{"id":1182,"date":"2022-11-23T20:32:47","date_gmt":"2022-11-23T20:32:47","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1182"},"modified":"2023-06-24T19:40:27","modified_gmt":"2023-06-24T19:40:27","slug":"terug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/terug\/","title":{"rendered":"<strong>TERUG!<\/strong>"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1182\" class=\"elementor elementor-1182\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2b15deb elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2b15deb\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-5ebdf8b\" data-id=\"5ebdf8b\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-61bc4f8 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"61bc4f8\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">TERUG!<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-c47aee3 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"c47aee3\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-139e46d\" data-id=\"139e46d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-41d745d elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"41d745d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Terug in Suid-Afrika! Terug by ons kinders! Terug op die sending! Ek was maar net nie \u2018n mens wat maklik kon weggaan nie! Daardie warm, heerlike gevoel en wete dat ek weer by my eie mense was, het my elke nuwe more ingewag wanneer ek wakker word. Dan was daar ook die gebruik om soggens vroeg by elke rondawel koffie te bedien. \u2018n Sagte klop aan die deur, \u2018n meisie wat inkom, vriendelik groet en nadat sy die koffie neergesit het nog eers bid voordat sy weer uitgaan. Dit was heerlik om tuis te wees!<\/p><p>Ek kon my so verwonder oor die mensliewendheid van die Christene op die sending. Hulle het my hartlik terug verwelkom en \u2018n blyplek gegee waar ek en die kinders weer bymekaar kon wees. Die lewe het aangegaan asof ek nooit weg was nie.<\/p><p>Natuurlik het ek die kinders fyn dopgehou om te sien hoe dit regtig met hulle gegaan het gedurende die tien maande van ons afwesigheid. Hulle drie kon mos nie weet van my sielewroeging voor die Here oor die feit dat ek so ontspoor het toe hulle \u2018n paar jaar jonger was en ek \u2018n slegte voorbeeld was nie. Hulle kon ook nie weet hoe ek dikwels in gebed gepleit het dat die Here in sy genade alle invloed van my kant af wat hulle siele kon beskadig, sou uitvee en volkome uitkanselleer nie. Ek was egter intens daarvan bewus en daarom het ek dikwels net na hulle gesit en kyk en luister om te sien of daar enige letsel agtergebly het.<\/p><p><span style=\"color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight ); font-size: 1rem;\">\u201cHoekom sit Mamma so na ons en kyk sonder om iets te s\u00ea?\u201d<\/span><\/p><p>\u201cAg, Chris, dis sommer net lekker om weer by julle te wees.\u201d Ons seun was altyd die opmerksame een. Hy het langer geword, maar het nie verander in sy lojaliteit en omgang met ons nie.<\/p><figure id=\"attachment_1272\" aria-describedby=\"caption-attachment-1272\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-1272\" src=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Chris-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Chris-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Chris-9x12.jpg 9w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Chris.jpg 744w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1272\" class=\"wp-caption-text\">Chris<\/figcaption><\/figure><p>Toe Chris in graad een was het hy een middag met \u2018n boomblaar van die skool af teruggekom. Hy het dit in my hand gesit en ges\u00ea: \u201cEk het pouse so na Mamma verlang en toe onder die boom hierdie blaar vir Mamma opgetel. My juffrou is nie so sag soos Mamma nie.\u201d<br>Daardie blaar het \u2018n baie spesiale plekkie in my laai gekry en oral saamgetrek totdat dit deur die jare tot stof verkrummel het en ek die stof maar uit die houertjie moes skud.