{"id":1529,"date":"2025-01-31T14:16:28","date_gmt":"2025-01-31T14:16:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1529"},"modified":"2025-02-01T07:46:56","modified_gmt":"2025-02-01T07:46:56","slug":"heuning-uit-die-rots","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/heuning-uit-die-rots\/","title":{"rendered":"HEUNING UIT DIE ROTS"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1529\" class=\"elementor elementor-1529\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-6c1e88e elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"6c1e88e\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-b601cf8\" data-id=\"b601cf8\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1591e59 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"1591e59\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">HEUNING UIT DIE ROTS<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-e9f1260 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"e9f1260\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-611fa2c\" data-id=\"611fa2c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-ff819f9 elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"ff819f9\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"696\" height=\"501\" src=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/farmhouse.png\" class=\"attachment-medium_large size-medium_large wp-image-1541\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/farmhouse.png 696w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/farmhouse-300x216.png 300w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/farmhouse-18x12.png 18w\" sizes=\"auto, (max-width: 696px) 100vw, 696px\">\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f8e38e3 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"f8e38e3\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Van my oupagrootjie aan vaderskant weet ek nie baie nie. Sy grafsteen is daar op die plaas waar ek grootgeword het; Barend Bartholomeus \u2013 gebore 30 September 1835 \u2013 gesterf 3 Maart 1919. \u00a0Daar was altyd meer inligting oor sy pa, Jozua Petrus, die vyfde geslag van die ou stamvader, Pierre Joubert wat as Hugenoot van Frankryk na Suid-Afrika gekom het. Die Jozua was \u2018n bekende perdeboer en \u2018n wamaker, \u2018n vrederegter en ook \u2018n leier in gemeentesake.\u00a0<span style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">As ek nou my eie afleidings maak, dan was my oupagrootjie \u2018n jong man van vyf \u2013 en -twintig toe daar onverwags in 1860 \u2018n herlewing onder die mense van Montagu en plase in die distrik begin het. In die Kerkbode van Desember 1860 was daar \u2018n verslag van professor Hofmeyer oor di\u00e9 herlewing. Ek haal hier aan in die ou vorm van Afrikaans soos dit in 1944 in \u2018n boek van dr. Andrew Murray, \u201cDie geestelike toestand van die kerk\u201d gepubliseer is.<\/span><\/p><div data-olk-copy-source=\"MessageBody\">\u00a0<span style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">\u201c<\/span><i style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">Die eerste gemeente wat \u2018n kragtige herlewing ondervind het, was Montagu. Dit is opmerklik dat die gemeente in hierdie tyd herderloos was, \u2018n kragtige bewys dat die opwekking \u2018n Goddelike oorsprong gehad het\u2026 Die bidure is oorstroom, sodat die vertrekke al gou te klein geword het. Mans en vrouens moes afsonderlik byeenkom, en ook die kinders \u2013 seuns en dogters \u2013 is geskei. Daar was daelikse bidure en soms meer as een keer per dag. Maar dit was nie die woord van God wat elkeen moes tref nie, maar die kragtige werking van die Gees van God in so vele harte. Meningeen het vir die eerste keer besef wat dit beteken om \u2018n sondaar te wees. Hulle was so diep oortuig van die verdorwenheid van hul harte, en van hul strafwaardigheid voor God, dat hulle hul in die stof verneder het, vervul met angs en kommer. Met grote erns het hulle gevra: \u201cWat moet ek doen om gered te word?\u201d In hierdie toestand het baie tegelyk verkeer wat tot op hierdie stadium heeltemal onverskillig gewees het.