{"id":1304,"date":"2023-10-02T13:33:35","date_gmt":"2023-10-02T13:33:35","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1304"},"modified":"2023-10-02T13:54:54","modified_gmt":"2023-10-02T13:54:54","slug":"wanneer-mense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wanneer-mense\/","title":{"rendered":"WANNEER MENSE\u2026"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1304\" class=\"elementor elementor-1304\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8096833 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8096833\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-c394e4e\" data-id=\"c394e4e\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a52bd2d elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"a52bd2d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">WANNEER MENSE ...<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-bf424f9 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"bf424f9\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>\u201cGese\u00ebnd is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens. Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel\u2026\u201d (Lukas 6:22-23)<\/p><p>Ons leier en herder het sy loon in die hemel ontvang! Oom Erlo het so sag weggegaan, net opgehou asemhaal en hy was daar in die hemel by Christus wat hom kom haal het. So voor ons o\u00eb het hy geleef wat hy gepreek het en voor ons o\u00eb het hy getrou gebly tot die einde toe. Nooit het hy skande gebring op die naam van sy Verlosser, Jesus Christus nie, nooit het hy weggedraai van die wil van sy God nie. Hy het sy wedloop voltooi en sy kroon in die hemel ontvang.<\/p><p>Net God in die hemel weet van alles wat hy hier op aarde gely het ter wille van die Naam van Christus. Hy het nooit teruggedeins vir die prys wat hy moes betaal het omdat hy Christus in alles eerste gestel het nie. Deur die jare het mense sy naam weggegooi soos iets wat sleg is, hulle het hom beledig en valslik dinge teen hom uitgetrompet, maar nooit het hy homself regverdig of terug kwaad gepraat nie. Sy lewe lank het hy goed gedoen en homself vir ander uitgegiet.<\/p><p>Ek onthou in die maande wat ons in Frankryk was, het oom Erlo en \u2018n span vir die eeste keer Frankryk besoek. Grenobel was nie te ver van Albertville waar ons in die taal skool was nie. My lektrise wou ook graag na oom Erlo gaan luister en het aangebied om ons na die diens in Grenobel te neem. Net so voordat die diens sou begin, het ek \u2018n geraas agter in die saal gehoor en omgekyk. \u2018n Klomp mense het ingekom en heel agter gaan sit. Sommige het \u2018n sekere soort papier in hulle hande gehad en wanneer dit gefrommel word, het dit \u2018n geraas gemaak. Ander het ballonne gehad. Hulle was rumoerig en duidelik daar om steuring te veroorsaak.<\/p><p>Die doel van die bymekaarkom was dat oom Erlo kon vertel van die herlewing onder die Zoeloes. Hy het begin praat oor wat hulle deur die jare van die geregtigheid van God geleer het. Daar was \u2018n geraas vanuit die agterste stoele en iemand het luid geskree: \u201cOns wil nie van geregtigheid hoor nie, vertel ons van die liefde!\u201d Oom Erlo het so \u2018n oomblikkie stilgebly en toe ges\u00ea:<br>\u201cVriende, ons het bymekaar gekom om te hoor wat die Here vir ons wil s\u00ea, so kom ons gee aandag.\u201d<\/p><p>Toe het hy gepreek met groot vrymoedigheid. Sy stem het die saal gevul. Dit het doodstil geword. \u2018n Mens het heeltemal vergeet van die mense agter in die saal, want daar het geen geluid meer van hulle kant af gekom nie. Geen geraas van papiere en ook geen ballon het gebars nie. Hulle het net verdwyn!<\/p><p>So het die geraasmakers, die moddergooiers en leuensprekers van ons dag se stemme nou vir altyd in oom Erlo se ore stil geword. Hy is daar waar al die trane afgevee is, waar al die wonde en letsels wat hy hier op aarde opgedoen het, verdwyn het daar waar hy sy geliefde Here Jesus Christus van aangesig tot aangesig ontmoet het. Hy sing saam as oorwinnaar nou daar voor die troon van God die Vader.<\/p><p>Hier op aarde was hy getrou aan die opdrag van Christus:<\/p><p>\u201cMaar Ek s\u00ea vir julle: Julle moet jul vyande liefh\u00ea; se\u00ebn die wat julle vervolg, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en hy laat re\u00ebn op regverdiges en onregverdiges.\u201d Mattheus 5:44-45)<\/p><p>So het oom Erlo geleef \u2013 goed gedoen aan die wat hom gehaat , en sy naam beswadder en besmeer het. Hy het vir hulle gebid en nooit van iemand kwaad gepraat nie. Ek het \u2018n kind in die lewe gebring wat haarself al baie jare gelede van my vervreem het. Vir meer as twintig jaar al baklei sy teen oom Erlo en sy kry net nie genoeg van haar smeer veldtog nie. Die media ken haar stem en haar gesig, maar \u2018n mens wonder waarom so baie mense dan geen onderskeiding tussen die waarheid en die leuen het nie.