{"id":1298,"date":"2023-09-27T19:43:57","date_gmt":"2023-09-27T19:43:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1298"},"modified":"2023-09-27T19:46:24","modified_gmt":"2023-09-27T19:46:24","slug":"skoon-gewete","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/skoon-gewete\/","title":{"rendered":"SKOON GEWETE"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1298\" class=\"elementor elementor-1298\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-1524d3c elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"1524d3c\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-15dd336\" data-id=\"15dd336\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-d456f07 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"d456f07\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">'n SKOON GEWETE<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-9c31e95 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"9c31e95\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-b2cd84d\" data-id=\"b2cd84d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6a0c662 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"6a0c662\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Nadat ek onlangs weer gelees het oor Paulus toe hy voor die goewerneur, Felix aangekla gestaan het \u2013 aangekla deur sy eie godsdienstige leiers \u2013 kom sy woorde dikwels terug in my gedagtes. Hy het ges\u00ea: \u201cDaarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense \u2018n rein gewete te h\u00ea.\u201d Hy was onskuldig op al die aanklagte, sy gewete was rein voor God en ook rein voor die wat hom beskuldig het dat hy \u2018n pes onder hulle was, \u2018n verwekker van oproer en die voorman van \u2018n sekte. \u2018n Rein, skoon en gesonde gewete skenk \u2018n mens krag en vrymoedigheid om te leef. Hoeveel mense is daar vandag wat saam met Paulus kan s\u00ea: \u201cEk oefen my ook altyd om voor God en die mense \u2018n rein gewete te h\u00ea.\u201d<\/p><p>Paulus is soveel kere mishandel en wreed geslaan, selfs met klippe gegooi en vir dood agtergelaat, terwyl hy net goed gedoen het. Omdat hy egter sy gewete geoefen het om rein voor God te wees, het hy nooit eers daaraan gedink om mense te blameer of kwaad van hulle te praat nie. Hy het vergewe en sy hart in die liefde van God bewaar teen enige bitterheid. Hy was by tye koud, honger en siek, maar nooit het hy gekla of teen God gemurmureer nie. Daarom kon hy voor Felix staan met \u2018n gewete wat hom nie aangekla het nie. Daarom kon Paulus ook die gelowiges leer dat \u2018n mens nie jou gewete moet onderdruk en sodoende skipbreuk lei aan jou geloof nie. Om die stem van jou gewete te probeer versmoor is moontlik, dan bly dit stil en vervul nie meer sy funksie nie. Jy kan dit versmoor, want die gewete het nie die mag om jou te bekragtig om te doen wat reg is nie \u2013 dit kan jou net teregwys. Daar is egter geen mensgemaakte god of enige ander manier hoe die gewete met sy skuldlas bereik kan word nie. Die las van dooie, verkeerde werke l\u00ea daar en kom so elke nou en dan heel onverwags en onwelkom by die eienaar van die gewete spook.<\/p><p>Mense doen allerhande dinge om die skuldlas van die gewete te ontvlug. Soos \u2018n man wat daar in Malawi vir \u2018n sendeling in die tuin kom werk het. Hulle het hom as Peterson leer ken, maar \u2018n vriend van die vorige plek waar hy gewerk het, het verby gekom en hom as James aangespreek. Toe was hy kort daarna saam met die sendeling in die dorp en iemand het van die anderkant van die straat hom met groot vreugde gegroet en toegeroep: \u201cLanklaas gesien, Lamoti!\u201d<\/p><p>Op pad terug in die motor, het die sendeling hom gevra:<\/p><p>\u201cWat is nou eintlik jou regte naam? Ons noem jou Peterson, daardie vriend wat verbygekom het, het jou James genoem en vandag hoor ek weer jy is Lamoti.\u201d<\/p><p>Die man het eers so \u2018n bietjie rond geskuif en na \u2018n rukkie verduidelik:<\/p><p>Sien, Meneer, ek het met die naam Lamoti groot geword. Die Lamoti het in Blantyre gaan werk, maar egter sulke skandelike dinge gedoen, goed waaroor \u2018n mens te skaam is om te praat. Toe trek ek Lamoti uit en los hom daar in Blantyre en het gaan werk op Nkotokota. James was die naam wat ek daar vir my aangetrek het. James het toe weer so skande gemaak dat ek hom liewers uitgetrek en van hom weggevlug het. Hier by Meneer het ek vir my \u2018n nuwe naam aangetrek en Peterson het nog nie weer skande gemaak nie.