{"id":1212,"date":"2023-02-04T18:14:52","date_gmt":"2023-02-04T18:14:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1212"},"modified":"2023-04-01T08:44:19","modified_gmt":"2023-04-01T08:44:19","slug":"die-deur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/die-deur\/","title":{"rendered":"<strong>DIE DEUR<\/strong>"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1212\" class=\"elementor elementor-1212\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-3ff35ee elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"3ff35ee\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-7f48980\" data-id=\"7f48980\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-90d2435 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"90d2435\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">DIE DEUR<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-465ec3f elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"465ec3f\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-df05b2e\" data-id=\"df05b2e\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f96ab55 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"f96ab55\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Net die ander dag het \u2018n broer uit Openbaring 3:20 vir ons gelees: <em>\u201cKyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My.\u201d \u00a0<\/em>Toe het hy opgekyk en gevra: \u201cDink julle ooit daaraan wie dit is wat by die deur staan en klop en aan watter deur Hy klop?\u201d<\/p>\n<p>Sy vrae was dae lank soos aangename kuiergaste in my gedagtes. Ek het\u00a0 daaroor nagedink \u2013 ook oor my eie verhouding met die Een wat staan en klop. Toe Hy hier op aarde was, het Hy Homself voorgestel as die Deur vir sy skape \u2013 die toegang na die hart van die Vader in die hemel en hier staan Hy, die Godgestuurde Deur om die mens met die hemel te verbind \u2013\u00a0 Hy staan en klop om ingelaat te word!<\/p>\n<p>So het my gedagtes teruggegaan na die deur van die ou plaasopstal waar ek grootgeword het. My oorgrootjie het sy enorme plaas onder sy seuns verdeel en my oupagrootjie het ons huis in 1860 op die gedeelte gebou wat hy ontvang het. \u00a0My oupa is in daardie huis gebore en het daar grootgeword en het die plaas ge\u00ebrf. Toe is my pa ook in daardie huis gebore en het die plaas ge\u00ebrf. \u00a0My oudste broer wat die plaas ge\u00ebrf het, is egter in die hospitaal gebore, tog ken hy elke hoekie en draaitjie van die huis en die plaas. Dit is ook in sy bloed!<\/p>\n<p>Ons huis het \u2018n groot, swaar houtvoordeur wat oopmaak op \u2018n stoep met \u2018n houtvloer en mooi siertralies. Ek het vas geglo dat die deur nie \u2018n sleutel het nie, want dit is nooit gedurende my kinderjare gesluit en ek het nooit \u2018n sleutel in die slot gesien nie. Ook nie die agterdeur waar mens die onderste gedeelte kon toehou met \u2018n skuiwer nie.\u00a0 Die bodeur het gewoonlik oopgestaan behalwe met sterk wind of ysige koue. Daar was net geen sleutels nie, behalwe die badkamerdeur, daar was \u2018n skuifslot aan die binnekant \u2013 geen sleutels vir die slaapkamers of selfs die mooi gangdeur nie. Dit was asof sleutels nie eers nodig was nie, want ons almal het \u2018n deur wat toe was met groot respek behandel. Niemand in ons gesin het ooit sommer net \u2018n deur oopgemaak en ingeloop nie. Ons het geklop en gewag om die antwoord te ontvang of ons mag inkom of nie. \u2018n Mens het heeltemal veilig gevoel en geleef in die versekering dat niemand ongenooid in jou privaatheid sou inbars nie.<\/p>\n<p>\u00a0Somernagte het die voordeur en slaapkamerdeure wawyd oopgestaan om koel lug in te laat in die drukkende hitte. Ek het sonder vrees vir diewe of inbrekers grootgeword, ons het net nooit gedink dat iemand ongevraagd in ons huis sou inkom nie.