<\/p><p>Nadat News 24 daardie aaklige, leuen deurdrenkte riller, Exodus, vrygestel het waarin hulle Kwasizabantu en ons leier so onverdiend aangeval het, het nog meer skaamtelose uitryging van leuens die rondtes gedoen. Oningeligte mense en baie wat alles op goeie geloof aanneem se gevoelens het in die gedrang gekom en hulle het saam op \u2018n galop weggetrek deur die leuen moerasse. Die media was skielik oorstroom met opgemaakte stories wat die karakters en reputasies van opregte mense skend.<\/p><p>Vir my is dit net te wonderlik dat iemand soos Gerda Potgieter wat vrae gehad het oor die debakel wat in die media oor Kwasizabantu losgebars het, nie die vrae weggestoot het nie. Omdat sy nie die kloutjie by die oor kon bring nie, het sy gaan ondersoek instel. Haar navorsing was intens en intensief en haar boek: A JOURNEY TO THE TRUTH ontbloot die motiewe en redes vir al hierdie haatspraak teen oom Erlo en die Sending. Die nuusblad, NOSEWEEK, het te voorskyn gekom met hulle reeks inligting oor die moddergooiers en swartsmeerders van die Sending. Ek dink die naam wat hulle vir hierdie dokument\u00ear gegee het, is in die kol \u2013 Revelation<\/p><p>Nou, na oom Erlo se heengaan, is daar jou werklik nog steeds dieselfde mense en media wat wil munt slaan uit die geleentheid om verdere haatspraak teen oom Erlo te bevorder. Ondenkbaar dat \u2018n goeie man so beskryf word in die monde van hulle wat haat en dieselfde haat in ander wil opwek.<\/p><p>Ek het onthou hoe Christus sy volgelinge getroos het:<\/p><p>\u201cAs die w\u00eareld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.\u201d (Johannes 15:18)<\/p><p>En hoe is Jesus Christus nie gehaat nie! Hulle het Hom \u2018n duiwelbesetene genoem, \u2018n vraat en wynsuiper, \u2018n godslasteraar, terwyl Hy voor hulle o\u00eb siekes genees het, blindes hulle sig teruggegee het, dowes se ore geopen het, selfs melaatses genees het en duiwels uit mense gedryf het. Hy het hulle van sy Vader in die hemel vertel en uitgeleef wie die Vader in werklikheid is, maar hulle wou niks hoor nie. Om Hom uit die weg te ruim, het hulle Hom aan die Romeine oorgelewer om gekruisig te word. En toe, teen al hulle verwagtinge in, het Hy uit die dode opgestaan en opgevaar na die hemel! Vandaar het Hy sy Gees gestuur om in almal wat in Hom glo Sy lewe te leef. Nou het die w\u00eareld derduisende volgelinge van Christus om te haat. Dus word dit al hoe meer mode dat die w\u00eareld se haatspraak teen die volgelinge van Christus aanvaar en versprei word. Die onverdraagsaamheid teenoor opregte Christene wat staan vir die waarheid, word dieper en venyniger en word selde in die media bevraagteken.<\/p><p>Onder die toegewyde leierskap van oom Erlo is \u2018n Christen gemeenskap gevorm waar geloof in God, hoop in Christus en liefde vir God en die medemens die mees opvallendste eienskappe is. Hy het hom daarop toegel\u00ea om vir elkeen die pad te wys na \u2018n persoonlike verhouding met Jesus Christus, die Verlosser. Sy heengaan bring in ons gemeenskap net \u2018n groter vasberadenheid om vas te staan en voort te gaan om die Naam van Jesus Christus hoog te hou, kom wat wil.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cGese\u00ebnd is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens. Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel\u2026\u201d (Lukas 6:22-23)<br \/>\nOns leier en herder het sy loon in die hemel ontvang! Oom Erlo het so sag weggegaan, net opgehou asemhaal en hy was daar in die hemel by Christus wat hom kom haal het. So voor ons o\u00eb het hy geleef wat hy gepreek het en voor ons o\u00eb het hy getrou gebly tot die einde toe. <\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[109,110,112,111],"class_list":["post-1304","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is","tag-haat","tag-hatred","tag-rejoice","tag-wees-bly"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1304","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1304"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1304\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1309,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1304\/revisions\/1309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1304"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1304"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1304"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}