{"id":1430,"date":"2024-03-06T12:42:09","date_gmt":"2024-03-06T12:42:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1430"},"modified":"2024-03-15T04:59:07","modified_gmt":"2024-03-15T04:59:07","slug":"die-dieper-dors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-dieper-dors\/","title":{"rendered":"DIE DIEPER DORS"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1430\" class=\"elementor elementor-1430\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-5411db6 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"5411db6\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-5717b16\" data-id=\"5717b16\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-199c2a3 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"199c2a3\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE DIEPER DORS<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-1b14900 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"1b14900\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-ebd3d5a\" data-id=\"ebd3d5a\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3111db1 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"3111db1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Net so voordat oom Flip Mclachlan uitgetree het as leier van die Stellenboschse Universiteitskoor, het hulle toer ook \u2018n draai in Malawi gemaak. Ons moes slaapplek vir so sestig koorlede vir \u2018n paar nagte daar in Blantyre re\u00ebl en was geraak dat oom Flip en sy vrou verkies het om by ons te bly. Ek onthou hoe dankbaar hy was om ontbyt in die bed te kry, want die lang reis van die vorige dag was uitputtend. Vars gebakte bruinbrood en geroomde heuning was vir hom so lekker dat hy dit sommer dadelik vir die volgende ontbyt bestel het. Dit was \u2018n aangename tyd met mense uit die Boland wat almal Afrikaans gepraat het. Die konsul van Suid-Afrika het die kans gebruik en al die Suid-Afrikaners in Blantyre uitgenooi om saam met die koor by sy huis te vergader vir \u2018n ete. Daar was \u2018n pragtige groot tuin rondom die huis en Randall Wicomb en Koba het sommer so spontaan buite in die tuin \u2018n duet vir ons gesing. Hulle was toe nog altwee studente. Maar die mooiste vir my was toe die stemme van die hele koor inval met die ou Afrikaanse lied, \u2018n beryming van Psalm 42.<\/p>\n<p>\u201cSoos \u2018n hert in dorre streke<\/p>\n<p>skreeuend dors na die genot<\/p>\n<p>van die helder waterbeke,<\/p>\n<p>skreeu my siel na U, o God!\u201d<\/p>\n<p>Elke woord het soos \u2018n re\u00ebndruppel op \u2018n dorstige siel geval.\u00a0 Ver van my land en my mense, met heimwee wat net nooit aan \u2018n kapstok opgehang kon word nie, het die lied my hart oorrompel. Ek het daardie dors na God geken en die bekende woorde het \u2018n emosie verwek waar die mooi so mooi was dat dit eintlik seergemaak het. Tot vandag toe, wanneer ekself die lied hier in my kamer sing of ek hoor dit in \u2018n kerk, word ek bewo\u00eb. Dit is seker omdat die opregte woorde vanuit die psalmdigter se hart onmiddellike weerklank in my hart vind.<\/p>\n<p>\u201cJa, my siel dors na die Here,<\/p>\n<p>na die Lewensbron;<\/p>\n<p>wanneer sal ek na swerftog en benouing,<\/p>\n<p>God weer sien in klare aanskouing.\u201d<\/p>\n<p>Ek kon my ook so verluister wanneer oom Erlo Stegen vertel het van die herlewing onder die Zoeloes \u2013 van die dringende dors na die Here en na sy teenwoordigheid. Hoe hy eendag vir homself en die klein groepie Christene gekonfonteer het met die vraag:\u00a0 \u201cVloei daar strome van lewende water uit jou lewe?\u201d Dit was na aanleiding van die gedeelte wat hulle uit die Evangelie van Johannes 7:37-38 gelees het:<\/p>\n<p>\u201cEn op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en ges\u00ea; As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo soos die Skrif s\u00ea; strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het een vir een erken dat daar nie strome van lewende water vanuit hulle lewens vloei nie. Ook oom Erlo moes erken dat hy in Christus geglo het, maar daardie beloofde strome van lewende water het by hom ook ontbreek. In sy boek:\u00a0<em>Herlewing begin by jouself\u00a0<\/em>verduidelik hy die toestand van sy lewe daardie tyd voordat die Heilige Gees uitgestort was.<em>\u00a0\u201cEk het gebid, maar geen antwoord gekry nie. Ek het gesoek, maar geen uitweg gevind nie. Ek was op die randjie van wanhoop\u2026\u201d \u00a0<\/em>\u00a0Die diepe dors na die Here het hom en die groepie gelowiges voortgedryf om die Skrif onvermoeid te ondersoek. Oom Erlo vertel: \u201c<em>Die Here het verder in ons harte gewerk en aangegaan totdat Hy ons van alles gereinig het wat Sy Gees bedroef en uitgedoof het. Nadat alle sondige en duiwelse dinge uit ons lewens verwyder was en die pad vir die Here oopgemaak is sodat Hy kon werk, het die hemel skielik geskeur op \u2018n oomblik toe ons dit nie verwag het nie en het die Heilige Gees op ons neergedaal soos in die tyd van die apostels.\u201d\u00a0 \u00a0<\/em>Daarna het strome van lewende water vrylik uit hulle lewens gevloei en duisende mense se lewens bereik \u2013 ook myne!<em style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Die berymde vyfde vers van Psalm 42 is \u2018n lewende belofte vir enigeen wat dors na God en sy se\u00ebnryke werk in ons lewens.<\/p>\n<p>\u201cMaar die Heer sal in my lewe<\/p>\n<p>Weer oordag sy guns gebied.