{"id":1132,"date":"2022-09-11T17:58:29","date_gmt":"2022-09-11T17:58:29","guid":{"rendered":"https:\/\/www.heartatrest.net\/?p=1132"},"modified":"2022-09-23T09:46:17","modified_gmt":"2022-09-23T09:46:17","slug":"heimwee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/heimwee\/","title":{"rendered":"HEIMWEE"},"content":{"rendered":"<body>\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"1132\" class=\"elementor elementor-1132\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-c550780 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"c550780\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-10755c0\" data-id=\"10755c0\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-446a1d6 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"446a1d6\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">HEIMWEE<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-2dca415 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"2dca415\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-e28688c\" data-id=\"e28688c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c9da313 elementor-drop-cap-yes elementor-drop-cap-view-default elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c9da313\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-settings='{\"drop_cap\":\"yes\"}' data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Ek was bewus daarvan dat my huisvasgeit die rede was van die heimwee wat so maklik oor my geloop het. Een van my tannies het net mooi niks gehou van mense met baie geite nie. Gedurende my jare as kind in die koshuis het hierde heimweegeit alreeds vir my probleme veroorsaak. Daar het ek soms in my klerekas weggekruip dat ander nie my trane moes opmerk nie. <\/p>\n<p>Skaars drie weke na ons troue was ons per trein op pad na Salisbury (nou Harare) en ek het by die venster gestaan en uitkyk soos die trein die heuwels bokant die Heksriviervallei uitgestoom het.\u00a0 De Doorns en die pragtige wingerdplase was stadig besig om uit sig te verdwyn toe die heimwee my onverwags oorval. Heimwee het mos so \u2018n spesifieke wurggreep wat maak dat trane nie langer in \u2018n mens se o\u00eb wil bly nie, dit rol sommer vanself oor \u2018n mens se wange. Nie dat ek gesnik het nie, maar ek dink my man het tog opgemerk dat ek besig was met \u2018n sakdoek en het langs my kom staan. Saam het ons gestaan en kyk hoe die draai van die treinspoor die uitsig oor die Heksriviervallei afgesluit en die dro\u00ebr landskap van die Klein Karoo voor ons oopgevou het. Ek wou hom darem gerusstel. \u201cDie trane is nie omdat ek met jou getroud is nie, dis maar net die weggaan van alles wat bekend is.\u201d Ek was op pad die vreemde in, weg van my ouers en weg van daar waar ek so diep op ons plaas, Rietvlei, gewortel was.<\/p>\n<p>\u2018n Mens leer mos darem om jou gevoelens te onderdruk en aan te gaan met die lewe, maar die heimwee na my mense en my land het tog baie dikwels kom klop. As ek dit toegelaat het en sy wurggreep om my gesluit het, kon ek in my verbeelding my ma hoor sing en my pa op die werf sien stap. Ek kon duidelik onthou hoedat die melkemmers geklink het wanneer my broer gaan melk het en kon die hele prentjie in my verbeelding sien. Daardie tyd het my ooraktiewe verbeelding net die heimweegeit vererger! Dit was dan die heel beste dat ek liewer alleen gaan stap en tussen die bome weggeraak het wanneer die trane wou kom. Dat my ma vir ses weke kom kuier het, was \u2018n buitengewone gebeurtenis en het baie gehelp om die heimwee hok te slaan.<\/p>\n<p>Toe ek hoor dat ek sou saamgaan na Frankryk, het ek die dae in Malawi duidelik onthou en ook daardie heimwee wat nooit regtig gewyk het nie. Dit het so \u2018n vae, onrustige roering in my binneste veroorsaak, want die keer sou ek weg wees van my eie kinders! Ek het Kaap toe gevlieg om darem net my ma te gaan groet. Een oggend het ek Sors se kop uitgeklim. Daar het ek lank gesit en afkyk op die plaas waar ek groot geword het. Die ou enorme bloekomboom van my kinderjare was nie meer daar nie, die populierbos waarin ons gespeel het, was nie meer daar nie, oral was boorde en lusernlande. My pa en my oom was ook nie meer daar nie. Baie dinge het verander. Daar bo-op die koppie het ek my benoudheid oor die heimwee en verlange wat my in Frankryk dalk sou oorval, voor die Here gebring. Dit was asof ek so weerloos gestaan het voor hierdie hart van my wat so maklik kon verlang na die wat ek liefgehad het.