{"id":1257,"date":"2023-06-01T20:36:40","date_gmt":"2023-06-01T20:36:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1257"},"modified":"2023-06-01T20:45:52","modified_gmt":"2023-06-01T20:45:52","slug":"die-stywe-nek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-stywe-nek\/","title":{"rendered":"DIE STYWE NEK"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1257\" class=\"elementor elementor-1257\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-255b76c elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"255b76c\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-20969cf\" data-id=\"20969cf\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-867d3d1 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"867d3d1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE STYWE NEK<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-8fca15f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"8fca15f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-8fcf89e\" data-id=\"8fcf89e\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-da4a290 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"da4a290\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Om \u2018n mens se nek styf te maak wanneer jy iets nie wil doen nie is sekerlik aan almal van ons al van kleintyd af bekend. Hoe baie geduld en tyd spandeer \u2018n ouer nie om sy kind te leer om te buig en te kies dit wat reg en die beste vir hom sal wees nie. Ons weet almal dat gehoorsaamheid en \u2018n stywe nek nie saam gaan nie, dit is of die een of die ander. Om die wil van \u2018n kind te oefen en te rig om te buig, is die besondere en gese\u00ebnde werk van ouers. Almal wat kinders groot maak weet watter uitdaging dit kan wees, want sommige kinders het \u2018n wil van hulle eie wat skrik vir niks! \u2018n Mens benodig die wysheid van Bo om \u2018n kind te leer dat \u2018n stywe nek, daardie EK, moet kan buig ter wille van gehoorsaamheid en saamleef met ander. Dikwels lees \u2018n mens in die Ou Testament dat die Here sy volk ernstig vermaan deur sy profete om nie hulle harte en nekke verder teen Hom te verhard nie. Wie vind dit maklik en aangenaam om saam met iemand te leef of te werk wat nooit geleer het om te buig nie, en ook nie weet hoe om te buig voor die wil van die Almagtige nie?<\/p><p>Toe ons in Frankryk was, het daar eendag by die taalskool \u2018n sendeling met ons kom gesels. Hy het iets uit sy eie lewe vertel wat my nou nog bybly, iets wat hom oorgekom het omdat hy nie sy stywe nek wou buig nie. Ek vertel dit nou in my eie woorde soos ek dit onthou.<\/p><p>Sy ma was \u2018n weduwee en diep gelowig, maar hy was \u2018n opstandige jong man wat nie maklik na raad wou luister nie. So het hy toe met dieselfde soort jong manne vriende gemaak. Hulle het \u2018n bende gevorm, elkeen met sy eie motorfiets waarop hulle onbeskaamd amok en geraas in die buurt gemaak het. Wanneer hy snags laat by die huis ingestrompel het, was daar vir hom \u2018n bord warm kos en \u2018n ma wat hom vemaan het: \u201cMy seun, ek hou nooit op om vir jou te bid nie, maar dis tyd dat jy jou nek voor die Here buig en jou verkeerde we\u00eb laat staan.\u201d Hy het haar vermaning egter ligtelik opgeneem en iets begin wat \u2018n refrein tussen die ander bendelede geword het. Toe hulle klomp eendag \u2018n grondpad verken het, het die pad skielik voor \u2018n diep, wye sloot ge\u00ebindig. Natuurlik was die uitdaging dadelik daar om te kyk of hulle met die motorfietse daaroor sou kon spring. Andre, die seun van die weduwee het ges\u00ea: \u201cEk sal eerste probeer,want my ma bid vir my.\u201d Hy het geslaag en die ander het gevolg. Daarna was hulle by \u2018n kroeg waar hulle iemand wou gaan uithaal om \u2018n loesing te gee omdat hy dit gewaag het om iets aan een van hulle te doen. Dit was \u2018n groot ou, baie groter en sterker as hulle. Hulle het Andre aangepor: \u201cToe gaan jy eerste in en slaan hom, jou ma bid mos vir jou.\u201d So het hy die voorbok in alles geword, met die refrein \u201cwant jou ma bid mos vir jou.\u201d<\/p><p>Eendag toe hulle uit \u2018n winkel na hulle motorfietse gestap het, het Andre skielik met \u2018n uitroep van pyn sy kop vasgegryp en langs sy fiets neergeval. Hy is hospitaal toe vervoer in \u2018n ambulans wat haastig ontbied was. Die personeel het sy ma gekontak om dadelik te kom. By die hospitaal het die dokter vir haar ges\u00ea dat hy nie dink die jong man het \u2018n kans om te oorleef nie. Haar seun was by sy volle bewussyn toe sy langs die bed kom staan het. Sy het in \u2018n sagte stem met hom gepraat, maar hy het elke woord gehoor:<\/p><p>\u201cAndre, jy wou nie hoor wanneer ek jou vermaan het om jou nek voor die Here te buig nie. Ek het elke dag by die Here gesmeek om jou genadig te wees, maar nou bid ek nie een enkele woord verder vir jou nie, want jy verhard nog steeds jou nek teen God.\u201d Na die woorde het sy ma omgedraai en uitgestap.<\/p><p>Hy het vertel dat hy hardop uitgeroep het: \u201cMa kan dit nie doen nie! Ek het nou Ma se gebede nodig!