{"id":1374,"date":"2024-01-19T19:08:27","date_gmt":"2024-01-19T19:08:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1374"},"modified":"2024-01-19T19:10:35","modified_gmt":"2024-01-19T19:10:35","slug":"die-uitnodiging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-uitnodiging\/","title":{"rendered":"DIE UITNODIGING"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1374\" class=\"elementor elementor-1374\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-bbd4177 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"bbd4177\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-54737e9\" data-id=\"54737e9\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c6b921c elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"c6b921c\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE UITNODIGING<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-d71f8e1 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"d71f8e1\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-eb4803c\" data-id=\"eb4803c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-e5256d1 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"e5256d1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Dit was reeds laatmiddag toe die telefoon lui en Tannie Sophie se bekende stem my begroet: \u201cAg, Esther ek loop nou al dae lank rond met \u2018n lus vir vetkoek. Sal jy vir ons bak? Ek ry by die winkel verby en bring botter en appelkooskonfyt saam. Sien jou so oor \u2018n halfuur.\u201d<\/p><p>Tannie Sophie was \u2018n kleurvolle karakter met \u2018n nog meer kleurvolle verlede! Ons het haar in Malawi leer ken waar sy in Blantyre die sekretaresse vir die konsul van Suid-Afrika was. Sy het al aangestap in jare, want toe ek in matriek was, was die saak teen Suid-Afrika oor Suidwes-Afrika aan die gang en sy was daar in Den Haag een van die gekonfyte sekretaresses vir die span Afrikaanse advokate. Vir baie jare het sy oorsee in die diplomatieke diens gewerk en ons het die vertellinge uit haar verlede geniet, ook baie geleer. Die jare saam in Blantyre het ons dikwels oor en weer gekuier.<\/p><p>Die eerste heerlike warm vetkoek was gereed kort na haar aankoms. Die tafel was reeds gedek en die ketel het net gekook. Tannie Sophie het al geselsende die vetkoek oopgesny en dit toegeplak met botter, bo-op nog \u2018n reuse skep appelkooskonfyt. Die vetkoek is weer toegevou en sommer so uit die hand ge\u00ebet. Dit het glad nie saak gemaak dat die gesmelte botter uitloop en afdrup oor \u2018n mens se vingers nie, jy kon dit mos sommer aflek of dalk meer beleefd, afvee met \u2018n servet.<\/p><p>Dit het \u2018n heerlike aand geword! \u2018n Groot stapel vetkoeke is verorber. Ek as die bakster het saam gesmul en elke nou en dan opgespring om die pan dop te hou en die voorraad aan te vul. My klere en selfs my hare was in die geur van kookolie gehul, maar ook dit het nie saak gemaak nie. Dit was mos net ons. Toe lui die telefoon. My man het opgestaan en geantwoord. Toe het hy doodstil geword en ek het verstyf toe hy s\u00ea: \u201cPlease, forgive me, I totally forgot about the invitation and have not even told my wife about it. We will be there as soon as possible.\u201d<\/p><p>\u201cVrou, kom ons moet ry. Die mense wag al vir ons. Ek het vergeet om vir jou te s\u00ea dat ons \u2018n ete uitnodiging het vir seweuur vanaand. Kom!\u201d<\/p><p>\u201cKan ek net gou gaan bad en skoon aantrek, asseblief?\u201d<\/p><p>\u201cJy kan nie, dis al kwart oor sewe en nog tien minute se ry tot daar. Kom net soos jy is.\u201d<\/p><p>Ek het my voorskoot afgehaal en so in die verbygaan my sandale aangeglip. So is ek weg. Tannie Sophie sou by die kinders bly.<\/p><p>In die motor kon ek self ruik dat ek vetkoek gebak het, die reuk het aan my gekleef. Ek het na my rok gekyk waarmee ek die hele dag huiswerk gedoen het \u2013 nog skoon, maar al vaal en verlep van die baie kere se was. Vyf- en-twintig minute laat vir ons ete afspraak by een van sy kollegas, het ons die huis ingestap.<\/p><p>Dit was een van die reuse koloniale huise en alles daarbinne was luuks \u2013 die matte so dik dat my stowwerige sandale bietjie weggesink het. Ons gasheer en gasvrou was in aanddrag uitgedos. Die kok het gereed gestaan in sy spierwit jas en spierwit servet oor die arm langs die tafel gedek vir \u2018n vyf-gang dinee. As die aarde kon oopgaan sou ek met dankbaarheid die situasie ontsnap het!<\/p><p>Natuurlik het die vetkoek-olie-aroma my vooruit gegaan en my agtervolg waar ek die ereplek langs die gasheer moes inneem. My gesig was bloedrooi en ek kon nie \u2018n woord uitkry nie. My man het om verskoning gevra dat ons hulle so lank laat wag het, toe was die saak vir hom afgehandel en hy het rustig gekuier en ge\u00ebet. Nou hoe eet \u2018n mens as drie groot vetkoeke alreeds al die beskikbare plek gevul het!<\/p><p>My man se kollega wou vir ons dankie s\u00ea. Hy het beplan om na Suid-Afrika te verhuis en wou hier kom onderwys gee, maar dan moes hy \u2018n tweetalige eksamen skryf en deurkom voordat hy by die onderwysdepartement aangeneem sou word. My liewe man het aangebied dat ek sy taalonderwyseres word. Dus het die kollega gereeld een maal \u2018n week by ons huis opgedaag vir sy Afrikaanse les. Die aand was spesiaal om ons te bedank \u2013 ook \u2018n geleentheid om sy vrou te ontmoet.