{"id":1312,"date":"2023-12-16T14:54:57","date_gmt":"2023-12-16T14:54:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1312"},"modified":"2023-12-16T14:57:12","modified_gmt":"2023-12-16T14:57:12","slug":"verbete-weerstand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/verbete-weerstand\/","title":{"rendered":"VERBETE WEERSTAND"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1312\" class=\"elementor elementor-1312\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-ce64bfa elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"ce64bfa\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-eabeb58\" data-id=\"eabeb58\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-af2d970 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"af2d970\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">VERBETE WEERSTAND<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-9e23683 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"9e23683\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-5e2e43d\" data-id=\"5e2e43d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-54eef0a elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"54eef0a\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Dit is al amper weer Kersfees. Die winkels is al lankal versier en baie mense het al klaar geskenke gekoop. Familie byeenkomste word beplan en spyskaarte sorgvuldig uitgewerk met kragonderbrekings in gedagte.<br>Sommige wat moet werk, voel sommer al by voorbaat die pyn dat hulle nie die samesyn sal kan beleef nie.<\/p><p>Dan is daar mense vir wie Kersfees \u2018n tyd van emosies en \u2018n tyd van herinneringe is. By sommige maak die herinneringe seer en die vrolike Kerstyd musiek wat oral opklink, veroorsaak \u2018n wrang smaak. Hulle kan nie s\u00ea: \u201cEk is jammer. Ek was verkeerd,\u201d nie \u2013 daarom bly die onoorbrugbare verwydering tussen hulle en die wat voorheen Kerstyd gemeensaam deurgebring het.<\/p><p>In die hemel was die plan egter dat Christus gebore word as \u2018n Kind sodat Hy sy volk van hulle sondes kan verlos. Die engel het dit ook so aan Josef oorgedra:<br>\u201c\u2026 en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.\u201d<\/p><p>Aan die profeet Jesaja is \u2018n goeie seshonderd jaar voordat die Kind gebore is reeds geopenbaar wat Hy sou moes ly om ons sondes weg te neem.<\/p><p>\u201cMaar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.\u201d<\/p><p>Kersfees is \u2018n tyd van vreugde omdat daar vir ons \u2018n Verlosser gebore is, \u2018n Verlosser van ons sondes! \u2018n Verlosser wat die skeidsmuur tussen ons en God afgebreek het \u2013 die skeidsmuur wat ons self deur ons sonde gebou het. Hy het ons straf gedra sodat ons met God die Vader versoen kon word. Dit is die ware boodskap en betekenis van Kersfees.<\/p><p>Tog is daar \u2018n verbete weerstand teen die waarheid dat ons in sonde gebore en ontvang is, dat ons \u2018n Verlosser buite onsself nodig het om ons van ons sonde te verlos. Dit is vir die meeste mense nie \u2018n aangename en aanvaarbare boodskap nie. Daar ontstaan \u2018n diep weerstand in harte teen hierdie Evangelie-boodskap, want die mens wil nie meer erken dat hy \u2018n sondaar is nie, dat hy sleg is en makliker die verkeerde doen as die goeie. Hy wil vrede in sy gemoed en rondom hom h\u00ea, maar die vrede moet gegee word sonder dat die mens erken dat hy teen die Allerhoogste gesondig het. Die vrede moet kom sonder berou oor die sonde, sonder bekering van die verkeerde, sonder die wonderbare, vry makende vergifnis. Dit moet net daar wees, want hy probeer mos sy bes! Dit kom hom toe!<\/p><p>Nee, dit kom ons nie toe nie. Dit is waarom Kersfees ons met so \u2018n diep vreugde vul en ons God opreg dank. Hy het vanuit die hemel ons in genade aangesien en die grootste Geskenk gestuur wat enige mens hier op aarde kan ontvang \u2013 Jesus Christus, sy Seun.<\/p><p>Jesaja skryf: \u201cWant \u2018n Kind is vir ons gebore, \u2018n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem; Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors\u2026\u201d<\/p><p>Het hierdie Vredevors al die heerskappy van jou lewe op sy skouer, of is jy dalk een van die wat vrede wil h\u00ea op jou eie terme; doen wat jy wil, wanneer jy wil en hoe jy wil en God moet die vrede gee, want sonder vrede in die gemoed en gedagtes is die lewe wrang en onuithoudbaar?<\/p><p>Jesus Christus het eendag vir mense ges\u00ea: \u201cEk het dan vir julle ges\u00ea dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.\u201d Hoe kan enige mens dan \u2018n gese\u00ebnde Kersfees beleef hierdie jaar as hy eintlik besig is om geestelik in sy sonde te sterwe net omdat hy Christus nie wil erken as die Verlosser wat gekom het om ook vir hom van sy sonde te verlos nie?<\/p><p>Reeds \u2018n ou man wat deur baie vervolging en smart \u2018n getroue dissipel van Christus gebly het, het hy, Johannes, aan die gemeente geskryf:<\/p><p>\u201cAs ons s\u00ea dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons s\u00ea dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot \u2018n leuenaar en is sy woord nie in ons nie\u2026 En Hy is \u2018n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s\u2019n nie, maar ook vir die van die hele w\u00eareld.\u201d<\/p><p>Mag hierdie Kersfees ons aantref met \u2018n danklied in die hart omdat die Kind wat vir ons gebore is, ook ons persoonlike Verlosser en Saligmaker geword het. Die Seun wat vir ons gegee is, het ons vrygemaak van ons sondes en nou kan ons hierdie Kersfees ware vrede en vreugde beleef en so oorvloedig daarvan h\u00ea dat ons dit kan uitstraal en uitstrooi.<\/p><p>Gese\u00ebnde Kersfees!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is al amper weer Kersfees. Die winkels is al lankal versier en baie mense het al klaar geskenke gekoop. Familie byeenkomste word beplan en spyskaarte sorgvuldig uitgewerk met kragonderbrekings in gedagte.<br \/>\nSommige wat moet werk, voel sommer al by voorbaat die pyn dat hulle nie die samesyn sal kan beleef nie.<\/p>\n<p>Dan is daar mense vir wie Kersfees \u2018n tyd van emosies en \u2018n tyd van herinneringe is. By sommige maak die herinneringe seer en die vrolike Kerstyd musiek wat oral opklink, veroorsaak \u2018n wrang smaak&#8230;<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1312","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1312","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1312"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1312\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1316,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1312\/revisions\/1316"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1312"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1312"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1312"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}