<\/p>\n<p>Ook deur donker nag omgewe,<\/p>\n<p>sing ek nog my pelgrimslied.<\/p>\n<p>Ja, ek lofsing in die nag,<\/p>\n<p>Want ek bly die Heer verwag;<\/p>\n<p>My gebed sal opwaarts strewe<\/p>\n<p>Na die bronwel van my lewe.\u201d<\/p>\n<p>As vrug van die herlewing onder die Zoeloes, vind baie verslaafdes hulle pad na die sending en na die enigste Een wat hulle van die verslawing kan verlos \u2013 Jesus Christus. Wanneer \u2018n mens \u2018n verslaafde probeer help, kom jy in aanraking met \u2018n dieper dors wat niks te make het met die lewende God nie. Dit is \u2018n dors wat die liggaam beetpak en die verslaafde rondjaag om naarstiglik te soek na die volgende hero\u00efen inspuiting, \u2018n dagga zoll, woonga of om \u2018n paar drankies gulsig af te sluk om die dwingende dors tydelik te les. Net kortstondig, totdat alles uitgewerk is en die liggaam weer na verligting soek. Dis \u2018n tragiese soort dors, \u2018n wolfding wat menswaardigheid en goeie karakter vernietig.<\/p>\n<p>Dan is daar is egter ook meer beskaafde soorte van dors, \u2018n dors wat nie so opsigtelik en maklik waarneembaar is nie, maar wat die dieper dors na die lewende God vermink.\u00a0 Soos die dors na geld en materi\u00eble welstand, of die dors na erkenning van mense, die dors na prestasie en eer. Vir my is die mees afstootlikste dors wat \u2018n mens kan vasgryp daardie dors wat deesdae so stelselmatig deur ons gemeenskappe sypel om waardesisteme en morele norme te ondermyn of geheel en al uit te skakel \u2013 \u2018n dors na wat die w\u00eareld bied in die veld van seksuele losbandigheid en perversitieit.<\/p>\n<p>Elke mens wat gebore word op hierdie aarde het \u2018n siel van God ontvang \u2013 \u2018n siel wat vir ewig leef. Omdat God, die Skepper, verlang dat geen siel verlore gaan en die ewigheid sonder Hom moet deurbring nie, het Hy in elke siel \u2018n gebod ingeskryf.\u00a0<em>\u201cJy moet die Here jou God liefh\u00ea met jou hele hart, met jou hele siel, met jou hele verstand en al jou kragte.\u201d \u00a0<\/em>Geen wonder dan dat die siel so \u2018n skreeuende dors na die lewende God kan h\u00ea nie. Niks en niemand anders kan daardie dors les nie, net Hy wat belowe het dat die water wat Hy ons gee in ons sal word soos \u2018n fontein wat opspring tot in die ewige lewe. (Johannes 4:14) Die water wat Christus gee, verdryf alle ander soorte dors wat ooit kan pla en skenk daarmee saam ook die belofte en die krag dat \u2018n mens nie weer na iets anders sal dors nie.<\/p>\n<p>Jong vriende het verlede week vir my iets gestuur wat hulle elfjarige dogter geskryf het. Sy moes \u2018n opstel in die klas skryf. Daarin blyk dit dat die dors na die lewende God al in hierdie jong hart ontwaak het. Sy skryf:<\/p>\n<p><em>\u201cEk het \u2018n vriend wat ek baie lief het. Hy het spierwit hare en sy o\u00eb is brandende vlamme. Sy gesig skyn soos die middag son. Hy is die mooiste mens.<\/em><\/p>\n<p><em>Hy dra \u2018n lang wit kleed met \u2018n goue gordel om sy bors. Hy is baie vriendelik en as ek vir hom iets vra, sal hy my antwoord. Hy is altyd beskikbaar as iemand hom nodig het. Hy is lief om mense te help. Hy is baie lief vir kinders en sal altyd bly wees as hulle na hom toe kom.<\/em><\/p>\n<p><em>Ek praat elke dag met hom en ek wil sy stem meer leer ken. Ons spandeer tyd saam elke aand en elke oggend, maar ek praat ook met hom as ek raad nodig het. Hy het altyd die antwoord vir my vraag. Hy is \u2018n vriend wat nader aan \u2018n mens kan wees as \u2018n broer en sy naam is Jesus.\u201d<\/em><\/p>\n<p>\u201cO my siel, waarom onrustig?<\/p>\n<p>En wat buig jy jou in my?\u2026<\/p>\n<p>Hoop op God, in Hom weer rustig!<\/p>\n<p>In sy lof sal ek my verlustig.\u201d<\/p>\n<p>Gesels jy ook so met jou siel, of het jou siel jou dalk al lankal omgepraat om jou dors liewers by die w\u00eareld se drinkbakke te probeer les?<\/p>\n<p><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net so voordat oom Flip Mclachlan uitgetree het as leier van die Stellenboschse Universiteitskoor, het hulle toer ook \u2018n draai in Malawi gemaak. Ons moes slaapplek vir so sestig koorlede vir \u2018n paar nagte daar in Blantyre re\u00ebl en was geraak dat oom Flip en sy vrou verkies het om by ons te bly. Ek onthou hoe dankbaar hy was om ontbyt in die bed te kry, want die lang reis van die vorige dag was uitputtend. Vars gebakte bruinbrood en geroomde heuning was vir hom so lekker dat hy dit sommer dadelik vir die volgende ontbyt bestel het. Dit was \u2018n aangename tyd met mense uit die Boland wat almal Afrikaans gepraat het. Die konsul van Suid-Afrika het die kans gebruik en al die Suid-Afrikaners in Blantyre uitgenooi om saam met die koor by sy huis te vergader vir \u2018n ete. <\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1430","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1430","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1430"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1430\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1446,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1430\/revisions\/1446"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1430"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1430"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1430"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}