{"id":1380,"date":"2024-01-28T06:45:24","date_gmt":"2024-01-28T06:45:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1380"},"modified":"2024-02-02T08:56:00","modified_gmt":"2024-02-02T08:56:00","slug":"die-heel-laaste-woonplek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-heel-laaste-woonplek\/","title":{"rendered":"DIE HEEL LAASTE WOONPLEK"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1380\" class=\"elementor elementor-1380\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-df41745 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"df41745\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-52ce31a\" data-id=\"52ce31a\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-fc5b9f9 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"fc5b9f9\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE HEEL LAASTE WOONPLEK<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-f73e27e elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"f73e27e\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-9ba2d12\" data-id=\"9ba2d12\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6d37fd6 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"6d37fd6\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings=\"{&quot;drop_cap&quot;:&quot;yes&quot;}\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Verlede Sondag het ek op \u2018n plaas gaan kuier waar die ou opstal gerestoreer word. Die jongmense het \u2018n groot taak aangepak, maar hulle ywer en entoesiame was eintlik aansteeklik. Op die terugrit het ek ver teruggedink aan al die huise waarin ek al gewoon het, die sweet en harde werk wat daarin gegaan het om sommige leefbaar te maak \u2013 dertien verskillende woonplekke in die bestek van twintig jaar!<br><br>Op een plek waar ons was, het \u2018n mediese dokter \u2018n plaas in die distrik gekoop en vir my man die huis aangebied om in te gaan bly. My man het gedink dat dit \u2018n aangename avontuur sou wees om daar te woon en heen en weer skool toe te ry. Hy was reg. Dit was voorwaar \u2018n avontuur! <br><br>Die huis was verwaarloos en ook vol verskillende reuke. Net gou kon ek nie langer met die reuk in die badkamer saamleef nie \u2013 so \u2018n vasgedrukte, bedompige, troebel reuk van fenjal badolie. Dit wou my verstik. Dus het ek een oggend die linoleum bedekking van die badkamer vloer af opgelig. Wat ek daar gesien het, het my kort op my hakke laat omdraai. Gewapen met \u2018n graaf en kruiwa het ek teruggekom en die badkamer gepak. Die hele oggend was ek daar doenig om die gemors wat deur die jare opgegaar het, en nat gehou was deur water wat van die bad oorgestort het, op te skep met die graaf. Uiteindelik kon ek staan en kyk na \u2018n skoon\u00a0geskropte sementvloer, skoon gewaste mure en blink krane wat die badkamer baie meer leefbaar gemaak het. En die reuk was weg!<br><br>Na etlike weke het die dokter ons kom besoek. Hy was so ingenome oor wat in die huis gebeur het en die metamorfose van die tuin dat hy daar en dan besluit het om sy kollegas uit te nooi vir \u2018n braai op sy plaas. Hy sou betaal vir die ete, maar ons moes alles voorberei. Die sitkamer en eetkamer was hopeloos te klein vir die getal gaste wat hy genooi het. Die someraande was heerlik; dus het ons besluit om die gaste dan liewer buite te onthaal. Genoeg tafelspasie was ons probleem. Ons moes maar gebruik \u00a0maak van wat ons gehad het. Die interessante boom met sy lae takke het \u2018n uitstekende hulp geword. Met die tafel naby, kon ons \u2018n mandjie aan die boom ophang vir die broodrolle en varsgebakte bruinbrood snye. Verskillende grote mandjies was altyd volop in ons huis en so was daar ook vir vrugte en sjokolade die wat ons aan die boomtakke kon hang. \u00a0Die dokter was in sy noppies met die hele opset en die kos dat hy \u00a0die hoop uitgespreek het dat ons nog baie lank daar sou bly. Ons bly was egter nie langer as ses maande nie, toe was ons weer op trek! Die heen en weer ryery het nie regtig gewerk met al die verskillende skoolaktiwiteite en verantwoordelikhede nie.<br><br>Dan was daar was die tyd toe ek en ons kinders by my oom op Boplaas ingetrek het vir \u2018n paar maande terwyl my man nog werk afgehandel het op die dorp waar ons gewoon het, maar in die proses was om te verhuis \u2013 weer terug na Malawi. <br><br>My oom Freddie het in \u2018n ou plaashuis gewoon wat hoog teen die rand gebou was. Van die stoep kon \u2018n mens ver uitkyk oor die plase in die omgewing. Daar was ook mooi houtvloere dwarsdeur die huis, maar gelukkig het die badkamer wat ons gebruik het net \u2018n sementvloer gehad. Dit is later aangebou \u2013 soos \u2018n buitekamer waar mens eers uit die huis moes gaan om by die badkamer deur te kon ingaan. In die badkamer het \u2018n mooi outydse bad op sy vier slanke pootjies gestaan. Moeg en gedaan van die dag se werk, het ek een aand laat besluit om iets uit te probeer wat ek so dikwels by my man gesien het. As hy baie moeg was, het hy die bad met warm water volgetap en dan gel\u00ea en lees totdat die water amper koud was. Met alles wat nodig was en \u2018n boek in die hand is ek toe badkamer toe \u2013 almal in die huis het al geslaap. Ek het die bad goed vol getap met heerlike warm water en toe versigtig ingeklim. Toe ek nou my l\u00ea gekry het, het ek met genoegdoening begin lees. Skaars \u2018n paar