{"id":1364,"date":"2024-01-19T18:27:44","date_gmt":"2024-01-19T18:27:44","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1364"},"modified":"2024-01-19T18:30:08","modified_gmt":"2024-01-19T18:30:08","slug":"en-dit-was-so","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/en-dit-was-so\/","title":{"rendered":"EN DIT WAS SO"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1364\" class=\"elementor elementor-1364\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-a88d81a elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"a88d81a\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-94eafa6\" data-id=\"94eafa6\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3e74516 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"3e74516\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">EN DIT WAS SO<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8a0955f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8a0955f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-d1a8962\" data-id=\"d1a8962\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-0f310e7 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"0f310e7\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u2018n Paar dae gelede het ek het weer die Skeppingsverhaal in Genesis gelees. Wanneer God \u2018n bevel gegee het: \u201cLaat daar \u2026 wees,\u201d<br>Dan s\u00ea die Bybel: \u201cEn dit was so.\u201d<\/p><p>Iets het in my hart gebeur elke keer wanneer ek die spesifieke woorde gelees het. \u2018n Verlange het te voorskyn gekom, \u2018n verlange dat dit oor my lewe ges\u00ea kan word.<\/p><p>\u201cJy moet die Here jou God liefh\u00ea met jou hele hart, en met jou hele siel, en met jou hele verstand en al jou kragte\u2026\u201d<\/p><p>En was dit so? Is dit so? Sal dit so wees tot aan die einde van my bestaan hier op aarde? Dit is \u2018n uitdruklike bevel van die Skepper van hemel en aarde, die Skepper van die mens, my Skepper.<\/p><p>\u201c\u2026en jou naaste soos jouself.\u201d<\/p><p>Kan die hemel getuig oor my lewe in hierdie verband en s\u00ea: \u201cDit was so?\u201d<\/p><p>Gisteraand was ek saam met ander en deel toe hoe hierdie woord my aangegryp het. Een van die gelowiges neem ons toe almal nog \u2018n bietjie dieper. Sy het deur baie pyn en lyding in haar lewe gegaan en het pas teruggekom na nog \u2018n groot operasie. Sy het uit Genesis 1:27 gelees:<\/p><p>\u201cEn God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.\u201d<\/p><p>Sy het verduidelik dat al gaan ons ook onder groot swaarkry gebuk, moet ons God se woord gehoorsaam, want ons is sy ewebeeld, ons aard na Hom. Al is ons arm en benodig baie dinge, moet ons nogtans sy woord gehoorsaam, want ons is sy ewebeeld. Al is ons ook ernstig siek, ons moet Hom gehoorsaam, omdat ons na Hom aard. Daar is niks wat ons deurgaan of beleef wat ons vrystel van die vereistes van God se bevele nie. Ons is geskape na sy beeld.<\/p><p>Ook wanneer \u2018n mens ouer word \u2013 \u2018n verswakte bejaarde \u2013 verander die standaard van die woord van God glad nie. Jy moet aan die Here jou God gehoorsaam wees, meer as aan mense.<\/p><p>Ds. Petrus Moolman skryf in sy boek , \u201cMeaningful ageing\u201d<\/p><p>\u201cThe challenge in ageing is to live meaningfully in God\u2019s image, experiencing \u2018God\u2019s breathing\u2019 even in the face of ageing difficulties. Christian understanding of life as \u2018eternal life\u2019, particularly also in ageing, offers that possibility. It is a pity that simply too often the notion of \u2018eternal life\u2019 is understood in terms of life hereafter only. In ordinary terms \u2018eternal life\u2019 is a heavenly quality which the believer in Christ owns as gift from God which is required to be exhibited in earthly life. This distinguishes the Christ-following believer as a person with abilities, gifts and \u2018fruits\u2019 (Galatians 5:22) of Christ\u2019s Spirit. It enables and showcases a life lived in dedication to God and His Kingdom, moving away from an empty self-centered life with no meaning (often to others) particularly to God\u2019s Kingdom, to a specific focus on God and what He requires from life to His glory.\u201d<\/p><p>Daar is iets wat jare gelede gebeur het wat ek nou onthou terwyl ek hier sit en skryf. Dit hou direk verband met God se opdrag, sy bevel: \u201cEer jou vader en jou moeder.\u201d<\/p><p>By \u2018n Geloftedagherdenking in een van die Vrystaatse dorpe het \u2018n groot klomp mense onder die bome saamgetrek en uitgekamp. In die namiddag sou \u2018n ouer man een van die sprekers wees.<br>Hy het \u2018n bietjie op sy kampstoel gaan rus en vir sy seun ges\u00ea:<\/p><p>\u201cKrisjan, hier is so baie vlie\u00eb, pa wil \u2018n bietjie dut, want ek moet netnou praat. Jaag tog die vlie\u00eb weg dat hulle nie pla nie.\u201d<\/p><p>\u201cGoed pa.\u201d<\/p><p>Krisjan het \u2018n takkie met baie blare aan in \u2018n bos gaan soek en dit met sy knipmes behendig afgesny. \u2018n Stewige takkie met \u2018n harde stukkie stam.<br>Hy het agter sy slapende pa gaan staan en rustig enige vlieg wat naby gekom het, weggewaai.<\/p><p>Nou moet ek hier eers van Krisjan vertel. Hy was sy pa se skaduwee. Hulle het oral saamgegaan. Sien, Krisjan was verstandelik vertraag en kon nooit weggaan om sy eie potjie te gaan krap nie \u2013 hy was sy pa se kind en waar sy pa se voete geloop het, daar het Krisjan se voete geloop.<\/p><p>Daar was toe darem een vlieg wat net te astrant geword het na Krisjan se sin. Elke nou en dan het hy onder die takkie ingeduik en op sy pa se voorkop gaan sit. Dit het Krisjan omgekrap. Hy het al die blare van die takkie met sy hand afgestroop en die vlieg ingewag. Die oomblik toe die lastige sitter weer op sy pa se voorkop land, het hy goed gemik en met \u2018n moordende hou die vlieg vermorsel. Hy het nooit daaraan gedink dat sy pa se voorkop dit ook sou voel nie!<\/p><p>\u2018n Opgehewe rooi haal het oor die voorkop van Krisjan se pa gel\u00ea toe hy opstaan om te praat. Hy het om verskoning gevra dat hy so voor die mense staan en het verduidelik dat dit die ywer van sy seun Krisjan was om getrou te wees in wat sy pa hom gevra het \u2013 hy het net probeer om die vlie\u00eb weg te hou.<\/p><p>\u201cEn dit was so.\u201d<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Paar dae gelede het ek het weer die Skeppingsverhaal in Genesis gelees. Wanneer God \u2018n bevel gegee het: \u201cLaat daar \u2026 wees,\u201d<br \/>\nDan s\u00ea die Bybel: \u201cEn dit was so.\u201d <\/p>\n<p>Iets het in my hart gebeur elke keer wanneer ek die spesifieke woorde gelees het. \u2018n Verlange het te voorskyn gekom, \u2018n verlange dat dit oor my lewe ges\u00ea kan word.<br \/>\n\u201cJy moet die Here jou God liefh\u00ea met jou hele hart, en met jou hele siel, en met jou hele verstand en al jou kragte\u2026\u201d<br \/>\nEn was dit so?<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1364","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1364"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1364\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1368,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1364\/revisions\/1368"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}