\u201d<\/p><p>Nie almal van ons is so eerlik soos Lamoti nie. Ons probeer wegkom van die skuld van ons verkeerde dade, maar slaag nie daarin nie. Sommige mense begin drink, ander rook dagga, of drink pille, net om te vergeet. As daardie verdowing uitgewerk het, is die skuldlas maar weer daar. Ander kweek die gewoonte aan om almal rondom hom te blameer en te kritiseer net om nie sy eie skuld te voel en te ervaar nie. \u2018n Skuldige gewete is \u2018n nare ding om mee saam te leef. As hy tog net sy mond wil hou, maar hy kla \u2018n mens aan en werk op jou gemoed. Jy het verkeerd gedoen en jy weet dit!<\/p><p>Dit laat my dink aan \u2018n storie wat ons predikant eendag van die kansel af vertel het. Ek skryf dit sommer in my eie woorde.<\/p><p>\u2018n Opgeskote seun het \u2018n boer in sy groentetuin gehelp en ook ander werkies op die plaas gedoen. Die boer is toe weg met vakansie vir \u2018n kort tydjie en het gevra dat die seun mooi na die tuine moet kyk. Die kok het ook gebly en het beplan om die kombuis en spens van hoek tot kant skoon te maak en dan wou hy ook sommer die blikke volmaak met beskuit waarvan die boer so baie gehou het.<\/p><p>Eendag sien die seun hoe die eende so netjies in \u2018n ry afstap dam toe. Hy het sy graaf in die grond vasgesteek en sy kettie uit sy sak gehaal. In sy sak was ook \u2018n paar mooi ronde rivier klippies en een van hulle het hy in sy kettievelletjie toegevou. Toe trek hy die rek en trek terwyl hy mik na die kop van \u2018n eend so in die middel van die ry. Toe hy laat los, val die eend fladderend neer \u2013 morsdood. Die ander eende het al rasende dam toe gevlug.<\/p><p>Verskrik het die seun nader geloop en die dooie eend opgetel. Wat het hy nou gedoen! So \u2018n dwase ding, dis mos die boer se eend, nie syne nie.<br>Skuldig het hy sy graaf gegryp, \u2018n gat in die tuingrond gespit en die eend begrawe. Met sy voete het hy die grond nog so \u2018n bietjie vasgestamp en toe weer na sy werk teruggegaan. Die ding wat hy gedoen het, het egter soos \u2018n swaar klip in hom kom l\u00ea en die werk was nie eers meer lekker nie.<\/p><p>Toe roep die kok: \u201cKom hier!\u201d Hy stap vraend nader.<br>\u201cSkrop gou vir my die kombuisvloer.\u201d<br>\u201cOompie, en wat dan van my werk?\u201d<br>\u201cEk het gesien hoe jy die eend geskiet en begrawe het. Kom maar in en skrop.\u201d<\/p><p>Die seun het toe maar die vloer geskrop, want die kok het geweet. Dat hy vir die boer kon vertel was soos \u2018n dreigende swaard oor sy kop. Elke nou en dan het die kok hom uit die tuin weggeroep. Hy moes die kombuis mure was, die vensters skoonmaak, gaan hout kap vir die houtstoof. As hy durf kapsie maak: \u201cMaar, Oompie, ek kry nie my werk klaar nie,\u201d het die kok net vir hom gekyk en ges\u00ea: \u201cOnthou die eend.\u201d<br>So het sy skuldige gewete hom die slaaf van die kok gemaak \u2013 hy het elke dag die kok se werk en sy eie werk gedoen. Dit het vir hom darem te erg geword. Toe die boer se motor voor die deur stop, het hy dadelik nader gehardloop en sommer gepraat nog voordat hy behoorlik gegroet het: \u201cMeneer, toe Meneer weg was, ek het iets vreesliks gedoen. Ek het een van Meneer se eende met my kettie doodgeskiet en toe het ek dit gaan begrawe. Ek is so jammer! Ek voel al die hele week so sleg daaroor.\u201d<\/p><p>\u201cEk waardeer dit dat jy vir my kom s\u00ea, seun, dis baie goed dat jy dit nie weggesteek het nie. Ek vergewe jou.\u201d<\/p><p>Wat \u2018n verligting was dit nie! Hy het sommer gelag en vir die boer gehelp om die tasse en pakkies in te dra. Daarna het hy met \u2018n ligte gemoed gaan soek vir die mooiste slaaikop, spinasie gesny en die rooiste tamaties vir die huis gepluk en kombuis toe geneem.<br>\u201cJy het nie genoeg hout gebring nie, gaan haal nog,\u201d het die kok beveel.<br>\u201cOompie, ek gaan liewers aan met my werk.\u201d<br>\u201cOnthou die eend!\u201d<br>Die seun het breed geglimlag en ges\u00ea: \u201cMeneer weet en hy het my vergewe!\u201d<\/p><p>Sy gewete was vry van die skuld wat hom die kok se slaaf gemaak het.<br>Ja, die kok het sy slaaf verloor, want Meneer weet!<\/p><p>So verloor die duiwel ook \u2018n slaaf wanneer iemand vir Christus kom vertel watter skandelike dinge hy gedoen het en die wonder van vergifnis beleef. Die skuldlas is weg, want Christus weet!<\/p><p>Dit is mos so, \u2018n skuldige gewete bring \u2018n mens onder die juk van slawerny. Jy vertel leuens, jy loop draaie om mense met wie jy eers so gemaklik was, jy vind sommer motiewe en foute in ander net omdat jy weens \u2018n skuldige gewete nie meer tussen hulle so tuis voel nie. Paulus s\u00ea dat hy hom daarop toel\u00ea, dit oefen om altyd \u2018n rein gewete teenoor God en mense te h\u00ea. Miskien spreek mense dit nie uit nie, maar wonder tog hoe \u2018n mens so \u2018n gewete bekom? Hoe raak \u2018n mens vry van skuldig voel teenoor God en teenoor mense. Hoe het Paulus homself geoefen, wat het hy gedoen?