{"id":1153,"date":"2022-09-30T12:46:29","date_gmt":"2022-09-30T12:46:29","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1153"},"modified":"2022-10-06T13:40:13","modified_gmt":"2022-10-06T13:40:13","slug":"in-die-taalskool","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/in-die-taalskool\/","title":{"rendered":"IN DIE TAALSKOOL"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1153\" class=\"elementor elementor-1153\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-b4e3623 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"b4e3623\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-950ad2d\" data-id=\"950ad2d\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2c42dff elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"2c42dff\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">IN DIE TAALSKOOL<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-29a60a2 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"29a60a2\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-3de3240\" data-id=\"3de3240\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-d6e9f3d elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"d6e9f3d\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Gedurende die tien maande in die taalskool was daar insidente wat ek helder onthou. Soos die keer toe ek amper benoud vir die Here gevra het hoe ek ooit daar vir Hom \u2018n getuie kon wees, want ek kon dan nie eers een woord in Frans s\u00ea nie. Woorde wat God vir Abraham ges\u00ea het, het in my hart kom woon as die riglyn vir my eie lewe daar in die Centre Missionnaire: \u201cEk is God, die Almagtige, wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.\u201d Ek het beter begryp watter uitdaging daar vir ons gewag het om deur ons lewens die Evangelie te verkondig toe iemand kort na ons aankoms ons vir aandete genooi het. Die persoon het sommer reguit vir ons ges\u00ea: \u201cEk het gehoor en gelees van die herlewing daar by julle. Julle kan nie vir ons kom evangeliseer nie, want ons land is al bekend met die Evangelie vandat die Here Jesus opgevaar het na die hemel. Maar leef die herlewing uit hier voor ons o\u00eb, dit is wat ons wil sien. Leef dit!\u201d<\/p>\n<p>Ons Afrikaners het nie groot probleme met die uitspraak gehad nie, want ons fonetiek het nie te veel verskil nie, maar daar was sekere klanke waarmee ek erg gesukkel het. Eendag gedurende klastyd in die laboratorium het ek in my eie hokkie gesit en probeer om die tongknopers reg uit te spreek. Skielik het my lektrise in Afrikaans deur my oorfone ges\u00ea: \u201cAg nee!\u201d Ek het opgekyk en haar laggende o\u00eb ontmoet waar sy voor in die klas agter haar kontrole bank gesit het. Dit was blykbaar woorde waarmee ek myself betig het wanneer ek darem te veel gesukkel het, en sy het dit agtergekom. Ek het van my lektrise gehou. In die klaskamer was haar optrede altyd professioneel, maar vriendelik en toegewend. Sy was maklik tien jaar jonger as ek, maar daar was \u2018n warmte en toegeneentheid van haar kant af teenoor my. Met my verjaardag het daar \u2018n pragtige sjokoladekoek op my lessenaar gestaan toe ons vir die middagklas vergader het. So \u2018n ronde koek toegedek onder \u2018n laag gladde sjokolade met \u2018n bloedrooi roos reg in die middel van die koek. Ek was doodstil in my verwondering, want my lektrise het die koek gebring en ek het so iets nooit verwag nie. Geen ander student in ons klas het so \u2018n voorreg gehad nie, en ons het ook nie voorheen gedurende klastyd met verjaardae koek gehad nie. Moontlik wou sy ons sommer almal trakteer, want my verjaardag was net twee weke voor die einde van ons kursus waarna ons almal uitmekaar sou gaan, terug na ons verskillende lande. Die dag het ons toe gesellig saam koek ge\u00ebet voordat die klas begin het.