{"id":1277,"date":"2023-07-26T18:44:34","date_gmt":"2023-07-26T18:44:34","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1277"},"modified":"2023-07-26T18:57:48","modified_gmt":"2023-07-26T18:57:48","slug":"simson-se-ma","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/simson-se-ma\/","title":{"rendered":"SIMSON SE MA"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1277\" class=\"elementor elementor-1277\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-f1fab0f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"f1fab0f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-ee56c59\" data-id=\"ee56c59\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-08d23ac elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"08d23ac\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">SIMSON SE MA<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-b14c7ba elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"b14c7ba\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-646dce3\" data-id=\"646dce3\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2d0f836 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"2d0f836\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Die feit dat sy kinderloos was, was vir haar seker \u2018n groter hartseer as die moeilike tye waarin hulle geleef het. Miskien was die droefheid maar altyd in haar gedagtes omdat daar in hulle gemeenskap \u2018n onuitgesproke minagting teenoor haar was. Volgens hulle oorlewering het die se\u00ebn van die Here nie op \u2018n vrou gerus wat nie \u2018n kind in die w\u00eareld kon bring nie. Daar moes egter in haar iets gewees het wat die Here se aandag op haar gevestig het. \u2018n Stil vrou, iemand wat nie omgegee het om op die agtergrond te bly nie. Wie weet, miskien het sy soos Hanna by die Here gepleit vir \u2018n kind.<\/p><p>Die toestand van die volk van Israel daardie tyd was haglik en sonder die bewarende hand van hulle God. Die volk was ook sonder leiers en elkeen het maar gedoen wat goed was in sy eie o\u00eb. Die Filistynse bure het hulle verdruk omdat die Here dit toegelaat het, want sy volk het Hom vergeet. Hy het egter nie sy volk vergeet nie en daarom \u2018n engel van die Here na hierdie kinderlose vrou gestuur. Uit die bloute was daar skielik \u2018n man langs haar \u2013 \u2018n man met \u2018n verstommende voorkoms en belofte!<\/p><p>Sy woorde het in die diep hartseer van haar gemoed ingesny- dit eintlik twee keer benadruk: \u201cKyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie\u2026\u201d<\/p><p>Sy het nie aanstoot geneem en haar opgeruk nie. Sy het hom ook nie onderbreek met \u2018n string woorde soos: \u201cHoe kan jy sommer so ongevraagd oor my privaat lewe praat? Waarom kom druk jy in my keel af wat ek beter weet as jy. Jy weet nie hoeveel duisende rande ons spandeer het om te kyk of my situasie nie kan verander nie. Wie het jou in elk geval van my vertel. Ek ken jou nie eers nie!\u201d<\/p><p>Hierdie vrou het stil geluister: \u201c\u2026maar jy sal swanger word en \u2018n seun baar.\u201d Sy het elke woord ingedrink en ook die opdrag aan haar persoonlik. Stil het sy haar man gaan opsoek en hom vertel van die besoeker met die voorkoms van \u2018n engel van die Here \u2013 alles wat hy haar vertel het.<\/p><p>Haar man, Manoag, het sy vrou geken. Hy het haar nie berispe dat sy verbeeldingsvlugte toegelaat het of dat sy te veel wyn gedrink het nie. Hy het haar geglo. Die standvastigheid wat haar man in haar geken het, was miskien ook die eienskap in haar karakter wat die Here se o\u00eb op haar laat rus het. Manoag het sonder redekawel sy vrou geglo en hom dadelik tot God gewend en gebid:<br>\u201cAg, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog \u2018n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.\u201d<\/p><p>Die Bybel s\u00ea dat God geluister het na die stem van Manoag. Die engel van die Here het weer gekom, maar nie na Manoag nie. Toe die vrou alleen in die veld was, was die man skielik weer daar. Dit lyk asof God in die hemel \u2018n karaktertrek in die vrou opgemerk het wat haar meer bruikbaar gemaak het as haar man. Sy was ook die een wat die hemelse opdrag moes gehoorsaam. Kyk net na haar! \u2018n Tweede keer staan dieselfde engel skielik by haar. Sy het nie sommer net begin praat wat in haar kop opgekom het nie:<br>\u201cEk moet u verseker dat ek u geglo toe u die eerste keer gekom het. Ek het al reeds opgehou om rosyntjies te eet of wyn te drink. Dit was my man wat wou h\u00ea dat u weer moes kom.\u201d<\/p><p>Nee, sy het haar man gaan roep en hy het die praatwerk gedoen. Hy het geglo, maar was besorg oor die verantwoordelikheid en plig om die kind vir die Here groot te maak. Hy wou self instruksies ontvang aangaande die kind. Hy was onder die indruk dat \u2018n man van God met hulle gepraat het, maar toe die engel voor hulle o\u00eb in die vlam van die offergawe opstyg en verdwyn, het hy in angs op sy aangesig geval en uitgekreet dat hulle sou sterf, omdat hulle God gesien het. Manoag kon nie hanteer wat hy gesien en gehoor het nie! Sy stil vrou het hom tegemoet gekom met haar geloof en logika:<br>\u201cAs die Here ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand \u2018n brandoffer en \u2018n spysoffer aangeneem het en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.