{"id":1358,"date":"2023-12-30T18:30:58","date_gmt":"2023-12-30T18:30:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1358"},"modified":"2023-12-30T18:33:15","modified_gmt":"2023-12-30T18:33:15","slug":"onuitblusbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/onuitblusbaar\/","title":{"rendered":"ONUITBLUSBAAR!"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1358\" class=\"elementor elementor-1358\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2a3bf32 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2a3bf32\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-cae0adb\" data-id=\"cae0adb\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6175836 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"6175836\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">ONUITBLUSBAAR!<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-b8a0990 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"b8a0990\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-3c52d0f\" data-id=\"3c52d0f\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f4c2eb6 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"f4c2eb6\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings=\"{&quot;drop_cap&quot;:&quot;yes&quot;}\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Baie jare gelede was ons een middag bymekaar vir \u2018n personeelvergadering. Catherine het die woorde van \u2018n lied op die swartbord geskryf terwyl ons vir die skoolhoof gewag het. Ons wou dit leer en saam sing.<br><br>\u201cLord, lay some soul upon my heart<br>And love that soul through me.<br>And may I humbly do my part<br>To win that soul for Thee.\u201d<br><br>Oom Erlo het onverwags by die klaskamer ingestap en in een van die banke gaan sit.<br><br>\u201cKan julle die lied weer sing.\u201d<br><br>Nadat ons dit gesing het, het hy vertel:<br>\u201cDaar is \u2018n woord in Hooglied hoofstuk 8 wat ek vanoggend gelees het:<br>Groot waters kan die liefde nie uitblus nie, en riviere dit nie oorstroom nie \u2013 en hier sing julle van daardie liefde van God.\u201d<br>Na nog \u2018n paar gedagtes oor die onuitblusbaarheid van God se liefde het hy ons toe weer net so stil verlaat as wat hy gekom het. Wat oom Erlo daardie dag agtergelaat het, leef egter nou nog na meer as twintig jaar in my geheue \u2013 die onuitblusbaarheid van God se liefde vir Sy kinders.<br><br>Christus het gekom dat die woorde in Johannes 3:16\u00a0 oor hierdie onuitblusbaarheid van God se liefde vir ewig opgeteken kan staan en deur die eeue kragtig werksaam in die harte van verloregaande mense kan werk:<br><br>\u201cWant so lief het God die w\u00eareld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h\u00ea.\u201d<br><br>Die pyn en die lyding om God se liefde openbaar te maak, was op Hom. Hy het die prys betaal dat hierdie liefde ons harte kan bereik \u2013 harde harte.\u00a0 Die tragiek is dat ons liefde vir God so maklik uitblusbaar is. Toe Jesus eendag\u00a0 daar op die Olyfberg gaan sit en sy dissipels onderrig het, was dit oor die vervolging wat sal kom \u2013 die verdrukking en die haat wat ons ter wille van Sy Naam sal ly.<br><br>\u201cEn omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel,\u201d het Jesus gewaarsku.<br><br>Eers het ek gedink dat daar gepraat word van die ongeregtigheid in die w\u00eareld om ons, maar het toe besef dat die w\u00eareld niks het wat kan verkoel nie, die w\u00eareld haat dan vir Christus. Dit moet wees wanneer die verkeerde in die kerk toeneem, die verkeerde tussen ons wat onsself Christene noem, dat die liefde van die meeste sal verkoel. Nie eers \u2018n volle eeu nadat Christus teruggegaan het na sy Vader in die hemel nie, moes Hy die kerk berispe omdat hulle hul eerste liefde verlaat het\u2026 hoeveel te meer nou na tweeduisend jaar!<br><br>Dit is so, niemand kan stry nie, die toestand van die sogenaamde kerk van ons dag is beklaenswaardig. Beklaenswaardig dat daar mense op die kerkbanke sit wat s\u00ea dat dit reg is tussen hulle en God, maar die huismense weet van die duisternis waarin die pa wandel \u2013 hy dink dat hy skelm na pornografie kyk en dat niemand weet nie. Die kinders weet dit al lankal en verloor respek vir die God wat hy met sy mond bely. Sy weggesteekte ongeregtigheid \u2013 sy eie verkoelde liefde vir Christus vind weerklank in sy kinders se harte.<br><br>Die ma van die huis lig haar hande op in die diens en prys die Here in \u2018n luide stem en sing saam oor sy goedheid, terwyl haar losbandige kleredrag en haarstyl dit uitkreet dat sy die w\u00eareld liefhet. Die kinders het gehoor dat die Woord van God s\u00ea:\u00a0 \u201cMoenie die w\u00eareld liefh\u00ea of die dinge wat in die w\u00eareld is nie. As iemand die w\u00eareld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.