<\/p>\n<p>In die eerste paar dae nadat ons klasse begin het, het ek my voortand op \u2018n broodkorsie afgebyt. Die tandarts moes vir my wys wanneer ek my mond moes oop of toemaak, want ek kon niks verstaan nie. Met my laaste besoek moes ons betaal en ek het probeer om darem vir die gawe tandarts iets in Frans te s\u00ea: \u201cMerci beaucoup, mon ami est la.\u201d My man was baie geamuseerd toe hy hoor wat ek ges\u00ea het en het agterna verduidelik dat ek hom mon ami en nie mon mari genoem het nie. Gelukkig het die tandarts seker al baie studente wat nie Frans kon praat nie, gehelp en hy sou weet dat dit my man was en nie \u2018n vriend met wie ek saamgebly het nie.<\/p>\n<p>Die gebruik van \u2018n verkeerde woord het meer dikwels voorgekom. Eenkeer het ons lektrise ons verplig om dorp toe te gaan en iets te gaan koop waar ons in Frans moes verduidelik wat ons wou h\u00ea. My man het saamgestap as my getuie dat ek wel Frans gepraat het. In die winkel het ek vir die verkoopsdame gevra of ek asseblief haar seun kon koop! Sy het haar kop geskud en ges\u00ea; \u201cNee, jy kan nie.\u201d Ek wou \u2018n tolletjie gare koop en in plaas om te vra vir le fil (gare) het ek le fils (seun) ges\u00ea! Laggend het sy vertel dat hulle elke jaar taalstudente, soos ek, moes help.<\/p>\n<p>Ek kon ook saam met my man lag. Hy het in \u2018n patisserie ingestap met sy sinnetjie mooi uitgewerk. Hy moes wag, want daar was verskeie klante wat voor hom gehelp is. Toe dit sy beurt was, het hy alles vergeet en na die koek gewys en in gebroke Engels ges\u00ea: \u201cMe want two, that.\u201d<\/p>\n<p>Die ergste was toe ek vir my prakties in \u2018n kerkdiens iets moes vertel. Een van die lektore het ons geneem na \u2018n dorpie nie te ver weg nie waar ons die diens sou bywoon. My beurt het aangebreek!! Vooraf het ek natuurlik alles wat ek wou s\u00ea neergeskryf en my lektrise het my taal gekorrigeer. Die papier was my anker, as ek van benoudheid dalk niks kon onthou nie, kon ek maar woord vir woord aflees.<\/p>\n<p>Baie mense wat ons daar in die plattelandse gebiede ontmoet het, was ingenome om te hoor dat ons uit Afrika kom. Dus het ek begin om \u2018n storie te vertel wat ek in Zoeloeland gehoor het. Oor die huteienaar wat wou verhuis en toe sy woonplek aan \u2018n ander verkoop het. Daar was net een voorwaarde, die spyker in die stutpaal het sy eiendom gebly. Die nuwe eienaar het ingestem en die koop is beklink, want hoe onbeduidend was die spyker nou eintlik. Na maande het die vorige eienaar verbygekom, hy is ingenooi en iets aangebied om te drink. Hy het sy hoed aan sy spyker daar aan die paal in die middel van die hut opgehang. Toe hy vertrek, is hy herinner aan sy hoed: \u201cLos dit maar daar, die spyker is mos myne.\u201d \u2018n Volgende keer het hy die tuig van sy perd aan die spyker opgehang en dit net daar gelos, maar toe hy darem met die boud van sy perd wat doodgegaan het daar aangekom en dit aan die spyker wou ophang, het die mense van die hut luidkeels geprotesteer. Hulle kon nie saam met \u2018n stuk vleis wat besig was om te ontbind in dieselfde hut woon nie: \u201cLos dit maar daar, die spyker behoort tog aan my.\u201d Die stinkende perdeboud aan die spyker het veroorsaak dat die hutbewoners liewers \u2018n ander woonplek gaan soek het.<\/p>\n<p>Ek het die storie met \u2018n toepassing uit my eie lewe afgesluit. Toe die lig van die Here my oortuig het van die verkeerde dinge wat ek so maklik in my lewe toegelaat het, het ek met groot erns die Here gesoek om my volkome te reinig. Met my bekering het \u2018n nuwe Eienaar van my besit geneem en daar moes geen spyker in my lewe agterbly wat aan die vorige eienaar behoort het nie. Hoe aaklig sou dit nie wees nie as hy van sy stinkende goed aan sy spyker kon kom ophang in my siel wat nie meer aan hom behoort het nie. Ek is dan duur gekoop deur die bloed van my nuwe Eienaar, Jesus Christus, my Verlosser en het geen begeerte gehad dat Hy moes weggaan weens die stank van sonde wat aan die spyker opgehang kon word nie. Ek het sekerlik baie meer oor die onderwerp uitgebrei, want as ek reg onthou, moes ek \u2018n goeie vyf minute praat.