<\/p><p>Hy was \u2018n spesiale klein knaap. Omdat ek totaal sonder enige gevoel vir rigting was en in \u2018n oogwink kon verdwaal, was dit vir my altyd \u2018n uitdaging wanneer ek \u00earens heen moes ry. Hy was nog maar net so vyf jaar oud toe hy al vir my die rigting kon aanwys. As ons \u2018n pad net eenkeer vantevore gery het, het hy aangevoel wanneer ons moes draai. Hy kon nog nie padtekens lees nie, maar hy was my padkaart!<br>\u201cMamma, ons moet hier voor links draai.\u201d<br>Vir hom was dit doodnatuurlik, sy ma het nie geweet nie waar oos of wes was nie, maar hy het geweet en hy kon help.<\/p><p>Ons het dikwels heen en weer getrek. In graad twee was hy weer in \u2018n ander skool in die Wes-Kaap. Sy juffrou was al \u2018n ouerige dame en sy het almal in haar klas genoem op die eerste naam wat op die geboorte sertifikaat verskyn het. Hy is gedoop, Johan Christiaan, dus het sy hom Johan genoem.<\/p><p>Hy was sielsongelukkig en skielik in die middel van \u2018n identiteitskrisis:<br>\u201cMamma, ek is nie Johan nie, my naam is Chris!\u201d<br>Hy wou soggens nie aantrek en skool toe gaan nie. As hy onder dwang aangetrek het, het hy nie gesig gewas of hare gekam nie. Sy sokkies wou hy nie eers optrek nie. Hy het ook geweier om enige huiswerk te doen.<\/p><p>Ek het die juffrou gaan sien, maar sy wou nie \u2018n duim toegee of weg beweeg van haar beginsel af nie. Christiaan het Johan gebly. Van my kant af wou ek nie gedurig met my kind stoei nie, dus het ek een oggend die skoolhoof geskakel.<br>\u201cMeneer, ek is opreg jammer, maar ons seun gaan laat opdaag by die skool. Sy hare is nie gekam nie en hy lyk sleg. Kan u ons asseblief help?\u201d Ek het verduidelik en hy het belowe om met die juffrou te praat. Hy het ons seun ingewag en vir hom ges\u00ea: \u201cChris, ek dink jy is net die man wat ek nodig het. Kom ek gaan wys jou waar ons \u2018n klomp nuwe boompies aangeplant het.\u201d<br>Hulle twee het saam gestap en elke boompie gaan inspekteer.<br>\u201cEk sal dankbaar wees as jy elke oggend voordat die klok lui net kan kom kyk of die boompies nie dalk te droog is nie. As dit water nodig het, kom s\u00ea vir my, dan kan ek ons tuinman herinner.\u201d<\/p><p>Na skool het Chris van die werk kom vertel wat die skoolhoof hom gegee het. Die swarigheid om op te staan en aan te trek vir skool het verdwyn, maar Chris het nog maar Johan gebly. Hy wou nie huiswerk doen nie en hy was \u2018n diep ongelukkige seuntjie. My man kom toe met die idee dat ons dan sy geboortesertifikaat verander na net een enkele naam: Christiaan. Hy het \u2018n klomp geld betaal en toe die nuwe geboortesertifikaat gebring en gevra dat ek dit na die skoolhoof neem.<\/p><p>Ek het toe vir die skoolhoof \u2018n bietjie meer van Chris se agtergrond verduidelik. Met geboorte was daar \u2018n suurstof tekort en dit het ernstige probleme veroorsaak totdat hy so vier jaar oud was. Die spesialis het ons gemaan dat die deel wat sy emosies beheer skade gekry het. Hy kon moontlik \u2018n gespanne kind bly en ons sou hom in rustigheid moes leer hoe om krisisse in sy lewe te hanteer, maar ook die hoop gegee dat hy dit heeltemaal sal ontgroei. Dit het ek vir sy juffrou vertel, maar sy kon glad nie ons punt insien nie. Waarom het ons dan die kind met twee name gedoop as ons hom by die laaste naam wou noem! Dus het ons toe \u2018n geboortesertifikaat met net een naam bekom, sodat dit kon inpas met juffrou se onbuigbare beleid.<\/p><p>Die skoolhoof het \u2018n hele ruk stil gesit en met sy pen gespeel.<br>\u201cMevrou, ekself het drie meisie name op my geboortesertifikaat. So moes ek deur die skool en universiteit gaan. My ouers het my vernoem na \u2018n ouma wat nog nie vernoem was nie. Jammer dat julle tot sulke stappe moes oorgaan.\u201d<\/p><p>Van die dag af was Chris ook Christiaan in die klaskamer. Ons seun het weer begin leef en uitgeblink in sy werk. Ook in sport. Die tien maande wat verbygegaan het, het hy saam met ander seuns in \u2018n groot kamer geslaap. Hy kon sy man staan onder seunskinders se geterg en gestoei. Selfs geestelik het hy gegroei, en wanneer ek en hy soms alleen was het hy so stilweg vir my dinge meegedeel wat hy geleer het.