{"id":1473,"date":"2024-07-06T14:41:43","date_gmt":"2024-07-06T14:41:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1473"},"modified":"2024-07-06T14:53:55","modified_gmt":"2024-07-06T14:53:55","slug":"bedagsaamheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/bedagsaamheid\/","title":{"rendered":"BEDAGSAAMHEID"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1473\" class=\"elementor elementor-1473\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-12cb88d elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"12cb88d\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9a8e97d\" data-id=\"9a8e97d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-ea553c5 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"ea553c5\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">BEDAGSAAMHEID<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-8122cdc elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"8122cdc\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings=\"{&quot;drop_cap&quot;:&quot;yes&quot;}\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u2018n Ruk gelede het die opskrif in my Bybel by Lukas 14 vanaf vers 25 \u2013 35 \u00a0my oog gevang:\u00a0<em>Gelykenis oor bedagsaamheid.\u00a0<\/em><\/p><p>Bedagsaamheid. Ek dink almal sal instemmend knik dat dit aangenaam is om saam met \u2018n bedagsame mens te woon en te werk. Dit is \u2018n mooi karaktertrek in iemand se lewe, iets wat mense aantrek en selfs harde harte bereik. Om met iemand om te gaan wat versigtig is hoe hy teenoor ander optree, oplettend is oor \u2018n ander se behoeftes, sorgsaam is, tegemoetkomend en hulpgewend, bring \u00a0warmte in die hart van die ontvanger. Iemand wat so \u2018n bedagsame lewenswyse het, is \u2018n maklike mens om mee oor die weg te kom, want die self kom nooit in die pad nie \u2013 \u2018n ander is altyd meer belangrik as hyself.\u00a0<\/p><p>In hierdie gelykenis oor bedagsaamheid gaan dit nie oor een mens se bedagsaamheid tot \u2018n ander nie, dit handel oor die gelowige se bedagsaamheid teenoor ons Verlosser, Jesus Christus. Soos by die vertel van ander gelykenisse uiter Jesus ook by hierdie gelykenis dieselfde woorde: \u201cWie \u2018n oor het om te hoor, laat hom hoor.\u201d\u00a0<\/p><p>Ek wou graag hoor en verstaan; dus het my gedagtes wakker geword in verband met hierdie soort bedagsaamheid waarvan Jesus Christus praat. Tot my grootste vreugde het daar toe\u00a0onlangs\u00a0een Sondag\u00a0\u2018n perfekte voorbeeld van die soort bedagsaamheid voor my o\u00eb afgespeel. Terwyl ek gekyk en geluister het, het my hart my herinner aan die woorde van hierdie gelykenis \u2013 my ore het gehoor en ek het verstaan!\u00a0<\/p><p>In die gelykenis praat Christus oor die prys van dissipelskap, oor die bou van \u2018n toring, oor die versigtigheid om in \u2018n oorlog betrokke te raak, en oor die nutteloosheid van sout wat laf geword het. Die sleutelwoorde van die gelykenis staan duidelik uit:\u00a0<\/p><p>\u201cHierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.\u201d\u00a0<\/p><p>Twee\u00a0naweke gelede\u00a0het ons hier op Kwasizabantu \u2018n samekoms van ongeveer twaalfduisend mense gehad. \u00a0Ons het \u2018n spesiale geleentheid gere\u00ebl waar ons die Here kon dank vir Sy goedheid en getrouheid vir die afgelope vyftig jaar met die hou van die jeugkonferensies \u2013 veral vir die werk en roeping van Lydia Dube.