\u00a0 In die een gang het die jaggewere aan dieselfde kapstokke gehang waar die mans hulle hoede en baadjies na werk opgehang het, maar die deure was nie gesluit nie.<\/p>\n<p>Min mense het ooit aan die voordeur geklop, want niemand kon eintlik onaangekondig daar opdaag nie.\u00a0 Die ruiter wat te perd opgedaag het, se koms is aangekondig deur die honde wat gewoonlik buite was en dan het iemand uitgegaan om hom in te nooi terwyl hy nog besig was om af te saal. \u2018n Motor is al van ver af gehoor want ons plaas het eenkant gel\u00ea en mens kon \u2018n voertuig hoor aankom. Die besoekers is al\u00a0 buite ingewag nog voordat die voertuig tot stilstand gekom het. Of my ma het vanuit haar werkkamer geroep en ges\u00ea:\u00a0 \u201cGaan kyk gou waarom blaf die honde, dit klink asof daar iemand buite is.\u201d\u00a0 Of \u201cKyk gou by die voordeur wie daar is, ek hoor die tuinhekkie het oopgegaan.\u201d<\/p>\n<p>My ma het grootgeword in \u2018n huis waar die deur vir almal oopgestaan het. In die langdurige droogte van 1933 het haar familie baie dinge beleef met mense wat net nie meer kon voortbestaan op hulle plase nie en dan maar so sonder heenkome met wa en perde die pad gevat het. Omdat Oupa en Ouma se voordeur en hulle harte vir hulle medemense oopgestaan het, het baie behoeftiges hulle weg daarheen gevind.\u00a0 My ma het ons vertel hoedat hulle soms van die plaasskool af teruggekom het, dan het Ouma hulle tegemoetgekom en ges\u00ea; \u201cKinders, net so op etenstyd het daar \u2018n man en sy gesin onverwags opgedaag. Foeitog, hulle was twee dae op pad en regtig honger, so ma het maar al die vleis en gekookte kos vir hulle uitgeskep, maar daar is darem\u00a0 vars gebakte brood wat vir julle wag.\u201d <\/p>\n<p>Die berede polisiemanne wat so \u2018n paar keer elke jaar al die afgele\u00eb plase besoek het, het graag teen sononder by hulle huis kom afsaal. Hulle het geweet dat die deur oopstaan en daar sou \u2018n stomende bord kos wees en \u2018n skoon opgemaakte bed in die spaarkamer waar hulle kon oornag. Hulle het nooit \u2018n boodskap vooruit gestuur om te s\u00ea dat hulle kom nie, want dit was nie nodig nie. Hulle was altyd welkom en alles was altyd gereed.<\/p>\n<p>My pa se neef, oom Piet, het altyd lekker gekry as hy ons met \u2018n onverwagte besoek kon betrap. Soms het die noordewind so kwaai gewaai dat hoor en sien vergaan het of die seuns was met die honde weg op \u2018n jagtog, dan het hy langs die buitekamers van ons huis stilgehou en die motordeur sag toegemaak.\u00a0 As hy by die agterdeur kon instap sonder dat iemand hom opgemerk het, het hy dit baie geniet. \u00a0Hy was skielik net daar in die kombuis en sy harde groet het deur die huis gedawer. Sy gesig het van genot gestraal, want hy het ons uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>So het die gemeente van Laodisea eendag onverwags \u2018n Besoeker gekry. Dit was nie sy bedoeling om hulle te bekruip en uit te oorl\u00ea nie, want dit was sy tuiste, sy mense, sy duur gekoopte eiendom. Hy was nie \u2018n vreemdeling nie. \u2018n Mens wonder wat in sy hart moes omgaan dat Hy voor \u2018n geslote deur moes staan en klop.<\/p>\n<p>Eintlik het Hy al lankal geweet dat die deur nie meer vir Hom oopgestaan het nie en daarom die onverwagte besoek.\u00a0 Hy het nie in lewende lywe aan hulle verskyn soos in die dae toe Hy op die aarde geleef het nie,\u00a0 Hy het hulle\u00a0 egter besoek in \u2018n brief wat Hy aan Johannes gedikteer het toe Hy die apostel daar op Patmos besoek het. Dit was \u2018n duidelike opdrag dat \u2018n brief aan die gemeente van Laodisea geskryf moes word met \u2018n baie spesifieke boodskap. Dus het die lewende brief van Hom by hulle in Laodisea aangekom, en Jesus Christus self het die dag vanuit die geskrewe woorde met hulle gepraat.