<\/p>\n<p>Wat die dag \u2018n bietjie in my guns getel het, was dat ek vir mense soos \u2018n Franse vrou gelyk het. Dit was nie vreemd nie, want my voorvader, Pierre Joubert, was \u2018n Hugenoot wat van die suide van Frankryk gekom het. Ons was reeds die negende geslag in Suid-Afrika, maar die familietrekke was tog nog daar. Dus nadat ek klaar gepraat het, het van die ou tannies heerlik met my in Frans gesels al kon ek net hier en daar iets verstaan. Dit het hulle ook glad nie gepla dat ek hulle geliefde taal so opgefrommel het nie!<\/p>\n<p>Na etlike maande in die taalskool waar ons baie interaksie met almal om ons gehad het, het die persoon wat ons uitgedaag het om die herlewing voor hulle uit te leef, vir my gevra of sy kon kom kuier. In ons woonstelletjie het ons die middag \u2018n ernstige gesprek gehad. Sy het verduidelik dat sy na \u2018n dieper lewe in Jesus Christus verlang en met \u2018n intensiteit eie aan haar het sy gevra: \u201cVertel my wat het die herlewing vir jou persoonlik gedoen?\u201d Omdat ek met haar in Engels kon praat, kon ek baie deel, want my hart was vol oor die goedheid van die Here.<\/p>\n<p>Ek het ook vertel dat ek onder \u2018n diep oortuiging gekom het van die ernstige skade wat my tong in my eie lewe en in die lewens van ander aangerig het en hoe die waarskuwende woorde van die Bybel dat ons verantwoording sal moet doen van elke ydele woord wat ons geuiter het, \u2018n blywende effek op my lewe gehad het. Ek het vertel hoedat ek na my ma en ander kon teruggaan om vergifnis te vra vir woorde wat ek gepraat het wat hulle seergemaak het of nie die waarheid was nie. Sy het opgestaan en by my stoel kom kniel. \u201cBeteken dit dan dat ek ook moet teruggaan om vir my ouers om vergifnis te gaan vra vir die manier waarop ek gepraat het. Nooit, dit kan ek nie doen nie! Dit kan nie van my verwag word nie. So \u2018n standaard is te hoog.\u201d<\/p>\n<p>Ek het haar daarop gewys dat ek net haar vraag beantwoord het en uit my persoonlike belewenisse vertel het. Daar was nie gepraat oor \u2018n standaard of oor haarself nie. As die Here haar egter oortuig het van iets in haar lewe wat nie reg was nie, dan was dit tog uiters belangrik om aan Hom gehoorsaam te wees. Ek kon nie nalaat om die woorde wat vir my so kosbaar geword het aan te haal nie. \u201cDie Here het vir Abraham ges\u00ea: \u2018\u2026wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.\u2019 Dit verwag die Here ook van my en jou.\u201d<\/p>\n<p>Na ons gesprek het ons nie verdere noue kontak gehad nie. Tog het dit my hart bly gemaak toe ek jare later van dieselfde persoon \u2018n brief ontvang waarin sy geskryf het van die effek wat ons gesprek op haar lewe gehad het en dat sy nooit die woorde vergeet het wat ek uit die Bybel aangehaal het nie: \u201cWandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.\u201d<\/p>\n<p>In die heel laaste weke van ons kursus moes ons nog \u2018n mondelinge eksamen afl\u00ea wat \u2018n deurslaggewende faktor vir ons finale punte sou wees. Elke student moes dan alleen in \u2018n lokaal met twee lektore wees, en die mondeling was nie \u2018n sakie wat sommer net so gou-gou afgehandel was nie. Was ek verlig om my lektrise daar te vind toe my beurt aangebreek het! Tot my verbasing het hulle vir my persoonlike vrae oor ons verblyf in die Centre Missionnaire gevra.<\/p>\n<p>\u201cWaarom het jy en jou man nie op die uitstappies saam met al die ander studente gegaan nie? Julle het tog baie gemis deur nie deel te neem nie.\u201d<\/p>\n<p>Ek het besluit dat ek net eerlik gaan wees, want my Frans was in elk geval te min om ontwykend te antwoord.<\/p>\n<p>\u201cOns wou elke keer baie graag saamgaan, maar het nie geld gehad om die onkoste van die uitstappies te betaal nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJulle het ook nie in die eetsaal saam met die ander studente ge\u00ebet nie. Kan jy met ons deel waarom nie?