<\/p><figure id=\"attachment_1185\" aria-describedby=\"caption-attachment-1185\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-1185\" src=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01-768x1024.jpg 768w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01-9x12.jpg 9w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Hanna01.jpg 1488w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1185\" class=\"wp-caption-text\">Hanna<\/figcaption><\/figure><p>Hanna het ook nie verander nie, sy was nog altyd die een wat maklik na die agtergrond geskuif het. Stil, nie gou om haar opinie te lug of te wys wat sy voel nie. So was sy van kleins af, tog kon \u2018n mens in haar o\u00eb sien wanneer sy gelukkig was of iets baie geniet het. Sy was die een wat duidelik meer volwasse geword het gedurende die maande wat ons weg was.<\/p><p>Toe sy nog klein was, het sy \u2018n hasie present gekry en op een of ander manier het die bure se hond die hasie beetgekry. Ons het die hasie vir die nag in \u2018n kassie in die kombuis laat slaap om te kyk of hy gaan oorleef. Vroeg die volgende oggend het ek gaan kyk, maar die diertjie was dood. Ek het gestaan en dink wat ek moes doen, toe Hanna stil ingekom en by die kassie gekniel het. Sy het die hasie se kop gevryf en saggies met hom gepraat. Na \u2018n rukkie het ek gehoor hoedat sy soebat: \u201cPraat met my, toe praat met my.\u201d Ek moes my gou uit die voete maak dat sy nie my trane sien nie. Dis ook sy wat \u2018n klein vo\u00ebltjie huistoe gebring het. Dit het seker uit die nes geval. Die dingetjie het dit nie gemaak nie en sy en Chris het toe besluit om die dooie vo\u00ebltjie te gaan begrawe. Na \u2018n paar uur het hulle weer die graffie gaan oopgrawe en tot haar verbasing was die vo\u00ebltjie nog daar. Ek het hulle van die stoep af dopgehou en gehoor hoedat sy uitroep: \u201cChris, Jesus het nog nie die vo\u00ebltjie kom haal nie! Kom ons begrawe hom maar weer.\u201d Dit het \u2018n gulde geleentheid geskep om te gesels oor die dood en wat daarna gebeur.<\/p><p>Sy kon die interessantste dinge as kindjie kwytraak. Eendag terwyl sy gesit en eet het, het ek \u2018n opmerking gemaak:<br>\u201cJy is vanaand darem so honger dat jy eintlik vir twee mense eet!\u201d<br>\u201cJa, Mamma, ek eet ook vir Jesus. Hoe het Jesus binne in my maag gekom? Het ek Hom ingesluk?<br>Voordat ek haar teologie kon regstel, het sy ondeund na my gekyk en ges\u00ea: \u201cEk eet ook \u2018n bietjie vir die duiwel. Hy sit hier op my skouer.\u201d<br>\u201cLiewe land, kind, ek is bly hy is net op jou skouer en nie in jou hart nie! Vir hom moet jy nie eers \u2018n dro\u00eb korsie gee nie, hy is sommer net \u2018n dief.\u201d<br>Die ogies wat lag en haar koppie wat op en af knik, was al antwoord wat ek gekry het.<\/p><p>Erika, die jongste, het werklik niks verander nie! Sy was nog net so vol vrymoedigheid soos altyd. As daar iets gevra moes word, het Chris en Hanna haar voorgestoot, sy moes die praatwerk doen. Vir haar was dit hoegenaamd nie \u2018n probleem nie. Sy het soveel selfvertroue gehad dat sy na enige mens toe kon gaan en vertel wat sy gedink het nodig was. Toe hulle by ons in Frankryk gekuier het, was ons kinders eendag saam met hulle pa in die klas. Die Amerikaanse studente het erg gesukkel met sekere klanke in Frans. Die lektor het vir Erika vorentoe geroep om die woorde te kom uitspreek waarmee die grootmense so gesukkel het. Die elfjarige kind van ons het vrolik opgespring en die sin herhaal sonder enige probleme met die uitspraak.<br>\u201cLe beau manteau jaune.