{"id":1460,"date":"2024-04-26T06:37:48","date_gmt":"2024-04-26T06:37:48","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1460"},"modified":"2024-04-26T06:59:06","modified_gmt":"2024-04-26T06:59:06","slug":"leer-om-nee-te-se","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/leer-om-nee-te-se\/","title":{"rendered":"LEER OM NEE TE S\u00ea"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1460\" class=\"elementor elementor-1460\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-edf8938 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"edf8938\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-8a1d0ec\" data-id=\"8a1d0ec\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-edbe056 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"edbe056\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">LEER OM NEE TE S\u00ea<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-3bb70d1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"3bb70d1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-99a617f\" data-id=\"99a617f\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-dc3226c elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"dc3226c\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Al die jare wat ek haar ken praat sy Duits met my en ek praat Engels met haar. Sy verstaan Engels en ek verstaan Duits. Ons twee het vanmiddag gesit en gesels oor haar lewe en hoe sy pyn as metgesel leer ken het.<\/p><p>\u201cWatter lesse het jy geleer deur al die lyding wat jy moes deurmaak?\u201d het ek haar gevra.<\/p><p>\u201cEk het geleer om nee te s\u00ea.\u201d<\/p><p>Ek het my ore gespits! Hoe dikwels wanneer mense in \u2018n penarie beland en gevra word: \u201cMaar waarom het jy dit dan gedoen?\u201d Is die antwoord: \u201cEk kon nie nee s\u00ea nie.\u201d So asof dit \u2018n verskoning is wat aanvaar behoort te word.<\/p><p>Soos iemand vir my een keer verduidelik het. \u201cDie Here weet mos ek is swak, waarom het Hy dan die versoeking in my pad laat kom? Hy w\u00e8\u00e8t mos ek sal nie kan nee s\u00ea nie.\u201d<\/p><p>Blaamverskuiwing is vir sommige mense glad nie moeilik nie, al maak dit eintlik nie sin nie. As jy s\u00ea dat jy \u2018n volgeling van Christus geword het, dra jy tog self die skuld wanneer jy nie kan nee s\u00ea nie. Jy het mos self gekies om Hom te volg, niemand kan jou in \u2018n verhouding met Hom forseer nie! En Hy leef om jou uit enige situasie te red. Hy belowe ook dat geen versoeking jou sal oorval wat bokant jou kragte is nie \u2013 Hy sal vir jou die pad uit die versoeking wys.<\/p><p>Sommige mense kan net nie nee s\u00ea wanneer hulle gevra word om iets te doen nie, want hulle hou daarvan om te help. Dit lyk asof hulle nooit gepla is nie en altyd tyd vind om ander te help. Ander kan nie nee s\u00ea nie uit vrees om vrienskap te verloor of oor wat ander mense sal dink as hulle dit nie wil doen nie. Dan trek hulle swaar en voel oorlaai en belas. In dieselfde asem moet ek noem dat sommige mense weer vir alles wat hulle gevra word om te doen, nee s\u00ea, omdat hulle moeilik aan ander se belange dink en nie behae daarin vind om hulself te vergeet nie.<\/p><p>Hier getuig my vriendin dat sy geleer het om nee te s\u00ea.<\/p><p>Twee-en-veertig jaar gelede het sy vir die eerste keer van Duitsland af op die sending kom kuier. Ek het haar in die ry opgemerk by die tafel waar ek gehelp het om kos op te skep. Sy was geklee in klere wat so om haar gebondel het, maklik meer as twee nommers te groot vir haar. Ons het mekaar leer ken. Sy was toe ne\u00ebntien jaar oud en het al die jare \u2018n vriendin van die familie gebly. Na my man se dood het ek ook vir haar in Duitsland gaan kuier. Sy en twee ander vriendinne het geld bymekaar gesit en vir my as \u2018n verassingsgeskenk \u2018n vliegkaartjie gekoop. Toe het sy nog by \u2018n familie in \u2018n ou plaashuis gewoon. Ek het in die heel boonste dakkamer geslaap en kon afkyk op die vallei, ek kon selfs die kerkklok in my kamer hoor lui. Ons het met die groot hond deur die woud gaan stap en heerlike tye saam deurgebring.