<\/p>\n<p>Terwyl ek so gesit en dink het oor die veranderinge op die plaas, het \u2018n gedagte my deurspoel. Die Here is onveranderlik! Soos Hy was in my oupagrootjie se dae toe hy hier op die plaas gewoon het, so was die Here nog dieselfde God. Onveranderlik! Ek kon maar die vreemde ingaan, Hy, die Onveranderlike sou daar met my wees. My geboorteplaaswortels kon maar uitgetrek word, want my wortels was stewig geplant in die koninkryk van die hemel, daar waar \u2018n onveranderlike, onverganklike en onverwelklike erfenis vir my bewaar word. Wat \u2018n vertroosting! Ek kon my ma groet met \u2018n hart vol moed vir die pad wat vir my voorgel\u00ea het. <\/p>\n<p>Ek sal jok as ek s\u00ea dat die tyd in Frankryk maklik was, maar die heimwee het nie meer so \u2018n\u00a0 mag gehad om my gemoed te oorheers nie. Ek het iets nuuts geleer! Gebed het die intensiteit van die emosie heeltemal laat wegvloei. Ek het \u2018n nuwe respek vir die sendelinge van ouds gekry. Hulle moes hulle kinders laat agterbly in \u2018n vaderland waar die kinders skoolopleiding kon ontvang. Wat het in daardie ouers se harte omgegaan terwyl hulle teruggeseil het na lande soos China en Indi\u00eb wetende dat hulle die kinders eers weer na baie jare sou kon sien. \u2018n Mens vergeet nie jou kind nie! Soggens wanneer ek wakker geword het, was my gedagtes by hulle en ek kon vir hulle bid. Saans wanneer ek gaan slaap het, was my laaste gedagte om elkeen van hulle afsonderlik aan die Here se beskerming op te dra. <\/p>\n<p>Briewe van hulle was so oor en oor gelees dat ek dit later uit my kop geken het! Daar in Frankryk het ek beleef dat die Here in sy goedheid \u2018n ma se hart in sy hande vashou en dat sy Vadero\u00eb alles van naby sien.<br>In alles wat ek beleef het, oral waar ek gegaan het, was ons kinders maar in my gedagtes. <br>Ek onthou hoe vriende van Suid-Afrika verbygekom het en ons saamgenooi het vir \u2018n uitstappie na Mont Blanc. Met die rit in die kabelkarretjie teen die berg op, het ek bedink wat ek alles aan ons kinders sou vertel van ons belewenisse en waarnemings. Die huise wat daar ver onder so klein soos vuurhoutjiedosies gelyk het, die man met sy sweeftuig halfpad teen die berg op. Die asemrowende uitsig en die sneeu wat daar nooit wegsmelt nie. Ander vriende het ons eenkeer saamgeneem vir \u2018n besoek aan \u2018n ou middeleeuse kasteel. Die gids het ons aandag gevestig op \u2018n klein buitegeboutjie. Met die vertelling waarom daar geen deur was nie, net \u2018n smal opening in een van die mure, het ek dadelik gedink dat ek dit vir die kinders wou vertel. Die gids het verduidelik dat die eienaar so moeg geword het vir sy vrou se geneul om sy ore dat hy haar uit die kasteel verban het. Hy het haar toegebou in die klein kamertjie, sy kon\u00a0 nooit weer uitkom nie. Haar kos en water is deur die opening aangegee! <\/p>\n<p>In dieselfde kasteel was daar \u2018n plek wat <em>la oubliette <\/em>(\u2018n\u00a0 plek waar jy vergeet word)<em> \u00a0<\/em>genoem was. Trappe het opgegaan na \u2018n sekere plek en skielik was daar net \u2018n afgrond! Mense wat ter dood veroordeel was, is daar afgestamp en dan is hulle vergeet. Die gids het verduidelik dat daar skerp penne ingeplant was op die bodem van die donker hool. Die veroordeelde kon dit nie mis val nie. Dit was daar om sy lyding\u00a0 te vererger. Rotte, en seker ander goed , sou hom ook pla terwyl hy van honger en dors stadig omgekom het. Omdat dit my so laat gril het, die wreedheid van een mens teenoor \u2018n ander, was ek bly dat die kinders\u00a0 dit nie gesien het nie. <\/p>\n<p>Eendag het die sekretaresse van die Centre vir ons gevra of ons nie saam met haar na Valence toe wou ry nie. Sy wou gaan luister na die sendeling vanuit Suid-Afrika. Natuurlik wou ons! Dit was dan die hoof van die sending waar ons kinders agtergebly het. Ek was werklik nie voorbereid op die intensiteit van die heimwee en verlange na die kinders wat my daar oorval het toe ek al die bekendes\u00a0 kon groet nie.\u00a0 \u2018n Groep van die medewerkers het die sendeling op sy reis deur Europa vergesel. Van hulle het ons breedvoerig vertel hoe dit met die kinders gaan, selfs van gesprekke en insidente saam met ons kinders. Nadat die sendeling klaar gepraat het daardie oggend, het ek vorentoe gegaan om hom ook te groet. My gemoed het so volgeskiet dat ek skaars \u2018n woord kon uitkry.