\u201d<\/i><\/div><div><i>\u00a0<\/i><\/div><div><p>Ek dink dat my oupagrootjie ook daardie tyd diep be\u00efnvloed was, want my pa, sy naamgenoot, \u00a0het vertel dat hy as klein seuntjie dikwels saam met sy oupa plase besoek het waar hy\u00a0 dienste gaan hou het. Oupagrootjie moes toe al in sy sewentigerjare gewees het. Die plaashuis waarin ek grootgeword het, is ook in die jaar van 1860 gebou. Op die solder was daar \u2018n houtkis. Dit was netjies volgepak met dik boeke oor geestelike onderwerpe \u00a0\u2013 alles in Nederlands geskryf. As \u2018n klein dogtertjie het ek soms die boeke uitgehaal en daardeur geblaai en na die foto\u2019s gekyk, maar tot my spyt kan ek niks verder onthou nie. My pa het die boeke aan \u2018n sekere dominee Hopkins gegee vir die kerk se argief in Kaapstad. Ek sou vandag soveel vrae vir my pa en ooms en tannies wou vra \u2013 hulle wat op die plaas groot geword en oupagrootjie nog geken het, maar nie een van hulle is meer daar nie.<\/p><\/div><div>Van my oupagrootjie word vertel dat hy eendag daar in die kloof waar die fontein ontspring, opgemerk het dat daar hoog bokant teen die kranse bye rond gons. Onder \u2018n groot oorhangkrans was daar duidelik \u2018n bynes. Daardie heuning is seker gemaak uit al die blomme van die veld, van die ghwarrie bome en die noem-noem bosse se blomme. Oupagrootjie se lus om die heuning te proe, het hom aangespoor om die hoogste leer op die plaas te gaan haal. Met twee vrywilligers is hy terug. Hulle het teen die kranse opgeklim tot waar die leer staangemaak kon word, maar die leer het nie heeltemal ver genoeg gestrek nie. Tog het oupagrootjie gedink dat hulle moes probeer. \u00a0Met \u2018n emmer in die hand het een van die mans \u00a0begin klim. Alles wat nodig was om die heuning uit te haal was byderhand binne in die emmer \u2013 \u2018n mes om die heuningkoeke los te sny, vuurhoutjies en \u2018n stuk lap om die bye dronk te rook sodat hulle nie verwoed kon aanval nie.<\/div><div>\u00a0<\/div><div>Die twee mans wat die leer geanker het, het gesels en skielik het die emmer hier langs hulle neergeplof. \u00a0Hulle het verskrik opgekyk. Die man het gebewe van kop tot tone en benoud \u00a0met al twee hande aan die hortjie van die leer vasgeklou. Oupagrootjie het besef dat \u00a0hoogtevrees die vrywilliger oorval het.<\/div><div><p>\u201cLos maar daarbo dan gly jy teen die leer af. Ons sal jou hier vang, \u201c het hy rustig gepaai.<\/p><\/div><div>Daar was geen antwoord nie, net die man en die leer wat bewe.<\/div><div>\u00a0<\/div><div><p>Oupagrootjie het \u2018n bietjie harder gepraat:<\/p><\/div><div>\u201cJy kan maar laat los, dan gly jy af. Ons sal jou vang.\u201d<\/div><div>\u00a0<\/div><div><p>Nadat hy die derde keer mooi gepraat het, het \u2018n benoude stem van daarbo geroep:<\/p><\/div><div><p>\u201cEk kan nie los nie! \u00a0Skiet my maar liewer dood!\u201d<\/p><\/div><div><p>\u201cGoed, dan maak ons so, \u201c het oupagrootjie geantwoord. \u00a0Hy het sy \u00a0geweer van sy skouer geswaai, sy rug op die leer gedraai en \u2018n skoot ver weg van hulle in die kloof op afgevuur. Toe die skoot klap, het die man laat los en teen die leer afgegly. Hulle het sy val gekeer en hom veilig op sy voete laat staan \u2013 tot sy groot verligting het hy nog geleef! Die heuning uithalers het di\u00e9 dag maar die aftog geblaas en met \u2018n le\u00eb emmer weer huis toe gegaan.<\/p><\/div><div>Toe ek nou onlangs weer op Montagu by my broers gekuier het, was ek verbaas toe my jonger broer s\u00ea dat hy die bynes daar in die kloof geken het. Hy het vertel dat van die plaaswerkers gereeld heuning daar gaan uithaal het. \u00a0Hulle het dinge so \u2018n bietjie gemoderniseer! Met groot klippe het hulle \u2018n stewige platvorm gebou waarop die leer kon staan \u2013 hoog genoeg dat die leer tot langs die \u00a0oorhangkrans kon kom. Die man wat\u00a0 die leer bestyg het, was toegerus met \u2018n lang stewige riet. Aan die punt van die riet was \u2018n mes styf vasgedraai. Die klimmer het dan versigtig geklim tot aan die bopunt van die leer en daar so gedraai dat hy met sy rug teen die rotswand gestaan het. Dan het hy oorgeleun na die bynes en met die mes op die lang steel het hy teen die dak van die hol krans hangende heuningkoeke begin lossny. Een vir een het die heuningkoeke dan na benede gestort. Vier helpers was reg vir die vallende soetigheid! Hulle het met \u2018n oopgetrekte en styfgespande kombers reg onder die