\u00a0\u00a0\u00a0<\/p><p>Lydia Dube het as \u2018n jong dogter reeds die koste bereken om in bedagsaamheid teenoor die Here Jesus Christus te leef. Sy het duidelik die roepstem gehoor:<\/p><p><em>\u201cAs iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. Elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie, want wie van julle wat \u2018n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste nie\u2026\u201d<\/em>\u00a0<\/p><p>Sy wou skool voltooi en daarna haarself bekwaam in \u2018n werk om sodoende ook haar ouers by te staan. Die roepstem van die Here het egter so duidelik in haar opgeklink dat sy bereid was om Hom bokant haar ouers en haar eie planne te stel. Vrywillig en uit eie keuse het Lydia die skool en haar ouerhuis verlaat om te doen waarvoor die Here haar geroep het. Sy het verstaan en haar hart en verstand het ingestem, vir die res van haar lewe is Christus en sy behoeftes eerste in haar lewe. Kom wat wil, Christus het sy lewe vir haar afgel\u00ea en sy sou dieselfde doen \u2013 haar lewe afl\u00ea dat sy wil geskied en sy koninkryk kom.\u00a0<\/p><p>In hierdie bedagsaamheid teenoor Christus het sy dag vir dag, jaar na jaar geleef. Sy het nooit die kruis van sterf aan die self neergel\u00ea en handdoek ingegooi nie. Haar oorgawe en toewyding aan Christus het net dieper en vaster gegroei. Hoeveel torings het sy nie begin bou en voltooi nie! Dit is oor al die torings wat sy gebou het in die Naam van Christus dat ons saamgekom het om die Here te dank. As \u2018n jong meisie het sy ervaar dat die Here besorg is oor die kinders en die jongmense van ons land. In bedagsaamheid teenoor die verlange van sy hart, het Lydia haar liefde uitgegiet en kinders bymekaar gebring om hulle te vertel van Jesus Christus en wat Hy gedoen het om hulle van hul sonde te verlos en hulle met God te versoen. Haar betrokkenheid by die jeug het gegroei. Die eerste keer was daar \u2018n klein groepie bymekaar, maar dit het nie klein gebly nie! Dit het so gegroei dat daar gereelde jeugkonferensies op Kwasizabantu gehou is, twee maal per jaar. Vir vyftig jaar is daar getrou elke Junie skoolvakansie en elke Desember vakansie re\u00eblings en voorbereidings getref vir so \u2018n konferensie. Getalle het gegroei tot in die duisende. Almal moes vervoer, slaapplek, kos, wasgeriewe en geestelike versorging kry. Haar hart het nie verskrik of moeg geword nie, onverpoos het sy bedagsaam teenoor die Here gebly en in \u2018n vaste vertroue in Hom elke toring wat sy begin bou het, voltooi.\u00a0<\/p><p>Deur die jare heen het honderde gewillige hande en harte hulle by Lydia \u00a0geskaar en haar in die uitgebreide taak bygestaan. Die eerste hoof van die sending, eerwaarde Erlo Stegen was haar geestelike leier vandat sy nog \u2018n kind was, sy aanmoediging, ondersteuning en hulp was \u2018n voortdurende inspirasie. Ook sy voorbeeld, want hyself het Christus altyd eerste gestel en deur sy lewe van bedagsaamheid teenoor Christus het hyself \u00a0in geloof honderde fondamente gel\u00ea en elke toring wat hy begin bou het, het hy klaargemaak. Van hom kon niemand s\u00ea:\u00a0<em>\u201cHierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.\u201d\u00a0<\/em>\u00a0Ook kan geen mens dit van Lydia Dube s\u00ea nie. Na elke jeugkonferensie staan daar \u2018n toring wat klaar gebou is. Die fondament het sy en ander in gebed gel\u00ea, die voorbereidings is in gebed begin en in die Naam van Jesus Christus is dit suksesvol klaargemaak. Die Naam van Christus is verhoog. Geen duiwel kon spot nie, want elke kind is veilig teruggeneem na sy huis, niemand het honger gely of sonder versorging die week hier deurgebring nie. Die Evangelie is suiwer en helder verkondig en honderde kinders en jongmense het die wonder van ware bekering en vergifnis van sonde beleef.<\/p><p>Kan \u2018n mens jou dan verwonder dat die gelowiges bymekaargekom en die Here gedank het vir sy wonderbare werke van die afgelope vyftig jaar? Hoe heerlik dat ons ook dank kon bring aan haar wat nou al oor die sewentig is en nog steeds die voortou neem vir die uitreike na die jongmense van die land. Vyftig jaar van diens aan die Here aan wie sy as \u2018n jong dogter trou beloof het.