woorde verder het die twee pootjies reg onder my skielik geswig en meegegee! Die bad het gekantel en my en die water oor die rand gespoeg. Verskrik het ek nog so half oor die bad se rand gehang toe die koue waterpyp afruk en \u2018n yskoue straal water my op die deel tref wat nog in die lug gehang het. Toe het ek geroer! <br><br>My nagrok en kamerjas het ek sommer so oor my nat lyf aangeruk en probeer om die pyp toe te druk om die dik, gesonde straal water wat bly uitspuit het te probeer stop. Maar natuurlik kon ek nie wen nie. Met groot benoudheid het ek alles gelos en my oom gaan roep. Hy het net so een kyk gegee na die spuitende water en omgekantelde bad en skielik weer weggeraak. Ek het maar weer probeer om die pyp met my hande toe te druk, terwyl ek naarstiglik dink wat \u2018n mens tog kon doen. My oom het weer in die deur verskyn met \u2018n \u00a0stuk botterboom in sy hand. Die botterbome groei in die rantjie naby by die huis. Die vlesige botterboom tak het \u2018n ideale prop gemaak. Die water het ophou spuit en skielik was alles weer doodstil. Oom Freddie het so \u2018n laggie gegee en ges\u00ea: \u201cGaan slaap nou, dan ons maak more hierdie gemors skoon..\u201d <br><br>So kan ek oor elke plek waar ons gebly het, iets skryf. Die herinneringe galop heerlik deur my gedagtes; die huis wat deur \u2018n afgetrede trein kondukteur gebou was. Elke vertrek in die huis het ook \u2018n buitedeur gehad \u2013 kompleet soos die kompartemente van \u2018n trein. Dan ook die reuse plaashuis met die ruim vertrekke en baie houtvloere wat blinkgevryf moes word. Die piepklein \u201cblackwood box\u201d huisie waarin ons soms tot veertien besoekers gelyktydig slaapplek moes gee. Vir nou moet ek egter al die herinnering eers hokslaan, anders skryf ek \u2018n boek en ek wou mos eintlik gesels oor die ander huis \u2013 die laaste huis waarin ek ooit sal woon. Paulus praat van daardie huis:<br><br>\u201cWant ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons \u2018n gebou het van God, \u2018n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.\u201d (2 Korithi\u00ebrs 5:1)<br><br>Ja, ons liggame is maar net \u2018n tydelike tentwoning vir die siel en dit kan nie vir altyd leef nie. \u00a0Jesus Christus het \u2018n heerlike belofte aan sy dissipels gemaak: \u201cIn die huis van my Vader is daar baie wonings\u2026Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.\u201d<br><br>Paulus wys egter daarop dat ons almal eers voor die regterstoel moet verskyn voordat ons daardie ewige woning in die hemel sal kan betree. Daar sal dan die finale uitspraak gelewer word. As ons in die aardse woning goed gedoen en God behaag het, is daar die beloning van \u2018n huis wat vir elkeen van ons voorberei is \u2013 \u2018n blyplek wat volgens belofte in die hemel vir ons wag.<br><br>Een dierbare Zoeloe mamma wat by die dood omgedraai het, het ons vertel dat sy \u2018n huis in die verte gesien het en toe het die Here Jesus vir haar ges\u00ea: \u201cDaar is jou huis, maar dit is nog nie heeltemaal voltooi nie. Jy moet nog \u2018n bietjie wag.\u201d Etlike jare daarna het sy toe wel daarheen verhuis want haar huis was voltooi.<br><br>\u00a0As ons egter ons eie ding in ons aardse tentwoning gedoen het en nooit versoening met God gesoek en gevind het nie, wag daar nie \u2018n spesiale huis vir ons nie, net \u2018n saamwoon tot in alle ewigheid met almal wat God en sy Seun verwerp het. In daardie verdoemde woonplek sal geen lig wees nie, net duisternis, pyn, ellende, wroeging en verwyte en spyt.\u00a0Dit\u00a0sal\u00a0verskriklik tragies\u00a0wees\u00a0as een van ons dalk daar moet\u00a0beland, want vandaar kan \u2018n mens nooit weer na \u2018n beter blyplek verhuis nie. God het ons ook nie daarvoor geskape nie, Hy wil nie h\u00ea dat een van ons daar die ewigheid moet deurbring nie. Daarom het Hy sy Seun gestuur sodat almal wat in Hom glo die ewige lewe kan h\u00ea en van die aardse tentwoning kan oorgaan na die hemelse tuiste. <\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede Sondag het ek op \u2018n plaas gaan kuier waar die ou opstal gerestoreer word. Die jongmense het \u2018n groot taak aangepak, maar hulle ywer en entoesiame was eintlik aansteeklik. Op die terugrit het ek ver teruggedink aan al die huise waarin ek al gewoon het, die sweet en harde werk wat daarin gegaan het om sommige leefbaar te maak &#8211; dertien verskillende woonplekke in die bestek van twintig jaar!<\/p>\n<p>Op een plek waar ons was, het \u2018n mediese dokter \u2018n plaas in die distrik gekoop en vir my man die huis aangebied om in te gaan bly. My man het gedink dat dit \u2018n aangename avontuur sou wees om daar te woon en heen en weer skool toe te ry. Hy was reg. Dit was voorwaar \u2018n avontuur!<\/p>","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1380","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1380","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1380"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1380\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1389,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1380\/revisions\/1389"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1380"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1380"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1380"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}