<\/p>\n<p>Hulle \u00a0het Hom geken! Hy was dan die Deur wat op die grondvlak van hulle lewens skielik vir hulle oopgegaan het toe die waarheid van die koninkryk van God hulle harte aangegryp het. Toe hulle besef het dat hulle sondaars was en die doodstraf verdien het, was Hy daar. Gedompel in\u00a0 diepe berou en benoudheid oor die verlore toestand van hulle siele, was Hy, die Deur van hoop, genadiglik daar.<\/p>\n<p>Ja, hulle het Hom geken! Sy Naam was Jesus Christus, die Deur na ware vergifnis; die Deur na daardie fontein van sy gestorte bloed wat in \u2018n\u00a0 gloed van liefde reinig van alle sonde en smet; die enigste Deur na die hart van die Hemelse Vader waar hulle in die hemelse koninkryk ontvang is en deur Hom kinders van God geword het.<\/p>\n<p>Hyself was die Deur na die skaapstal waar Hy die goeie Herder van sy kudde was. Hulle was die skape van sy weide en nou het die Herder van die kudde hulle kom besoek. Die Hoof van die gemeente was skielik daar tussen hulle, want sy woorde in die brief was sy eie lewende stem.<\/p>\n<p>Daar was \u2018n tyd toe hulle siele in sy teenwoordigheid tevrede en versadig was.Toe het hulle niks meer nodig gehad as om net te doen\u00a0<span style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">wat Hy verlang het en om te gaan waar Hy gelei het nie. Hulle het Hom regtig geken, maar daar moes \u2018n dief in die skaapstal ingekom het, daardie dief wat net kom om te roof en te steel en te vermink. Die eerste liefde vir Christus, vir hulle goeie Herder wat sy lewe vir hulle afgel\u00ea het, is weggesteel en hulle het dit nie eers agtergekom nie. Hulle het gepraat en getuig asof alles so goed gegaan het , maar intussen het hulle siele verhonger, want hulle het hul Herder vergeet. Hulle het nie meer geleef volgens sy opdragte en die leiding van sy Gees nie. Daar was \u2018n baie groot verskil tussen die beeld wat hulle van hulself gehad het en hoe hulle hemelse Herder hulle gesien het.<\/span><\/p>\n<p>Ek kan my net voorstel watter diep skokgolwe deur hul geledere getrek\u00a0 het toe die woorde een vir een daar in hul midde voorgelees was. Seker soos geweerkoe\u00ebls wat hulle harte getref het.<\/p>\n<p>\u201cEk ken jou werke!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy is nie koud nie, ook nie warm nie, en Ek sal jou uitspuug!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy is ellendig, beklaenswaardig, arm, blind en naak.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Die wat \u2018n oor gehad het om te hoor, het gehoor in watter noodtoestand hulle siele verkeer het. Hulle het ook \u2018n oor gehad om te hoor dat Jesus \u2018n uitkoms aangebied het. Hulle hoef nie te bly soos hulle was nie. Hy het hulle bestraf omdat Hy hulle liefgehad en verlang het dat hulle weer die deur vir Hom oopmaak. Hy het gekom om hulle te red uit daardie haglike geestelike toestand waarin hulle hulself bevind het. Hy was daar om hulle te help. Hy het by die deur gestaan. Dit was sy stem wat geklop het om ingelaat te word. Hulle kon die deur van hulle harte oopmaak dat Hy kon inkom, dan sou Hy goud saambring dat hulle weer geestelik ryk kon word en wit klere wat hulle geestelike naaktheid sou bedek. Hulle het Hom vergeet, Hom uitgestoot uit hulle lewens, maar Hy het hulle besoek. Hy het geklop en die een wat sy vermaning en bestraffing hoor, kon berouvol die deur oopmaak. Hy sou inkom en hulle red van hul afvalligheid en liefdeloosheid. Hy sou alles tussen Hom en hulle weer herstel.