{"id":1349,"date":"2023-12-26T18:47:31","date_gmt":"2023-12-26T18:47:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1349"},"modified":"2023-12-26T18:49:28","modified_gmt":"2023-12-26T18:49:28","slug":"is-daar-nog-hoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/is-daar-nog-hoop\/","title":{"rendered":"IS DAAR NOG HOOP?"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1349\" class=\"elementor elementor-1349\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-98552d9 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"98552d9\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-026023f\" data-id=\"026023f\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a3efe2f elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"a3efe2f\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">IS DAAR NOG HOOP?<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-269cb08 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"269cb08\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-96dc8ee\" data-id=\"96dc8ee\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a47965d elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a47965d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Waar kry \u2018n mens \u2018n beskrywing wat meer hopeloos is as dit wat in die Bybel in Markus 5 geskryf staan? <br><br>\u201c\u2026 \u2019n man met \u2018n onreine gees wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.\u201d<br><br>Die man sonder naam het tog ook \u2018n ma gehad.\u00a0 Watter skaamte en skande moes haar dikwels oorweldig het dat die kind wat sy grootgemaak het so uitgedraai het \u2013\u00a0 so \u2018n las en bedreiging vir die gemeenskap dat daar jag op hom gemaak is en dan was hy vasgeketting en geboei; net om te hoor dat hy losgebreek het en wild voortgegaan het met sy bose dade. Die Bybel s\u00ea dat hy dikwels in kettings was, maar niemand kon hom tem nie. Teen daardie tyd was hy al so \u2018n nes vir die bose geeste van die hel dat hy met bomenslike krag kettings gebreek het asof dit net toue was.<br><br>Deesdae maak sommige gemeenskappe sommer self \u2018n einde aan die lewe van\u00a0 iemand wat aanhou steel en moeilikheid maak. Onlangs was ons op \u2018n plek naby die landsgrense en het daar verneem hoe agt mense hulle lewe verloor het deur die gemeenskap se optrede. In die bestek van \u2018n paar maande is die diewe en misdadigers doodgemaak en verbrand deur mense wat wet in eie hande geneem het en ges\u00ea het: \u201cDit is nou genoeg!\u201d Hoe gelukkig was die besetene van Gadara dat hy in \u2018n tyd geleef het waar mense nog vrees vir God gehad het en waar \u2018n menselewe nog waarde gehad het.<br><br>Seker so twee jaar gelede het ek \u2018n vrou ontmoet wat gevra het of ek tog saam met haar kon bid. Sy was so diep in haar wese geskok oor die hardheid wat sy te\u00ebgekom het in mense, dat sy hoop verloor het vir die toekoms. Sy het vertel hoe hulle eendag uitgeroep was na \u2018n area en daar het hulle \u2018n lyk langs \u2018n voetpaadjie aangetref.\u00a0 Die man se kop was met klippe papgekap. Morsdood. Vir haar was dit \u2018n afgryslike toneel. Terwyl hulle daar op die toneel nog besig was om te besluit wat om te doen, het twee ouer vrouens verbygestap en na die lyk gekyk. Die een vrou het na iemand anderkant die grootpad geroep: <br><br>\u201cIs dit so en so wat hier l\u00ea?\u201d<br><br>\u201cJa, dit is hy,\u201d het die antwoord teruggekom.<br><br>Die ander vrou het haar hande in vreugde geklap en uitgeroep:<br>\u201cDankie tog, nou sal ons rus en vrede h\u00ea.\u201d<br><br>Dat vrouens so hard en koud kon optree, het hierdie vrou wat hulp gesoek het tot in haar binneste geskud, want dit was iemand uit die vrouens se buurt wat daar dood gel\u00ea het. Hulle was sekerlik bekend met die ma en die familie van die vermoorde. Wat meer is, dit was mense uit hulle geledere wat die dood van hierdie man veroorsaak het en dit het hulle bly gemaak.<br><br>Die ma van daardie besetene wat uitgedryf was na die berge en die grafte, het seker soms gewonder waar hy kos kry om te eet. Hoe hy die koue deurleef daar in die oopte. As sy nog geleef het, moes sy gehoor het van Jesus wat mense bevry het van die duiwel wat hulle so verdruk het. Sou sy moed gehad het om vir haar seun hulp te gaan soek soos daardie Kananese vrou wat Hom so gesmeek het om haar dogter genadig te wees omdat sy erg van die duiwel besete was?<br><br>\u2018n Mens kan net bespiegel oor die ma van die besetene, want die Bybel praat nie oor haar nie. Die wonder van die verhaal van hierdie hopelose vervalle man is egter dat Jesus Christus self op die toneel verskyn het.<br><br>Sy boot het anker gegooi by die land van die Gadareners. Toe Jesus uit die skuit klim, het die besetene van ver af Hom gesien en na Hom gehardloop en voor sy voete neergeval. Al die onreine geeste in hom kon hom nie terughou nie! Jesus Christus het Hom dadelik oor die man ontferm en die duiwel beveel om hom te verlaat. Dit was \u2018n onmiddellike bevryding! Daar het die besetene voor Jesus gesit, gekleed en by sy volle verstand. O, die wonderlike rus en stilte wat in sy gemoed moes neergedaal het \u2013 bevry! Sy Bevryder en Verlosser wou nie toelaat dat hy saam met Hom in die boot klim en wegvaar nie. Hy het die verloste man beveel:<br><br>\u201cGaan na jou huis en jou mense toe en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.\u201d<br><br>Hy was gehoorsaam en het gegaan. Dink net! Miskien was sy ou moeder besig om brood te knie en skielik het hy in die deur van die kombuis verskyn en gegroet, by sy volle verstand, stil en rustig: <br>\u201cMore, Ma.\u201d<br><br>Hoe kan \u2018n ma dan opgee om vir haar kinders gelowig te bid? Al is die prentjie ook hoe donker, al is die kind ook so diep vergaan in ellende en sonde, daar is nog altyd Jesus Christus, die Verlosser van die mens.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waar kry \u2018n mens \u2018n beskrywing wat meer hopeloos is as dit wat in die Bybel in Markus 5 geskryf staan? <\/p>\n<p>\u201c&#8230; \u2019n man met \u2018n onreine gees wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1349","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1349","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1349"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1349\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1353,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1349\/revisions\/1353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1349"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1349"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1349"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}