\u201d (Die mooi geel jas)<\/p><figure id=\"attachment_1184\" aria-describedby=\"caption-attachment-1184\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-1184\" src=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01-768x1024.jpg 768w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01-9x12.jpg 9w, https:\/\/www.heartatrest.net\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/Erika01.jpg 1488w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1184\" class=\"wp-caption-text\">Erika<\/figcaption><\/figure><p>Ja, Erika was springlewendig en gesond, net soos ons haar agtergelaat het. Dit was ook die Here se genade, want toe sy so een en \u2018n half jaar oud was het ons haar byna verloor. \u2018n Ruk nadat ons van Malawi af teruggekom het, het Erika siek geword. Ons huisdokter kon nie agterkom wat verkeerd was nie. Sy het al hoe maerder en bleker geword, maar die toetse en ondersoeke het niks opgelewer nie. Ek was so besorg en het vir my man ges\u00ea dat die kind besig was om in ons hande dood te gaan. So het ek toe een oggend gekniel om die Here om hulp te smeek, of Hy ons nie kon wys wat ons miskyk nie. Een enkele woord het duidelik in my gedagtes weerklink: \u201cMalaria!\u201d<br>Ek het dadelik ons huisdokter gaan skakel en gevra: \u201cKan dit moontlik wees dat Erika dalk malaria het?\u201d<br>\u201cMaar natuurlik!\u201d het hy uitgeroep. \u201cHoe kon ek nie daaraan gedink het nie!\u201d<br>Ons het ook nooit daaraan gedink nie, want die tipiese simptome van malaria wat ons leer ken het, was nie sigbaar nie. Dit was \u2018n onderdrukte malaria wat stadig maar seker die lewe van ons kind kon uitblus. Tot die dokter se ontsteltenis was daar in die hele Kaapse Skiereiland geen medisyne in \u2018n stroopvorm beskikbaar vir ons klein Erika nie. In Johannesburg het hy iets opgespoor wat dadelik met die eerste vlug gestuur was. Die anti-malaria medisyne het sommer dadelik begin werk en sy het merkbaar beter geword. Die arme mensie was so maer en bleek dat haar vel amper deurskynend gelyk het. Ek moes my ma op die lughawe gaan haal en het Erika saam met my geneem want daar was niemand by wie sy kon bly nie. \u2018n Vreemde vrou wat ons te\u00ebgekom het terwyl ons vir my ma gewag het, het geskok na Erika gekyk en toe vir my gefluister: \u201cHoekom lyk jou kind so?\u201d<br>\u201cSy is besig om te herstel na \u2018n malaria aanval.\u201d<br>\u201cMevrou, u kan bly wees sy leef.\u201d Sy het skoon vergeet om te fluister! In my antwoord en op my gesig kon sy duidelik hoor en sien hoe bly ons regtig was!<\/p><p>Ek was dankbaar, diep dankbaar vir die sendingmense wat ons kinders onder hulle vlerk geneem en hulle versorg het. My hart het eintlik verknog geraak aan die Christene daar wat so natuurlik, wys en opreg gelewe het en ek het sommer verlang om vir altyd by hulle te woon. Ek het hulle ook dopgehou en gesien hoe baie in my eie lewe as Christen nog kortkom. Die harmonie en vrede tussen swart en wit wat saamgewerk , saamge\u00ebet en saamgespeel het, het so \u2018n rustige en ontspanne atmosfeer geskep. Elke aand was daar \u2018n diens vir almal op die sending om die dag mee af te sluit. Vir my was dit een van die hoogtepunte van elke dag! Dit was \u2018n voorreg wat ek nooit tevore in my lewe geken het nie, behalwe vir die kere wat ons op die sending gekuier het<\/p><p>. Ek kon my ook so sit en verkyk aan die gesigte van die koorlede, die vrede in hulle o\u00eb het my altyd aangetrek. Hulle lewens het my diep in my wese oortuig van die liefde van God vir \u2018n mens soos ek.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terug in Suid-Afrika! Terug by ons kinders! Terug op die sending! Ek was maar net nie \u2018n mens wat maklik kon weggaan nie! Daardie warm, heerlike gevoel en wete dat ek weer by my eie mense was, het my elke nuwe more ingewag wanneer ek wakker word. Dan was daar ook die gebruik om soggens vroeg by elke rondawel koffie te bedien. \u2018n Sagte klop aan die deur, \u2018n meisie wat inkom, vriendelik groet en nadat sy die koffie neergesit het nog eers bid voordat sy weer uitgaan. Dit was heerlik om tuis te wees!<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1182"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1182\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1276,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1182\/revisions\/1276"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}