{"id":1448,"date":"2024-04-10T07:22:38","date_gmt":"2024-04-10T07:22:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1448"},"modified":"2024-04-10T07:27:16","modified_gmt":"2024-04-10T07:27:16","slug":"slegte-maniere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/slegte-maniere\/","title":{"rendered":"SLEGTE MANIERE"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1448\" class=\"elementor elementor-1448\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-f2fea10 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"f2fea10\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-7900e36\" data-id=\"7900e36\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6a37f8f elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"6a37f8f\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">SLEGTE MANIERE<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-e189629 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"e189629\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-f45b7fb\" data-id=\"f45b7fb\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-409d6fd elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"409d6fd\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Ons het van kleins af geleer dat \u2018n mens nie jou kos met oopmond kou en jou koffie nie met \u2018n slurpgeluid drink nie, dis slegte maniere. Om oor die eettafel te strek om kos by te kom, is slegte maniere. Vra dat dit vir jou aangegee word.\u00a0 Om in jou neus te krap en iemand in die rede te val wanneer hy praat, is slegte maniere. Om ander nie te groet nie, om luid te staan en gesels waar ander teenwoordig is, is slegte maniere. Om ander mense te bespreek agter hulle rug en te spot en te lag, is slegte maniere: \u201c\u2018n Mens maak nie so nie.\u201d<span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Slegte maniere is selde gestraf met \u2018n pak slae. My ma se voorbeeld, berisping en onderrig het daar gelei en gerig. Behalwe wanneer my ma se ore opgetel het dat een van ons op \u2018n astrante en onbeleefde manier met een van die werksmense op die plaas gepraat het, dan was daar \u2018n goeie pak slae in die badkamer. \u201cEk hoor dit nie weer nie. Dit is slegte maniere en maak ander seer.\u201d<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Ons was bekend as kinders met goeie maniere, ook in die skool het ons geweet hoe om ons onderwysers te respekteer. Die meeste kinders in die skool was grootgemaak soos ons. Respek was nie aangeplak nie, daardie respek het vanuit die hart gekom. Dit is selfs vandag nog so, wanneer respek in \u2018n kind of jongmens gesien word, merk mense op dat daardie kind goed grootgemaak is.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Om asseblief en dankie te s\u00ea, leer \u2018n mens al van voordat jy kan praat. Dit is die basis van goeie maniere. Om iets te vat sonder om te vra, is slegte maniere.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Om terug te praat met ons ouers of ouer mense was uiters slegte maniere en was glad nie geduld nie. Ook die manier hoe ons gepraat het. As een van ons by my ma sou kom en s\u00ea: \u201cMamma, Pappa s\u00ea hy moet na die onderste land toe gaan en kan ons vir hom die middag koffie daarheen bring?\u201d<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">\u201cWie is jou\u00a0<em>hy\u00a0<\/em>en<em>\u00a0hom<\/em>? Praat jy van die hond?\u201d<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">\u201cJammer Mamma, Pappa s\u00ea Pappa moet na die onderste land toe gaan en kan ons vir Pappa die middag koffie daarheen bring?\u201d Van ons is respek verlang en goeie maniere. Dit was nie moeilik nie.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">\u2018n Mens merk op dat bejaardes in ons samelewing dikwels swaarkry onder slegte maniere van di\u00e8 wat nie geduld het nie. By bejaardes en oues van dae het alles stadiger geword, maar in die tyd waarin hulle leef, het alles gouer en vinniger geword. Alles moet in \u2018n kits gebeur. Ook op die pad is daar nie baie geduld met \u2018n bejaarde agter die stuur wat twyfel in watter straat hy moet afdraai nie, of wat \u2018n bietjie te stadig ry daar waar \u2018n mens die spoed op 120 kan handhaaf.\u00a0 \u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Wie egter die ergste ly onder ons slegte maniere, is ons Hemelse Vader.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Ons gaan klop nie maklik aan sy deur om more te s\u00ea nie, al leef ons in dieselfde huis as Hy. Ons is tog sy kinders in die Vaderhuis. Ons s\u00ea nie dankie vir \u2018n rustige nag sonder onheil nie, al weet ons dat ons so beskerm was omdat Hy nie geslaap het nie. Ons dank Hom nie vir die nuwe dag wat Hy gemaak het nie, maar vat sommer al die tyd wat Hy gee sonder om Hom te vra hoe Hy verlang dat ons dit gebruik. Die hele dag lank moet Hy beleef hoe ons Hom ignoreer en optree asof Hy nie o\u00eb het wat sien en ore wat hoor nie. Ons dink selde aan die behoeftes van Sy Vaderhart, dat Hy vir ons wag om vir Hom te kom kuier en te vertel wat ons die dag ondervind het.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Ons het sulke slegte maniere, maar nie Jesus Christus nie. Toe Hy hier op aarde was, het Hy net gedoen wat sy Vader gevra het en net ges\u00ea wat Hy van Sy Vader gehoor het. Nou sit Hy daar in die hemel langs Sy Vader op die troon en Hy dink die hele tyd aan ons hier op aarde. Terwyl ons besig is met werk hier op aarde, en baie dikwels nie werk wat ons as opdrag van die hemel gekry het nie, sommer net ons eie planne en dinge, noem Christus ons name daar voor die genadetroon van ons Vader.\u00a0 Hy bid vir ons, dat ons nie ons geloof in Hom sal verloor nie, dat ons van die duiwel en die gees van die w\u00eareld bewaar en beskerm sal word.<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">Wie weet, miskien spreek ons Vader \u2018n versugting teenoor Sy Seun uit, soos teenoor Moses toe die volk bevrees was om langer na God se stem te luister:<\/span><\/p><p><span style=\"font-style: inherit; font-weight: inherit;\">\u201cAg, as hulle maar so \u2018n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.\u201d (Deut 5:29)<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het van kleins af geleer dat \u2018n mens nie jou kos met oopmond kou en jou koffie nie met \u2018n slurpgeluid drink nie, dis slegte maniere. Om oor die eettafel te strek om kos by te kom, is slegte maniere. Vra dat dit vir jou aangegee word.  Om in jou neus te krap en iemand in die rede te val wanneer hy praat, is slegte maniere. Om ander nie te groet nie, om luid te staan en gesels waar ander teenwoordig is, is slegte maniere. Om ander mense te bespreek agter hulle rug en te spot en te lag, is slegte maniere: \u201c\u2018n Mens maak nie so nie.\u201d Slegte maniere is selde gestraf met \u2018n pak slae. My ma se voorbeeld, berisping en onderrig het daar gelei en gerig. Behalwe wanneer my ma se ore opgetel het dat een van ons op \u2018n astrante en onbeleefde manier met een van die werksmense op die plaas gepraat het, dan was daar \u2018n goeie pak slae in die badkamer. <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1448","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1448"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1448\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1458,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1448\/revisions\/1458"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}