\u00a0 Eintlik was daar geen woorde nodig nie, want my betraande o\u00eb het klaar die storie vertel.<br>Een sin wat die vriendelike sendeling met meegevoel vir my ges\u00ea het, het as \u2018n vertroosting en riglyn by my gebly vir die res van ons verblyf in Frankryk, raad wat ek daagliks toegepas het: \u201cKyk nie na links of kyk nie na regs nie. Kyk op na Jesus Christus, ons Here.\u201d<\/p>\n<p>Toe, een oggend in die byeenkoms van die studente, het iemand in Engels begin praat. Hy het verduidelik dat hy wou h\u00ea dat almal moes verstaan. My aandag was by die sneeu wat buite geval het en ek het nie regtig geluister nie.\u00a0 Die kinders het nog nooit so \u2018n sneeubedekte w\u00eareld gesien nie, en dit kan ek nie vir hulle aanstuur nie! Die stem het opgehou praat en ek het besef dat ek net die laaste sin gehoor het:<br>\u201c\u2026because we felt their children should be with them for Christmas.\u201d<br>Ek het my aandag weggetrek van die sneeu daar buite en gedink dat dit darem gelukkige ouers was wie se kinders by hulle sou kon wees. Maar wie van die studente se kinders was nie by hulle nie? Dit was mos net ons s\u2019n! Almal was doodstil en hulle o\u00eb was op ons. Ek het opgekyk na my man en gesien dat sy o\u00eb vol trane geskiet het.<\/p>\n<p>\u201cHet jy gehoor dat al die studente en lektore geld bymekaar gemaak het dat ons kinders na ons toe kan vlieg?\u201d Sprakeloos het ek van hom na almal in die vertrek gekyk, te oorweldig om eers te probeer keer dat die trane van dankbaarheid nie so oorloop nie. My man het opgestaan om almal te bedank. Ek kan nie onthou wat hy ges\u00ea het nie, maar hy het ook nie baie woorde gehad nie. Nadat hy gepraat het, het almal romdom ons begin gesels. Een student wat laat ingekom het, het vir \u2018n mede Afrikaner gevra wat ons reaksie was: \u201cWonderful! Immediate tears!\u201d<\/p>\n<p>\u2018n Amerikaanse vriendin het laggend kommentaar gelewer: \u201cJulle Afrikaners is so beheersd! Ek sou oor die banke gespring het en my arms om almal gegooi het en hardop my vreugde uitgeskree het, maar julle s\u00ea net so stil dankie. Ek weet nie hoe julle dit regkry nie.\u201d Tog kon almal ons vreugde en dankbaarheid sien. Die geskenk was vir ons so groot en wonderbaar dat dit \u2018n rukkie geneem het om werklik in te sink dat ons kinders vir ses heerlike weke by ons sou kom kuier.\u00a0 Dit is \u2018n hele storie op sy eie en ek is al reeds hier in my gedagtes besig om dit te skryf!<\/p>\n<p>Noudat ek oud geword het, het ek ook \u2018n ander soort heimwee begin ervaar. \u2018n Heimwee na die plek waar my onverganklike en onverwelklike erfenis bewaar word.\u00a0 Die kinders van Korag het hierdie soort heimwee eeue gelede in woorde uitgedruk:<\/p>\n<p>\u201cSoos \u2018n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?\u201d\u00a0<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/body>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek was bewus daarvan dat my huisvasgeit die rede was van die heimwee wat so maklik oor my geloop het. Een van my tannies het net mooi niks gehou van mense met baie geite nie. Gedurende my jare as kind in die koshuis het hierde heimweegeit alreeds vir my probleme veroorsaak. Daar het ek soms in my klerekas weggekruip dat ander nie my trane moes opmerk nie. <\/p>\n<p>Skaars drie weke na ons troue was ons per trein op pad na Salisbury (nou Harare) en ek het by die venster gestaan en uitkyk soos die trein die heuwels bokant die Heksriviervallei uitgestoom het.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"h5ap_radio_sources":[],"footnotes":""},"categories":[106],"tags":[],"class_list":["post-1132","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-waar-die-hart-van-vol-is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1132","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1132"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1132\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1151,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1132\/revisions\/1151"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1132"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1132"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.heartatrest.net\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1132"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}