<\/p><p>Of hy toe ooit na Suid-Afrika toe gekom het, weet ek nie. Miskien het ons boersgeit daardie aand sy vrou vir goed afgesit van \u2018n verblyf in ons land! Ek weet tot vandag toe nog nie hoe die aand verloop het en waaroor ons gesels het nie. Al wat ek kan onthou is dat ons kersietert vir nagereg gekry het. Die pitte was nog binne in die kersies. My man het elke pit uit sy mond laat terugglip op die lepel en dit dan so weer in sy bord gesit. Ek het gekyk wat die gasvrou doen. Sy het die pit so verfynd met twee vingers uitgehaal en op die kant van die bordjie gesit. Toe het ek ook so gemaak, want ek het grootgeword met die onderrig dat jy nie iets uit jou mond spoeg wanneer jy eet nie!<\/p><p>Op pad terug huistoe was dit maar stil. Ek was darem skaam dat hy sy pitte weer in die lepel \u201cgespoeg\u201d het en het iets daaroor ges\u00ea:<br>\u201cOu Esthertjie, Emily Post s\u00ea \u2018n mens kan dit of met jou hand uithaal of met jou lepel op die bord terugsit.\u201d<\/p><p>\u201cLiewe land! Het sy tot oor kersiepitte geskryf!\u201d<\/p><p>Nou met Emily Post kon \u2018n mens nie baklei nie, sy het \u2018n boek oor etiket en goeie maniere geskryf doer in die 1920\u2019s \u2013 hoe jy moet eet, sit, staan en praat. Die boek was \u00earens in ons boekrak. My man met sy fotogeniese brein het dit seker eenkeer raakgelees en dit onthou \u2013 vir die regte oomblik!<\/p><p>Die herinnering van daardie aand bring my by \u2018n ander uitnodiging wat ek ontvang het en dit durf ek nooit vergeet nie en mag ook nie laat kom nie. Ek weet nie watter dag of uur daardie ete sal wees nie. Daar is egter \u2018n Boek geskryf oor hoe ek moet eet, sit, staan, praat en selfs dink om gereed te wees wanneer ek gehaal word vir daardie feesmaal. Ek het nie vir Emily Post persoonlik geken nie en ook net so af en toe in haar boek gekyk vir onderrig wanneer ons buitelanders in ons huis moes onthaal.<br>Die Skrywer van die Boek wat my voorberei vir daardie groot dag van die feesmaal waarheen ek van Hom persoonlik die uitnodiging ontvang het, ken ek egter baie goed. Sy Boek l\u00ea op my bedkassie en word elke dag met aandag gelees. Die hoogste prioriteit van my lewe is om \u2018n verhouding te h\u00ea met die Skrywer en toe te sien dat ek niks doen wat Hom kan bedroef nie.<\/p><p>In die Boek leer ek dat my klere wit gewas moet wees, altyd, geen spatsel of vuilmerk nie, want die Skrywer kan enige tyd vir my laat weet dat die maaltyd gereed is. Sonde het \u2018n baie meer onaangename reuk as gebakte vetkoek olie en dit kleef nie net aan \u2018n mens se klere nie, maar eintlik aan jou innerlike. Dan walm dit uit in wat jy s\u00ea, doen en dink en besmet nie net jou eie karakter nie, maar ook ander om jou. Die Skrywer van die Boek het juis sy eie lewe gegee dat die onwelriekende geure \u2013 of meer korrek \u2013 die aaklige stank van sonde weggewas kan word uit \u2018n mens se hele wese, sodat die welriekende geur en atmosfeer van sy teenwoordigheid \u2018n mens deurdring en omring.<\/p><p>Ek sien uit na daardie maaltyd! Die plek waarheen ek gehaal sal word, het strate van goud. Dink net! Son en maan is nie daar nodig om lig te verskaf nie, die Skrywer van die Boek is self die lig. Hy belowe dat Hy al my trane sal wegvee, daar sal geen droefheid en smart meer wees nie en ek sal vir ewig saam met Hom daar aan die tafel kan sit.<\/p><p>Ek raak eintlik opgewonde om te dink dat die Boek seker ook op jou bedkassie l\u00ea en dat jy ook die Skrywer persoonlik ken. Moet tog glad nie onseker voel oor die persoonlike uitnodiging na daardie maaltyd nie \u2013 natuurlik is dit ook vir jou bedoel. En dit is nie te versmaai nie!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was reeds laatmiddag toe die telefoon lui en Tannie Sophie se bekende stem my begroet: \u201cAg, Esther ek loop nou al dae lank rond met \u2018n lus vir vetkoek. Sal jy vir ons bak? Ek ry by die winkel verby en bring  botter en appelkooskonfyt saam. Sien jou so oor \u2018n halfuur.\u201d<br \/>\nTannie Sophie was \u2018n kleurvolle karakter met \u2018n nog meer kleurvolle verlede! Ons het haar in Malawi leer ken waar sy in Blantyre die seketaresse vir die konsul van Suid-Afrika was. Sy het al aangestap in  jare, want toe ek in matriek was, was die saak teen Suid-Afrika oor Suidwes-Afrika aan die gang en sy was daar in Den Haag een van die  gekonfyte sekretaresses vir die span Afrikaanse advokate.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1374","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1374","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1374"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1374\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1378,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1374\/revisions\/1378"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1374"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1374"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}