{"id":1264,"date":"2023-06-24T19:03:29","date_gmt":"2023-06-24T19:03:29","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1264"},"modified":"2023-06-24T19:12:56","modified_gmt":"2023-06-24T19:12:56","slug":"struikelblokke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/struikelblokke\/","title":{"rendered":"STRUIKELBLOKKE"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1264\" class=\"elementor elementor-1264\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-9a2360d elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"9a2360d\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-12f6b0b\" data-id=\"12f6b0b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c3e8854 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"c3e8854\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">STRUIKELBLOKKE<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-deac680 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"deac680\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-4a94451\" data-id=\"4a94451\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5461c17 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"5461c17\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><strong>STRUIKELBLOKKE<\/strong><\/p><p>Ek kan nie meer onthou waar ek vir die eerste keer van die tragiese gebeure gehoor het, of dit by my ouma of dalk by my ma was nie. Voor my ma se dood het ek haar egter eendag oor die storie uitgevra en sy het my verseker dat dit werklik gebeur het. Sy het ook sommige feite reggestel waar ek die prentjie in my gedagtes \u2018n bietjie skeef ingekleur het.<\/p><p>Op \u2018n sekere plaas was daar \u2018n seun gebore \u2013 blind en verstandelik gestrem. Twee seuns van buurplase het graag die blinde seun geterg, op \u2018n lelike manier geterg om vir hulle pret te verskaf. Soms het hulle hom na die rivier toe saamgeneem en daar sy skoene weggevat. Omdat daar baie doringbome gegroei het en hy nie kon sien nie, het hy dan met sy kaal voete bo-op die pendorings getrap. Sy uitroepe van pyn en hoe hy probeer het om versigtiger te loop, was vir hulle so snaaks dat hulle onbedaarlik gelag en hom nageaap het. Hulle ouers het hulle betig en sekerlik ook gestraf, maar daar waar ouer o\u00eb nie kon sien nie, daar het hulle maar net voortgegaan met die verkeerde ding.<\/p><p>Hulle het groot geword en die lewe het aangegaan. Eers is die een getroud en sy eerste kind was \u2018n seuntjie \u2013 blind gebore. Die ander een het ook later getrou. Sy eerste kind was ook \u2018n seuntjie \u2013 ook blind gebore.<\/p><p>Saam met die skokkende storie wat aan ons vertel is, was daar \u2018n baie ernstige waarskuwing. Jy moet God vrees en nooit met \u2018n dowe of \u2018n blinde die spot dryf nie. As volwassene het ek eendag daardie vermaning in die Bybel raak gelees in Levitikus 19:14<\/p><p>\u201cJy mag \u2018n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok l\u00ea nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die Here.\u201d<\/p><p>Ek het weer teruggedink aan die storie, toe ek nou onlangs die woorde van Jesus Christus gelees het waar Hy oor die voleinding van die w\u00eareld praat. \u201c\u2026die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat ongeregtigheid doen.\u201d<\/p><p>Hierdie struikelblokke waarvan Jesus praat, is mense! Soos die twee plaasseuns van ouds, het hulle nie net struikelblokke vir die blinde seun in die pad gel\u00ea nie, hulle was self struikelblokke. Soos Petrus vir Jesus was toe hy wou verhoed dat die Here Jesus doen waarvoor Hy gekom het. Petrus is egter streng bestraf: \u201cJy is vir My \u2018n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.\u201d<\/p><p>Engele sal die struikelblokke en die wat ongeregtigheid doen saam vergader en in die vuuroond gooi. Om \u2018n struikelblok vir \u2018n ander te wees is dan wanneer jy iemand verhinder om nie aan die dinge van God te dink nie, want jy hou hom die dinge van die mens voor o\u00eb.\u00a0 In die hemel word jy dan ingereken saam met die wat verkeerde dinge doen. Tog is dit nou so algemeen dat mense nie meer die dinge van God bedink nie maar die dinge van die mens. Dis asof ons hedendaagse samelewing deur so \u2018n lewensstyl ingesluk word. Vir die dinge van God is daar nie meer liefde of tyd nie.