\u201d Hulle sien en beleef hulle ma se liefde vir alles wat die w\u00eareld bied en haar liefde vir geld en die mag wat geld het om te kan verkry waarna haar hart verlang. Dan hoor hulle hoe sy bid wanneer die biduurgroep in hulle huis bymekaar kom, en hulle liefde vir Christus verkoel, want die godsdiens van hulle ma het geen gesag in hulle lewens nie, dit rym nie met haar lewenstyl nie.<br><br>Die familie hoor dikwels hoe die oupa geprys word in die gemeente vir sy voorbeeld as Christen en sy oop hand vir mense in nood. Tog weet hulle waaroor hy praat wanneer almal saam om die etenstafel sit. Sy mond is die hele tyd vol kritiek oor die bure, oor kollegas en ander gemeentelede wat Sondae saam met hom die Nagmaal gebruik. Hy het geen terughouding om hulle foute uit te blaker en hulle af te kraak daar in die privaatheid van sy huis nie. Dan maak hy die Bybel oop om huisgodsdiens te hou en lees uit 1 Johannes 4:20. \u201cAs iemand s\u00ea: Ek het God lief \u2013 en sy broeder haat, is hy \u2018n leuenaar, want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefh\u00ea wat hy nie gesien het nie.\u201d\u00a0\u00a0 Die kinders wonder oor hulle oupa en sy God. Hy is dan mos ook \u2018n leuenaar en hoekom doen God dan niks aan hom nie? Die begeerte om ook so \u2018n God te dien word minder en die liefde wat hulle gehad het vir Jesus verkoel.<br><br>Of kinders verval in allerhande immorele leefwyses en die ouers s\u00ea niks, want \u2018n mens moet mos maar verstaan standaarde en waardes het verander. Die kind moet tog vrygelaat word om sy eie keuses te maak.<br>Sodoende kom hoe die w\u00eareld doen, hoe die w\u00eareld dink en hoe die w\u00eareld voel onder hulle dak in en hulle swyg om vredes ontwil.<br><br>Beklaenswaardig! Betreurenswaardig! Oor sonde moet daar nie meer gepreek word nie, want dit maak mense ongemaklik en veroorsaak spanning en slapelose nagte by sommige. Christus het mos afgereken met die sonde, waarom moet daar dan oor gepraat word? So neem die ongeregtigheid toe en die liefde verkoel wanneer die wat kerk toe gaan en bekend staan as gelowiges, nie meer die Woord van God uitleef en dit gehoorsaam in hul daaglikse lewe nie.<br><br>Ja, Christus het ook oor ons gepraat, oor ons wat nou leef. Dit wat Hy vir die dissipels verduidelik het, gebeur rondom ons. Die internet, die selfoon en alles wat die w\u00eareld bied, het die mensdom vasgegryp in \u2018n mallemeule wat draai van een opwinding tot \u2018n ander hoogtepunt van interessantheid \u2013 ook gelowiges. Die tyd vir God en sy Woord word al hoe skrapser. Die gesag en outoriteit van die Woord van God word weggestoot en die reg wat God het op siele wat gekoop is deur die bloed van Sy Seun, word geminag.<br><br>\u2018n Mens kan net dink wat sal gebeur wanneer openlike vervolging teen die kerk van Christus \u2013 nie net afgebaken tot sommige lande waar Christene reeds nie meer geduld word nie \u2013 maar dwarsoor die w\u00eareld spoel. Wanneer ook hier in ons land gebeur wat Christus voorspel het: \u201cJulle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam.\u201d\u00a0 Wanneer gelowiges geminag en in tronke gegooi word omdat die verkondiging van die ware Evangelie van Christus as haatspraak geklassifiseer word. Wie tussen ons wat nou kerk speel, sal dan kan bly staan? Sal ons nie mekaar verraai en mekaar haat nie?<br><br>Nogtans bly die onuitblusbaarheid van God se liefde staan soos \u2018n paal bo water teenoor die liefde van die mens wat so skandelik uitblusbaar is, die liefde van die mens wat kan verkoel en tot \u2018n einde kom. God is liefde en die mens wat sy hart daarop sit om God te soek, sal Hom vind en in die onuitblusbare liefde toegevou word.<br><br>Jesus Christus bemoedig almal wat sy dissipels is: \u201cMaar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.\u201d<br><br>Kom ons volhard in ons liefde vir Christus dat dit nooit verkoel nie, maar daagliks sterker en kragtiger groei in die krag van die Heilige Gees wat aan ons geskenk is as Trooster en by ons sal bly tot die einde toe.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie jare gelede was ons een middag bymekaar vir \u2018n personeelvergadering. Catherine het die woorde van \u2018n lied op die swartbord geskryf terwyl ons vir die skoolhoof gewag het. Ons wou dit leer en saam sing.<br \/>\n\u201cLord, lay some soul upon my heart<br \/>\nAnd love that soul through me.<br \/>\nAnd may I humbly do my part<br \/>\nTo win that soul for Thee.\u201d<br \/>\nOom Erlo het onverwags by die klaskamer ingestap en in een van die banke gaan sit.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1358","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1358"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1358\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1362,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1358\/revisions\/1362"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}