<\/p><p>Wat ek ook baie geniet het, was om met die ouma van die familie te sit en gesels. Sy het altwee die w\u00eareld oorlo\u00eb deurleef en het vertel dat die plaashuis nooit deur bomme beskadig was nie. Dit het \u2018n rukkie geneem om haar dialek te verstaan, maar toe kon ek haar vrae vra en sy het land en sand gesels oor haar jong jare en die tyd in Duitsland tydens die oorlo\u00eb. Elke oggend het die familie om die tafel gewag vir die ouma om te lees en te bid. Dan is almal uit na hulle verskillende werke. Ek kon middagetes alleen in my vriendin se woonstel eet, maar dikwels het die ouma haar dogter gestuur om teen die trap op te roep dat daar kos vir my is. Ek het hulle geselskap geniet en het my nie twee keer laat nooi nie. Die nou houttrap na die boonste vlakke van die huis het ook my verbeelding aangegryp terwyl ek op en af daarop geloop het. Ek kan nie meer onthou wanneer die huis gebou was nie, maar dit was daar tydens die eerste w\u00eareldoorlog in 1914.<\/p><p>Eendag het ek ook die voorreg gehad om te beleef hoedat die oudste dogter spesifiek van haar huis af gekom het om die dag daar by haar ma brood te bak. Buite by die bakoond is \u2018n baie warm vuur gemaak. Die bakker het met \u2018n arendsoog die kole dopgehou en net die regte hoeveelheid gloeiende kole onder die oond ingestoot. Op so \u2018n soort plat graaf met \u2018n baie lang steel is die uitgerysde brode ingesit en weer uitgehaal wanneer dit klaar gebak was. \u2018n Mens kon nie naby die warm vuur kom nie. Was die eindproduk nou lekker! Veral met \u2018n dik skyf kaas daarop.<\/p><p>My vriendin het by die familie in die ou plaasopstal ingetrek om te help met die babatjie wat gestremd gebore was -\u2019n seuntjie met Down sindroom. Sy het die knapie se tweede ma geword en ook \u2018n groot hulp vir die familie. Van jongsaf het sy \u2018n hart vir gestremdes gehad, ook gestudeer in maatskaplike werk en\u00a0 later selfs leiding geneem in die onderrig van meervoudig gestremde blindes.<\/p><p>Seker omdat sy as \u2018n klein dogtertjie pyn leer ken het. Soms het sy snags huilend wakker geword van die pyn in haar bene. Dan het haar pa haar opgetel, op die kant van die tafel neergesit en probeer om die styf gespande beentjies te buig. Haar ouers het mediese hulp gaan soek het en sy het haar eerste operasie ondergaan toe sy ses jaar oud was \u2013 gediagnoseer met \u2018n baie rare beensiekte. Beenweefsel groei op verskillende plekke vanuit haar skelet. Na so \u2018n operasie waar die oortollige been verwyder was, moes sy soms vir ses weke doodstil op die hospitaal bed l\u00ea. Deur die loop van haar lewe het sy by die twintig operasies gehad om ekstra been weg te neem en verligting te bring. Daar is nie \u2018n dag waar sy sonder pyn is nie, want oral in haar liggaam druk die ekstra been op plekke waar daar nie been moet wees nie, maar net senuwees en are en weefsel. Deur die jare het haar beweeglikheid meer en meer afgeneem. Sy kan nou nie meer ver stap en niks swaar dra nie. Pyn vergesel haar oral waar sy kom of gaan of staan. Tog het sy \u2018n versigtigheid om nie te afhanklik te word van sterk pynmedikasie nie, dus wag sy totdat die pyn \u2018n sekere vlak bereik voodat sy verligting soek.<\/p><p>Toe sy so sewe jaar oud was het haar ouma, haar pa se ma, eendag uit die bloute vir haar ges\u00ea het dat sy eintlik nie op die aarde moes gewees het nie. Sy is net \u2018n groot las vir haar ouers. Toe sy dertien jaar was, het haar pa selfmoord gepleeg. Sy was na aan hom en het begin dink dat hy seker van iets beter geweet het as wat hier op aarde was. Haar gedagtes het begin kring oor wat die beste manier sou wees om hom daarheen te volg, want sy was in elk geval \u2018n las vir ander. Gelukkig het sy nooit die moed gehad om een van die planne uit te voer nie. Sy vertel hoedat sy soms na haar liggaam wat haar fisies anders maak,\u00a0 gekyk het, en dan weer na haar verstandelike vermo\u00eb wat nie anders was nie. Dan het haar gedagtes haar op ver paaie geneem oor die bestaan van die mens \u2013 maar van God, die Skepper en die lewe na die dood het sy niks geweet nie. Gedagtes oor wat vrede en liefde is, het haar dikwels besig gehou, maar die begrip daarvan het haar bly ontwyk.<\/p><p>Eendag het sy \u2018n voorlesing gehoor uit <em>The Little Prince \u2013 Antoine de Saint <\/em>oor die jakkals wat die klein prinsie geleer het in verband met menseverhoudings. Dit het haar aangegryp en sy het daaroor nagedink. By haar werk het sy gehelp om af te stof en netjies te maak. Kort nadat sy die voorlesing gehoor het, het sy soos gewoonlik die boeke uit die boekrak gehaal om daar af te stof. Toe val een boek uit die stapeltjie en beland oop op die vloer. Toe sy dit optel, was dit <em>The Little Prince <\/em>en die boek het oopgeval by die gedeelte oor die jakkals. Sy vertel dat sy vir \u2018n rukkie stilgestaan en gewonder het: \u201cWat hier gebeur het, is nie toeval nie, is daar dalk tog \u2018n God?