<\/p><p>\u2018n Mens dink aan die reuse struikelblokke wat nou in die pad van ons skoolgaande kinders gel\u00ea word. Die waardes wat by hul ouerhuise vasgel\u00ea is, het geen plek meer nie \u2013 van kleins af moet \u2018n skoolkind nou leer van dinge wat net vir getroude mense bedoel is! Net so erg en dwaas, op skoolvlak word hulle geleer dat daar ander soort lewenstyle is wat heeltemal aanvaarbaar is. As jy nie \u2018n meisie wil wees nie, maar liewers \u2018n seun, is dit ook reg. Jy kan met hulp verander word! Tragies dat in skole die dinge van God nie meer bedink en geleer word nie maar eerder die bandeloosheid van die mens met sy sogenaamde ho\u00eb intelligensie en insig. God in die hemel is hoegenaamd nie daarby betrokke om \u2018n sedelose en immorele lewe vir kinders aanvaarbaar te maak nie, maar wel intens betrokke om kinders te red en te verlos van al die struikelblokke wat hulle keer om die dinge van God te bedink en daarom hulle lewe vermink.<\/p><p>Dat dit vir God \u2018n gruwel is as ons iemand wat in Hom glo, laat struikel, is duidelik. Uit die mond van sy Seun kom daar \u2018n baie ernstige waarskuwing:<\/p><p>\u201cEn elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat \u2018n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.\u201d Dis dan beter vir die samelewing dat so \u2018n mens uit hulle midde verdwyn! Hoeveel kindermolesteerders is daar egter nie in elke samelewing wat kindertjies laat struikel en dit vir hulle moeilik maak om in God te glo nie?<\/p><p>Ons huise en familielewe behoort \u2018n veilige hawe vir elke kind te wees \u2013 \u2018n plek waar die dinge van God gesoek en gedoen word, rustig en vry van die w\u00eareld se invloed en gewoel. Maar kinders val oor struikelblokke reg binne in hul huise en families. \u201cWee jou, as jy iemand wat in God glo, tot struikeling is\u201d, s\u00ea die Woord van God vir elkeen van ons. Kinders wat besig wil wees met die dinge van God, kom dikwels hulp soek.<\/p><p>\u201cMy pa kom saans dronk huis toe, dan word hy vir die kleinste dingetjie kwaad en slaan my ma. Ek is nog te klein om my ma teen hom te beskerm, maar wag tot ek groot is, dan sal ek hom op sy plek sit.\u201d<\/p><p>\u201cMy ma kerm en kla die hele tyd. Sy is nooit tevrede nie en s\u00ea my pa sleg dat hy nie meer geld huis toe bring nie. Dan stry hulle tot laat in die nag. Dis niks lekker in ons huis nie, daarom gaan soek ek liewers vriende op.\u201d<\/p><p>\u201cMy pa kies video\u2019s en dan moet ons saam met hom daarna kyk. Ek voel baie keer lus om stilletjies weg te sluip, want die goed wat ek sien, maak my gedagtes vuil, maar ek is te bang my pa gaan my klap.\u201d<\/p><p>Het jy al ooit vir jouself afgevra wat jou ge\u00efrriteerde en ongeduldige manier van praat aan jou kinders doen? Of jou geskinder oor ander waar jy hulle afbreek en bespot voor jou kinders? Die kinders het onderskeiding om te weet dat dit nie dinge van God is nie. Of jou liefde vir geld en wat die w\u00eareld kan bied? Doen dit hulle goed om te weet dat jy omgekoop kan word as die vergoeding groot genoeg is? Wat is daar in jou lewe waar die dinge van mense baie swaarder weeg as die dinge van God?<\/p><p>Dit sal darem alte verskriklik wees as die engele van die Here die laaste dag moet kom en \u2018n mens as een van die struikelblokke vergader saam met die sondaars wat in die vuur gegooi gaan word, omdat hulle nooit tyd gehad het vir die dinge van God nie. Mag ons ag gee op hierdie ernstige waarskuwing en ons gedagtes en aandag \u2026 eintlik met alles wat in ons is, die dinge van God bedink en nie behep raak met die dinge van die mens nie.<\/p><p>Die vraag bly maar hier in my hart.<\/p><p>Waar is die mense wat nog weet wat die dinge van God is?<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op \u2018n sekere plaas was daar \u2018n seun gebore &#8211; blind en verstandelik gestrem. Twee seuns van buurplase het graag die blinde seun geterg, op \u2018n lelike manier geterg om vir hulle pret te verskaf. Soms het hulle hom na die rivier toe saamgeneem en daar sy skoene weggevat. Omdat daar baie doringbome gegroei het en hy nie kon sien nie, het hy dan met sy kaal voete bo-op die pendorings getrap. Sy uitroepe van pyn en hoe hy probeer het om versigtiger te loop, was vir hulle so snaaks &#8230;<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1264","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1264"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1268,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264\/revisions\/1268"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1264"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1264"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1264"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}