\u00a0<\/p><p>Die oorlog het nie uitgebly nie. Hierdie gelykenis van bedagsaamheid praat van oorlog. Lydia het die koste bereken en nog nooit in haar lewe het sy \u2018n kompromie met die vyand aangegaan nie. Met venyn en woede het die duiwel teen haar opgestaan en haar gees, siel en liggaam aangeval en moes uitvind dat haar Skuilplek ondeurdringbaar is! \u00a0Die Een aan wie sy trou beloof het, het haar nog nooit in die steek gelaat nie, Hy veg vir haar. Toe die duiwel sien dat hy haar nie kon bykom nie, het hy mense opgesweep om haar naam op hulle lippe te neem en alle moontlike leuens teen haar op te stapel in die ore van elkeen wat wou luister. Haar naam is beswadder en swart gesmeer, dit is weggegooi soos iets wat sleg ruik, maar Lydia het getrou aangegaan met die werk wat haar Heer en Meester in die hemel vir haar gegee het om hier op aarde te voltooi. Die vyand se verskillende taktieke kon haar nie daar bring waar sy vir vredesvoorwaardes gevra het nie. Sy het ook nooit tot op sy vlak gedaal en teruggeskel en swartgesmeer nie. Sy en haar Here, Jesus Christus, is by verre in die meerderheid, daarom kon sy tot nou toe rustig aangaan om Christus in alles eerste te stel.\u00a0<\/p><p>Geen wonder dat ons wat haar ken en saam met haar woon en werk die Here openlik voor die hele w\u00eareld wou dank vir \u2018n lewe wat deur dik en dun aan Hom bedagsaam gebly het nie. Haar voorbeeld en onderrig is soos sout in die lewe van duisende. \u00a0Die sout in haar kan nooit laf word nie, want tot vandag toe stel sy Jesus Christus eerste. Dit maak ander om haar dors na daardie intieme en ware lewe met ons Verlosser, Jesus Christus.\u00a0<\/p><p>Die Skrifgedeelte in Lukas 14 sal my nou altyd herinner aan die voorbeeld wat ek in my lewe gesien, gehoor en beleef het. As ek ooit sou skuldig wees aan onbedagsaamheid teenoor Jesus Christus en mense sou spot en s\u00ea; \u201cSy het verkondig dat sy \u2018n kind van God is, sy het gepreek oor die verlossing wat daar in Christus Jesus is, maar waar is haar geloof nou?\u201d sal ek nie kan s\u00ea dat ek nie geweet het nie, dat ek nie onderrig is nie. As daar oor my ges\u00ea sou word: \u201cHierdie vrou het begin bou en kon nie klaarkry nie,\u201d sal ek as skandemaker geen verontskuldiging h\u00ea nie. Ek het ore gekry wat hierdie gelykenis kon hoor en \u2018n begrip wat kon verstaan \u2013 veral so duidelik uitgespel deur die lewende voorbeelde van Lydia Dube en oom Erlo Stegen. Toe hy ons voorganger was het hy eendag in \u2018n preek oor Christus ges\u00ea:\u00a0<em>\u201cHe has got to be before us, He has to be our foundation, beginning and end. Nobody else in this world \u2013 mother, father, son, daughter -but He, has to be the first in our lives.\u201d<\/em><\/p><p>\u00a0<\/p><p>\u00a0<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Ruk gelede het die opskrif in my Bybel by Lukas 14 vanaf vers 25 &#8211; 35  my oog gevang: Gelykenis oor bedagsaamheid. Bedagsaamheid. Ek dink almal sal instemmend knik dat dit aangenaam is om saam met \u2018n bedagsame mens te woon en te werk. Dit is \u2018n mooi karaktertrek in iemand se lewe, iets wat mense aantrek en selfs harde harte bereik. Om met iemand om te gaan wat versigtig is hoe hy teenoor ander optree, oplettend is oor \u2018n ander se behoeftes, sorgsaam is, tegemoetkomend en hulpgewend, bring  warmte in die hart van die ontvanger. Iemand wat so \u2018n bedagsame lewenswyse het, is \u2018n maklike mens om mee oor die weg te kom, want die self kom nooit in die pad nie &#8211; \u2018n ander is altyd meer belangrik as hyself.<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1473","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1473","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1473"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1473\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1487,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1473\/revisions\/1487"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1473"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1473"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1473"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}