\u201d<\/p>\n<p>Ek het onthou dat hulle maar net wou hoor hoe ek Frans kon praat en het besluit as hulle dan iets vra oor ons lewe daar, kon ek seker maar net gesels! Dus het ek vertel dat ons net genoeg geld gehad het vir ons klasgelde en verblyf, maar omtrent niks vir kos nie. Daarom kon ons nie die etes betaal nie en het vir onsself gesorg. Ek het uitgebrei hoedat ons uitgevind het dat die vorige dag se brood goedkoper was by die bakkery as vars brood, hoedat ons agtergekom het dat daar \u2018n soort wors was wat gekook moes word, dat dit vullend was en darem ietsie vleiserig wat ons so nou en dan kon bekostig. Toe het ek ook vertel dat my man eendag laat uitglip het hoe lus hy vir \u2018n stukkie vleis was terwyl ek goed geweet het dat daar niks in die yskas of in die beursie was nie. Ek het toe die oggend voor klas op my knie\u00eb gegaan en die Here gevra het of Hy nie vir ons wil voorsien nie. Met middagete daardie dag was ek net terug in die woonstel toe daar \u2018n klop aan die deur was. Een van die studente het iets in foelie toegedraai na my uitgehou: \u201cOns het \u2018n hele gebraaide hoender en het gewonder of julle nie die helfte daarvan wil eet nie.\u201d Ek het breed geglimlag en met oorgawe gedank: \u201cJa, ons wil baie graag! Baie dankie!\u201d \u2018n Ander keer was daar net brood wat ek vir my man kon voorsit vir aandete. Hy het daarna gekyk en omgedraai met die verskoning dat hy nog werk gehad het om in die taallaboratorium te gaan doen. \u2018n Rukkie later het ek hom gevolg. Die roete om daar te kom, het by die kombuis verbygeloop. Net toe ek verbystap het \u2018n student wat besig was om af te dek my gesien en \u2018n hele stapeltjie pizzas in my hande gedruk: \u201cDaar het so baie oorgebly van ons ete, vat hierdie vir julle, asseblief.\u201d Ek weet nie of ek daaraan gedink het nie dat hy sekerlik eers vir die kok moes vra voordat hy sommer kos kon uitdeel! Ek was so in my skik en het dankbaar omgedraai na ons woonplek om gou die kosbare vraggie te gaan aflaai. Daarna kon ek my man gaan uitnooi vir \u2018n behoorlike aandete.<\/p>\n<p>Met verbasing het ek opgemerk dat altwee lektore trane in hulle o\u00eb gekry het. Een het gevra: \u201cWaarom het julle nie vir ons vertel van julle finansi\u00eble tekort nie? Ons kon mos gehelp het.\u201d Ek dink ek was so verwonderd dat hulle verstaan het wat ek in Frans probeer vertel het dat ek sommer opgehou praat het. Of miskien het ek tog bygevoeg dat ons in die gewoonte was om net vir die Here van ons behoeftes te vertel.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gedurende die tien maande in die taalskool was daar insidente wat ek  helder onthou. Soos die keer toe ek amper benoud vir die Here gevra het hoe ek ooit daar vir Hom \u2018n getuie kon wees, want ek kon dan nie eers een woord in Frans s\u00ea nie. Woorde wat God vir Abraham ges\u00ea het, het in my hart kom woon as die riglyn vir my eie lewe daar in die Centre Missionnaire: \u201cEk is God, die Almagtige, wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.\u201d Ek het beter begryp watter uitdaging daar vir ons gewag het om deur ons lewens die Evangelie te verkondig toe iemand kort na ons aankoms ons vir aandete genooi het.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1153","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1153","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1153"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1153\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1162,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1153\/revisions\/1162"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1153"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1153"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1153"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}