\u201d Maar sy ma het nie teruggekom nie. Hy het geweet dat hy gaan sterf en daar op die hospitaalbed het hy sy nek voor die Here gebuig en gesmeek om vergewe te word. Hy het homself daar as sondaar gesien wat verdien om die ewige verdoemenis in te gaan en het gepleit vir vergifnis en genade. Hy het hom bekeer en die Here het hom genees. Hy het \u2018n sendeling geword om die Woord van die Here uit te dra na ander wat ook verlossing nodig gehad het. So het ons hom ontmoet, jare nadat hy sendeling geword het.<\/p><p>Ek het van hom onthou toe ek so \u2018n ruk gelede die boek gelees het wat J.E. Church oor die herlewing in Oos-Afrika geskryf het.\u201cQuest for the highest.\u201d Daarin vertel hy van \u2018n droom wat een van die Mutusi Christene met hulle gedeel het. Dit het ook met \u2018n nek te doen, maar met \u2018n gebo\u00eb nek. Miskien sal dit die heel beste wees om die droom net so aan te haal soos dit in Engels geskryf is.<\/p><p>\u201cI saw all the host of heaven and heard the voice of God calling to his Son who stood before Him. Then God said, \u2018My Son, are you willing to go down to the earth which Satan has spoiled, to save the world?\u2019 The Lord Jesus, standing erect, bowed his head and said, \u2018Yes, Father\u2019. Then a second question came: \u2018My Son, are you willing to be born as a human being into a very poor home, and to be rejected, and to be deserted by all your friends and family to die a very cruel death?\u2019 Again the Lord Jesus bowed his head and said, \u2018Yes, Father\u2019. Then a third question came: \u2018Are you willing, my Son, as you die for the sins of the world, for Me, your Father, to hide my face?\u2019 Then for a few moments Christ stood erect, and paused, while all heaven waited. Then He bowed slowly and said, \u2018Not my will, but Thy will, oh my Father.\u2019\u201d<\/p><p>Each time Kilimenti bowed his head as he said the words. Then he said, \u201cI saw Christ dying for me, I found myself gazing at Him on the Cross as He bowed his head for my sins, and I heard a voice saying to me, \u2018Are you a thief?\u2019 But quickly I stiffened my neck and said, \u2018No I\u2019m not. It\u2019s only what everyone does!\u2019 Then as I looked at the One on the cross looking down at me my heart melted, and I bowed my head to Him and said, \u2018Yes, Lord, I am a thief. It is I who should have died, not You.\u2019\u201d<\/p><p>Ek kon met daardie woorde identifiseer, dit is ek was moes gesterf het, nie Christus nie. Ook in my plek het Hy die straf vir die sonde gedra. Dit raak my altyd wanneer ek lees hoe Jesaja meer as seshonderd jaar voor die geboorte van Christus al voorspel het dat Hy in ons plek sou sterf. Wat Hy deurgegaan het, is toe reeds in die profesie so aangrypend uitgebeeld.<\/p><p>\u201cMaar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.\u201d<\/p><p>Ek lees sommer my eie naam in daar waar die profeet \u201cons\u201d geskryf het. Dan is daar net \u2018n diepe dankbaarheid dat dit in my lewe waar geword het. Dat ek, deur die magtige werking van die Heilige Gees in my innerlike, ook my nek kon buig en kon erken dat ek die skuldige was. Deur sy wonde kom daar waarlik genesing van die diep werke wat sondeskuld in \u2018n mens se siel ingraveer het.<\/p><p>Ek onthou hoedat my ouma ons vertel het van \u2018n ma wat dikwels by haar kom huil het oor \u2018n seun wat so roekeloos geleef het dat hy geen plek vir God en sy gebod gehad het nie. Die ma het vir Ouma ges\u00ea: \u201cNonnie, hy sal eers sy nek moet breek voordat hy dit voor God sal buig.\u201d Die ma was al oorlede toe haar seun in \u2018n ongeluk was en sy nek gebreek het. My ouma het hom in die hospitaal gaan besoek en hom vertel wat sy ma oor hom ges\u00ea het. Toe het sy bygevoeg: \u201cDus het die tyd vir jou aangebreek om jou te bekeer en jou nek voor God te buig.\u201d<\/p><p>Paulus skryf ook van iets anders wat eendag sal moet buig. \u201c\u2026sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.\u201d<\/p><p>Elkeen wat \u2018n nek en \u2018n knie het, kan maar vir seker weet dat daar \u2018n dag kom wanneer dit sal moet buig voor die Een wat ons gemaak en alles gegee het om ons te red uit \u2018n nuttelose lewe sonder God. Buig liewers nou terwyl jy nog asemhaal, want as die Skepper die asem kom wegvat wat Hy jou geskenk het, moet \u2018n mens in Christus gevind word anders is dit vir ewig te laat.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om \u2018n mens se nek styf te maak wanneer jy iets nie wil doen nie is sekerlik aan almal van ons al van kleintyd af bekend. Hoe baie geduld en tyd spandeer \u2018n ouer nie om sy kind te leer om te buig en te kies dit wat reg en die beste vir hom sal wees nie. Ons weet almal dat gehoorsaamheid en \u2018n stywe nek nie saam gaan nie, dit is of die een of die ander. Om die wil van \u2018n kind te oefen en te rig om te buig, is die besondere en gese\u00ebnde werk van ouers. Almal wat kinders groot maak weet watter uitdaging dit kan wees, want sommige kinders het \u2018n wil van hulle eie wat skrik vir niks!<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1257","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1257"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1257\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1262,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1257\/revisions\/1262"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}