \u2018n wortel voor sy neus. Hy moes mense gaan vervloek wat deur die Here gese\u00ebn was. Selfs toe sy donkie met hom in \u2018n mens se stem gepraat het en hy die engel voor hom met die ontblote swaard gesien het, was hy nog nie van sy dwaling genees nie.<\/p><p>Hy het so skande gemaak om mense te verlei, dat hy dikwels in die Bybel genoem word as \u2018n voorbeeld wat nie nagevolg moet word nie. Daar waar Moses die volk geleer het \u00a0wie nie in die vergadering van die Here mag kom nie het hy ook B\u00edleam se dade aangehaal. Die nasies wat nie die Israeliete tegemoet wou kom op hulle uittog uit Egipte, was nie toegelaat nie en ook di\u00e9 wat vir B\u00edleam gehuur het om die volk van God te vervloek. \u201cMaar die Here jou God wou nie na Biieam luister nie; maar die Here jou God het die vloek in \u2018n se\u00ebn verander, omdat die Here jou God jou liefgehad het.\u201d<\/p><p>In Josua word daar van hom melding gemaak waar in \u2018n oorlog met omliggende volke die Israeliete ook vir Bileam, die waars\u00eaer met die swaard gedood het. Dis interessant dat Moses se opvolger, Josua in sy heel laaste toespraak weer melding gemaak het van Bileam en dat God sy volk uit die hand van die man gered het. \u00a0\u00a0<\/p><p>\u00a0Waar Petrus die gelowiges waarsku oor valse profete noem hy Bileam se waansinnigheid en dat die valse profete van hulle tyd die regte pad verlaat en verdwaal het, en die weg van Bileam, die seun van Beor, gevolg het; hy wat bereid was om die verkeerde te doen vir die beloning wat hy sou kry.<\/p><p>Judas draai ook geen doekies om nie waar hy gelowiges waarsku oor mense wat tussen hulle ingesluip het met slegte bedoelings: \u201cWee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bileam gestort en in die verset van Korag gekom.\u201d<\/p><p>Die woorde van Jesus Christus wat Johannes daar op Patmos moes neerskryf vir die gemeente van Pergamus, gee vir ons die volledige prentjie.<\/p><p>\u201cMaar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam wat Balak geleer het om \u2018n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.\u201d<\/p><p>Bileam het vir die vyand van Israel, Balak, in die oor gefluister, as hy die meisies en vrouens van sy volk leer om die Israelitiese mans te verlei om saam met hulle te slaap en by hulle feeste van die vleis te eet wat aan hulle afgode geoffer was, dan sal die mans hulle God se bevele oortree. Dan verloor hulle die se\u00ebn van hul God in die hemel. Balak het die raad gevolg en dit het gewerk. Die wortel voor die neus het Bileam op paaie gelei wat hom geopenbaar het as \u2018n tweegesig en \u2018n valse profeet \u2013 \u2018n waars\u00eaer wat struikelblokke voor ander gel\u00ea het.<\/p><p>Ons ou ryperd, die bergskilpad, het na die ent se stap agter \u2018n sappige waatlemoenskil reg voor haar neus dit tog gekry om dit met groot genot op te vreet. \u00a0Die wortel wat die duiwel so voor \u2018n mens se neus kom hou \u2013 wat bring dit vir \u2018n mens in die sak? Ons het goed geweet waarvan die skilpaaie baie hou, net so sal\u00a0 die verlange na geld, roem en rykdom nooit die duiwel se aandag ontsnap nie. Wat hy dan voor die mens kom uitstal, lyk so aanneemlik, so verhaalbaar en uitvoerbaar, so \u2018n uitkoms, maar dit eindig in skande, mislukking en die dood \u2013 net soos in die geval van Bileam.<\/p><p>\u2018n Mens moet jouself liewer verskuil in die opdrag van Jesus Christus:<\/p><p>\u201cMoenie vir julle skatte bymekaarmaak hier op die aarde, waar mot of roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is daar sal julle hart ook wees.\u201d<\/p><p>En as \u2018n mens se hart veilig is by die hemelse skat, sien jy nie eers wanneer die duiwel probeer om \u2018n wortel hier reg voor jou neus te kom hou nie! Jou hart is dood vir die dinge van die w\u00eareld wat jou kan wegtrek van jou hemelse skat.<\/p><p>(Verwysings uit die Bybel: Numeri hoofstukke 22 en 23; Deuteronomium 23:5; Josua 13: 22; Josua 24: 9-10; 2 Petrus 2: 15; Judas vers 11; Openbaring 2:14; Mattheus 6: 19 -21.)<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos ek groot geword het, was die skilpaaie maar altyd daar in \u2018n toegespande kampie agter ons huis. Daar was \u2018n groot wyfie skilpad wat selde \u2018n gat gereed gemaak het om eiers te l\u00ea &#8211; reg daar in die harde grond van die skilpad kampie.  Dit was vir my en my broertjie \u2018n baie interessante gebeurtenis. Ons was kort-kort daar in die kampie om te kyk hoe diep die gat al is, want ons wou gaan tel hoeveel eiers sy daar in die grond sou wegb\u00eare. Baie metodies het die skilpad wyfie te werk gegaan. Eers het sy die area natgemaak, dan met die een agterpoot grond begin wegskraap, dan die ander poot. Vir ure het sy daar gesit en grou in die grond. Die gat het al dieper en dieper geword, bietjie vir bietjie het sy die grond uitgelig, eers met die een poot, dan met die ander poot. <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1574","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1574"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1574\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1581,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1574\/revisions\/1581"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}