nes stelling ingeneem. Die oomblik wanneer die swaar belaaide heuningkoek op die kombers beland het, is dit opgeraap en in die emmer gesit. Alles moes vinnig verloop, want die vier wat die kombers vasgehou het, het deurgeloop onder die bye wat saam met die koeke geval het. Die heuning oes is dan met groot genoegdoening huis toe geneem waar dit verdeel is dat elke helper sy deel kon kry. Die plaasmense het onder mekaar begin praat van die kombersnes wanneer hulle na die bynes in fonteintjie kloof verwys het. \u00a0\u00a0<\/div><div>\u00a0<\/div><div><p>In September 1969 toe Ceres so erg getref was deur \u2018n aardbewing, het \u2018n gedeelte van die krans ingeval deur die aardtrillings wat ook na Montagu toe uitgekring het. So het die kombersnes wat reeds van oupagrootjie se tyd af vir dekades lank heuning verskaf het, aan sy einde gekom. My broer se vertelling het \u2018n brug gespan tussen oupagrootjie se dae en ons grootword dae op die plaas. Ek het sommer gewonder of my oupagrootjie die teksverse in die Psalms wat oor heuning praat, geken het. \u00a0Hy met sy liefde vir heuning sou mos geweet het van die beloofde land, Kana\u00e4n wat die Here vir sy volk beloof het \u2013 die land wat sou oorloop van melk en heuning. \u00a0En van die belofte van God:<\/p><\/div><div><p>\u201c\u2026en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.\u201d<\/p><\/div><div><p>Die verslag van professor Hofmeyer vertel nog meer van die herlewing op Montagu:<\/p><\/div><div><i>\u2018n Sekere broer H. van die gemeente vertel dat hy, toe die opwekking sy hoogtepunt bereik het, vir dae byna geen rus gehad het vanwe\u00eb die drukke besoek van mense by wie die Gees van God kragtige werke verrig het. Oud en jonk, blank en gekleurd is deur hierdie wonderbare opwekking aangeraak. Daar was bykans geen huis in die dorp waar nie een of meer in die hart gegryp is nie\u2026Daar is talryke siele wat kan getuig van groot dinge wat in hulle lewe gebeur het: dinge wat vir hulle vroe\u00ebr vreemd en onbekend was. Hierdie se\u00ebninge het ook tot die buiteplekke deurgedring.\u201d \u00a0<\/i><\/div><div><i>\u00a0<\/i><\/div><div>Miskien was my oupagrootjie ook \u201cin die hart gegryp\u201d deur die kragtige werking van die Heilige Gees daardie dae. Ek het hom nooit geken nie, maar die vertelling van hom en sy liefde vir heuning, bring die vraag in my hart: Was die Woord van God ook vir hom soeter as heuning en heuningstroop?<\/div><div>\u00a0<\/div><div>\u00a0Ek wens ek het geweet.<\/div>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f937eba elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"f937eba\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"360\" height=\"678\" src=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/oupagrootjie.jpg\" class=\"attachment-medium_large size-medium_large wp-image-1542\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/oupagrootjie.jpg 360w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/oupagrootjie-159x300.jpg 159w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/oupagrootjie-6x12.jpg 6w\" sizes=\"auto, (max-width: 360px) 100vw, 360px\">\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van my oupagrootjie aan vaderskant weet ek nie baie nie. Sy grafsteen is daar op die plaas waar ek grootgeword het; Barend Bartholomeus &#8211; gebore 30 S0eptember 1835 \u2013 gesterf 3 Maart 1919.  Daar was altyd meer inligting oor sy pa, Jozua Petrus, die vyfde geslag van die ou stamvader, Pierre Joubert wat as Hugenoot van Frankryk na Suid-Afrika gekom het. Die Jozua was \u2018n bekende perdeboer en \u2018n wamaker, \u2018n vrederegter en ook \u2018n leier in gemeentesake. As ek nou my eie afleidings maak, dan was my oupagrootjie \u2018n jong man van vyf \u2013 en -twintig toe daar onverwags in 1860 \u2018n herlewing onder die mense van Montagu en plase in die distrik begin het. In die Kerkbode van Desember 1860 was daar \u2018n verslag van professor Hofmeyer oor di\u00e9 herlewing. <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1529","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1529"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1572,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1529\/revisions\/1572"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}