\u201d Sy onthou dat sy \u00earens in haar jare van soeke een keer ges\u00ea het: \u201cAs daar \u2018n God is wat bestaan, openbaar dit dan aan my.\u201d<\/p><p>Dit is hoe sy hier op Kwasizabantu beland het toe sy ne\u00ebntien jaar oud was. Hier het haar soeke haar gelei tot \u2018n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus wat aarde toe gekom het om ook vir haar van haar sonde te verlos, en tot \u2018n kennismaking met die lewende God van vrede en liefde.<\/p><p>Ons het haar leer ken as iemand met \u2018n vrolike, uitgaande persoonlikheid. Iemand wat nie kla nie en ook baie selde oor haar ongemak en pyn praat.\u00a0 Al het sy pyn, al kan haar liggaam al minder doen, sy leef met oorgawe en bly betrokke by ander se behoeftes. Haar meelewing word aangevoel en maak woorde onnodig.<\/p><p>Dit is di\u00e8 vriendin wat my vraag beantwoord het:<\/p><p>\u00a0\u201cEk het geleer om nee te s\u00ea.\u201d<\/p><p>\u201cAs ek mag vra, waarvoor het jy geleer om nee te s\u00ea?\u201d<\/p><p>\u201cNadat ek \u2018n Christen geword het, s\u00ea ek nee vir alles wat openlik teen die Here is, alles wat sal lei tot sonde en tot vertroebeling van ons verhouding. Dan het ek ook geleer om nee te s\u00ea vir uitnodigings waar ek nie die aktiwiteite sal kan hanteer nie. Of iets waar ek weet dat ek iemand anders sal moet vra om my terug huistoe te neem terwyl hulle dalk nog daar wil bly.\u201d<\/p><p>\u201cDie gedagte oor wat ander van my dink, kan \u2018n verlammende uitwerking op my h\u00ea. Ek het geleer om daarvoor nee te s\u00ea en geen plek vir sulke gedagtes te gee nie.\u201d<\/p><p>\u201cEk het geleer om nee te s\u00ea vir die pyn wat my wil inkerker en enige aktiwiteit van my kant af wil uitkanselleer. Ek gaan en ek doen wat nodig is. Ook nee vir die versoeking om myself te bejammer.\u201d \u00a0<\/p><p>Om te leer om nee te s\u00ea, is tog \u2018n les nie net vir \u2018n mens met pyn of met gestremdheid nie \u2013 dit is nodig vir elkeen van ons wat \u2018n se\u00ebnryke lewe wil lei.<\/p><p>Soos die Woord van God daarop klem l\u00ea in Titus 2 : 11 dat die genade van God aan ons almal verskyn het en dit voed ons op om nee te s\u00ea vir alles wat w\u00earelds en ongepoets is.<\/p><p>\u201cFor the grace of God that brings salvation has appeared to all men. It teaches us to say \u201cNo\u201d to ungodliness and wordly passions, and to live self-controlled,\u00a0 upright and godly lives in this present age\u2026\u201d<strong>\u00a0<\/strong><\/p><p>Die genade van God voed ons op om nee te s\u00ea! Daarom kan \u2018n Christen \u2018n lewe lei wat opreg en skoon is, want God se genade is kragtig aan die werk. My vriendin het hierdie genade van God intens leer ken \u2013 dit is die genade van God wat haar in staat stel om nog bruikbaar te wees in sy koninkryk ten spyte van die voortdurende geknaag van pyn. Dit is ook genade wat haar opgevoed het om nee te s\u00ea vir haarself en die verlange om deel te wees van ander se aktiwiteite.<\/p><p>Hoe staan sake met my en jou? Ken ek en jy hierdie genade van God wat \u2018n mens opvoed om nee te s\u00ea vir alles wat \u2018n mens se verhouding met die Hemelse Vader sal belemmer of verbreek en Hom bedroef?<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al die jare wat ek haar ken praat sy Duits met my en ek praat Engels met haar. Sy verstaan Engels en ek verstaan Duits. Ons twee het vanmiddag gesit en gesels oor haar lewe en hoe sy pyn as metgesel leer ken het. \u201cWatter lesse het jy geleer deur al die lyding wat jy moes deurmaak?\u201d het ek haar gevra. \u201cEk het geleer om nee te s\u00ea.\u201d Ek het my ore gespits! Hoe dikwels wanneer mense in \u2018n penarie beland en gevra word: \u201cMaar waarom het jy dit dan gedoen?\u201d Is die antwoord: \u201cEk kon nie nee s\u00ea nie.\u201d So asof dit \u2018n verskoning is wat aanvaar behoort te word. Soos iemand vir my een keer verduidelik het. \u201cDie Here weet mos ek is swak, waarom het Hy dan die versoeking in my pad laat kom? Hy w\u00e8\u00e8t mos ek sal nie kan nee s\u00ea nie.\u201d Blaamverskuiwing is vir sommige mense glad nie moeilik nie, al maak dit eintlik nie sin nie. <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1460","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1460"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1471,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460\/revisions\/1471"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}