\u201d<\/p><p>Sy was sommer net \u2018n gewone vrou, een van die Israeliete, wat in die provinsie Dan woonagtig was, digby die grens van die vyand. Sy was die keuse vanuit God se raadskamer om \u2018n nasire\u00ebr vir Hom groot te maak, \u2018n kind afgesonder vir die Here, \u2018n rigter vir sy volk wat sou begin om die vyand te straf. Ek kan my voorstel dat dit vir haar geen inspanning of opoffering was om self niks te doen te h\u00ea met die vrug van die wingerdstok nie. Sy kon \u2018n baba in haar arms hou \u2013 haar en Manoag se eie! Om \u2018n klein energieke seuntjie groot te maak as \u2018n nasire\u00ebr was sekerlik \u2018n taak wat wysheid en vindingrykheid geverg het! Die twee uiterlike tekens dat die kindjie van sy geboorte af vir God afgesonder was, was dat hy niks kon eet of drink wat van die wynstok afkomstig was nie en dat sy hare nie gesny moes word nie.<\/p><p>Dink net, dis die twee dinge wat hedendaags sulke groot struikelblokke vir ons kinders is. Het wyn nie vir hulle sinoniem met plesier en bandeloosheid geword nie? Misbruik van alkohol neem sulke afmetings aan onder skoolgaande kinders dat mense wat omgee, met hul hande in die hare sit. Simson se ma het hom vir God grootgemaak. Hoe wonderlik dat daar vandag oral oor die w\u00eareld moeders is wat hulle kinders ook so groot maak. Hulle volg in haar voetspore met hulle kindertjies wat afgesonder word om God te dien in liefde, vreugde en gehoorsaamheid. My hart gaan uit na sulke moeders, want die aanslag teen so \u2018n regdenkende opvoeding is vel en venynig.<\/p><p>Ook met die hare! Wat \u2018n reuse struikelblok vir baie van ons kinders vandag. Dit neem hulle gedagtes en begeertes in besit en is \u2018n eindelose onderwerp van verskillende modes en style. Ure word voor die spie\u00ebl deurgebring en duisende rande word daarop gespandeer.<\/p><p>Manoag en sy vrou het geslaag om Simson afgesonderd groot te maak, want die Bybel s\u00ea: \u201c\u2026 en die kind het groot geword, en die Here het hom gese\u00ebn. Afgesonderd\u2026 hoe weet \u2018n mens nie, want wingerde was tog \u2018n algemene gesig in elke gemeenskap en Simson het sekerlik maatjies gehad wat vryelik toegang gehad het om druiwe te gaan pluk in seisoentyd. Wat het met sy groot bos hare gebeur wanneer hulle wegkruipertjie gespeel het \u2013 of dief-en-polisieman? Hy het seker huis toe gekom met blare en takkies wat oral vasgesit het in die vlegsels waarmee sy ma die haredos onder beheer wou hou.<\/p><p>Nooit het sy verwag dat sy eendag saam met ander familielede sou oorgaan na die Filistyne om haar seun se lyk te gaan haal nie. Sy het nie gedink dat sy eie dwaasheid hom \u2018n slaaf van die vyand sou maak nie. Hy moes dan juis as \u2018n nasire\u00ebr opgevoed word om die vyand te bestry.<\/p><p>Haar kind se hele lewensgeskiedenis as volwassene het rondom drie Filistynse vrouens afgespeel. Dit moes nie so gewees het nie. Die eerste meisie, ja, dit was iets wat die Here beplan het en Simson het dit met hulle bespreek. So kon hy die Filistyne bykom. Maar toe het hy sommer sy eie kop gevolg en teen die Here gesondig. Eers die besoek aan die prostituut en daarna die verhouding met Delila. Vir haar as ma was dit smartlike nuus. Die plesier wat hy in Delila gevind het, het hom soos \u2018n verstandelose gemaak. Simson het genot daarin gevind om te speel met dit wat hy van die Here ontvang het. Hy het die se\u00ebn van die Here verbeur, sy krag is verbreek en sy o\u00eb is uitgesteek. Sy eie dwaasheid en swakheid teenoor vroumense het hom geketting en hy moes koring vir die vyand maal.<\/p><p>Die smart wat Simson se ma moes ly, sy wat haar bes probeer het, is ook \u2018n smart wat baie hedendaagse moeders ken. Hulle het ook hulle beste gegee om hul kinders op te voed in alles wat reg en goed is \u2013 tog verlaat kinders die ouerhuis en volg hulle eie kop. Skade en skande oorval hulle en dan blameer hulle die ouers vir die verkeerde keuses waarvoor hulle self verantwoordelik is.<\/p><p>Simson se ma het die troos gehad dat haar seun teruggekeer het na die Here terwyl hy in soveel vernedering voor die vyand moes verskyn, terwyl hy koring gemaal het, om en om soos \u2018n dier. Soos sy hare weer begin groei het, het sy siel die pad teruggevind na sy God. Hy het weer gebid en die Here God het sy gebed verhoor. Simson se geskiedenis is in die Bybel opgeskryf, in die boek Rigters, van hoofstuk dertien tot sestien.<\/p><p>Daar is godvresende ma\u2019s wat vandag leef, wat moet toesien hoe hulle kinders se lewensgeskiedenis geskryf word deur die dolle dwaasheid van die kind. Hoe baie moeders kyk nie ook verlangend uit na die dag wanneer hulle kinders weer sal terugkeer na die lewende God wat genadig en barmhartig is \u2013 en hoe Hy hulle in sy Seun, Jesus Christus, verlos van die dwaasheid wat hulle hele lewensgang opgefrommel en nutteloos gemaak het.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die feit dat sy kinderloos was, was vir haar seker \u2018n groter hartseer as die moeilike tye waarin hulle geleef het. Miskien was die droefheid maar altyd in haar gedagtes omdat daar in hulle gemeenskap \u2018n onuitgesproke minagting teenoor haar was. Volgens hulle oorlewering het die se\u00ebn van die Here nie op \u2018n vrou gerus wat nie \u2018n kind in die w\u00eareld kon bring nie. Daar moes egter in haar iets gewees het wat die Here se aandag op haar gevestig het. <\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1277","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1277","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1277"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1277\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1285,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1277\/revisions\/1285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}