<\/p><p>Daar is jong mense wat hulleself sny met skerp voorwerpe sodat die bloed kan loop. Een het verduidelik dat sy so soms so vuil voel oor die dinge wat sy gedoen het, so skuldig dat sy haarself seermaak in die hoop dat sy beter kan voel wanneer sy die bloed sien. Dit bring egter nie die gewenste uitwerking nie. Dan sny sy haarself maar weer en weer.<\/p><p>Daar is mense wat hulle gewete probeer sus deur aan ander goed te doen. Dit kanselleer egter nie die skuld uit van hulle verkeerde optrede van die verlede nie. As die lig van die hemel \u2018n mens se gewete wakker gemaak het en die oortuiging van sonde raak te groot en swaar, laat die gewete hom nie paai nie. Dit is net God in die hemel wat die mag het om sy hand uit te strek tot ver in die verlede en alles weg te vee waaroor die gewete \u2018n mens aankla. Net Hy besit daardie mag.<\/p><p>Die skrywer van die Bybelboek Hebre\u00ebrs verduidelik dat die bloed van kalwers en bokke wat as offers gebring was in die outyd, nie die gewete van die mens kon bereik nie. Net die bloed van Christus, wat Homself sonder smet geoffer het aan God deur die Heilige Gees, kan die gewete bereik en reinig van daardie skuldlas. (Hebre\u00ebrs 9:14)<\/p><p>Baie mense wil nie meer glo dat die lewende God in die hemel die Skepper van die hemel en aarde is nie. Hulle bespot en verag die waarheid dat God die mens geskape het. Dat Christus gekom het om ons van ons sonde te verlos en vir ons die ewige lewe te gee, is vir hulle soos dom stories wat die verwarde mens self opgemaak het. Die verligting en lewe wat opregte sonde belydenis en vergifnis bring, is vir hulle iets vreemds en daarom verag hulle dit. Dis tragies, want sulke mense sal dan nooit die wonder van \u2018n rein en skoon gewete kan beleef nie. Hulle lewe lank sal hulle gebuk moet gaan onder die las van \u2018n beswaarde gewete. Dit is hoekom ware Christene, Christene wat die heerlike waarheid van vergifnis beleef en die vryheid van \u2018n rein gewete, voortgaan om die Evangelie te verkondig. Uit liefde volhard sulke Christene, want die waarheid dat mense vir ewig verlore gaan as hulle gewetes nie gereinig is deur die bloed van Christus nie, maak dat vervolging nie eers die vuur van liefde kan uitblus nie. Soos Paulus \u2013 geen vervolging of lyding kon hom laat afsien daarvan om die Evangelie van Christus te verkondig nie. Hy het geweet dat daar \u2018n dag sal kom wanneer almal persoonlik verantwoording sal moet doen vir die lewe wat hulle hier op aarde gelei het. Sy verlange was dat almal se o\u00eb oopgaan om die waarheid te sien en te glo.<\/p><p>Geloof en \u2018n skoon gewete gaan saam, en as jy nie glo in die bloed van Christus wat krag het om sondeskuld weg te was en jou te versoen met God die Vader nie, moet jy nog as \u2018n skuldige op die oordeelsdag voor God staan en self jou straf dra. Dink net, daardie vreeslike dag sal \u2018n mens se gewete teen jou getuig as dit nie skoon is nie. Dit is wonderlik dat nou, waar ons nog \u2018n kans het, ons kan werk maak daarvan om te sorg dat ons gewetes skoon en rein is voor God en voor die mense, want die bloed van Christus verloor nooit sy krag nie. Dit reinig vandag nog die gewete wat daarna verlang om vrygemaak te word van die sware skuldlas van sonde.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nadat ek onlangs weer gelees het oor Paulus toe hy voor die goewerneur, Felix aangekla gestaan het &#8211; aangekla deur sy eie godsdienstige leiers &#8211; kom sy woorde dikwels terug in my gedagtes. Hy het ges\u00ea: \u201cDaarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense \u2018n rein gewete te h\u00ea.\u201d  Hy was onskuldig op al die aanklagte, sy gewete was rein voor God en ook rein voor die wat hom beskuldig het dat hy \u2018n pes  onder hulle was, \u2018n verwekker van oproer en die voorman van \u2018n sekte.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1298","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1298","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1298"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1298\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1303,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1298\/revisions\/1303"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1298"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1298"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1298"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}