<\/p>\n<p>Wat daardie dag in die harte\u00a0 van die gemeentelede in die bymekaarkomplek gebeur het, kan \u2018n mens jou net voorstel. Hulle was ook mense net soos ons. Ek dink dat van die gemeentelede sommer net daar waar hulle vergader het, op hulle knie\u00eb geval het en met gebroke harte hulle tot Christus gewend het. Sy woorde het hulle sekerlik kragtiglik oortuig van hul afdwaling van die nou pad omdat hulle nie meer die kruis wou opneem en hulleself verlo\u00ebn nie. Hulle sou hul net daar bekeer van die liefde vir die w\u00eareld wat weer in hulle gegroei het en genesing gesoek het vir hul geestelike blindheid en naaktheid. Hulle het die deur van hul harte oopgemaak en Jesus Christus het ingekom. O, watter heerlike saamwees by \u2018n maaltyd van God se genade, vergifnis en herstelde vrede!<\/p>\n<p>Ek is oortuig dat daar egter ook di\u00e9 sou wees wat nie wou hoor nie, die wat met opset hulle harte verhard het; dit is mos hoe ons ook vandag nog is. Moontlik het hulle verontwaardig na die ander gekyk wat op hulle knie\u00eb besig was om hardop te huil en uit te roep vir genade. Miskien het hulle uitgeloop en mekaar buite gekry en hul besorgdheid teenoor mekaar gelug.<\/p>\n<p>\u201cBroers, wat dink julle, het die arme Johannes nie te swaar gekry onder al die vervolging nie? Was die verbanning na Patmos nie te veel vir die ou man nie? Dit klink asof hy geknak het en sy verstand verloor het. Die arme ou apostel, dit gaan dan so goed met ons, ons is so suksesvol as \u2018n gemeente, hoe sal die Here dan so met ons praat?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg, ek dink iemand wat jaloers is omdat dit so goed met ons gaan, het die brief geskryf. Hoe sal die Here nou s\u00ea dat Hy op die punt is om ons uit te spoeg omdat ons lou is. Nee wat, dis duidelik dat die brief nie van Johannes kan kom nie, want eenmaal \u2018n kind van God, dan tog vir ewig sy kind.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBroers, ons moet bid! Hier kom probleme! Kyk nou net na die klomp wat glo dat Christus die woorde tot ons gerig het. Ek sien klaar hoe hulle \u2018n dwaalspoor gaan inslaan. Kom, ons paartjies wat nie so oploop gejaag is deur \u2018n brief nie bly staande dat die gemeente nie in \u2018n sekte ontaard nie!\u201d<\/p>\n<p>By hoeveel van die deure waar Jesus gestaan en klop het, moes Hy later maar omdraai en wegstap. Daar was nie meer \u2018n oor om te hoor nie. Die stem van die Herder was nie meer geliefd nie. Hoe onbeskryflik tragies!<\/p>\n<p>Dink daaraan! Die brief is ook vir ons geskryf, vir die kerk van vandag, maar ook vir elkeen van ons persoonlik. Dit is Jesus Christus wat in diepe nederigheid staan en klop. Aan watter deur? Aan die deur van die hart van \u2018n gelowige wat Hom eers goed geken het, maar Hom toe vergeet het. Maak tog oop! Daar is \u2018n maaltyd wat vir jou wag saam met die Koning van die verlostes.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net die ander dag het \u2018n broer uit Openbaring 3:20 vir ons gelees: \u201cKyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My.\u201d  Toe het hy opgekyk en gevra: \u201cDink julle ooit daaraan wie dit is wat by die deur staan en klop en aan watter deur Hy klop?\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1212","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1212","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1212"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1212\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1254,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1212\/revisions\/1254"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}